Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

" Oud-digter " deur D.J. OPPERMAN

Do., 05 Augustus 2004 00:43

Oud-digter
D.J. Opperman

Die panne is nie opgedroog. Die spoor
van die grootwild het ek 'n rukkie net verloor
en leef intussen van die enkel reël
wat springend ritsel om die oog en oor.

Daar bly die bose vuurtjie wat ek mos kan stook
en vlae reën lok as die gifpot kook.
Maar uit die pot spring net 'n dwarrelwind
en daagliks word ek doller van wildedagga rook.

Doller .. dan sterker as die jongeres gespier,
sien ek wat hulle nie kan sien : die koel rivier,
die gemsbok en reënvoël .. opgeefselend
oor my Kalahari's wit papier.

Prosa & poësie | 4 kommentare

Die verhaal van die 3 bere.....

Do., 05 Augustus 2004 00:17

Iemand daar uit Windhoek stuur die storie - en in my eenvoud hoop ek kan dit
dien as ligte afleiding...

**************************************
MODERNE WEERGAWE VAN DIE DRIE BERE.

Bababeer gaan by die trappe af en sit in sy klein stoeltjie by die
tafel,en hy kyk na sy klein papbordjie..
"Wie't my pappies geëet?, vra hy in 'n huilerige stemmetjie".

Pappabeer kom by die tafel aan en sit in sy groot stoel. Hy kyk na sy groot
papbord, en ook die is leeg.
"Wie de duiwel het my pap geëet vra hy in 'n bulderende stem.

Mammabeer se kop verskyn in die luik tussen die kombuis en die eetkamer.
Haar gesig lyk soos 'n Hoëveldse donderstorm.
"Genugtig, hoeveel keer moet ons met julle idiote deur hierdie proses
gaan?"

"Dit was Mammabeer wat eerste opgestaan het.
Dit was Mammabeer wat almal in die huis wakker gemaak het.
Dit was Mammabeer wat die koffie gemaak het.
Dit was Mammabeer wat die skottelgoedwasser na gisteraand skoongemaak en
alles weggepak het.
Dit was Mammabeer wat in die koue uitgegaan het om die koerant te gaan
haal.
Dit was Mammabeer wat die tafel gedek het.
Dit was Mammabeer wat die blerrie kat laat uitgaan en sy sandboks
skoongemaak het.
Dit was Mammabeer wat die kat en die papegaai kos gegee en versorg het.
En dit was Mammabeer wat die sitkamer aan die kant moes maak na julle
TV-kykery gisteraand."
"En nou dat julle uiteindelik besluit het om julle flenter-beergatte
ondertoe te sleep en
Mammabeer se kombuis met julle befoeterde teenwoordigheid te kom vereer,
moet julle nou mooi luister, en goed luister, want ek gaan dit nie weer sê
nie:

"EK HET NOG NIE DIE F#KKEN PAP GEMAAK NIE!!!"

Humor & grappe | 1 kommentaar

Re: Die verhaal van die 3 bere.....

Wo., 04 Augustus 2004 18:45

"Jonas" skryf

> Iemand daar uit Windhoek stuur die storie - en in my eenvoud hoop ek kan dit
> dien as ligte afleiding...
>
> **************************************
> MODERNE WEERGAWE VAN DIE DRIE BERE.

Dankie Jonas. Dit is'n heerlike storie,
vertel in keurige Afrikaans.

Tant Hessie van die Nossob

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Al-Quaida plans to attack SA-tourists in J'burg?

Wo., 04 Augustus 2004 03:14

Didn't see anything yet on this topic here yet....is this news so fresh?
Let's see if I can find an English text too....ah yes, where would we be
without Google-News....:))

http://news.google.com/news?hl=en&lr=&ie=UTF-8&t ab=wn&newsclusterurl=http://www.news24.com/News24/South_ Africa/News/0,,2-7-1442_1567398,00.html

Now Mr. Mandela, where does that leave your holocaust-comment about Irak?
Isn't it nice, that Al-Quaida brings that holocaust back at your doorstep?
What a service, eh?

http://www.nu.nl/news.jsp?n=372382&c=25
xxxxxxxxxxxxxxxxx
Zuid-Afrikanen wilden aanslagen plegen op toeristen

Uitgegeven: 3 augustus 2004 21:58
ISLAMABAD - De twee Zuid-Afrikanen die onlangs zijn gearresteerd in de
Pakistaanse stad Gujrat, wilden terroristische aanslagen plegen in
Johannesburg. Abu Bakar en Zubair Ismail, lid van het terreurnetwerk
al-Qaeda, waren van plan toeristische plekken in de Zuid-Afrikaanse stad
aan te vallen.

