Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: CINDY REG VIR CHINA???? - 20031107224715Cindy%20Nel[1].jpg (0/1)

Sa., 08 November 2003 11:08

En wie's hierdie aster Paul?

"paul de dilbeek" skryf in boodskap news:3ubpqvc9qqdta9r07bdssamb9kgtb54o7r@4ax.com...
> http://www.news24.com/Images/Photos/20031107224715Cindy%20Ne l.jpg
>

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Die rugby......

Sa., 08 November 2003 10:00

Ek het nogal ewe voorspel dat die Bokke met 20 punte gaan verloor, maar was
dit nou nodig om dit te doen? Miskien is hierdiel verloor presies die
regte ding om SA rugby te laat besef dis nie meer onder die top spanne van
die wêreld nie, en as hulle weer daar wil kom sal hulle hul aanslag tot die
sport moet verander.......hulle moet leer rugby is eerstens 'n offensiewe
spel met verdediging 'n byfunksie. Op die oomblik verdedig hulle net en
hoop daar spring foute voort wat hulle kan uitbuit.....a la WP-rugby.

Sport & ontspanning | 12 kommentare

BoereProfeet

Sa., 08 November 2003 07:41

Geagte Lyslede,
Graag net weer U herinner dat die Groep vanaf Topica na YahooGroups
geskuif word a.g.v. probleme met Topica en ook sekere adresse wat nie
deur Topica aanvaar word nie.

Die lys te Yahoo is al oop maar graag vra ek dat U nog net so `n dag
of wat sal gee dat ek alles regkry voordat U enige boodskappe plaas
aangesien ek nog besig is om Foto`s en Boodskappe op Yahoo op te laai
wat deur U afgelaai kan word en waarna U dan kan kyk en luister.

Ek sal ook vandag met Adriaan persoonlik kontak maak om saam met ons
te gesels aangesien hy die regte persoon is wat kwelvrae oor Siener
uit die weg kan ruim.

Baie dankie vir U samewerking.

Boere Groete
Frikkie
Ps:
Indien U nog nie `n uitnodiging gekry het vanaf YahooGroups nie, stuur
slegs `n lee boodskap aan:

BoereProfee...@yahoogroups.com

Koeitjies & kalfies | 18 kommentare

ANC-leier gehuldig

Vr., 07 November 2003 16:02

Reint Grobler
Beeld

Kempton Park. - Die burgemeester van Ekurhuleni, rdl. Duma Nkosi, het
opnuut sy vertroue uitgespreek dat die Johannesburgse Lughawe
eersdaags herdoop sal word tot die O.R. Tambo-lughawe.

Tydens sy openingstoespraak op 'n huldigingsdinee vir die gestorwe
struggle-leier en voormalige ANC-president op 27 Oktober by Caesars,
het Nkosi bygevoeg dat hy ook 'n versoek gaan rig tot die
lughawemaatskappy dat een van die SAL se nuwe vliegtuie ook Tambo se
naam sal dra.

"Ek is daarvan oortuig dat my voorstel vir die naamsverandering van
die lughawe vir die Gautengse en die nasionale regering aanvaarbaar
sal wees," het hy gesê. "Tambo was 'n reus in die vryheidstryd en ons
is vandag, op sy verjaardag, hier om sy groot lewe te vier."

In sy toespraak het mnr. Steve Bullock, die besoekende burgemeester
van Londen se Lewisham-munisipaliteit, gesê Britte het voor 1994 met
ongeloof toegekyk hoe die land se apartheidsnagmerrie ontvou. "Deur
middel van boikotte en petisies het ons probeer doen wat ons kon, maar
ek dink nie ons het ooit besef hoeveel menselewens opgeoffer is en
hoeveel swaarkry daar was nie," het Bullock gesê.

Volgens Bullock vier Britte jaarliks in Oktober swart bewussynsmaand
en kry Britse leerlinge in dié maand die geleentheid om meer te leer
van groot swart leiers soos Nelson Mandela, Oliver Tambo en Martin
Luther King.

