Vandat Animal Planet opgekom het, lyk dit vir my asof die kwaliteit van die
"prentjie" af is. Ek kan omtrent glad nie Animal Planet kyk nie, omdat die
hele prent so "pixelated" raak as daar beweging op die skerm is dat jy nie
kan uitmaak wat aangaan nie. MM2 en E-tv (deur satelliet), se kwaliteit is
ook drasties af. Dit lyk amper soos 'n MPEG movie waarvan die kompressie te
hoog is.
Wat ek wil weet is, is dit nou net ekke of is dit almal s'n wat so maak?
Ons het Multichoice gebel en hulle het ons vertel ons moet kyk na die
"signal quality" onder "advanced options", ons het 'n 90% signal quality op
Animal Planet, maar dis nog steeds onkykbaar.
Voordat ek op Multichoice beginne skree, wil ek net weet of daar ander mense
is met dieselfde probleem, en as daar is dink ek ons moet saam staan en
hulle sommer op Hellopeter.com as "een man" gaan uitvreet.
Deur dieselfde man. Hy dink seker as hulle nie kon skree nie, hoef hy hulle
nie dood te maak nie.
Ou grappie wat Pa vertel het:
Doofstom meisie in hof waar 'n man wat haar verkrag het verhoor word.
Voordat die regter sy uitspraak gee, lewer hy eers repliek, en op 'n stadium
steek hy 'n wysvinger in die lug en sê: Daar is nie een bewys wat daarop dui
dat die aangeklaagde nie skuldig is nie.
Waarop die meisie opspring en hom onderbreek - een vinger in die lug steek
en haar kop hewig heen en weer skud, en toe 'n vuis in die lug steek en haar
kop op en af knik.
BOERE WORD GEMARTEL EN SAPD HOU VERGADERINGS
Op Vrydagaand word die 65 jarige Mnr Fred Naude vermoor.
Maandagoggend word hy gekry.
Die SAPD reik 'n mediaverklaring uit wat bekend maak dat Mnr Naude vermoor
is en van naby geskiet is.
Dit is die soveelste moord in soveel maande in die Cullinan Distrik.
Wat die SAPD nie sê nie is die volgende:
Die 65 jarige Mnr Naude is 'n gestremde.
Hy is onherkenbaar in sy gesig geslaan.
Hy is wreedaandig gemartel deur pogings om sy naels uit te trek
Sy hande was agter sy rug vasgemaak.
Hy is doodgeskiet met 'n vuurwapen teen sy bors.
Die SAPD sê dit nie want dit sal hulle standpunte oor plaasmoorde weerlê
Wat die ondersoek op terrein deur die SAPD aanbetref die volgende:
• Die plaaslike speurtak het die saak goed hanteer.
• Inspekteur Setole van Moord en Roof het nie tyd gehad om vingerafdrukke op
die plaashek se slot te neem nie.
• Hulle het slegs bewus geword van die gevegsaanduidings nadat dit deur ons
lede aan hulle uitgewys is
• Die balaklawa wat gebruik kon word vir DNA toetse is eenkant gegooi.
Op 17 Julie 2003 op die program Fokus na drie moorde in die Cullinan Distrik
belowe Snr Sups Mokholwane en Tlomatsana dat daar binne een maand aandag
gegee sal word aan die logistieke probleme soos tekorte aan personeel en
voertuie.
Nodeloos om te sê is niks ontvang nie.
Op 'n gemeenskapsvergadering op 17 Augustus 2003 word eise aan Komm Mashigo
gestel en word hy in kennis gestel dat die gemeenskap nou belasting boikot
as protes teen die SAPD se onvermoë om na ons veiligheid om te sien. (Sien
aangehegde eise).
Hierdie Unie stel hom ook in kennis dat die amtelike Forums geboikot word
tot die SAPD hulle bonafides verklaar en iets daadwerkliks doen aan die
logistieke tekorte en probleme.
Tot datum is daar nog niks aan die probleme gedoen nie, behalwe dat nog voer
tuie weggevat is.
Wat hulle wel doen is om vergaderings te reel om die werking van die
verskillende forums te verduidelik.
Hierdie is nog 'n moord waar die SAPD 'n medepligtige is.
Hierdie Unie stel nie belang in praat en forums nie en bly by ons standpunt.
Mens skenk glo slegs 450ml op 'n slag, en mens het glo 5 liter bloed in die
liggaam.
Nou klink dit dat mens, net soos 'n motor, gereeld bietjie bloed (olie) moet
laat aftap, om nuwe bloed in te kry.
Mens moet tussen 18 en 65 wees, en meer as 50kg weeg om te kan bloed skenk.
Graham Beck se Syrah ( 'n tipe Shraz) is as 'n kampioen aangewys by die
groot wynskou in Londen ( Engeland).
Die Syrah word gemaak by hul plaas naby Robertson.
Ek hoor nou net dat ons van volgende maand af weer Chevrolets op ons paaie
gaan hê.
Dis nou een van die min advertensies wat net beter klink in Engels as in
Afrikaans
'n kwaad gees sak uit 'n donker hemel
breek die denne flenters en trek bruisende sluise oop
mense hou op tuin natgooi
hardloop na hul telefone
vergeefs
kwaad wind
hou jy hande met die duiwel
of is jy 'n groot, sterk engel
ly jy aan dronkverdriet
kom jy kla by ons
oor stout kinders en ontroue lovers
in die boomryke heuwels bly net stompies oor
chaos waardeur stroompies nuwe paaie worstel
als is onvoorbereid verklaar
soos sodom en gomorra bewys hy
ons is maar net soutpilare
kwaad wind
hoekom haal jy jou hangups uit op ons
hou jy hande met die duiwel
of is jy 'n groot, sterk engel
kom sit hier met jou gesig in jou hande
vertel ons als
Fil. 3:10-12
Here, in die ikoniese wéérspeel van dié insident
moet U klinies hierdie boosberymde inprent
van alle mitiese dimensie stroop: sendeling
in afrika deur gekweste leeu bespring,
arm morsaf gebreek. die goedkoop simboliek
van die brullende leeu, sê U, vra geen hermeneutiek.
ek sidder toe U my leer van u onlogiese metafisika:
aan my lyf dra ek die stigmata van die Leeu van Juda.