Ferrari Formula 1 racing team recently fired the whole pit crew to employ a
few young guys from Soweto. This sudden reaction was due to a television
documentary showing how young Sowetans could take off a car's wheels in
under six seconds without any fancy equipment.
Ferrari soon regretted their decision. However, as the young men not only
changed the wheels within six seconds, but twelve seconds later the car had
been resprayed and sold to the McLaren team! Ferrari was still eager to
compete in the Grand Prix and, since they no longer had a formula 1 car to
race with, the young Sowetans suggested using a minibus taxi, complete with
an experienced (yet unlicensed) driver, and fare collector.
Of course they easily won the championship, since the minibus weaved it's
way through the starting grid. Set off before the lights changed and didn't
bother to change the tyres when they wore out. It also took all the corners
at maximum speed, as the brakes were non-existent. On the way to victory the
new "Ama - Ferrari - Ferrari" team also managed to hi-jack several
competitors cars and pick up 35 passengers at some notoriously dangerous
spots, including blind rises as well as the chicane. The 15,000 spectators
rocked, boogied and cheered the minibus to victory as it blasted six
thousand watts of rap music for all 77 laps.
We can be proud of yet another South African sporting achievement, which
will put us at the forefront of sporting history. Well done boys!!
Die King-ondersoek van die rugby is nou uitgestel na vroeg volgende jaar.
Dit nadat daar in alle haas gepoog is om die saak afgehandel te kry voor die
WB toernooi.
Dit behoort interessant te wees hoe die getuies gaan verskil tussen diegene
wat na die WB toernooi oorsee gaan speel en teoreties nie meer vir die
Springbokke kan speel nie, en diegene wat hier bly en weer wil probeer om
die span te haal.
Ons kla oor niks. Blykbaar vergelyk ons misdaadsyfers glo goed met ander
lande volgens ons minister.
Ons wag egter op die bekendmaking van die misdaadsyfers.
Die pas is op 14 September 150 jaar oud. Ek het dit verlede jaar laas gery,
en dit was toe in 'n haglike toestand.
Die Kobra by Ratanga is niks teenoor Bainskloof as dit kom by adrenalienpomp
nie.
Annette
Suidwester, miskien kan jy help. Ek lees op Harnas se site (www.harnas.org)
dat hulle a.g.v. die Namibiese wette geen vrywilligers mag aanvaar om op die
plaas te gaan werk nie. Watse wet is dit, en is daar 'n rede agter die wet?
Ek onthou so 2 jaar terug het hulle 'n beroep uitgestuur vir mense om te kom
help op die plaas nou mag hulle nie meer nie?
SABC se hofaansoek om die rugbyverhoor in die openbaar te laat geskied, is
met koste van die hand gewys.
Ons krieketspan het teen Engeland verloor in die laaste toets, en die reeks
gedeel.
RSG se vraag van die week - gaan ons rugbyspan die wêreldbeker wen?
Alle gratis parkeerplekke wat nog in Kaapstad beskibaar was, is van vandag
af nie meer nie. Parkering in die straat by 'n meter is nou R5,80 per uur
met 'n halfuur die minimum, in die parkeergarage oorkant die ontvanger is
dit R10 per uur of gedeelte daarvan, en by die oop parkeerareas is dit
tussen R4 en R5 per uur of gedeelte daarvan.
Daar is op 'n klomp taxi's beslag gelê agv onbetaalde boetes. Onbetaalde
boetes vir taxi's beloop R130 000
Ons is meegedeel dat daar nie so iets soos misdaadareas bestaan nie, en
sedert uitkenning dmv vingerafdrukke ingestel is, is daar nou minder
misdaad.
1 Oktober is die sperdatum vir gelyke indiensneming. Werkgewers met 150 of
meer werknemers moet 'n arbeidsverslag indien.
Fanie Olivier
snags lê die wit buurt donker in sy ligte
snags lê die wit buurt donker in sy ligte
agter vibracrete, siersteen, gepleisterde hoë mure
met plaatjies wat blaf lampe wat tande wys
op al die hoeke van die huis: als nagmerries
waar daar eens drome was, vrees voor die vergesigte.
rooi oog glim by die deure draadjies trek
die vensters styf. interkom verbind die bure.
bedags vol bravade met die bmw
die manne by die klub die tikster wat so lekker flerrie
terwyl die ander werkers maathou op hul plek.
tennis om nege melktert en tee
daar's selfs nog kans vir naweekritjies - liefs net op teer
maar as die skemer toesak sluit die laer dig
is elke uil op sy kluit haan op sy mishoop
bobbejaan op sy krans hond op sy mat;
speel die video. dan neem die nag nog eens sy loop
met veraf tromme van die vasteland
wat in die kop bly klop ruk aan die hart
terwyl die swart buurt helderder met vryheid brand.