Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Vraag aan Riaan of Lou Langhoring

Vr., 23 Julie 2004 10:28

Riaan/Lou

Ek moet nou eers gou erken dat ek nie van Longhorn gehoor het voor jy en Lou
dit hier genoem het nie. (Ek's nie 'n ontwikkelaar nie, so dis nie my veld
nie.) Julle het my egter nuuskierig gemaak en ek het 'n bietjie op die site
van Microsoft gaan blaai, maar daar staan soveel dinge dat ek nie weet waar
om te begin nie...

Kan julle in 20 woorde of minder aan ons sê wat dit is, waaruit dit bestaan,
maar veral wat dit vir die eindgebruiker inhou? (Of weet julle self ook nie?
ha ha ha)

Ek wil ook graag weet hoekom Lou sê ons MCSE´ertjies gaan afkak as Longhorn
kom.

Ek moet se "Longhorn" is 'n walglike naam, wat klink soos 'n steakhouse of
cattle ranch.

Max (wat voorgegee het dat hy slim was, maar eintlik weinig weet van
Microsoft)____________________________

Koeitjies & kalfies | 28 kommentare

Vir Gloudina

Do., 22 Julie 2004 09:39

Gloudina

Sal jy asb vir die nuusgroep die volgende vertel.

1. Hoekom het jy en jou man SA verlaat en wanneer het julle dit gedoen.

2. Indien dit oor apartheid gegaan het, hoekom het julle na 10 jaar van
demokrasie in SA nog nie besluit om terug te kom nie.

** Ek weet ek en jy stem oor bitter min dinge saam Gloudina, maar dit is 2
opregte vrae wat ek aan jou stel met geen intensies om wat ookal jy antwoord
te kritiseer nie **

Groete

Riaan

> En ek sal nie weer stilbly of weghardloop nie.
> Buitendien, ek wonder of ek en my familie, deur hulle finansiële en ander bydraes,
> nie 'n groter aandeel aan die wel en die wee van SA het as wat jy het nie.

> Gloudina

Koeitjies & kalfies | 28 kommentare

Grondverslag: Surprise! Surprise!

Do., 22 Julie 2004 07:40

Die spul vryheidsidiote soos Gloudina en haar maters kras mos gedurig oor
die wit boere wat so baie landbougrond onregverdig besit teenoor die massa
swart mense wat grondloos is.   Probeer enigiemand vir haar die werklikheid
verduidelik, dan skakel sy mos in 'overdrive' oor van verwyte oor die
onregte van die verlede.   Dan kom 'n regering en dien 'n verslag in en
boem!   Die werklikheid is voor ons.    Hierdie, antie Gloudina, is net reg
om jou lekker gemoedsbekakking te gee:

'n Regeringsverslag van die Namibiese regering aan die Menseregtekomintee
van die VVO het die algemene idee dat blanke kommersiële boere 95% van alle
landbougrond besit, in sy moer in verpeletter.   Die waarheid is dat blanke
kommersiële boere slegs 23% van alle titelakte grond in die land besit.
Die res van die grond is as volg opgedeel:

Blanke
boere....................................................... ................
.................23%
Swart boere en
regering.................................................... ............4,4%
Munisipale organisasies, trust en buitelanders......................9,8%
Maatskappye................................................. ................
.......................8,3%
Swart boere op kommunale
grond...............................................38,1%
Nasionale
parke....................................................... ................
...........13,7%
Beperkte
gebiede..................................................... ................
............2,6%

Die data is in 2001 versamel en sedertdien is vele blanke plase verkoop aan
swart boere.   Wat die verslag nie sê nie, is dat uit die 38,1% van die
swart boere op kommunale grond, weinig, indien enige, werklike produksie
lewer wat die land se voedselbehoeftes voorsien.   Die 4,4% van swart boere
hervestig en op regeringseiendom, weet ons nie van 'n enkele een wat al
geslaag het om kommersieel te produseer nie.   Die groot gros van daardie
produksie kom uit die 23% in besit van die blanke boere en weens die
regering se gedurige dryf om landbougrond in die 'regte' hande te kry, raak
al meer blanke boere skepties oor die toekoms en word hul beleggings in hul
bedryf al kleiner.   Dit sou realisties wees om te sê dat seker 80% van alle
blanke boere oorweeg op die een of ander manier of hy nie maar sy grond moet
los en iets anders gaan doen nie.   Dit sal natuurlik chaos veroorsaak vir
voedselproduksie in die land want die landbou is enige land se rugraat.
Ook baie duidelik is dat grondbesit nie noodwendig rykdom beteken nie.   Dis
wat jy met daai grond máák wat gaan bepaal of jy 'n sukses is of nie.

