Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Wat sou jy neem?

Fri, 19 September 2003 06:28

As jy na 'n funksie moet gaan en iets dra of lyk na iets in jou tienerjare,
wat sou dit wees?

Annette

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Kiesreg vir die SA's in die buiteland

Fri, 19 September 2003 06:24

Die ANC wil nie hê dat die mense wat in die buiteland is mag stem nie, net
die wat verbonde is aan die ambassades.
Die DA wil hof toe sodat almal in die buiteland wat wil en kan, wel kan
stem.
Die NNP maak 'n onderskeid - diegene wat langer as 10 jaar in die buiteland
is moet nie te kan stem nie, of diegene wat in die proses is of in besit is
van burgerskap van hul nuwe land kan ook nie stem nie.

Annette

Emigrasie & buiteland | 30 kommentare

Sug, alweer n virus

Fri, 19 September 2003 03:54

Hi daar

Ek moet bieg ek het TE lank gelede my anti-virus definition files ge-update, gevolglik het ek nie die 2 emails wat gelyk het asof dit microsoft updates bevat gestop nie. n Oulike worm virus het gevolglik my adres boek gebruik om homself verder te versprei. Lesse:
1. Niks is verniet van Microsoft nie
2. Update NOU jou anti-virus

Nou ja, laat ek begin skoonmaak ...

Tot later
Joeboy

--
I want to die in my sleep like my grandfather......not
screaming and yelling like the passengers in his car.

Rekenaars & selfone | 1 kommentaar

Alles kan verander

Thu, 18 September 2003 14:57

Die Girl Guides het verlede jaar hul uniform verander. en hierdie jaar is
besluit dat aparte kentekens vir brei, hekel en naaldwerk nie meer nodig is
nie

Nou lyk dit ook of al hoe meer paartjies aan PHD ( Post Huwelikse Depressie)
ly, en dat daar nou aanbeveel word dat die paartjie nog voor die wittebrood,
of so as moontlik na die wittebrood by 'n sielkundige uitkom.
Dis veral die bruide wat aan die toestand ly, omdat hulle soveel tyd en
energie in die huweliksbevestiging en onthaal gesit het, dat die skok terug
aarde toe te groot is.

Miskien moet die plekke wat gewild is vir wittebroodsvakansies sommer 'n
inwonende psigiater beskikbaar hê.

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Daterape: Wanneer is dit?

Thu, 18 September 2003 14:54

'n Lang string is al gesels oor hierdie storie ivm die manne wat in die
moeilikheid is oor die meisie wat in hul koshuis gekuier het. Dit word
algemeen aanvaar dat wanneer 'n meisie 'nee' sê, dan moet die man luister en
stop alles net daar. Die vraag is net tot op watter punt kan die meisie
nee sê? Ek betwis nie haar reg om die storie te wil stop nie, maar as sy
saamgespeel het tot op die punt waar die ou hygend van lus gereed is om deur
die rivier te hardloop en dan besluit sy om te stop, is dit regverdig
teenoor die ou wat sy uitgelok het [of mee saamgespeel het tot op daardie
punt] om dan verkragting te skree as die ou haar nie lekker glo en nog
probeer nie. Waar lê die verantwoordelikheid? As sy saam lekker dronk
word en 'n paar ouens kom haar by en sy word die volgende oggend wakker en
besluit dat sy nie eintlik wou spyker nie, dan kan sy verkragting
skree.....hoe bewys die ouens dat sy heel gewillig was? Dis amper soos die
dief wat jy nie meer in jou eie huis in die nag in Afrika mag doodskiet as
jy nie kan bewys [in die donker!] dat hy jou lewe bedreig nie!

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Storm Isabel al?

Thu, 18 September 2003 14:41

Is die storm al daar, of het sy weggeswenk, of is dit nie so erg op die ou
end nie?
Annette

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Bobo nie meer bo nie

Thu, 18 September 2003 14:17

Die WB senter, Ngobani Bobo, is beseer en het hom van die WB span onttrek.
Daar is gegis dat 'n ander bruin/swart speler in sy plek gekies sal word om
die "kwota" gestand te hou, maar Jean de Villiers van die WP is as
plaasvervanger gekies

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Kaapse ET Organisasie

Thu, 18 September 2003 07:55

Hulle weet van ETV's ( extraterrestial vehicles), dat dit wel bestaan, en
dat al die regerings dit vreeslik geheim hou as iemand iets sien.
Al wat ek weet is dat hulle liewers meer hier in SA moet kom land, van die
Amerikaners skiet alles vreemds voor die voet:))
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Standbeeld

Thu, 18 September 2003 06:53

Gister het ek iewers gelees dat die mense van Orania Saterdag 'n
standbeeld van 'n koeksister gaan onthul :-)

Koeitjies & kalfies | 29 kommentare

Heerlike

Wed, 17 September 2003 20:30

'n DINGUS is nou 'n heerliKKe ding!

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1838): [ «    530  531  532  533  534  535  536  537  538  539  540  541  542  543  544  545    »]
Tyd nou: Fri Jan 17 19:24:25 UTC 2025