Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Stadig maar seker

Fri, 28 November 2003 07:47

Stadig maar seker is die swart elite in SA en omgewing besig om te
verkrummel. Deels omdat hulle in poste aangestel is waarvoor hulle nie
gekwalifiseerd is nie (poletieke aanstellings), en deels omdat hulle so
besig is om hulle te vergryp aan mag en geld.

Op die oomblik staan ons stomgeslaan oor dit wat in Zimbabwe aangaan, maar
agv mense soos antie Gloudina en kie word dit was by die huis gebeur baie
vinnig onder die mat ingevee.

Ek sal baie graag van Gloudina wit weet of dit vir die ANC moontlik is om
iets te doen waarmee sy NIE saamstem nie.

Antie Gloudina, los vir Frikkie en sy maatjies uit. Hulle is minstens eerlik
genoeg om te erken dat die nuwe SA nie die utopia is wat so op ons
neergedruk word onder die dekmantel van as jy nie daarvan hou nie is jy
REGS, en as jy regs is, is jy 'n RASSIS, en as jy 'n rassis is, dan is jy
erger as 'n moordenaar.

In teenstelling daarmee wil jy die hele tyd vir ons vertel VANUIT KANADA,
hoe ons moet lewe hier in SA. Nou toe Gloudina dit is nou al 10 jaar gelede
vandat dit wat jou uit SA laat trek het verander is. Hoekom klim jy nie op
die eerste die beste vliegtuig en kom nou terug na SA toe nie.

Jy weet Gloudina, ek het 'n ander teorie oor jou. Ek dink jy het SA verlaat
omdat jy en jou man gatvol geraak het vir die swartes en jouself nie 'n
toekoms kon sien bou met hulle om jou nie. Nou sit jy daar in Kanada en as
"under cover rassis" plaas jy anti rassistiese goed hier op die nuus groep
omdat jy hel verveeld is, en moontlik ook 'n sadistiese streek in jou het.

Werner
(Normale Suid Afrikaner wat dink Kanada is 'n kak plek)

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Kom Veilig Tuis

Fri, 28 November 2003 06:59

Die voorpraters van die Arive Alive program was nou 'n uur lank besig op
Stem Saam.
Die enigste ding wat hulle gesê het wat nuttig was, is dat mens appels moet
eet terwyl jy ry om wakker te bly.
Ek stuur toe 'n boodskap deur, maar hulle kon dit toe kwansuis nie lees nie,
want daar moet tyd ingeruin word om 'n liedjie te speel.
Wat ek wou weet is hoekom ons geen statistiek op 'n daaglikse basis kry van
hoeveel voertuie van die pad afgehaal is omdat hulle nie padwaardig is
nie. - ons hoor net hoeveel ongelukke en dooies daar is.

--
Annette

Wiele | 8 kommentare

Twee vliee

Fri, 28 November 2003 04:53

Annette

'n StaalDraad kalender
(punt in die yswater)

en 'n StaalWol kookboek
(so maak mens met 'n hoender en 'n eier).

Die ding sal verkoop, maar wie hou die regte vir die fotos en die konsep
(resep)?

:-)

TJ

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

" Ou Foto " deur FERDI GREYLING

Fri, 28 November 2003 04:24

Ferdi Greyling
OU FOTO

Dis die bleek maan wat die getye draai ;
die water spoel soos tyd daar oor die strand.
Blou bult die see by Mosselbaai.

Ek en jy speel op die grofgeel sand,
die Outenikwaberg bruin in die agtergrond.
Dis die bleek maan wat die getye draai.

Hierdie was eens die Strandlopers se land.
Hulle lê nou wit in grotte se diep grond.
Blou bult die see by Mosselbaai.

Hulle wat heuning uit die steil kant
van die Outenikwa kon rook en brand.
Dis die bleek maan wat die getye draai.

Ons lag in die branders - hand aan hand
waar die bruin rivier in die see in mond,
blou bult die see by Mosselbaai.