"Met my terugkeer na Engeland gaan ek aan leerlinge met trots kan
vertel dat ek die graf van een van die wêreld se grootste swart helde
besoek het," het hy gesê.

In sy toespraak het mnr. Trevor Fowler (gesigfoto), Gautengse LUR vir
beplanning en plaaslike regering, gesê terwyl die ANC leef, kan Oliver
Tambo nie sterf nie.

Nkosi het Oktober tot Tambo-maand verklaar.

Oos-Rand-Beeld verskyn elke Woensdag in die Johannesburg uitgawe van
Beeld. Kry gerus die koerant vir meer opwindende plaaslike: nuus,
vermaak, sport, kuns, sosiale- en skolenuus.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

" Janfiskaal " deur M.M. WALTERS

Vr., 07 November 2003 15:10

M.M. Walters

Janfiskaal

Die Janfiskaal se bors swel uit,
want al wat voël is, vrees.
Hoe heerlik tog wanneer jou buit
jou aansien vir hul Heer te wees.
Die pikswart stertjie wip, hy knip
sy wit minagting op die klip.

Prosa & poësie | 2 kommentare

Herfskleur in Vlaandere

Vr., 07 November 2003 12:45

Vir my Afrikanervriende,

Ons het hier nou 'n baie mooie herfs in Vlaandere (sal ook wel so wees
vir die res van Europa).
Sien, hier is vier foto's wat ek gister daarvan geneem het. Ek het
daarvoor nie ver moet gaan nie. Daardie foto's kom slegs van rondom
ons huis. (Almal tesaam slegs 137 kB)

Groete,

Norbert (uit Vlaandere)

http://users.skynet.be/norbert_van_damme/Herfskleur.jpg

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

skool verbied afrikaans

Vr., 07 November 2003 08:26

ek hoor gisteraand dat die fancy skool hier in irene, cornwall hill
college, blykbaar die leerlinge verbied of wil verbied om afrikaans op
skoolgronde te praat (seker net in afrikaanse klas as hulle het).
blykbaar het hulle swart maatjie gekla dat hulle dit nie verstaan nie
en hulle dink die boertjies skinder van hulle. dis natuurlik `n major
grondwet oortreding en as dit so is wens ek die ouers vat die lot hof
toe.

Threeships Mcduck
lato di gomma giù, lato lucido in su
www.mothership.co.za

Onderwys & opvoeding | 1 kommentaar

Vakansiedae word hersien

Vr., 07 November 2003 08:02

Daar gaan glo gekyk word na ons openbare vakansiedae, en daar kan glo
veranderings kom - seker die jaar na volgende jaar.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Die Stil Eetplek

Vr., 07 November 2003 05:44

Sien vanoggend vroeg 'n program oor New York, en een van die insetsels was
oor 'n stil restaurant - geen musiek, geen pratery nie. Die mense
kommunikeer met mekaar dmv notas wat hulle vir mekaar skryf. Sagte en
gedempte giggel of lag word toegelaat.
Klink vir my na 'n goeie idee. Ek gaan deesdae nie eers meer in waar musiek
te hard gespeel word nie.
Gisteraand na die wynproe was die geraasvlak van die etendes in die
restaurant ook baie hoog.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

Hoekom ons dood gaan

Do., 06 November 2003 10:54

(A) Die Japanese eet baie min vet en kry minder hartaanvalle as die Britte
en Amerikaners.

(B) Maar dan eet die Franse weer baie vetterige kos en selfs hulle kry
minder hartaanvalle as die Britte en Amerikaners.

(C) Die Japanese drink baie min rooiwyn en kry minder hartaanvalle as die
Britte en Amerikaners.

(D) Maar dan drink die Italianers weer baie rooiwyn en selfs hulle kry
minder hartaanvalle as die Britte en Amerikaners.

(E) Gevolgtrekking: Eet en drink wat jy wil. Dis die ge-Engels pratery wat
jou dood veroorsaak!

--
Chris

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Bladsye (1834): [ «    503  504  505  506  507  508  509  510  511  512  513  514  515  516  517  518    »]
Tyd nou: Di. Apr. 07 06:25:45 UTC 2026