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Gratis en Verniet

Wo., 21 Julie 2004 20:57

Laai polyphonic ringtones en wallpapers gratis af.

www.midiboer.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Gedragskode

Wo., 21 Julie 2004 15:48

My oud hoerskool het nou 'n webblab, waarop ek ons skoolkode gevind
het. Hierdie skoolkode is vandag presies dieselfde as tydens
Apartheidsvark jare. Hulle het vokkol verander nie, check dit uit.
Onthou dat Afrikaanse skole ons voorberei het vir die Angola-konflik.
Ons voorberei het vir bevoorregte posisies. Ons bevrug het met
Apartheidsvark ideale. Dit was hulle fondament:

1. Ek sal my Christelike beginsels ter ere van God en in diens van my
vaderland uitleef.
** Se nou maar ek is nie 'n Christen nie. Mikien is ek 'n Jood of 'n
Islam. Is daar plek vir 'n wit Afrikaans sprekende Muslim???**

2. Ek sal my ouers en onderwysers onder wie se beskerming en gesag ek
verkeer, eerbiedig en gehoorsaam.
** Eerbiedig? Sieg Heil. **

3. Ek sal daarna streef om skoon en edel te leef en vir myself sal ek
hoë ideale stel.
** "Skoon"? en "edel"? Dit natuurlik beteken dat jy nie mag ploeg,
plant, saag of spyker nie...jy moet seks sien as 'n "huweliksplig" wat
met jou "skaamdele" uitgevoer word. Ek het in 1990 gemtrikuleer en op
daai stadium was daar geen onderrig tov dwelm misbruik, alkahol
misbruik of seksualiteit nie. Geen wonder SA is die grootste
verbruiker van Mandrax en dat AIDS die populasie uitroei. En hoeveel
jong meisies val swanger voordat hulle Universiteit klaarmaak. **

4. Ek sal die goeie naam van my ouerhuis, my skool en klas, altyd in
ere hou.
** Werk op die assumption dat jou ouerhuis, skool en klas 'n goeie
naam het om mee te begin. **

5. Ek sal, selfs onder die moeilikste omstandighede, beleefd,
blymoedig, minsaam en vriendelik optree teenoor my ouers, my
onderwysers, my skoolmaats en alle ander mense.
** MINSAAM?? Minsaam se moer. Die enigste mense teenoor wie ek minsaam
sal optree is ou mense. Minsaam optree teenoor die instrumente van
Apartheid soos onderwysers.?? **

6. Ek sal daarna streef om my taal suiwer te praat en my gedrag te
beheer in die klaskamer, op die sportveld en veral in die openbaar.
** In die openbaar sal ek daarna streef om my te gedra enige fokken
manier wat ek wil. **

7. Ek sal die eiendom van die skool, die skoolgebou en die tuinery
beskerm en skoon hou.
** Beskerm? My lewe gee? **

8. Ek sal die voorreg wat ek het om te studeer nakom deur pligsgetrou
alle take
te verrig wat aan my opgedra word.
** Nou hierdie een piss my af: "..die VOORREG.."???? Primer en
Sekondere studies is g'n VOORREG nie. Dis 'n reg. Alle eerste-wereld
lande benader onderrig as a MENSEREG, nie as 'n voorreg nie. Dis 'n
voorreg om op universiteit te wees. Dis jou REG om op skool te
wees....Jeez, ek gaan ontplof. **

9. Ek aanvaar hierdie gedragskode en sal met my hele wese daarna
streef om in ooreenstemming hiermee 'n mooi tradisie in my skool te
help skep.
** Klink asof iemand dit direk uit een van Adolf Hitler se voorsprake
gesteel het. Sieg Heil! **

Watse plek het ek in groot geword......????

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

" Toorklip " deur D.J. OPPERMAN

Wo., 21 Julie 2004 14:16

Toorklip
D.J. Opperman

Ek sien myself as seun weer - onbewus
in spel 'n middeleeuse alchemis
wat langs Bloukrans kristalle en agaat
optel, of korreltjies permanganaat
in bottels water drup sodat dit pers
oopslier, of hoe ek snags 'n stukkie kers
aansteek en kyk dan of die blousalmander
in die goue glans sy kleur verander.

As man moes ek bewuster in die stad
my spel toe op 'n ander vlak hervat:
oor die vallei lê sleepsels van my trokke
wat steenkool, erts en bloekomblokke
bring; en met tabberds in 'n winkelraam,
ranonkels, vye, 'n vrou se liggaam,
weet ek dat alles onder midas-hande
van die mens in goud verander.

