Terwyl die regering besluit of hulle vir ons die geld gaan gee om die
waterwerke in die Vaal reg te maak, en wie die kontrak gaan kry, word ons
mense siek. Randwater sê ons kan die kraanwater drink, maar so maand terug
het hulle laat weet dat die pompe vinnig herstel moet word of die drinkwater
gaan besoedel word. Ongelukkig proe, ruik (as jy 'n bad vol water getap het
ruik dit asof jy langs 'n swembad sit) en lyk ons water regtig nie te vars
nie, so ek bly maar by my botteltjie water. Hieronder 'n berig uit die Vaal
Weekblad oor mense wat verlede week siek geword het a.g.v. die vrot rivier
water.
VANDERBIJLPARK. - Sies! Ga! Dit was die reaksie van inwoners van 'n
spog-ontwikkeling naby die Barrage, nadat ses van hul mense onlangs siek
geword het na 'n naweek se watersport, en toe moes uitvind dis glo as gevolg
van rou riool wat vrylik in die Lochvaal instroom.
Volgens mnr. Phillip Allcock, inwoner van Bishopsbay en voorsitter van die
inwonerkomitee, 'n ontwikkeling naby die Barrage, het al ses dié mense oor
dieselfde naweek gewaterski. Hulle het almal in die daaropvolgende dae erge
diarree gehad. Een van hulle, mnr. Harold Jones, het bevestig dat een van
dié inwoners in die hospitaal opgeneem is en binne-aarse voeding moes
ontvang.
Mnr. Francois van Wyk, hoof: opvangsgebiedbestuur van Rand Water, sê die
Barrage se water is beslis besoedel. Weeklikse toetse wat in die Lochvaal
gedoen word, het uitgewys die Fekale Coliforme bakterie-inhoud (afgelei van
die woord faeces) is in die 10 000'e. Die standaard vir dié bakterie-inhoud
is 120 per 100 ml. In drinkwater mag daar geen van dié bakterie teenwoordig
wees nie.
Van Wyk sê die onverwerkte riool wat in die Lochvaal inloop, kom van die
Evaton-pompstasie af, waar dit direk in die Rietspruit inloop. Dié riool is
veronderstel om eers na die Sebokeng-rioolwerke te gaan, waar dit gesuiwer
word, en dan in die Rietspruit loop, vanwaar dit Lochvaal toe gaan.
Die Evaton-pompstasie is die verantwoordelikheid van die Emfuleni Plaaslike
Raad. Allcock meen dis duidelik dat die raad nie daartoe in staat is om die
probleem op te los nie, of dat hulle bloot net nie van plan is om iets
daaraan te doen nie.
Die gebrekkige watervoorsiening-infrastruktuur van die Vaaldriehoek het die
afgelope weke opslae in plaaslike sowel as hoofstroomkoerante gemaak na dit
aan die lig gekom het dat die watermaatskappy, Metsi-a-Lekoa, waarvan Rand
Water, die Emfuleni Plaaslike Raad en die Sedibeng Distriksraad
aandeelhouers sou wees, sukkel om op die been te kom.
Luidens raadstukke het dié maatskappy nog sowat R40 miljoen nodig voordat hy
kan funksioneer. Volgens mnr. Ndlhaboole Shongwe, munisipale bestuurder, was
alle waterfunksies reeds aan die maatskappy oorgedra, maar moes Emfuleni dit
die afgelope drie maande oorneem 'sonder begroting'.
Hoewel gerugte dit wou hê dat R40 miljoen deur die provinsiale regering
beskikbaar gestel gaan word om verouderde rioolpompe en -pype in die
Vaaldriehoek te herstel, kon Vaalweekblad tot nou toe nog nie vasstel
wanneer of aan wie dié geld betaal gaan word, en wie die
eindpunt-verantwoordelikheid gaan kry om toe te sien dat die pompnetwerk
herstel word nie.
Kook jou makaronie vroeg klaar, en laat dit in 'n bietjie koue water staan,
goed twee uur lank.
As dit etenstyd is, sit jy 1/2 lb gerasperde kaas in 'n kastrol met 'n
betjie Worcestersous of tamatiesous daarby, sout en peper. Klits die geel
van een eier met 4 eetlepels water, voeg dit by die kaasmengsel, sit op die
vuur en roer gedurig tot die kaas gesmelt is. Sit nou die makarinie by, roer
tot dit warm is, skep meteens op.
Mevr, Mellor se Fout
Luister na haar eie woorde:...Ek was nooit erg siek vantevore en was oortuig
dat ek maar net op die gewone manier afgemat was. Nie totdat ek u
advertensie gelees, het ek vir 'n oomblik die ware oorsaak van my
aanhoudende swakheid vermoed.
Mev Mellor het vir sewentien maande onnoodsaaklik gely, omdat sy nie die
ware oorsaak van haar kwelling geken het nie. En hare is nie 'n afsonderlike
geval nie. Honderde vrouens, wat ewenso in die donker is, doen vandag
dieselfde ding.
Is u een van hulle? Sal u, deur op Algemene Versterkingsmiddels te steun wat
nie die setel van die kwelling bereik nie ook die geveg teen inwendige
vroulike swakhede verloor.
Natuurlik, as aanhoudende hoofpyn, voorkom of as Bloedarmoede, Pyn of
Spysverteringsmoeilikheid aanwesig is, mag u reeds die oorsaak daarvan
vermoed het, maar as, ewe as mev. Mellor, u vernaamste en enige verskynsel
Swakheid is- mag u nie.
Egter, as u die minste twyfel het en spesiaal as u voel dat daar êrens 'n
sware las op u gesondheid en geluk druk - wat veroorsaak dat u nie weet hoe
u die een dag na die ander sal voel nie- sou ns sien dat u die
gespesialiseerde Feluna-behandeling probeer.
Sonder twyfel is die bepaalde behoefte van die meeste lydende vrouens
Spesiale Bloedversterking en Inwendige Korreksie, nie een nie, maar albei,
en dit is op hierdie kennis dat Feluna saamgestel is.
Probeer dit. Dit is al wat ons vra.
FELUNA
Pille vir die vroulike geslag
Al die vernaamste Aptekers, 3/3, of direk van Bus 731, Kaapstad.
NANNUCCI'S for cleaning & Dyeing
works Woodstock.
Phones 379 & 330 Woodstock
Kleur en Skoonmaak is 'n BESPARING nie 'n ONKOSTE. Stuur maar enige artiekel
soos Huisbehangsels. Dames- en Kinderklere of Mansklere wat vuil geword het
of deur blootstelling verskiet het.
Ninnucci se Proses van skoonmaak en kleur verseker bevredigende resultate
hoe moeilik die werk ook. Die koste is maar 'n skyntjie van die
oorspronklike uitgawe.
Uit: Huisgenoot 29 Februarie 1924..
( Nannucci's doen nog steeds besigheid in Kaapstad)
Noseweek is nou al lank besig met mense wat oneindig probleme het as hulle
van die voyager program gebruik maak vir vlugte.
Van besprekeings wat nie bevestig word nie, tot gelde wat onregmatig op 'n
kredietkaart gedebiteer word en korrespondensie wat nie aandag aan gegee
word nie.
In die nuutste uitgawe is daar 'n artikel van 'n persoon wat 21 e-posse
gestuur het om 'n saak uit te klaar, sedert Augustus 2003, en nog steeds is
daar niks uitgeklaar nie.
Iemand van julle wat al met die kroeks te doen gehad het?