Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Grappie

Vr., 06 Augustus 2004 06:54

Mev Burger se skottelgoedwasser breek. Sy bel die tegnikus en dié sê
hy sal oor 'n uur kom. Omdat sy dan al by die werk moet wees, sê sy vir
hom: "Ek los my sleutel onder die voordeurmatjie. Maak die
skottelgoedwasser reg, los die rekening op die kombuiskas en ek sal vir
jou 'n tjek pos. "Terloops, jy hoef nie vir my hond bang te wees nie. Hy
sal jou nie pla nie. Maar wat jy ook al doen, moet om vadersnaam nie met
my papegaai praat nie!".
Toe die tegnikus opdaag, vind hy die grootste en vreesaanjaendste hond
wat hy nog gesien het. Maar, nes mev Burger gesê het, lê die hond net
daar op die mat en kyk hoe hy sy werk doen. Die papegaai, wat sonder
ophou fluit, vloek, raas en skel, dryf hom egter tot raserny.
Uiteindelik kan hy dit nie meer hou nie en gil: "Bly stil, jou nare,
lelike voël!"
Waarop die papegaai antwoord: "Vat hom, Wagter!"

Humor & grappe | 2 kommentare

Nog Kase sneuwel in Nam

Vr., 06 Augustus 2004 06:46

Amper tradisie hier by ons in Namibië, die feit dat die Hollanders die wilde
vlaktes invaar met 'n gehuurde 4x4, dan droogmaak en uiteindelik die land in
'n kis te verlaat. Twee het die afgelope week beheer oor die kar verloor
teen 'n bergpas af.............

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Jan Smuts se " Holism and Evolution "

Do., 05 Augustus 2004 22:10

Ek kan nie weer die plek in 'n draad vind waar "Plato"
vir my gevra het of ek aan ewolusie glo nie. En waar hy
vir my vertel het dat hy wel dele van Jan Smuts se boek
gelees het. Nou begin ek maar 'n nuwe draad, deels om
"Plato" te antwoord.

Ek het die boek "Holism and Evolution" van Jan Smuts
hier by my, maar ek moet bieg (soos seker vele andere)
dat ek dit nog nie van hoek tot kant deurgelees het nie.
Want die boek is baie tegnies van aard. En het ook
bittermin te doen met wat vandag onder "holism" verstaan
word. (Die boek het in 1926 verskyn.) Die boek is,
volgens Smuts, aanvoorwerk vir 'n nuwe kyk op die
konsep van ewolusie. Sover ek kan sien, vind Smuts dat
die navolgers van Darwin met sy konsep op loop
gegaan het en dit dus verdraai het. "The great Darwinian
conception has been somewhat blurred by later
developments, in which attention has been concentrated
on the factor of Variation rather than on Natural Selection."
Hy sê verder: "The real secret is in the cell, in the germ-cell
or fertilized ovum rather than in the external situation....
That is the inner seat of Holism, which is the real source
of all variation and Evolution."

Of ek in "ewolusie " "glo", is 'n ander storie. Vir iemand
wat beinvloed word deur die baie gesofistikeerde denke
van die filosofieë wat die afgelope drie-duisend jaar of
meer op die Indiese subkontinent ontwikkel het, sal ek
eers baie kwalifikasies moet verduidelik, voordat ek sê
"dat ek aan ewolusie glo."

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Net Afrikaans...?

Do., 05 Augustus 2004 20:41

Naandsê mense,

Hoe vreemd! As 'n groentjie in die groep
is dit vir my ongewoon dat so baie Engels
hier toegelaat word, in vergelyking met
ander taalkletsgroepe. Wat is die reëls
hier? Is daar nie 'n keermeester vir die
groep nie?

Groetnis

--
le fermier bien fada

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Ons eerlike president (Amerikaanse politiek)

Do., 05 Augustus 2004 20:20

Sopas geluister na 'n toespraak wat Bush gelewer het kort na hy 'n
$US417 billion spending bill geteken het.
Lees mooi stadig, want kyk, die ou is eerlik. 'n Eerlike en opregte
Christen man.

" Our enemies are innovative and resourceful, and so are we. They
never stop thinking about new ways to harm our country and our
people, and neither do we."

Dankie president Bush. Ons het geweet ons kan op jou staatmaak.

Koeitjies & kalfies | 26 kommentare

Friends

Do., 05 Augustus 2004 19:21

Vanaf Woensdagaand verlede week, was ek nog elke aand
in 'n vergadering, vanaand ingesluit. Sewe sessies na mekaar:-)
Eintlik komies, dink ek so by myself, in ag genome dat ek, tot ek
terwyl ek op kantoor was, botweg geweier het om 'n vergadering
by te woon, tensy ekself 'n insetsel moes lewer.

Vanaand, na twee ure se vergaderings en onderhoude met drie
aspirantintrekkers, kom kyk ek nuus, en as lekker ontspanning,
kom ek en 'n wit beker swart Nescafé kyk wat gaan aan op SCSAA.

En na al die Al-Quaida, Plaas, en Kaapstadstories, 'n hele rits
aanvalle en verdedigings sowel as ag voeitog ou Foeitog stories, en
emi/immigrasie sentimente, lag Dave Du Plessis so in sy mou, en dink
aan
Edna Buchanan se woorde:
'Friends are the family we choose for ourselves.'

Ook het sy gesê : True friends are those who realy know you
but love you anyway

Op 'n manier dink ek, het sy dalk van ons groep geweet.

DD

Don't hate the player,
hate the game.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Culture!? Don't make me laugh!

Do., 05 Augustus 2004 19:08

This newsgroup is supposed to be about Afrikaans culture. If what I see
here is representative of Afrikaans culture, heaven help us. You are
all so hung up about the fuckin' Apartheid era tha you can't see past
the ends of your noses. Stop the bitchin'and moanin' and smell the
coffee, man!

Yeah, so everything is not hunky dory. But what's new 'bout that? The
previous "regime" (I HATE that word!) was a lot of wankers, so is the
new one. So is the USA's Bush-government and no doubt so will the
forthcoming Kerry-government also be. Learn to live WITH and USE the
system in your favour: dog eat dog, every man for himself and fuck the
rest, is what I say.

Or is it that your "culture" revolves around bitchin' and moanin'?

Can't you see the old hag from Canada is just stringin' you all along?
Everything she accuses you lot of, she does and much more, sometimes in
the very post that she harangues you with.

Sheesh, you ARE a lot of dumb motherfuckin' rockspiders!

--
Zaphod Beeblebrox IV
President of the Universe

Wake up and smell the Pangalactic Gargleblaster!

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Al-Quaida teiken die RSA

Do., 05 Augustus 2004 13:57

Waarom?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Kaapse weer

Do., 05 Augustus 2004 11:11

Annette, sit jou huisie darem nog vas aan die berg?

Ek lees dit spoel so hard daar en nog water kom.

Mense moes selfs per boot gered word.

:-)

TJ

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Wenk van die week

Do., 05 Augustus 2004 08:41

Indien jy dink dat niemand omgee of jy lewe en of jy dood is nie, probeer
bietjie om 'n paar huisverband paaiemente oor te slaan.

Humor & grappe | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    378  379  380  381  382  383  384  385  386  387  388  389  390  391  392  393    »]
Tyd nou: Vr. Des. 19 20:45:05 UTC 2025