In die nuutste Travel + Leisure tydskrif wat nou net uit is, noem hulle die
wêreld se top 100 beste hotelle, en onder die top 100 hotelle in die wêreld
het Suid-Afrika nie minder as 10 nie.
Volgens hulle is die beste hotel in die wêreld die Singita Private
Wildreservaat in Sabi Sands. Nr. 4 is Londolozi in Mpumalanga, nr. 5 is
Bushmans Kloof in Clanwilliam, nr. 7 is Mala Mala, nr. 8 is Phinda Private
Wildreservaat in Kwa Zulu, nr. 13 is Cape Grace in Kaapstad, nr. 46 is Sabi
Sabi, nr. 49 is Table Bay in Kaapstad, nr. 50 is Grande Roche hotel in die
Paarl, nr. 61 ia Grace in Rosebank Johannesburg, en nommer 74 is The
Plettenburg. Niks vermelding van die Mount Nelson nie.
In die wêreld! Dit sluit al die grend hotelle in Hawaii, Amerika, Asië en
Europa in.
Die een wat my verbaas is in Clanwilliam.
Kaapstad is die 5de beste destinasie wereldwyd (Sydney is nr. 1, en Rome is
nr. 2). Kaapstad is die top stad in Afrika en die Midde Ooste.
Ongelukkig het SAA nie die top 10 beste lugrederye gemaak nie, soos
gewoonlik is Singapoer Airlines weer nommer 1, met Cathay Pacific nr. 2.
Gebruik julle nog dié uitdrukking in Zuid Afrika? Toe ek 'n tiener was,
omstreeks 1907, was dit 'n gewilde gesegde in die platteland van Tzaneen. Hoe
word dit deesdae gebuik?
Die program word uitgesaai op RSG op Dinsdagaande na 9 en glo op Sondae ook.
Ek kon dit nog nie hoor nie, maar sou groog wou. Iemand dit al gehoor?
--
Groetnis
Annette
Iemand praat vanoggend op RSG van nonsies.
Sou dit in sekere streke voorkom?
Ons het nog altyd van nonsens gepraat.
( dit blyk of dit ook 'n woord is wat uitsterf )
Ek wou weet van die Afrikaners:
-as julle 'n DVD aankoop in Suid-Afrika -en nou gaan dit hier oor
tekenfilms vir klein kinders soos van Walt Disney byvoorbeeld- is dan
die DVD's ook beskikbaar in meerdere tale? Ek sou via die Internet 'n
DVD in Suid-Afrika wil koop vir 'n klein mannetjie wat Frans praat en
in Suid-Afrika woon en ek wil weet of hy daardie DVD ook kan hoor in
sy moedertaal. Hier in Europa is alle DVD minstens in 9 tale.