Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Nare skok

Di., 30 September 2003 15:04

Die mense wat vrag op die Sealnd Express gehad het, moet nou %-gewys 'n deel
van die herwinningskoste betaal.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Laaste RSG Huisgenoot vandag

Di., 30 September 2003 10:57

Nou gaan ek niks meer weet wat in Huisgenoot staan wat ek met die deurblaai
by die rak gemis het nie.
Van volgende week Maandag is daar groot programskommelings op RSG.

--
Annette

Boeke, tydskrifte & koerante | 2 kommentare

Kellies en Kroeks

Di., 30 September 2003 10:55

Vanoggend in Gauteng het 'n minibustaxibestuurder in 'n woordewisseling
betrokke geraak met 'n bestuurder van 'n Mercedes.
In 'n daad van padwoede het die merc-ou die taxi-ou doodgeskiet.
Die mercedesbestuurder is by 'n polisiestasie in hegtenis geneem waar hy
blykbaar iets wou rapporteer.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wie se Plus?

Di., 30 September 2003 07:39

Drie regse partye het nou weer saamgesmelt. - daar is so baie dat ek nie kan
onthou watter nie - en dit gaan nou genoem word Iets ( Konserwatiewe?) Plus
Party ( die Piepies:))) )
Cassie Aucamp se nuwe lot is nie daarby ingesluit nie.
Nou is daar wel mense wat van die Konserwatiewe Party oorgeloop het na die
Volksfront, wat nou weer saam is onder een sambreel. Lyk vir my na 'n
sirkellopery:))
Aan die ander kant - hoe lank voordat een weer gaan afstig .

Ek lees ook dat die nuwe kommitee wat saamgestel is vir die uitbreiding en
behoud van al die inheemse tale net een Afrikaans sprekende bevat. Ene
Landman - en dit nadat die FAK en die Praagmense 'n helse stryd met mekaar
aangesê het hoeveel van hulle op die paneel hoort.
Landman het blykbaar verklaar dat dit nie sy oogmerk is om slegs na die
belange en die bevordering van Afrikaans in die paneel om te sien nie.

Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Sedoosfees

Di., 30 September 2003 06:34

Eintlik Suidoosterfees - hierdie naweek by die skiereilandse technikon -
sommer om die draai van my.
BarberShop is die vertoning wat ek definitief gaan bybring.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 32 kommentare

Wat is

Di., 30 September 2003 06:02

Afrikaans vir Boksemdais?

Doosendobbelsteen:))
( uit die Oos-Kaap)

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

" Naaldekoker " deur D.J. OPPERMAN

Di., 30 September 2003 02:26

D.J. Opperman

Naaldekoker

Ek is die grys skrik
wat soek tussen biesie en klip
na water, soek na my beeld in jou
met die trillende spel tussen vlug
en skielike self-aanskou.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Moenie Papier weggooi nie

Ma., 29 September 2003 13:54

Moet tog nooit weer enige papier net weggooi nie - maar seker dat
dit iewers heen gaan om herverwerk te word.
Vir elke 1 ton van herverwerkte papier wat gebruik word,
word daar 64% minder energie en 50% minder water gebruik, 74% minder
lugbesoedeling word veroorsaak en 17 bome word gespaar as wat dit kos om
dieselfde hoeveelheid papierpulp te produseer van nuwe hout.

Annette

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Goeie more Suid Afrika ..

Ma., 29 September 2003 04:45

Ek hoop julle het 'n goeie week

Louis

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

GRONDROOF KOM VERSEKER BAIE GOU

Ma., 29 September 2003 00:59

Dis nou amptelik deur die parlement goedgekeur - die ANC kan blanke
grond roof sonder enige hofbevel ! Die wetswysiging aan die Wet op die
Herstel van Grondregte van 1994, wat op 9 Mei 2003 afgekondig is, is
nou wet.

Die absurditeit van grondroof deur die komunistiese ANC-regime sonder
dat dit nodig is om 'n hofbevel te verkry, en sonder dat die blanke die reg
het om hom tot die hof te wend om so 'n diefstal te verhoed, het amptelike
beleid geword - dit is nou formeel ANC-wetgewing.

Dit maak die situasie in Suid-Afrika veel erger as in Zimbabwe. In daardie
land het onteiende boere nog die reg gehad om hof toe te gaan as Robber
Mugabe en sy "oorlogsveterane" beslag op blanke plase gelê het.
Die probleem waarmee hulle te kampe gehad het, is dat hulle met 'n onsim-
patieke hof te doen gekry het. In Suid-Afrika het die blanke nie eers die
reg om met die saak hof toe te gaan nie - die wet verbied dit.

Al waaroor die boer wel nog hof toe kan gaan, is oor die vasstelling van
die prys van sy grond. Maar oor die onteiening van sy plaas, daaroor het
die hof geen seggenskap nie. Die minister lê beslag op die grond sonder 'n
hofbevel - en klaar ! Dit is 'n willekeurige, finale besluit van die ANC en
sy minister.

