Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Ietsie Mooi deur H.K. Poepenstein

Ma., 16 Februarie 2004 10:10

Skilpad loop op paaie
Hy vra vir nooi genade
Nooi sê, skilpad, loop jou pad
Skilpad sê: lek jou gat.

Tant Leen - Willowmore - 1936.
--
Annette

"A.Melon" wrote in message
news:89b7e24287ff32ac304d673143053284@melontraffickers.com.. .
> Nou Luister! deur H.K. Poepenstein
>
> Is julle lief vir hulle,
> Oo se so my dingakie.
> As hy nie lief is vir julle,
> Dan skop hom in die poephol.
>
> --- Desember 1961
>

Prosa & poësie | 0 kommentare

Joost se nuwe beroep

So., 15 Februarie 2004 07:34

Saam met Rudolf in die Volwasse Genot Bedryf.
Hulle bied teen R500 per kop die ongesensureerde video van Kamp Staaldraad
aan.
1) Het al die spelers hul toestemming gegee?
2) Gaan die spelers vergoed word?
3) Is die video van Sarvu/SA Rugby aangekoop?
4) Is Kamp Staaldraad oorspronklik beplan juis met die oog op hierdie tipe
van fondsinsameling fondsinsameling?
5) Hoekom word juis mans geteiken om na die video te kyk?

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Plaaswerkers heraangestel

Sa., 14 Februarie 2004 07:05

Die afgelope maande draal 'n saak waar van die plaaswerkers en die boer in
'n dispuut is en uiteindelik die werkers afgedank is en hulle van die plaas
afgesit is. Die probleem het blykbaar begin deurdat 'n boerbok van die een
van die werkers aanmekaar in die plaas se groentetuin gaan kuier en hulle
gewaarsku is oor die bok en die sondes. Uiteindelik het die boer se pa 'n
geweer gevat en die bok vrekgeskiet in die tuin. Uit wraak [so blyk dit]
het een van die vrouens in wie se sorg ganskuikens was, die een kuiken se
kop vermorsel. Toe is die jam in die fên....
Gister het die arbeidshof uitspraak gelewer en gesê dat die boer nie die
arbeidswet tot die letter gevolg het nie en dat hy daarom hulle weer moet
aanstel en kompensasie moet betaal vir die tyd wat hulle nie 'n inkomste
gehad het nie. Niemand weet nog wat van die werkers gaan word wat die boer
in hul plek aangestel het nie [hy lewer onder andere uitvoerblomme aan die
oorsese mark en dis arbeidsintensief]. Wat wel 'n feit is, is dat alhoewel
die afgedankte werkers vir die oomblik gewen het, hulle maar swaar gaan trek
vorentoe. Hulle gaan hul baar lone ontvang en al die byvoordele wat
normaalweg aan 'n plaas gekoppel word en as 'normaal' aanvaar word, gaan
soos mis voor die son verdwyn. Verder gaan hulle verseker al die swaarste
handearbeid kry en uiteindelik gaan hulleself padgee.
Ek moet nog hoor van 'n enkele geval waar 'n werker sy saak teen sy
werkgewer wen en dan werklik wen.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Valentyngode speel saam.

Sa., 14 Februarie 2004 06:34

Vandag trou daar 14 paartjies op Robbeneiland.
Genadiglik is daar vanoggend geen wind nie.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

'n Valentyn vir Almal

Sa., 14 Februarie 2004 06:12

wat een wil hê:)

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Internet telefoon

Vr., 13 Februarie 2004 11:09

Hierdie program werk baie goed om 'telefoonoproepe' oor die internet te
maak:

www.skype.com

Mens het net oorfone en 'n mikrofoon nodig. Kry dit by enige plek wat
kompers verkoop.

Rekenaars & selfone | 23 kommentare

Ons Nuwe Rugbyafrigter

Vr., 13 Februarie 2004 11:02

Jake White - die spesialisontleder.
--
Annette

Sport & ontspanning | 24 kommentare

Skeisaak

Vr., 13 Februarie 2004 09:00

Barbie en Ken skei!

Is dit 'n reklamefoefie om vir Barbie ander mans te verkoop (en vroue vir
Ken)? Ek dink die grootmense moet hulle probleme vir hulleself hou en nie
die kinders daarby betrek nie.

Ek vind dit skandalig!

Max____________________________

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Briewe in Argus

Vr., 13 Februarie 2004 08:49

Na aanleiding van die mense wat by Mekka dood is, het 'n Moslem dame geskryf
dat sy nie meer in 'n God kan glo wat jaar na jaar by Mekka vir soveel
lyding sorg nie.
Dit het natuurlik 'n hewige reaksie uitgelok, nie net van Moslems nie.
'n Gereelde bydraer het die dame ondersteun in haar siening, en nou het die
visier van haar na hom verskuif.
Wat net opvallend is, is dat die vrae wat deur die dame gevra en Denis
herhaal word, net nooit beantwoord word nie.
Een skrywer sê reguit hy weet nie hoekom dit so is nie, maar dis die liefde
en vreugde wat hy elke dag aanskou wat van hom 'n gelowige maak.
Nou - ek is seker daar is enkele gevalle - maar by die oorgrote meerderheid
by dood weet ek net van mense wat huil en treur. Van lag en handeklap van
vreugde by die dood het ek self nog nooit ervaar nie.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 19 kommentare

Re: Boers - Nude Raiders se Kak.

Do., 12 Februarie 2004 20:37

On Thu, 12 Feb 2004 09:31:30 +0900, "Fred"
wrote:

> To Annette and all other readers - if you don't feed this TROLL then he's
> sure to die.
>
Ag, moenie worrie nie, Fred. Daardie Nude Raider is mos self 'n
Afrikaner!

Norbert (uit Vlaandere)

(As dreigemente nie help nie, nou, besig dan komplimente! :-) )

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    446  447  448  449  450  451  452  453  454  455  456  457  458  459  460  461    »]
Tyd nou: Ma. Des. 22 20:37:39 UTC 2025