Dat heeft een Pakistaanse beveiligingsfunctionaris dinsdag gezegd.
Politieagenten pakten de twee vorige week op, tegelijk met de Tanzaniaan
Ahmed Khalfan Ghailani.

Ambassade

De Verenigde Staten verdenken Ghailani van betrokkenheid bij de aanslagen
op Amerikaanse ambassades in Kenia en Tanzania in 1998, waardoor ruim
tweehonderd mensen overleden.

Ghailani heeft zijn Pakistaanse ondervragers verteld dat hij van plan was
aanslagen te plegen op Pakistaanse hoogwaardigheidsbekleders en op
belangrijke doelen in de omgeving van Islamabad. Dat meldde dinsdag een
Pakistaanse veiligheidsfunctionaris.

Wraak

Daarmee zou hij wraak hebben willen nemen voor de harde aanpak door
Islamabad van al-Qaeda. Ghailani zou onder meer hebben toegegeven
zelfmoordterroristen te hebben opgeleid.

http://www.news24.com/News24/South_Africa/News/0,,2-7-1442_1 567398,00.html
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
Jo'burg terror attacks planned
03/08/2004 16:12 - (SA)

Islamabad - Two South Africans in Pakistani custody have told
interrogators they had planned to attack tourist sites in Johannesburg, a
security official said on Tuesday.

"They had hatched a plot to carry out terrorist attacks on Johannesburg's
main tourist sites," the official, who is familiar with the interrogation,
told AFP.

The pair - Abu Bakar and Zubair Ismail - were arrested last week in the
eastern Pakistani city of Gujrat along with Tanzanian al-Qaeda operative
Ahmed Khalfan Ghailani, indicted by the United States over the 1998
bombings of US embassies in Nairobi and Dar es Salaam.

Bakar, a doctor, and Ismail, described as new recruits to Osama bin
Laden's terror network, had arrived in Pakistan's second largest city of
Lahore early July, the official said on condition of anonymity.

They joined Ghailani in Gujrat, 160km southeast of Islamabad, and together
hid out in a rented house.

The house was stormed by police commandoes on July 25 and after an eight
hour shootout the pair were arrested with Ghailani, his Uzbek wife, three
other women and some Pakistani "facilitators."

Maps, foreign currency, computers, computer discs and Arabic-language
documents were found in his hideout, another security official said.

Information Minister Sheikh Rashid said the information on the computer
was "valuable" and had been passed on to Pakistan's "friends", a reference
to its close war on terrorism ally the United States.

Edited by Elmarie Jack

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

TUKS se kop haak uit????

Di., 03 Augustus 2004 23:28

Wat is dit met tuksfm se "jou ma se...."??

Het die alma mater heeltemal sy kop verloor, of het ek iets gemis?

Penkop B

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Zim vs Nam

Di., 03 Augustus 2004 06:12

Alhoewel Sam sy bes doen om MalBob na te aap, het hy iets reggekry heeltemal
op sy eie. Sy land het gemiddeld per kapita armer geword voordat die
grondhervorming in alle erns ingestel kon word.

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Kaapstad sonder Biblioteek

Di., 03 Augustus 2004 06:10

Van volgende jaar gaan daar nie meer 'n plek wees soos die Kaapstadse
Biblioteek nie.
Met behulp van skenking van die Dale Carnegie mense, en R4 miljoen bydrae
deur die munisipaliteit, gaan dit nou die Nelson Mandela Sentrum genoem
word.
Daar is geld om 'n sentrum om te knap, maar die afgelope 5 jaar was daar nie
geld om nuwe biblioteekboeke aan te koop nie.
Nou wonder ek net wat die gehalte van boeke in die NMS gaan wees.
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 236 kommentare

" Jeroen Bosch " deur D.J. OPPERMAN

Ma., 02 Augustus 2004 15:24

Jeroen Bosch
D. J. Opperman

Ydel is die wêreld, maar ydeler my gees,
wat om die dertig nagte in nagmerries
van stekelige plante, voëls en mens genees.

Uit ou en nuwe streke van die aarde kies
die duiwel al hoe listiger vir my, vir jou,
vir die derduisende kostuum en mombakkies.

Dit trek in stoete, kermis om die Kruis, wissel
van gedaante deur die eeue; maar die spel
bly steeds dieselfde in monnike, masjien en dissel.

En ewig in die kringloop van die lus gevang
ry ons en kap die lieste van die hingste
om en om die kraaie op kaal vrouens in die dam.

Ag liefste! Kom dan, laat ons vlug uit die gebras
en skuil in mossel, horingpeul - en ver bokant
die kermis van die bose sweef in belle glas.

