Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » onbeseer
onbeseer [boodskap #153437] Ma., 02 November 2026 18:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27025
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
onbeseer
Afbreking: on•be•seer
Samestelling: on- + beseer


Byvoeglike naamwoord: onbeseer, onbeseerd
Attributief: onbeseerde

Betekenis:
• Wat nie beseer of liggaamlik beskadig is nie.

Gebruik:
• Die bestuurder het onbeseerd uit die wrak geklim.
• Die dokter vergelyk die x-straal van die beseerde en onbeseerde duim.

Sinoniem:
• onbeskadig
• ongedeerd
• ongekwes
• ongeskonde

Antoniem:
• beseer

Afgelei:
• onbeseerdes (s.nw.)

Vertaling:
Engels: uninjured, unharmed, unhurt
Nederlands: ongedeerd, ongewond

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ongekwes
Volgende onderwerp: skerpsinnigheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Nov. 04 16:49:16 UTC 2026