Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Dit kan in RSA

Sa., 01 November 2003 10:38

Nou herinner ek my hoe dit was in die voormalige USSR, as jy nie van jou pa
hou nie dan rapporteer jy hom aan die KGB of soos in Oos Duitsland aan die
sgn "stasie", soms was selfs die onderwyser op skool n stasie-agent. Maak
nie saak nie wat jy rapporteer nie , se maar net my pa hou nie van die
kommuniste nie. Binne soms ure word pa gehaal en lagdurig ondervra en soms
dae in die tronk gesit.
Nou weet ek van n' buurman wat n' bietjie ongelukkig is in hierdie land.
Buurman is n' bietjie agterdogtig met die agenda van die goverment en
sommige departemente, hoekom sal n' mens afvra, die petrol is goedkoper, die
woekerrente is omlaag, wat gaan nou an met die buurman ?
Nou buurman het slegs 1 motorkaping, 1 berowing en 1 poging tot moord en n'
paar huisbrake en talle diefstalle ervaar in hieride bevryde land. Dis
jammer my buurman verstaan dit nie, hoekom het hy nie R 50.000 of meer in
veiligheidsmaatreels as voorsorg getref nie ? Dit sal tenminste n' voorval
of 2 kan keer het, dan was die leed wat minder.
Toe ek hom vra, wat het jy gedoen vir jou veiligheid antwoord hy, ek het n'
bulletproof jacket, ek is gewapen, my hekke is altyd gesluit, ek het
kameraas op die dak, ek het opgeleide honde, ek het selfs n' wag wat
patrollies doen. Hy het dit almal gedoen na die voorvalle, tog het
diefstalle nie afgeneem nie, die kapings het nie opgehou nie(poging).
Maar se hy nou is daar nuwe vyande dat is my blanke bure, ek skrik toe en
verweer myself met antwoorde en vrae, van wat bedoel jy nou, ek is mos nie
jou vyand nie ? Hoe weet ek se hy ? Ek vertrou niemand meer, ek vra hom toe
om wat uitleg.
Toe kom sy storie; "die veligheidspolisie was hier met n' hele rits voertuie
selfs 2 honde, die bevelvoerder vra my of ek die bewoner van hierdie perseel
is, ek antwoord ja. Toe vra die bevelvoerder hy het n' lasbrief tot
huisoeking, omdat daar n' be-eedigde verklaring is dat ek onwettige wapens
en/of ammunisie en springstowwe in my besit het. Ek kan dit nie glo nie, ek
se kom in en soek maar ek het niks nie wat nie mag nie. Natuurlik glo die
bevelvoerder my nie op my woord nie. Skielik kom dit in my op ek is n' boer,
ek is wit ek is n' bietjie uitgesproke. Ek voel bitter ongelukkig dat dit my
oorkom, my hart is seer, my jong gesin in n' toestand, dit is onmoontlik vir
my.
Die mense deursoek toe my wapenkluis en kontroleer al die nommers, hulle tel
die ammo, hulle neem fotoos en ek voel baie ongemaklik met al die mense in
huis.
Alles word oopgemaak, kaste, bokse, laaie, spens waenhuis, stoorplekke en
omtrent allesword nagesien, my kunsmis vir die tuin word nagegaan. Ek het
niks blyk na die ondersoek, ek het dit geweet, ek voel verontwaardig,
vernederd en beledig.
Wat vir my opvallend was, ek het n' prent van die slag by bloedrivier op die
muur, hulle maak n' foto, ek het n' vierkluer vlag en die vorige vlag in n'
kas, hulle spry dit uit op die grond en maak fotoos daarvan, hulle vat my
bulletproof jacket en neem fotoos daarvan. Snaaks genoeg vat hulle nie
fotoos van die mooi landskappe en blom en diere-prente nie waarvan baie in
die huis is nie.
Toe word my gevra y watter kerk is jy, ek dink toe wat het dit met
onwettigheid te doen ? Mag je nie onder die nuwe wonderlike grondwet nie
enige godsdiens uitoefen nie, is ons dan nie bevry van die juk van apartheid
nie ?
Die ondersoeker vra of ek fanaties is in my geloof, ek dink ek is omdat ek
geheel en al op Die Skepper van Hemel en Aarde vertrou. Hy vra my hoekom
stel ek soveel belang in snaakse Bybels ? Hy vra my of ek n' seker boek in
my besit het wat blykbaar n' nuwe Suid Afrikaanse vertaling is met die
Heilige name daarin en n' paar Apokriewe boeke in het, ek se ja ek het die
boek ek het omtrent 32 verskillende vertalings in my besit hoekom ? Hy
antwoord my dat dit wel mag, maar hy le die boek op tafel en fotografeer
dit. Kan dit almal in n' vry land ? Ek vra maar net, ek is onrustig, my vrou
slaap moeilik, as ons n' geluid hoor vra ons onsself af is dit die KGB wat
kom of wat soek hulle ? Kan ons verder lewe op hierdie manier in n' geseende
land soos Suid Afrika ? Is daar nie iets wat daar agter steek ? Ek het baie
vrae.
Wie gee raad op g...@xsinet.co.za
Aldus die verslag van my bure.

