Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Verkiesing

Di., 10 Februarie 2004 10:08

Hoor gister op KFM 'kortbroek' praat al te lekker swart taal in 'n
verkiesing advertensie. Nie net een of twee woorde nie maar sommer 'n
hele paar sinne. Wat noem hulle sulke ouens, g..kruipers? Ek dink hy
gaan sy g.. sien.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

"Die " afrikaanse web werf waar dinge bespreek word

Di., 10 Februarie 2004 08:46

As enige iemand belangstel in die afrikaanse debat en afrikaanse literatuur
gaan kyk by http://www.litnet.co.za/

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Strate

Ma., 09 Februarie 2004 16:34

From: "Suidwester"
Dankie vader daar sal nooit 'n Gloudina straat wees
nie!

Gloudie
> En al daardie ou Voortrekkerleiers se name
> is darem ook ryp vir verandering.
>
HansWillem
Suidwester, jy wil nie dalk so bietjie gesels oor die straatnaam
veranderinge in Swakopmund nie ? Dat mens die hoofstraat afry en
winkelname/adresse sê Kaiser Wilhelm maar die bordjies sê Sam Nujoma .....
Wie's nou eintlik reg ?

Ek ken darem die pad Henties toe sonder om straatname te wil kyk - wanneer
ek daar is. Maar die toneel bly verander elke jaar en die vis minder en
minder.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Aurora se Verwagting

Ma., 09 Februarie 2004 15:00

Aurora is in die Sandveld geleë( Ma is daar gebore) , en het al baie lank
'n konstante inwonerstal van 500. Daar is 'n kerk, skool, hotel en winkel.
En huise. Geen woonstelblokke of openbare parke nie. Nie 'n Metropool nie.
Onlangs kry die stadsraad toe 'n toekenning uit die begroting van die
Provinsiale Administrasie om aan te wend vir ontwikkeling. Die stadsvaders
besluit toe daar is niks mee verkeerd om te dink dat daar eendag 'n
geweldige invloei van
inwoners gaan wees nie, en derhalwe word daar besluit dat 4 moderne konkreet
bus-skuilings opgerig moet word op die dorp.
Daar is twee geregistreerde taxi's wat opgehou het om besigheid te doen
weens onbelangstelling van almal betrokke.
Daar is 'n skoolbus wat tydens kwartale kinders in die oggend oplaai en die
middag aflaai.
Net een skuiling word daagliks vir 'n kort rukkie gebruik deur die
busbestuurder.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 31 kommentare

Mooi site - mooi storie - vir Gloudina

Ma., 09 Februarie 2004 13:15

Ek het in my soeke na mooi Flash sites op een afgekom wat handel oor Anne
Frank as skryfster.

Gloudina, ek dink jy sal dit geniet. Dis 'n "online Exibition" en dit duur
'n halfuurtjie of wat om te kyk. Maak vir jou 'n lekker koppie koffie. Kliek
op die link, en kliek daarna op "An unfinished story" bo-aan, of op "Launch
Exibition".

Ek weet nie hoe lank dit nog daar gaan staan nie, want die tentoonstelling
is eintlik in Desember 2003 afgesluit.

http://www.ushmm.org/museum/exhibit/online/af/htmlsite/

Geniet dit. (Om te kyk dan... Die inhoud is maar hartseer...)

Max____________________________

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

" Om boer te wees " deur W.E.G. LOUW

Ma., 09 Februarie 2004 00:11

W.E.G. Louw

Om boer te wees

O om 'n boer te wees wat werk
met sy hande in die son
die liewe, lange dag; om saans
moeg terug te kom
van die lande, en te slaap
tot die rooidag deur die vensters breek,
en teen die tweede hanekraai, oor die ryp,
die ploegstert vas te hou .

O om boer te wees en te werk
in God se sonskyn en reën;
om nooit te twyfel dat Hy weet
wat die beste is; om nog te glo,
as sy hart wil breek,
en voel dat hy, boer alleen,
met God kan praat, en dank
as laag-druipend daal die reën .

Prosa & poësie | 15 kommentare

nanotegnologie

So., 08 Februarie 2004 20:34

Lees van dit vanoggend - en dit waarvan hulle praat is te klein vir my klein
breintjie.
Daar word gepraat van goed wat geproduseer word wat 1000ste van 'n
haarbreedte groot is.

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Goeie Nuus vir Gloudina

So., 08 Februarie 2004 08:32

Slegs 2000 dokters en ander in die mediese bedryf ( lees verpleegsters,
kliniekwerkers en vrywillegers by gesondheidsklinieke) van oor die hele SA
het Vrydag aan 'n betoging hier deelgeneem t.o.v. die haglike toestande in
hospitale en onrealistiese en onpraktiese uitvoerbare beoogde wetgewing
tov gesondheidsdienste.
Vooraf het Manto, die minister van ongesondheid, gedreig dat al die betogers
wat in staatshospitale en klinieke werk summier afgedank sal word.
Genieg eerstehandse nuus hieroor, behalwe van famjilie en vriende in SA, kan
van die webblad van enige koerant in SA van Vrydag, Saterdag en vandag
verkry word.

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

" dees hunningkoek se soetsel " deur THOMAS DEACON

Sa., 07 Februarie 2004 20:44

Thomas Deacon

dees hunningkoek se soetsel

dees hunningkoek se
soetsel vanaf kopvel oor
tot by die weglêtoon
se vastrapkant
dees bloed se klopsel
wat door lyf se diep-
vlees jaag
soos groot gariep wat om
en om en oor die maal-
gatkleppers draai
en raas

Prosa & poësie | 0 kommentare

kom dit by jullie ook?

Sa., 07 Februarie 2004 15:17

You are not authorized to view this page
You do not have permission to view this directory or page using the
credentials you supplied.

------------------------------------------------------------ --------------

Please try the following:

a.. Click the Refresh button to try again with different
credentials.
b.. If you believe you should be able to view this directory or
page, please contact the Web site administrator by using the e-mail address
or phone number listed on the www.rsg.co.za home page.
HTTP 401.1 - Unauthorized: Logon Failed
Internet Information Services

------------------------------------------------------------ --------------

Technical Information (for support personnel)

a.. More information:
Microsoft Support

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    448  449  450  451  452  453  454  455  456  457  458  459  460  461  462  463    »]
Tyd nou: Sa. Des. 20 14:15:44 UTC 2025