Want in my is die swaap, die visgelipte sot
wat elke toertjie van 'n towenaar befluit ..
maar wonderwerke en Sy kruisiging bespot;

en, as ek God saam met Antonius aanroep,
is hy reeds daar wat van 'n nuwe geilte
roekeloos die eerste swaeltjies deur 'n tregter poep.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Welkom aan DD

Ma., 02 Augustus 2004 11:44

DD - welkom terug.
So, jy bly nou in my tuisdorpie... Jy kan dankbaar wees dat jy nie die
grieperasie in die somer getref het nie - dis ietwat erger in daardie
hitte/humiditeit.
Ek is nou deel van die "Mywireless"-gemeenskap - wat deelname aan die
nuusgroep moeilik maak. (Maar ek lees redelik gereeld.)
Is jy darem al 'n volmondige "Shark"-ondersteuner? (Alhoewel hul spel die
seisoen bepaald nie ondersteuning regverdig nie.)
Is "Thirsty's" (daar op die noordekaai al afgebreek? (My eerste aandoenplek
wanneer ek in "God's own country..." opdaag.)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Gru-moord op boer skok wyd

Ma., 02 Augustus 2004 08:15

BULTFONTEIN. - 'n Boer van die distrik is hier in sy plaashuis
koelbloedig op teregstellingswyse met sy eie vuurwapen van agter in
die kop geskiet, skaars 200 m van waar sy bejaarde ma in haar eie
huis gelê en slaap het.

Mnr. Rudi Botes (47) van die plaas Genade se hande is
Donderdagnag deur sy moordenaars met 'n elektriese verlengingskoord
agter sy rug vasgemaak, waarna hy vermoedelik erg gemartel en daarna
op kort afstand geskiet is. Tekens van 'n struweling was gister
duidelik in die huis waar gebreekte wynglase in die sitkamer gelê
het. Botes is vermoedelik met 'n hamer geslaan en sy ooglede is
afgesny voordat hy geskiet is.

'n Vrou wat tot sowat 'n maand gelede by Botes gewerk het en
beweer dat sy 'n verhouding met hom gehad het, is kort ná die moord
as verdagte in hegtenis geneem. Twee mans en nog 'n vrou is enkele
ure later vasgetrek. 'n Polisiewoordvoerder sê dié vrou het gister
omstreeks 02:50 by die polisiekantoor aangekom en gesê sy het die
aand saam met Botes in die woonbuurt Phahameng gekuier, waar hulle
deur twee mans oorval en Botes ontvoer is.

Die polisie het sy bakkie kort daarna langs die pad by die
woonbuurt gekry, maar omdat daar geen leidrade was nie, het hulle
Botes se buurman, mnr. Herman Meiring, gebel. Hy moes hulle help om
by Botes se huis in te kom omdat sy kwaai waghonde selfs sy familie
gebyt het. Net dié vrou wat vir hom gewerk het, kon by die honde
verbykom. In die huis het hulle Botes se halfnaakte lyk gevind. Sy
videomasjien, selfone, juwele en ander goed wat uit die huis vermis
was, is by die verdagtes gekry. In die bakkie was sy beursie vol
geld en CD's.

Die vermoede is dat die vrou saam met Botes in die huis was en
die deur vir die ander drie oopgesluit het.

Komm. Lerato Molale, Noord-Vrystaatse polisiekommissaris, het hom
gister op die plaas sterk uitgespreek teen dié "koelbloedige en
hartelose moord".

Mnr. Jan Botma, voorsitter van Vrystaat Landbou se wet-en-
ordekomitee, het op die plaas sy medelye aan die familie
oorgedra. "Die polisie moet gelukgewens word met hul deeglike en
vinnige optrede. Hulle het nie tou opgegooi voordat 'n deurbraak
gemaak is nie.

"Dié is net weer 'n bewys dit maak nie saak hoeveel
veiligheidsmaatreëls jy tref nie, jy moet steeds altyd op jou hoede
wees en op die onverwagte bedag wees."

Botes word oorleef deur sy ma, mev. Elize Botes, drie seuns in
Amerika, Rudi, Jaco en Martin, en 'n jonger seun in Kroonstad,
Riaan (16), wat by sy ma, Marie, bly.

http://www.news24.com/Die_Volksblad/Nuus/0,,5-83_1566125,00. html

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com

Nuus | 53 kommentare

Bladsye (1834): [ «    380  381  382  383  384  385  386  387  388  389  390  391  392  393  394  395    »]
Tyd nou: Ma. Apr. 06 11:16:50 UTC 2026