Gerard

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Nuwe Radioadvertensie

Sa., 01 November 2003 04:05

Ek hou van die nuwe advertensie vir Geraas.
Dit is snaaks hoe die woord deur verskillende mense uitgespreek word.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nu weet ik waarom politici er altijd nuchter uitzien ;-))

Vr., 31 Oktober 2003 15:33

DE ANTIKATERPIL

De antikaterpil kwam eerder dit jaar in de Verenigde Staten op de markt en
werd vooral in Hollywood een groot succes, zo meldde begin oktober een
Russisch dagblad.

De KGB ontwikkelde de pil ten tijde van de Koude Oorlog met de bedoeling
Russische spionnen alert te houden na
drinkgelagen.

De geheim agenten konden anderen onder tafel drinken en kort daarna zelf
weer volledig nuchter zijn.

Tot aan 2000 bleef de pil in Rusland voorbehouden aan de elite, maar kwam
daarna gewoon in roulatie.
De Ru21, zoals de merknaam luidt, is volgens de Nederlandse importeur een
natuurproduct.

De werkzame stof is een derivaat van een plant dat alcohol in het lichaam
afbreekt en schade aan lichaamsfuncties en vitale
organen voorkomt.
De stof beschermt zowel de lever als de huid

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Die Swakste Skakel

Vr., 31 Oktober 2003 10:05

Van iemand anders:

As die program in Afrikaans sou wees -
Hoe sal die vraesteller sê in Afrikaans:
You are the weakest link, Goodbye!
?

Jy is te dof, fokkof
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Merkie

Vr., 31 Oktober 2003 10:03

Annette, wat is die Afrikaanse woord vir 'n "merkin" - sien antwoord in M&G
vandag.

Wie van julle dra 'n "toupee" of 'n "plume". Die pakkie kom met
gebruiks-waarskuwings.

:-)

TJ

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Blou Bulle

Vr., 31 Oktober 2003 06:50

Hallo Almal

Het enige persoon dalk vir my 'n prentjie van die "gevreesde blou bul". NIE
die huidige logo wat hulle gebruik nie (bul horings).

Groete

Riaan

Sport & ontspanning | 2 kommentare

Wakker mense

Vr., 31 Oktober 2003 06:40

Is julle wakker?

www.orania.co.za

Orania is 'n wakker plek vir wakker mense wat nie droom nie.

Ek hou van hul winkelname:
Afsaal kafee
Krummels bakkery
Haarfyn haarsalon
Ysterklip stene
Sit-soos-nuut stoffeerders
Human Trok en Trekker

... maar geen prentjie van die koeksuster monument nie.

:-)

TJ

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

bessie de necker?

Do., 30 Oktober 2003 22:53

Wat het geword
van
Bessie de Necker
van Winburg?

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

Watertekort?

Do., 30 Oktober 2003 08:06

Ons hoor mos nou die afgelope 10 jaar dat ons moet water bespaar, en word
gedreig dat as ons nie besin oor ons wyse van waterverbruik nie, ons teen
2015 nie meer genoeg water gaan hê nie.
Werkers van die Dept waterwese praat hulle asems lam om al wat organisasie
te besoek om die dringenede boodskap oor te dra.

Vanoggend op Praat Saam toe word daar oor water gepraat - en iemand vertel
toe hy navraag doen by sy munisipaliteit hoekom hy per eenheid teen 'n hoër
tarief vir water aangeslaan word as sy buurman - word aan hom vertel hy moet
meer water gebruik.
Dus, i p v om die spaarders te beloon word hulle gestraf, en die vermorsers
word beloon.

Lekker mal spul.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Mediese Fondse

Do., 30 Oktober 2003 08:00

Dit raak nou so 'n klug, en nou nog boonop die beperking op watter siektes
kwalifiseer vir chroniese medisyne, dat mens beter af is om maar net plein
siek genoeg te word om by 'n staatshospitaal te gaan lê of sit en wag jou
nie pla nie.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    506  507  508  509  510  511  512  513  514  515  516  517  518  519  520  521    »]
Tyd nou: Sa. Des. 20 13:47:36 UTC 2025