Ik ben directeur van een secundaire school (jongeren 12-14 jaar oud)
in Maldegem, België. Graag zouden we contacten leggen met een school
in Zuid-Afrika.
Doel: corresponderen in Nederlands/Zuid-Afrikaans en Engels
elkaars cultuur en land leren kennen
U wil onze school leren kennen? kijk op www.maricolen.be
Mbeki verkeer in Haiiti - 'n volledige vlootvaartuig vaar soontoe om hom te
beskerm - want die eilandverblyf is onveilig. (Haiiti vier hulle X-jarige
bestaan.)
Jacob Zuma, die vise-president is nou in beheer van die land. Daar bestaan
prima facie bewyse van sy betrokkenheid in korrupsie. Daarom skakel ek die
tv af wanneer hy namens die regering 'n feesseisoenboodskap oordra.
(Eienaardige gevoel wanneer iemand jou met al die selfvertroue en bravado in
die oë kyk - en jy weet hy is korrup...)
jy bring net slegte nuus, na ek al jou stories gelees het is ek te skyt bang
om ooit my huis te verlaat, maar nou ja, dis ook nie heel te maal veilig
nie!
Here, laat die name geheilig word
van al die kinders van die land -
van hulle
wat modderkoekies gebak het uit sy aarde,
dassies skrikgemaak het in sy klowe,
wol getrap het in sy krale.
Ek het asemloos toegekyk:
swart bolywe geboë oor magtelose diere
en skerp skêre wat my laat wag het,
bang vir die glip-slag, die bloed, die pyn.
Maar die swart versigtige hande
het selde dieper as die wit geknip
en ek kon die lootjies uitdeel
want die arbeider was sy loon waardig
volgens die aantal wat hy vrygemaak het
om ligvoets teen die somerheuwels uit te wei.
Maar die bale is lankal toegewerk en weggestuur,
die wololie van my voete afgewas,
my bene nie meer lam getrap nie.
Vergewe ons, die vergeetagtiges, die uitgerustes,
soos ons hulle vergewe, die luidrugtiges
wat nooit binne die kraal was nie,
wat nooit rietperd gery
en kaalvoet geloop het nie,
en Here, sien ons hande aan:
Kyk, om my wit pols is 'n armband van gras;
my donker speelmaat het dit kunstig gevleg
soos ek nooit kon nie .
Aan U behoort die land
en die son
en die skape van sy weiding
Gee ons liefdevolle hande, Heer,
en sny U self versigtig aan die belemmerende kleed
dat daar nie onnodig bloed verspil nie