" Voor My hang lug en aardbol, 'n retort
waar jul teen wil en dank gesuiwer word:
swart, bruin en wit, elke element
wat glansloos skuil onder My firmament.
En ook het Ek my gees omsluit met stof
dat ieder : kwik, piriet of dowwe
erts op wie my Seun as Godsteen straal,
verander word in edele metaal. "

Maar ék verlos die mens en hierdie land
volgens 'n ander alchemistiese verband
tussen ons duister gees en U, o God,
as ek patrone skep van myn en krot,
van kiepersol, swart trossies nastergal
en kwarteltjies wat dans - so die heelal
met mens, agaat en boomsalmander
deur die toorklip van die woord verander.

Prosa & poësie | 7 kommentare

Wildeperde van die Namib

Wo., 21 Julie 2004 11:03

Wie van julle ken die storie van die wilde perde wat in die harde
woestyngebied van die Namib naby Lüderitz oorleef sedert die begin van die
vorige eeu? Wat die perde so snaaks maak, is dat hulle totaal nie in die
woestyn hoort nie en andersins as die gemsbok, volstruis en die springbok,
nie geneties aangespas is om die hitte en min water van die woestyn te
verwerk en oorleef nie. Sekerlik help die watertrog by Garub wat vir baie
jare deur die werkers van CDM in die gebied onderhou word, maar as dit baie
droog word, dan vrek die perde op strepe en net die sterkeres
oorwin......presies dit wat die gene van die woestynperde so sterk en suiwer
maak.
Daar was altyd twyfel oor presies hoe die perde in die woestyn beland
het en die gewildste teorie was van die Duitse Baron wat saam met sy skatryk
Amerikaanse vrou 'n kasteel in die woestyn kom bou het en dat hy daar met
perde geteel het. Hy het suiwer bloed ingevoer uit Europa en so dan perde
verkoop aan die soldate wat dit nodig gehad het. Die Baron, as
oud-soldaat, is later terug Europa toe om vir Duitsland te gaan veg in die
WW1 en sneuwel toe daar. Sy vrou wat saam met hom Europa toe is
[aanvanklik wou hulle nog teelperde gaan koop toe die oorlog uitbreek] het
nooit weer teruggekeer SWA toe nie en dis hierdie groot teeltrop perde wat
dan nou glo die pad gevat het op sy plaas wat die kerngroep van die wilde
perde gevorm het.
Tot nou onlangs......daar is navorsing gedoen en uit ou Duitse geskrifte
bepaal dat die gevegte tussen SA en die Schutztruppe van Duitsland rondom
1914 in die gebied plaasgevind het en in die proses was daar ook 'n
vliegtuig wat vir die eerste keer in die land bomme gegooi het. Daar was
om en by 1400 perde in die gebied van SA troepe en met die skrik vir die
vreemde bomme, het man [hulle spot dat die strontstrepe nog vir jarre
sigbaar was!] en perd die pad met 'n stink spoed gevat. Omdat die gebied
so wyd en oop is, kon die manne nie weer die perde bymekaarmaak nie en dis
hoe die trop eintlik ontstaan het.
Ek persoonlik hou veel meer van die Baron-storie......................

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Te skatlik

Di., 20 Julie 2004 15:42

Lees vandag in Burger van die US eerstejaars wat 'n advertensie moes maak om
Afrikaans te bevorder. 'n Prentjie moes daar wees. Die een wat beskryf is
wat ek die meeste van hou is die prentjie van twee oumense, poedelkaal, van
agteraf afgeneem, wat hand aan hand loop, en onderaan is geskryf: Afikaans
is ougat.

Ek kon nie help om aan Gloudina en Patrick te dink nie;))))
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Swak Suid-Afrika

Di., 20 Julie 2004 11:39

Is nie genoeg dat die bleddie uitlanders ons land ok so vir 'n gat vat nie
deur hul kak hier te skommel nie dan is daar nog Suid-Afrikaners wat saam
kak praat. Hoekom fok julle nie uit ons land uit nie, voertsek ons het nie
julle draadsitters nodig nie, gaan vreet perd saam met die nederlanders en
los my SA biefstuk. Gaan oorsee en gaan lewe tussen 'n beter beskawing as
ons kak land wat bly julle nog hier rond, julle sien mos net swart en wit in
jul kak praatery. Vir ons wat glo in SA koop ek almal 'n bier!

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Herdenking van maanlanding

Di., 20 Julie 2004 10:15

Dit is die 35ste herdenking van die maanlanding en daar sal 'n dinee vir die
ruimtevaarders wees.
Neil Armstrong en Buzz Aldrin sal die ete bywoon terwyl Michael Collins
buite in die limousine sal wag.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Bladsye (1838): [ «    384  385  386  387  388  389  390  391  392  393  394  395  396  397  398  399    »]
Tyd nou: Do. Apr. 10 15:35:03 UTC 2025