Waarom met ape-masker my misken
as ek die digkuns heilig tot bedryf
en Nyl en papperasse met die pen
vir gode onpartydig wil beskryf;
as ek deur drif en keuse van my woord
bewys : Ek is een oomblik Potifar
se vrou met die japon en silwer koord
nalatig los, dan Josef wat verwar
van daardie dy en skemerende lies
wegvlug?
"Want jy, met iedereen se lot
té vereenselwig om ooit kant te kies,
poseer soms as 'n duiwel, soms 'n god,
maar swaai wellustig van die masker los
aan 'n liaan na dieptes van 'n bos."
Ek wonder of as al die koerante wêreldwyd ooreenkom om nie berigte te plaas
van gyselaars in Irak nie, of dit sal ophou.
Mens kry so die idee dat dit alles aandagsoekery is. En die Phillippyne is
nog sover al nasie wat gereageer het en hulle troepe onttrek het.
Nou blykbaar is daar weer ses of so gyselaars, een is van Egipte, en die
ander is van Moslem-lande, ek wonder wat hulle gaan doen. n Baie moeilike
besluit. Ek wonder wat sal n land soos Frankryk doen as dit met hulle
gebeur?
Jammer dis in Engels, maar ek is nie lus om dit te vertaal nie.
Wat my verstand bokkel, is hoe mense nog in hierdie dag en tyd n aanhangsel
kan oopmaak as hulle nie weet wie dit stuur nie.
Ellie
Virus purporting bin Laden suicide hits Web
Virus designed to lure readers into opening a file
Saturday, July 24, 2004 Posted: 5:31 AM EDT (0931 GMT)
SEATTLE, Washington (Reuters) -- A virus purporting to show images of Osama
Bin Laden's suicide has popped up on the Internet, designed to entice
recipients to open a file that unleashes malicious software code, security
experts said.
The virus was attached to a message that was posted on over 30,000 usenet
newsgroups and is not being spread via e-mail, said Web security vendor
Sophos on Friday.
The U.S. government has been hunting for Bin Laden since 2001, holding him
responsible for masterminding the attacks on the World Trade Center and
Pentagon on September 11, 2001, but he has not yet been found.
Chris Kraft, senior security analyst at Sophos, said the message and virus
was designed to lure unsuspecting readers into opening a file, similar to
the Anna Kournikova virus that enticed readers to open a file that unleashed
malicious software code.
"If you don't know the person or the origin of a message, you shouldn't be
opening it," Kraft said.
The fake Bin Laden suicide file, when opened, unleashes a program called a
Trojan horse that makes it possible for attackers to take over infected
personal computers running Microsoft Corp.'s Windows operating system.
Kraft said the virus itself had already appeared on the Internet before, but
the virus writer had apparently repackaged it by saying it contained Bin
Laden's suicide photos.
" Knowing where you are from is a very central component to knowing who you
are" - Gina Paige, African Ancestry's president.
Ek dink die dame praat 'n bol strooi.
Waar mens gebore is, is waar jy vandaan kom.
Ek is 'n Afrikaan. In Afrika is ek gebore - en geen mens op aarde sal my kan
oortuig ek is 'n Europeër omdat my voorouers 17 geslagte terug van daar
gekom het nie.
Mens het ook nie nodig om te weet waar hul vandaan kom om te weet wie wie
hulle is nie.
--
Groetnis
Annette
Edwin Hunsaker, 82, en 'n VSA burger, is nou al 4.5 jaar in Pollsmoor ( dis
'n tronk hier in die Kaap) vir bedrog. Hy is die oudste gevangene daar.
Sedert sy inhegtenisname weier hy om sy baard of hare te skeer. Sy familie,
vroulief van 59 jaar en 10 kinders, is in die VSA. Hy is nog nie verhoor
nie, en sy borgaansoek is geweier.
Hy het tans sy 12de regsverteenwoordiger.
Justisie beweer die rede hoekom sy saak nog nie voorgekom het nie, is
eerstens omdat hy nie met 'n regsverteenwoordiger tot dusver kon saamwerk
nie, en tweedens omdat hy saam met drie ander aangekla is.
Sy enigste werklike klagte oor die tronk is die kos.
Pollsmoor huisves tans 8000 oortreders, drie maal die hoeveelheid waarvoor
dit ingerig is.
Moeder Natuur natuurlik.
Gister, met die Groot Reën, is die keerheining by Chapman's Peak soos 'n
lastige vlieg weggevee voor die modder, ou bome en rotse wat van die berg
afgespoel het na 44mm reën.
Die keerheining is verlede jaar opgerig, en is sterk genoeg om 'n 10 ton
rots wat teen 30m/s die berg afrol te keer.
Ons sing vanaand Brahms se Requiem in die stadsaal om 8nm.
Die grys hare gaan daaroor dat ek nog nie die hele stuk heeltemal onder die
knie het nie, en dat ek vanoggend se rugby mis omdat ons in dieselfde
tydgleuf met die orkes vir vanaand se uitvoering oefen.
Tradisioneel is dit nou ook so dat die mense hier op die ingewing van die
oomblik leef, en dat die verkope by Computicket tot gister nie sensasioneel
was nie. Nou hoop ons maar dat mense nog steeds, ten spyte van reën, wel
sal opdaag.
Ek moet nou eers gou erken dat ek nie van Longhorn gehoor het voor jy en Lou
dit hier genoem het nie. (Ek's nie 'n ontwikkelaar nie, so dis nie my veld
nie.) Julle het my egter nuuskierig gemaak en ek het 'n bietjie op die site
van Microsoft gaan blaai, maar daar staan soveel dinge dat ek nie weet waar
om te begin nie...
Kan julle in 20 woorde of minder aan ons sê wat dit is, waaruit dit bestaan,
maar veral wat dit vir die eindgebruiker inhou? (Of weet julle self ook nie?
ha ha ha)
Ek wil ook graag weet hoekom Lou sê ons MCSE´ertjies gaan afkak as Longhorn
kom.
Ek moet se "Longhorn" is 'n walglike naam, wat klink soos 'n steakhouse of
cattle ranch.
Max (wat voorgegee het dat hy slim was, maar eintlik weinig weet van
Microsoft)____________________________
1. Hoekom het jy en jou man SA verlaat en wanneer het julle dit gedoen.
2. Indien dit oor apartheid gegaan het, hoekom het julle na 10 jaar van
demokrasie in SA nog nie besluit om terug te kom nie.
** Ek weet ek en jy stem oor bitter min dinge saam Gloudina, maar dit is 2
opregte vrae wat ek aan jou stel met geen intensies om wat ookal jy antwoord
te kritiseer nie **
Groete
Riaan
> En ek sal nie weer stilbly of weghardloop nie.
> Buitendien, ek wonder of ek en my familie, deur hulle finansiële en ander bydraes,
> nie 'n groter aandeel aan die wel en die wee van SA het as wat jy het nie.