Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Bulle Saterdag......

Do., 30 Oktober 2003 07:09

Ek wonder net wat die wynsuipers en bokkomvreters van die Kaap Saterdag gaan
maak? Ek hoor hulle wil nou maar eerder skolerugby speel volgende jaar,
maar die kinders wil hulle nie daar hê nie! Hulle kan nie gaan visvang
terwyl die eindstryd aan die gang is nie want daar is g'n niks meer vis ook
in die Kaap oor nie.........so, dis maar suip om die sorge te versuip.
Die Vrystaters sal maar moet mielies vreet!

Sport & ontspanning | 2 kommentare

Re: Bulle Saterdag......

Do., 30 Oktober 2003 06:37

Jy is skoon uit jou tyd uit - dis snoektyd in die Kaap.
Na die Bokke se wedstryd Saterdagoggend sal ek elkgeval 'n bottel rooies
kafdraf - so ek sal die middag se wedstryd heelwaarskynlik deurslaap - want
ek het bitter lank laas 'n goeie eindstryd gesien - dis die
halfeindstrydwedstryde wat baie meer opwindend is en beter rugby oplewer.
--
Annette

"Sandvlooi" skryf in boodskap news:bnq9ue$1h9j$1@newsreader02.ops.uunet.co.za...
> Ek wonder net wat die wynsuipers en bokkomvreters van die Kaap Saterdag gaan
> maak? Ek hoor hulle wil nou maar eerder skolerugby speel volgende jaar,
> maar die kinders wil hulle nie daar hê nie! Hulle kan nie gaan visvang
> terwyl die eindstryd aan die gang is nie want daar is g'n niks meer vis ook
> in die Kaap oor nie.........so, dis maar suip om die sorge te versuip.
> Die Vrystaters sal maar moet mielies vreet!
>

Sport & ontspanning | 3 kommentare

" i sagte reën het agtermiddag " deur GERT VLOK NEL

Do., 30 Oktober 2003 04:40

Gert Vlok Nel

i sagte reën het agtermiddag

i sagte reën het die agtermiddag.
ja ons almal het uitgehol, rondgedans in die.
tot Ma natuurlik gesê het kom in julle reën.
julle sal koue.

ekenAttieenPollie en Vlokkie my vertraagde.
het nie geluister vir Ma nie, ons het.
ons het bootjies gery in die sloot langs.
Vlokkie die simpel lag i i i iieeggghh die simpel ding.

in die yard kom Ma uit met die belt kamma.
ons hol in bang kamma. skielik is daar i helse.
in die straat is daar i botsing, i bakkie en i.
i sagte reën het agtermiddag.

Prosa & poësie | 3 kommentare

Semi-finale partytjie

Wo., 29 Oktober 2003 19:44

Blykbaar word n GROOT makietie beplan by my plaaslike sportskroeg vir die
semi-finale van die werledbeker. Corne en die res van die span gaan ook daar
wees ...

Joeboy

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Saterdag se Rugby

Wo., 29 Oktober 2003 14:47

Daar is baie goed hier wat ek Saterdagogggend kan doen behalwe om na die
wedstryd te kyk en hoë bloeddruk te kry:))
Ek kan Spier toe gaan vir die perdespringbyeenkoms
Ek kan gaan fliek
Ek kan gaan koffie drink saam met 'n vriendin
Ek kan gaan snuffel in nuwe winkels.

Nietemin - Onse Afrigter hou vol die span staan by hulle plan vir die WB -
en nou word 'n span gekies met meer internasionale ervaring as teen die
Engelse - was dit die plan?

--
Annette

Sport & ontspanning | 1 kommentaar

Koot se Toetie

Wo., 29 Oktober 2003 14:43

Cosê fan Tutti speel hier van Saterdag af in ArtsCape.
Ek het nog al die jare Kosie verkeerd gespel!:))
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Son ontploffing

Wo., 29 Oktober 2003 14:41

Het julle in SA iets gemerk na die sonontploffing die aarde getref het? Hier
niks, nie eers son nie... Alles grys.

Max____________________________

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Dowwe Dolfie...

Wo., 29 Oktober 2003 13:35

Ek sien die manne doop nou al vir Streuli as Dowwe Dolfie! Nou met die
man se snaakse gesig en benoude oortjies, is dit darem 'n sportprenttekenaar
se droom. Dink net: Dowwe Dolla en Dolfie wat huil na die
wêreldbeker.....

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Dowwe Dolfie...

Wo., 29 Oktober 2003 13:34

Ek weet waar hy sy knou gekry het - ek het vir hom in St 9 Wetenskap geleer
by Hoërskool Menlopark. Arme ding.

Koot

"Sandvlooi" skryf in boodskap news:bnoc76$1a0i$1@newsreader02.ops.uunet.co.za...
> Ek sien die manne doop nou al vir Streuli as Dowwe Dolfie! Nou met die
> man se snaakse gesig en benoude oortjies, is dit darem 'n sportprenttekenaar
> se droom. Dink net: Dowwe Dolla en Dolfie wat huil na die
> wêreldbeker.....
>

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Swart skeidsregter

Di., 28 Oktober 2003 06:37

Shaun Veldsman is die eerste swart skeidsregter wat 'n Curriebeker eindstryd
gaan blaas in die geskiedenis van SA rugby.
--
Chris

Koeitjies & kalfies | 66 kommentare

Bladsye (1835): [ «    507  508  509  510  511  512  513  514  515  516  517  518  519  520  521  522    »]
Tyd nou: Sa. Des. 20 17:51:51 UTC 2025