Die Stil Eetplek
Vr., 07 November 2003 05:44
Sien vanoggend vroeg 'n program oor New York, en een van die insetsels was
oor 'n stil restaurant - geen musiek, geen pratery nie. Die mense
kommunikeer met mekaar dmv notas wat hulle vir mekaar skryf. Sagte en
gedempte giggel of lag word toegelaat.
Klink vir my na 'n goeie idee. Ek gaan deesdae nie eers meer in waar musiek
te hard gespeel word nie.
Gisteraand na die wynproe was die geraasvlak van die etendes in die
restaurant ook baie hoog.
--
Annette
Koeitjies & kalfies |
21 kommentare
Hoekom ons dood gaan
Do., 06 November 2003 10:54
(A) Die Japanese eet baie min vet en kry minder hartaanvalle as die Britte
en Amerikaners.
(B) Maar dan eet die Franse weer baie vetterige kos en selfs hulle kry
minder hartaanvalle as die Britte en Amerikaners.
(C) Die Japanese drink baie min rooiwyn en kry minder hartaanvalle as die
Britte en Amerikaners.
(D) Maar dan drink die Italianers weer baie rooiwyn en selfs hulle kry
minder hartaanvalle as die Britte en Amerikaners.
(E) Gevolgtrekking: Eet en drink wat jy wil. Dis die ge-Engels pratery wat
jou dood veroorsaak!
--
Chris
Koeitjies & kalfies |
9 kommentare
Currie Beker Skeidsregter
Do., 06 November 2003 07:21
Volgens my was die skeidsregter op die ball, en nie so sleg as wat jy dink
nie Jonas, hy het die wedstryd goed beheer en sy beslissing was goed. Die
probleem het ontstaan waar die ouens veral Spur Burger Ollie en Kie gedink
het hulke is groter as die ref. Hulle het hom nie respekteer nie en hulle
ag sal groter gewees het as hy miskien Kaplan of Watson was seker omdat hy
bruin is het hulle gedink hulle kan groter as hy wees.
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
Joost gatvol......
Do., 06 November 2003 06:06
Sien in die pers Joost is gatvol vir die giggelende kommentaar van Naas en
sy medekommentators oor sy en ander spelers se spel. Reken die sogenaamde
'kenners' prata-prata net om iets te kan sê. 'Bom' Wiese kritiseer vir
Matfield omdat hy te veel in die agterlyn is en daarna prys hy sy spel!
Wat Joost aanbetref is dit duidelik om te sien dat hy eerste by die
afbreekpunt kom en dan vir die bal duik. Dit beteken hy beland onder die
groep en dan wil Naas-hulle hê hy moet ook op sy voete wees om nog die bal
uit te gee ook. Dalk moet iemand vir Naas vertel dat as Joost nie daai bal
bygekom het in die eerste plek nie, was daar nie 'n bal om uit te gee nie?
Koeitjies & kalfies |
3 kommentare
drive 4 live
Do., 06 November 2003 05:51
dis nou ons nuwe useless campaign om almal wat uitstaande boetes het
vas te trek. actually is dit al vir 1n jaar aan die gang maar dis die
eerste wat ek daarvan hoor. ek lees dat ons stupid mec vir public
transport spog met die tegnologie wat hulle gaan gebruik. sjoe een
voertuig het selfs toegang tot die databasis sodat hulle onmiddelik
kan sien of jy uitstaande fines het. nou hoes daai vir cutting edge.
`n ander een kan self weeg. miskien moet hulle eerder hulle beste
tegnologiese toerusting gebruik ta da...... die brein. wat se die
sticker op die taxi se ruit? 15? nou tel die koppies. 14? dan is dit
ok. 16? dan is dit oorlaai. bingo en ons het `n wenner. nou wonder ek
maar net weer, wie betaal die sotte. o sorry ek het vergeet, ek.
Threeships Mcduck
lato di gomma giù, lato lucido in su
www.mothership.co.za
Koeitjies & kalfies |
9 kommentare
Oepsie
Do., 06 November 2003 05:31
Onse Prez ry in koetse rond en kuier lekker in Kanada. Dit terwyl hy eintlik
vandag hier moes gewees het om 'n voorafgereelde afvaardiging van Brasilië
moes ontmoet.
Brasilië, saam met Sjina, Rusland en Indië word gereken as die blok waarvan
die sterk ekonomië van die toekoms sal kom
--
Annette
Koeitjies & kalfies |
2 kommentare
Die BoereProfeet "Nuwe Groep"
Wo., 05 November 2003 19:02
BoereProfee...@topica.com
Siener van Rensburg was weer in die nuus sedert 1992. Hy was 'n
moderne profeet wat aan die begin van die vorige eeu geleef het. Hy
het onder andere vooraf gesien dat die Britte die Boere se huise sou
afbrand en die kinders en vroue en oumense in kampe sou injaag. Hy het
egter ook belangrike gebeure vir die tyd aan die einde van die eeu
gesien. Onder die visioene vir die verre toekoms, was die swart
regering vir Suid-Afrika, 'n swart misdadiger wat uit die tronk sou
vrygelaat word om die land te regeer, die rand wat waardeloos sou
word, en baie meer.
Verskeie hedendaagse profete sê wat hulle 'sien' in ons land vorentoe
gaan gebeur. Soos wat Bloedrivier onvermybaar vir die Boere destyds
was, is ook hierdie bloedvlag vir die Boervolk vandag die gewisse
teken dat die dag van afrekening met sy vyande onverbiddellik
naderkom. Deur die visioene van verskeie profete kan ons 'n goeie idee
vorm van hoe dit gaan gebeur en hoe dit gaan wees vir diegene wat dit
gaan beleef.
Koeitjies & kalfies |
18 kommentare
Duitsers wat verengels
Wo., 05 November 2003 10:46
So 'n paar dae terug was daar 'n 5-minute inset op BBC mbt die probleme wat
die Duitsers (die in Duitsland) ervaar met Engels. Daarvolgens betsaan daar
heelwat kommer onder die Duitsers in die verband. Daar was enkele voorbeelde
van hoe Engels 'n vastrapplek in die Duits verkry het.
Persoonlik glo ek dat Afrikaans tot op hede goed gedoen het om kop bo water
te hou in 'n Engelse see.
Koeitjies & kalfies |
14 kommentare