Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

" Misère " deur A.G. VISSER

Sa., 12 Junie 2004 01:43

Misère
A.G. Visser

In die eerste instansie, wie sou nou kon dink,
Dat die liefde iets is so beroerd ongestadig?
Dat die hand wat uit gulde bokale laat drink,
In die eerste instansie, wie sou nou kon dink
Dat dit eendag nog edik en gal weer sal skink,
Ongevoelig meedoënloos, wreed, ongenadig?
In die eerste instansie, wie sou nou kon dink
Dat die liefdee iets is so beroerd ongestadig?

Prosa & poësie | 0 kommentare

Harry Potter

Vr., 11 Junie 2004 05:52

Dit begin vandag hier draai. Leon van Nierop gee dit 7/10 - en beveel aan
dat slegs kinders bo 10 die fliek sien.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Die Olimpiese Fakkel

Vr., 11 Junie 2004 03:47

Gister al is stellasies opgerig vir die groot paartie op die Parade. Die
Olimpiese fakkel gaan hier aankom- en na 58km van rondswerf van die Kaapse
Vlakte tot op Tafelberg, gaan dit vir 'n rukkie op die Parade vertoef
voordat dit die vliegtuig haal Suid-Amerika toe.
--
Annette

Sport & ontspanning | 3 kommentare

Arabisch gedichtje

Do., 10 Junie 2004 14:01

Arabisch gedichtje
>>>> ******************
>>>>
>>>> Mijn naam is Ben Chagrijn
>>>> ikke slimme palestijn
>>>> ikke heef drie madam
>>>> ikke van de islam
>>>> ikke veel bid en gaap
>>>> ikke veel denk en slaap
>>>> ikke niet werk,wel vrouw
>>>> ikke blijf islam trouw
>>>> ikke niet lid van hamas
>>>> ikke wel in ziekenkas
>>>> ikke ziek heel veel
>>>> ikke pijne keel
>>>> ikke heb GSM,TV en veel bébé
>>>> ikke heb dikke pree
>>>> ikke niet krijg, ikke steel
>>>> ikke heb al ferme veel
>>>> als ikke moet in gevang
>>>> ikke vlucht naar Afganistan
>>>> ikke dan werke tot de dood
>>>> ikke worden vliegtuigpiloot...

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Selfde Persoon?

Do., 10 Junie 2004 06:29

Hoekom klink Dr Saths Cooper en Sam Ramsami so eenders?
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Savanna Jane

Do., 10 Junie 2004 06:28

'n Vriendin van my is een van 'n groep dames wat Afrika gaan aandurf met
twee voertuie en stewige stapskoene.
Die naweek van 25/26 Junie gaan hulle leer van ekonomies bestuur, noodhulp
en ander goed wat nodig is om te weet. Hulle vertrek 1 Julie.
Hulle webwerf is: www.savannajane.co.za
Die doel van hulle avontuur is om te bewys dat dames dit alleen en veilig in
Afrika kan waag.
Ek is vreeslik opgewonde vir hulle, maar ek het ook 'n beklemming om die
hart.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 94 kommentare

Skakel vroeg in

Do., 10 Junie 2004 05:44

Voor die toets Saterdag gaan die 5 liedjies gespeel word waaruit die wenner
gekies sal word wat ons Nuwe Verbeterde sportliedjie sal wees.
Jy kan vir jou keuse stem by 0862233334

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

" Die oue wilg " deur TOTIUS

Wo., 09 Junie 2004 17:39

DIE OUE WILG
Totius

Die oue wilg
se takke het
al dae, dae lang,
vergeeld, vergaan,
in wind en kou,
armoedig neergehang.

Die flenters lê
by hope langs
die stofpad saamgewaai;
alleen die ra-
fels hang nog om
sy lede rond te swaai.

Sy mantel het
nog kort gelee
tot op die grond genaak;
by windgeroer
het dit geplooi
en sag soos sy gekraak.

Dié stasiekleed
is weg en in
die wind staan hy te kla:
'n monnik net
wat om sy skuld
die boetekleed moet dra.

'n Eikeboom
het takke wat,
soos uitgestrekte arme,
in wintertyd
na bo bly wys,
sterk-smekend om erbarme;

maar hier is net
gelatenheid
bo soveel prag-berowing,
en skraal geblink
van bogies na
die somerglans-verdowing.

'n Wilgeboom,
beeld van my skuld!
So naak en uitgetoë
is ook my siel,
verarmoed en
so diep terneergeboë!

Maar tog is jy,
so kaal en in
jou groue bedeldrag,
gelyk'nis van
'n stil geloof
en immer-hopend wag.

Jou rafels is
die harekleed
van Gods profeet, so streng,
wat by berou
beloft'nis van
herlewe weer kom breng.

En as die wind
jou rust'loos roer,
dan hoor ek hierdie spraak:
' Al lyk ek nou
so dubbel dood -
ek sal weer herontwaak! '

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Lekker Gedig

Wo., 09 Junie 2004 13:03

Die Ryperd - deur Jappie Viljoen 1902

Liewe ou ryperd van my,
Waar is jy nou
So ver van my af,
ek mis jou veel.

Die wereld is groot
maar nie groot genoog,
vir my hartseer vir jou,
my ou ryperd.

Vok maar ek mis jou,
jou gevokte ou perd,
waar die hel is jy,
ek wil jou ry.

Kom terug, en bring my branderwyn,
jou ou skelmpie se ding,
net soos jou pa, jou donner,
bring my bladdy brandwerwyn.

Liewe ou ryperd van my,
Waar is jy nou
So ver van my af,
ek mis jou veel.

Bronkhorstspruit, Zuid-Afrika 1902.

Is dit nie a pragtige gediggie nie?

Jappie Viljoen was maar net twintig toe hy hierdie lieflike gediggie
geskryf het.
Jappie is toe oorlede op die ouderdom van vier en dertig. Hy het een nag
'n groot maagpyn gekry, die dokters het gesê dit was net 'n groot poep wat
vas was in sy maag, en dat dit sal regkom gedurende die nag. Dit het nie - sy
maag het gebars en hy is toe oorlede.

Jappie was miskien beste bekend as 'n prestasie Afrikaanse digter, en het
sy dokterheid gekry by die Universiteit van die OFS toe hy maar net twaalf jaar
oud was.

Hy was nooit getroud nie, maar hy het baie meisies gehad.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    400  401  402  403  404  405  406  407  408  409  410  411  412  413  414  415    »]
Tyd nou: So. Apr. 05 23:09:19 UTC 2026