| ongekwes [boodskap #153436] |
Ma., 02 November 2026 18:48 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 27017 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
ongekwes
Afbreking: on•ge•kwes
Samestelling: on- + gekwes
Byvoeglike naamwoord: ongekwes
Attributief: ongekweste
Betekenis:
• Wat nie fisies gewond of emosioneel beskadig is nie.
Gebruik:
• Die passasiers het ongekwes uit die verongelukte motor geklim.
• 'n Gekweste dier is gevaarliker en meer onvoorspelbaar as 'n ongekweste dier.
Spreekwoord:
• Bly in jou nes, dan bly jy ongekwes. [Bly tuis, of bemoei jou met jou eie sake.]
Sinoniem:
• heelhuids
• onbeseer
• onbeskadig
• ongedeerd
• ongeskonde
Antoniem:
• gekwes
Vertaling:
Engels: uninjured, unharmed, unwounded, unhurt
Nederlands: ongekwetst
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|