Jy soet soos heuning uit die berg gebrand,
en ek : saam op Kleinbrakrivier se strand.
Dis die bleek maan wat die getye draai
en die see blou bult by Mosselbaai.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Kader en Grey

Fri, 28 November 2003 03:00

Ek sal sê dat 'n skool kan nie weier om vir Kader toe te laat nie. Na my
mening sou dit ook nie gehelp het om met Kader te praat nie. 'n Skool soos
Grey Kollege is in die kollig en kan nie bekostig om enigsins die verkeerde
kleur of iets soos anti-regering of anti- onderwysdepartement te wys nie.
Die hele situsasie was vir my soos vet in die vuur. 'n Kommunis wat met
klomp Christen Afrikanerseuns kom praat. Ek weet wat ek sou gedoen het as ek
'n skollier daar was.

Spencer

"Annette" skryf in boodskap news:bq4cuv$faa$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Die skool moes in die eerste plek nie die geleentheid geskep het waar die
> kinders kon toon dat hulle disrespekvol optree nie.
> Hulle kon baie beter gedoen deur stil te sit, en dan iemand gehad wat vir
> Kader tydens die bedanking vertel het hulle dink hy praat nonsens en hulle
> stem nie saam met sy godsdiens-storie nie, en dat hulle eintlik voel dat,
> aangesien hy so lank in Ierland was, hulle dit meer sou waardeer het dat hy
> vir hulle 'n stuk Riverdance gedoen het:))))
> --
> Annette
> "Spencer" wrote in message
> news:4Ghxb.11331$VV6.254307@news.xtra.co.nz...
>> Juistement - dis soos jy daar se, Annette. Maar neem jy die kinders kwalik?
>> Spencer
>>
>>
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:bq22d3$7kt$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Kader is 'n selferkende bloedkommunis en volslae ateis.
>>>
>>> Ek lees so die storie van die saal en die ongedissiplineerde kinders, en ek
>>> is seker dis van 'n skool wat baie trots is op hul tradisie van dissipline -
>>> Praat ons van Grey Kollege?
>>>
>>> --
>>> Annette
>>> "Jonas" wrote in message
>>> news:bq20jp$726$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> Watse geloof is die Kaderman?
>>>> "Spencer" wrote in message
>>>> news:%6Xwb.10150$VV6.229097@news.xtra.co.nz...
>>>> > So van Kader gepraat:
>>>> >
>>>> > In 2002 het daardie mooi bekende skool in Bloemfontein 'n besoek van die uwe
>>>> > Kader gekry. Die Uwe het die skool kom toespreek tydens hulle saalbyeenkoms.
>>>> > Vir die eerste keer in die geskiedenis (glo ek) was daar nie met skriflesing
>>>> > en gebed geopen nie, want Kadertjie was daar. Al waaroor hy gepraat het, was
>>>> > sy swaarkry in Ierland tydens apartheid. Wat het sy flippin Ierse ervaringe
>>>> > nou met groeiende fris Boereseuns te doen gehad. (skuus Bouwer - en die
>>>> > Oelatjies) Die ouens het glo daar sit en gaap en giggel, so dat dit 'n
>>>> > verleentheid vir die personeel was. Tog was daar baie wat aan sy lippe
>>>> > gehang het, want onthou, hy is mos nie verniet 'n Professor nie.
>>>> >
>>>> > Die punt wat ek wil maak, die blankes sal nooit opstaan teen hierdie saak
>>>> > nie. Hulle sal eerder, wegtrek na groener weivelde toe. En ek dink dit is 'n
>>>> > wyse ding om te doen.
>>>> >
>>>> > Spencer
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

(no subject)

Thu, 27 November 2003 18:56

Die trace vir die vorige skrywer is 155.239.162.173

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Swart polisieman wys erg bebloede bejaarde weg -

Thu, 27 November 2003 18:56

Polisie 'wys bebloede bejaarde weg'
25/11/2003 00:07 - (SA)

Polisie 'wys bebloede bejaarde weg'

Samaritane help man ná kaping in Boston na daghospitaal en huis toe

ZIEGFRIED EKRON

KAAPSTAD. - 'n Hoëvlak - ondersoek is begin nadat 'n bebloede
bejaarde man, met meswonde aan die kop, na bewering by 'n Kaapse
polisiekantoor weggewys is toe hy daar hulp gesoek het.

'n Polisiebeampte by die polisiekantoor in Mitchells Plain het na
bewering botweg geweier om die beseerde man te help toe twee
barmhartige Samaritane hom soontoe geneem het ná 'n bloedige
kapingsdrama. Hy is glo aangesê om die klagte elders in te dien.