Die ANC voer aan dat so 'n maatreël noodsaaklik geword het omdat
blankes nie bereid is om van hul grond afstand te doen nie. Dus beteken
dit dat die ANC glad nie meer die beginsel van gewillige verkoper, gewillige
koper respekteer nie. As die ANC besluit het om die grond te roof, is die
blanke uitgelewer, en kan hy net probeer om oor die prys te kibbel.
Oor die beginsel dat die grond summier van hom geroof word sonder sy
toestemming, daaroor het hy geen sê nie. Hoeveel blankes het vandag
werklik die fondse (en tyd) om te spandeer op duur regskostes wanneer
die regering sy grond wil vat ? Wie gaan wen en wie gaan verloor ?

Die ANC-regime is nou baie haastig met die saak, aangesien 2005 as
sperdatum gestel is - dan wil hulle ál die grond wat hulle beoog om van
die blankes te beroof, r��ds in hul besit te hê.

Hierdie drakoniese wet bemagtig die minister van landbou en grondsake,
Angela Thokozile Didiza, met behulp van streekkommissarisse vir
grondeise, om onverstoord die onteiening van blanke grond - óók in die
blanke stedelike gebiede (soos alreeds gepubliseer is) dwarsoor Suid-
Afrika te bewerkstellig. Die meeste blankes is salig onbewus hiervan
terwyl hulle rustig naïef in hulle gegoede woonbuurte voortleef asof alles
in orde is, terwyl baie van hulle steeds oortuig is dat "alles sal nog
regkom". Die tyd is min - wag en kyk maar.

Wat teenstand teen die wet des te moeiliker maak, is dat die renegaat NP
onder leiding van mnr "Slim" kortbroek-Martiens van Schalkwyk besluit
het om hierdie maatreël te steun. Die NP is sedert sy breuk met die DA
'n bondgenoot van die ANC, en die ANC kon op geen beter bondgenoot
gereken het nie. Ook die IVP, wat sitting in die kabinet het, was nie teen
die wet gekant nie - en dít is ook nie verbasend nie, maar te verwagte.

Die oorblywende politieke partye in die parlement is teen die wetgewing
gekant. Dit is uiteraard, benewens die NP en die IVP, ook die PAC en
Azapo wat die maatreël steun. Helaas, dis nou te laat ! Dis nou wet !
En met die ANC wat reeds 'n twee-derde meerderheid op hulle verenig
het is die koeël reeds deur die kerk wat die blankes se "blink toekoms"
aanbetref. Hulle kan maar in 2004 gaan stem vir wie hulle wil - so hard
soos hulle wil - tot hulle letterlik blou in die gesigte is. Dit sal futiel
wees.

Dr. Dirk du Toit, blanke adjunk-minister van Grondsake van die ANC,
het mooi broodjies probeer bak deur te verklaar dat grond slegs sonder
'n hofbevel onteien sal word in gevalle waar die blanke nie bereid is om
vrywillig van sy grond afstand te doen nie. Dit sluit egter omtrent alle
blankes in die land in. Hy het voorts met die belaglikheid vorendag
gekom deur te konstateer dat deur hierdie wetgewing korrupsie met die
proses uitgeskakel word ! Met ander woorde, korrupsie word kamtig
bestry, maar roof word wetlik goedgekeur en op die wetboek geplaas.

Daaraan het Du Toit nog toegevoeg : "As jy teen die wet is, is jy teen
transformasie!" Hy het die blankes voorts daarvan beskuldig dat hulle
slegs "mislei" word deur "wanvoorstellings" van die ANC se doelwitte.
Sy ergste emosionele uitbarsting was egter toe hy probeer om die ANC
se grondroofplanne te verdedig deur dit te bestempel as die "herbegrafnis"
van dr. Verwoerd en wat hy die land alles glo "aangedoen" het.

Deur hierdie uitbarsting om die ANC en sy planne vir die blankes meer
aanvaarbaar te probeer voorstel, het hy grade gevorder om die Afrikaner,
en veral die blankegemeenskap nog verder van die kommunistiese ANC-
regime te vervreem.

Daardeur het hy inderdaad bevestig tot welke mate die ANC kommunisties
ingestel is, nie net wat sy samestelling betref nie, maar ook wat sy
optrede, beginsels en beleid betref. Die ANC gaan nou inderdaad sy
kommunistiese beginsels in die praktyk toepas, sodat die burger van die land
nie geregtig is op privaatbesit nie, maar dat alles aan die staat behoort om
daarmee te maak nes hy wil.

Niemand het nou meer enige beheer of seggenskap oor sy eie besittings nie.

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

Bladsye (1834): [ «    526  527  528  529  530  531  532  533  534  535  536  537  538  539  540  541    »]
Tyd nou: Di. Aug. 04 01:33:06 UTC 2026