Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

" ek staan op 'n moerse rots " deur ANTJIE KROG

Sa., 22 November 2003 22:51

Antjie Krog

ek staan op 'n moerse rots

ek staan op 'n moerse rots langs die see by Paternoster
die see slat slingers in die lug
liggroen skuim
onverskrokke kyk ek elke donnerse brander
in sy gut voor hy breek
die rots sidder onder my sole
my bo-beenspiere bult
my bekken smyt die aangeleerde gelate knak uit haar uit
se moer ek is rots ek is klip ek is duin
helder sing my tiete 'n koperklepgeluid
my hande pak Moordbaai en Bekbaai
my arms skeur ekstaties bo my kop:
ek is
ek is
die here hoor my
'n vry fokken vrou

Prosa & poësie | 12 kommentare

Re: News article - What happens after Mandela?

Sa., 22 November 2003 13:56

"DD" wrote

> then, of course, Frikkie will be discussing the new names again:-)

En hanskakie Frikkie sal so bly wees dat julle Afrikaners
almal op hierdie Afrikaanse nuusgroep in Engels sit en skryf.
Hoekom is julle Afrikaners in SA, veral as julle nogal regse
politieke neigings het, so gewillig om in Engels julle gesprekke
te voer, terwyl julle almal duidelik Afrikaners is?

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Antje Krog

Sa., 22 November 2003 08:22

MA

Ma, ek skryf vir jou 'n gedig

sonder fênsie leestekens

sonder woorde wat rym

net sommer

'n kaalvoet gedig -

want jy maak my groot

in jou krom klein handjies

jy beitel my met jou swart oë

en spits woorde

jy draai jou leiklip kop

jy lag en breek my tente op

maar jy offer my elke aand

vir jou Here God

jou moesie-oor is my enigste telefoon

jou huis my enigste bybel

jou naam my breekwater teen die lewe

ek is so jammer mamma

dat ek nie is

wat ek graag vir jou wil wees nie.

Anna Elizabeth Krog, digter, skrywer en joernalis, is Vrydag, 19 Junie 2002,
in die ouderdom van 50 aan 'n beroerte in Kaapstad oorlede.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

" Maar nog jonk " deur DONALD RIEKERT

Vr., 21 November 2003 16:49

        Donald W. Riekert

                       Maar nog jonk

Ma was nog jonk
sommer nog jonk in die bloed
toe die kanker rooi
voëlent in haar blom
Haar vingers het in maerte
die vat laat los
maar haar hart het teëgeskop
soos rooi aalwyn se blom
in droëntyd reën laat kom
Die dag toe sy kortkom
teen die laaste asem
was daar water in haar hand
toe ek haar vir laaste groet

Prosa & poësie | 0 kommentare

Die banke is mal!

Vr., 21 November 2003 12:34

Ek kry vandag 'n brief waarin gesê word die een besigheid se 'overdraft'
fasiliteit is vir die nuwe jaar heroorweeg en alhoewel dit eintlik nie
gebruik word nie, word die limiet dieselfde gehou en vir hierdie diens, looi
hulle jou R500 se bankkoste! Dit grens aan die belaglike. As hulle geld
uitleen, dan vra hulle rente en selfs daai retekoers word deur die wet
beskerm en groei en krimp saam met die bankkoers, maar verloor, die sal
hulle nie. Wat het hierdie ou vir sy R500 gedoen? 'n Enkele
handtekening van bevestiging? Dalk het hy darem deur die besigheid se
bankstaat gekyk en gesien dis darem nog meermale in die swart? G'n bleddie
wonder die banke het sulke wilde geboue en borg alle soorte van sport en
dinge nie. Hulle word skatryk uit stront uit. As ek my geld inbetaal by
hulle om rente op te maak, dan betaal ek. Trek ek daarvan, dan betaal ek
w��r!!!

Ekonomie & geldsake | 18 kommentare

Die rugby môre....

Vr., 21 November 2003 07:31

Wie gaan die WB wen? Ek sou hou daarvan dat die Australiërs wen maar al my
keuses het vanjaar verloor, so ek skat die bleekbene gaan dit dalk maak?
Droewige dag!

Sport & ontspanning | 4 kommentare

Gholf op George

Vr., 21 November 2003 04:15

Ek hoor daar is so 'n groot gholftoernooi op George.
Selfs die ma en pa van Georgie Porgie is daar. Het
enigiemand gaan kyk?

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Fliek - The Passion of Christ

Do., 20 November 2003 12:38

Dis Mel Gibson se nuutste en al die slegte (en goeie) publisiteit en die
wilde storm wat om die fliek losgebars het gaan veroorsaak dat oom Mel al
die pad bank toe lag. Die hele fliek draai om die laaste paar uur van Jesus
se lewe, en is in Aramaic (weetie wat's die Afrikaans daarvoor nie) geskiet
en sal Engelse onderskrifte hê.

Die ding is nou skreeu die Jode dis "Anti-Semitic" omdat die fliek (dit lyk
baie goed btw), glo die boodskap oordra dat die die Jode "verantwoordelik"
is vir Jesus se dood. Blykbaar sê die Jode die fliek wakker haat teenoor
hulle aan. Nou wil ek net weet, hoekom skreeu die Jode nou eweskielik teen
sulke flieks hoekom het hulle nie geskreeu teen aaaalllll die ander flieks
wat gemaak is oor Jesus nie. Hoekom skreeu hulle nie teen Die Bybel soos
ons dit ken nie, dieselfde storie word tog 4 keer in Die Bybel vertel?

Gaan download die trailer by
http://www.themoviebox.net/movies/2004/NOPQR/Passion_The/tra iler-page.html,
maar wees gewaarksu die trailer is skokkend en baie getrou. Die "mooi"
prentjies in die ander flieks met Jesus wat net 'n "bietjie" bloei bestaan
nie in hierdie fliek nie. "Jesus" se oë is blougeslaan, sy lyf is vol bloed
en hale van die sweep, een van die beelde is 'n bloedstreep in die straat
waar Jesus geloop het toe Hy sy kruis moes dra. Dis baie, baie erg en ek
dink dit gaan ons uiteindelik laat besef deur watse hel Jesus regtig gegaan
het voor sy dood.

Groete
Elaine

TV, flieks & vermaak | 1 kommentaar

Herman Charles Bosman

Do., 20 November 2003 12:35

"Sentenced to death after an accident in which his brother-in-law was killed
Bosman, aged 21 ..."

Waar het die Bosman's gebly in Yeoville? Waar is daardie brokkie inligting
verkrygbaar?

'n Oulike brokkie nuus vir toerisme ... soos die klokkespel (stil deesdae)
in St Aidan's.

TJ

Webmeester
www.yeoville.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wyse Woorde ( engels)

Do., 20 November 2003 11:56

Van 'n vriendin se sig af - die bespreking is oor die homoseksuele
huwelike:

~~~A right without an attendant responsibility is as unreal
> as a sheet of paper which has only one side.~~~
> (Felix Morley)

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    495  496  497  498  499  500  501  502  503  504  505  506  507  508  509  510    »]
Tyd nou: Ma. Apr. 06 20:49:31 UTC 2026