Mnr. Jan Viviers (73) sterk tans in die N1 Stad-hospitaal aan nadat
hy Vrydag kort ná 20:00 in Boston, Bellville, gekaap en aangerand is.

"Ek het by die stopteken op die hoek van Derde Laan en Bostonstraat
stilgehou toe drie mans my oorval het. Een het my deur oopgepluk en
my om die nek gegryp. Hy het my na die agterste sitplek gesleep en op
my kop gaan sit sodat ek nie kan skreeu nie.

" 'n Ander een het ook agter ingeklim en my keel toegedruk. Die derde
een het die motor bestuur," het Viviers gesê.

Sy aanvallers het bykans agt uur lank met hom rondgery voordat hulle
hom drie keer met 'n mes in die kop en gesig gesteek en vir dood
langs die pad gelaat het.

Sy seun, mnr. André Viviers, het gister gesê 'n man en vrou het sy pa
in die vroeë oggendure opgelaai en na die Mitchells Plain-
polisiekantoor geneem. "Sy gesig was opgeswel en sy hemp deurweek met
bloed. Hy het selfs sy valstande in die aanval verloor. Enigeen kon
sien hy het dringend hulp nodig.

"Die polisiebeampte wat by Mitchells Plain aan diens was, het gesê hy
moet Bellville toe gaan omdat die kaping daar gebeur het.

"As dit die soort diens is wat 'n bejaarde man by dié polisiekantoor
kry, dan voel ek jammer vir die inwoners van Mitchells Plain.

"Die mense wat my pa langs die pad opgelaai het, het hom toe eers na
die Mitchells Plain-daghospitaal geneem en daarna by sy huis in
Welgemoed gaan aflaai."

Volgens hom het lede van die Bellville-polisiekantoor sy pa kort
daarna verwittig dat sy motor in Belhar gevind is.

Hulle was toe nog onbewus van die kaping.

Viviers het die saak by die Onafhanklike Klagtedirektoraat aangemeld
wat nou ondersoek instel.

Kapt. André Traut, polisiewoordvoerder vir die Wes-Metropool, het
gister gesê dit is nie die polisie se beleid om mense weg te wys nie.

"Die areakommissaris het dadelik 'n senior offisier aangestel om die
voorval te ondersoek. Dié soort behandeling sal nie geduld word nie.

"Die polisiebeampte behoort die verklaring af te neem en te sorg dat
die klaer al die nodige behandeling kry. Hy moet dan self die saak
deur polisiekanale na 'n ander kantoor vewys," het Traut gesê.

Viviers het gesê hy wil graag die mense bedank wat sy pa gehelp het,
maar weet nie waar om hulle te bereik nie.
zek...@dieburger.com

***Na verskeie oproepe na joernaliste, is bevestig dat die polisieman
wat die blanke bejaarde weggewys het, swart was***

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Ons is 'n land van Sosiale Misdaad

Thu, 27 November 2003 13:54

André Pruis praat nou op RSG, en hy het te vertel dat die meeste moorde oor
naweke plaasvind, en dat dit meestal sosiale moorde is, en nie voorbedagte
moorde nie.
Nou slaat my met 'n pap snoek!!
As iemand by my huis inbreek met 'n wapen in sy hand, en hy skiet my as hy
per ongeluk op my afkom, dan is dit voorbedag.
Niks sosiaals aan moord nie.

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Wat is wat?

Thu, 27 November 2003 09:54

Aan die een kant is daar 'n joernalis wat tot by die appèlhof gaan om te
verhoed dat sy voor die Hefer kommissie getuig.
Aan die ander kant is daar 'n gewese redakteur wat nou al twee dae lank
getuig, en beweer dat hy ten eerste 'n Suid-Afrikaner is, en tweedens 'n
joernalis.

Is daar twee groepe joernaliste, en moet die regter hom/haar skik na die
denkgroep tot wat die joernalis behoort?
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Kan iemand help, asb?

Thu, 27 November 2003 08:46

Wat beteken die volgende?

Asiti
Amen siyakudumisa
Asiti
Amen siyakudumisa
Asiti
Amen Baba
Amen Baba
Amen siyakudumisa

Max____________________________

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1838): [ «    489  490  491  492  493  494  495  496  497  498  499  500  501  502  503  504    »]
Tyd nou: Thu Jan 16 13:45:27 UTC 2025