Droogte in Vrystaat woed nou al hoe feller
LIESL PRETORIUS
DIE hulpkreet van boere weerklink al hoe dringender in groot dele van
die Vrystaat waar vee op 'n streep vrek en die mielie-oes dreig om te
misluk nog voordat baie kon plant.
Die boereverenigings van Excelsior en Verkeerdevlei het versoek dat
dié plekke tot rampgebied verklaar word om "die distrik en sy
inwoners van algehele ondergang te red".
Vrystaat Landbou het die regering gevra om die droogte te ondersoek
en hulpmaatreëls te oorweeg. Mnr. Lullu de Jager, bestuurder van
organisasie en ontwikkeling, sê dit "stuur op 'n ramp af".
Die droogte veroorsaak swak veldtoestande en 'n "drastiese" afname in
die kondisie van vee. Dit het 'n ondergemiddelde koringoes meegebring
en veroorsaak dat baie boere nog nie somergewasse (veral mielies) kon
plant nie.
Boere sukkel reeds weens hoë insetkoste en wisselende pryse van vee
en graan. 'n Misoes en hoë voerkoste bedreig nou baie se oorlewing.
Mnr. Corné Pienaar, voorsitter van die boerevereniging in
Verkeerdevlei, sê 40 stuks grootvee het weens die droogte gevrek. In
die woonbuurt Tshepong vrek "bykans vyf beeste per week".
Stygende lusernpryse maak dit "onekonomies" om vee te voer. Die
daling in veepryse maak dit moeilik om te verkoop.
Volgens Pienaar veroorsaak dié toestand kontantvloeiprobleme wat
boere dwing om plaaswerkers te verminder. In Excelsior vrees boere
ook dat hulle werkers moet afdank.
Mnr. Deryck Holmes, sekretaris van die boerevereniging, sê party
boere het glad nie mielies geplant nie. Dit kan in die winter
probleme veroorsaak, omdat vee op mieliereste oorwinter.
Die sonneblomme wat in September geplant is, verdroog "by die dag".
Dié wat nie voor 15 Januarie sonneblomme plant nie, moet tot Desember
2004 wag vir 'n inkomste wanneer die koring gestroop word.
Weiding in die distrik het verdroog.
Op die meentgrond waar inwoners van die woonbuurt Mahlatswetsa se
beeste wei, is weiding vir "nog net 'n paar dae oor". Dié kleinboere
se beeste vrek "teen 'n spoed".
Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) moes op 'n keer sewe beeste van
kant maak.
Holmes sê die laaste goeie reën (124 mm) het in Maart geval. In die 8
maande sedertdien moes boere klaarkom met 77 mm. In Tweespruit is die
besproeiingsdamme leeg. Boorgatwater verswak.
Volgens De Jager is reënbuie van minstens 50 mm tot 75 mm nodig om 'n
verskil te maak. ) Die kans op normale reënval in die Vrystaat tot 5
Januarie is volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens 50%. Die kans op
donderbuie Woensdag in die Sentraal-Vrystaat is 20%.
Sy 't deur die skaduwee gegaan
in die soet lentenag,
skraal-wit en skemerig en nog sku
van naamlose verwag;
soos 'n groot nagblom oop
waaroor die motte bewend hang,
so was sy onder die sterre, in haar
onwetende verlang.
Maar toe Hy kom, het sy geweet.
Geen stem was daar,
net enkele sterre donkerder
en blydskap soos 'n tent óm haar;
en alle verlange buitekant
het trug- en tuisgekeer
tot innigheid, en rus gekry
soos waters in 'n donker meer,
en huiswaarts oor die paaie het sy
gepeins dat vreugde sê kon wees:
vervuld en woordeloos, en stil
geglimlag oor haar verre vrees.
WASHINGTON - De onlangs overleden Amerikaanse senator Strom Thurmond, die
zich lang sterk heeft gemaakt voor de scheiding van blank en zwart, bleek
zelf een dochter van een zwarte vrouw te hebben. Dat meldde The Washington
Post zondag op zijn interneteditie.
De krant had een interview met de inmiddels 78-jarige Essie Mae
Washington-Williams. Daarin vertelt ze dat haar moeder, een dienstmeid, in
de jaren twintig van de vorige eeuw een seksuele verhouding had met
Thurmond, en dat zij daaruit is geboren. Vanaf 1941, toen Williams zestien
werd, zou Thurmond haar een maandelijkse toelage hebben gegeven en had hij
in het geheim contact met haar.
Thurmond overleed in juni van dit jaar op 100-jarige leeftijd
Wil graag in contact komen met vogelringers in SA Bij voorkeur ringers die
belangstelling hebben voor oeverzwaluwen (riparia riparia)
Op onze website is meer te vinden over het ringen van vogels en in het
bijzonder van de oeverzwaluw.
Indien u iemand kent dan hoor ik dat graag. Bij voorbaat dank.
Hartelijk groet,
Peter (Friesland)
www.vogelringgroep.nl
Bij beantwoording via e-mail dan " zooi" uit e-mailadres verwijderen
Dit is een nuu karnavalliedjie,vir Africaanders waarskynlik nie goe
verstaanbaar nie maar tog baie leuk om te bekyk en te beluister.
Dit is vlaams dialekt van Aalst die een bysonder spesiale karnaval het.
Jy kan stem op die webtuiste hieronder genoem of jy die naamsverandering
goedkeur of nie. Asseblief stem vir Pretoria. Laat weet soveel moontlik
Pretorianers van hierdie webtuiste. Sekerlik wil ons almal Pretorianers
wees en nie Tswaneaners nie.