Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Hefer verhoor.

Thu, 23 October 2003 11:00

Ek weet nie hoekom die belastingbetaler moet opdok vir 'n kommissie wat
duidelik 'n storie is wat binne die ANC opgelos moet word nie.
Maar ek moet erken dis nogal lekker om te sien hoe die saamstaanmuur
plek-plek begin verbrokkel.
Soos met enige party kan nie almal met almal heeltyd vriende bly nie, want
ons is almal mense met pense.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Blink Liggie:))

Thu, 23 October 2003 10:34

Hier by ons is 'n informele nedersetting wat ook Nelson Mandela genoem
word:))
So as PE ook Nelson Mandela word, dan is daar al twee plekke met sy naam in
SA:))
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 18 kommentare

Die Swakste Verskoning

Thu, 23 October 2003 08:47

Wie van julle kyk na dit? ( The Weakest Link)Ek dink ek het genoeg gehad van
dommes wat die slimmes uitstem.
Die vrae is interessant, maar al die mense - deelnemers en vraesteller is
frustrerend.
Hulle moet die naam vir SA spelers verander;))
--
Annette

TV, flieks & vermaak | 4 kommentare

Stakings

Thu, 23 October 2003 07:02

Shoprite se mense is besig met 'n staking, en blykbaar gaan die mense van
die lughawemaatskappy Maandag begin staak.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

UPE se nuwe naam

Thu, 23 October 2003 04:35

UPE gaan nou bekend staan as:
Nelson Mandela Metropoolse/Metropolitan Universiteit/ University
-
Annette

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

SOS SMS KBD?

Wed, 22 October 2003 13:16

. . . - - - . . . = SOS
. . . - - . . . = SMS

Wat is "SMS (Short Message Service)" in Afrikaans?

KBD? Wat noem julle dit of word SMS gebruik?

:-)

TJ

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

KLARABELLE GAAN KAAPTOE

Wed, 22 October 2003 09:41

Funk-e Lizzard Production House bied aan
KLARABELLE GAAN KAAPTOE
Plek: Baxter Sanlam Studio
Datum: 27 Oktober tot 1 November
Tyd: Voorvertoning 27 Oktober om 20:15
Open 28 Oktober om 20:15 / Daarna nagtelik om 20:15

Met Zenobia Kloppers en ander

Teks deur Zenobia Kloppers
Regie en Ontwerp deur Monique Antigone Seigels
Atmosferiese Afrika instrumentasie deur Glen Arendse

Uit die land van sandkorrels en wind kom Klarabelle - die kleine, die vette,
die bruine - na die groot, die groen, die pienk ... stad.

Hierdie sogenaamde eerste Khoi-San produksie in Suid-Afrika ". maak gebruik
van plesierige Afrikaans wat terg, die bloeddruk laat styg en die tone laat
krul." 'n Definitiewe moet sien.

PRYSE: Voorvertoning R20 / Dinsdag tot Donderdag R40 / Vrydag en Saterdag
R45
AFSLAG: 10% afslag vir blok besprekings van 10 of meer. Studente en senior
burgers betaal R25 30 minute voor die vertoning.

www.artslink.co.za

Koeitjies & kalfies | 20 kommentare

Annette........en meel!

Wed, 22 October 2003 09:26

Wat is die manlik van meel? Mieliemeel.
Vroulik van meel? Koekmeel.
......en as jy meel viagra gee? Stuifmeel en bruismeel!

Humor & grappe | 2 kommentare

Straatkindersensus

Wed, 22 October 2003 07:29

Daar gaan nou 'n sensusopname gedoen word van straatkinders.
Dit op sigself is nie 'n slegte idee nie, maar hoe suksesvol dit prakties
gaan wees weet ek nie.
Die meeste straatkinders waarvan ek weet wil nie eintlik enige persoonlike
inligting gee nie.
Net soos wat daar kinders is wat deur huislike omstandighede straat toe
gedwing was, en hulle sal van die ophefgeleentheid gebruik maak, net so baie
is daar kinders wat in normale, liefdevolle huise grootgeoword het, en self
besluit het ( heelwaarskynlik met die invloed van maats) hulle wil liewer
saam met die dissipline van die straat leef as onder die dissipline van 'n
ouer, skool en kerk.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Sekuriteit

Wed, 22 October 2003 06:54

Interessante gespreksonderwerp vanoggend op Stem Saam.
Van 'n dame in 'n oumenskompleks wat vreeslik beïndruk is met hulle
sekuriteitsfirma, tot waar mense op die lug sekuriteitsmaatskappye beskuldig
dat hulle hul eie werk genereer.
Een dame vertel dat sy gereeld 'n sekuriteitsmaatskappy se voertuig naby
haar huis geparkeer sien staan het, en toe daarop gewys is deur 'n buurman
dat, wanneer daar 'n inbraak sou plaasvind, sy heelwaarskynlik daardie
maatskappy sal skakel, omdat hul naam in haar onderbewussyn is. Die
suggestie was dat die inbraak ook deur die sekuriteitsmaatskappy gedoen is.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Bladsye (1838): [ «    510  511  512  513  514  515  516  517  518  519  520  521  522  523  524  525    »]
Tyd nou: Fri Jan 17 00:01:55 UTC 2025