Ek sien vandag een van die maatskappy waarvoor ek kontrak werk doen se
top bestuurders 'n klein meisie deur die gebou neem. Sy is seker skaars
7 of 8 jaar oud. Sy word deur hoë sekuriteits areas geneem vir 'n toer
deur die gebou. Min mense kry die voorreg om so 'n gedetaileerde toer te
kry. Min volwassenes wat nog van 'n kind. Draai toe uit sy is die dogter
van een van die nuwe groot aandeelhouers in die maatskappy. Baie ryk man.
Mag skep voorregte wat ander mense nie het nie. Toe besef ek dat sy 'n
voordeel bo ander kinders van haar ouderdom het, net op grond van die
mag of geld van haar pa.
Skeur jou los van jou eie nasie af en verwonder jou dat die
ander nasies nie oormekaar val om jou in te neem nie.
Ons het nie hier plek vir politieke diskussies nie. Maar 'n
mens moet jou voorbeelde in jou eie omgewing soek, sodat die skrywer
mag weet waarvan hy skryf en die leser verstaan wat hy lees. Ons
Afrikaners het meer aanleiding om renegate te word as enige andere
nasie onder die son. Ons volk woon meeste op die platteland en die
ander ras wat tussen ons woon meeste in die dorpe en stede. Wat die
inwendige karakter betref, kan jy in vele opsigte aan die platteland
die voorkeur gee. Daar is minder roekeloosheid, minder wellus, minder
gewinsoekery, minder mode-nastrewery, minder konkurensie-naywer; meer
liefderykheid. Maar in uiterlike opsigte is die voorregte van die
stadbewoner onbetwisbaar. Die kuns en wetenskap is tot sy beskikking;
al die hulpbronne van geleerdheid en kultuur is in sy onmiddellike
bereik; hy kom in aanraking met die hoogste produkte van die
beskawing; hy is beter gewas en gekam en gekleed; ey geesteskring is
ruimer, sy taal verhewener. En die uiterlike skyn het die neiging om
die buiteman aan te trek , om die dorpsman as 'n meerdere te beskou.
Dan weer, die spreektaal van ons volk het nog geen literatuur
nie: hy geniet nie eens die eer van Staat of Kerk of Skool·erkentenis
nie.* Dit noodsaak alweer 'n gevoel van minder·waardigheid - van
minagting van die eie en verering van die vreemde - afgesien van die
aanlokkelikheid van die fyne wêreldstaal aan die ander kant en sy
invloed op die gedagtetrant en standpunt van diegene van ons wat hom
lees omdat dié tot nog toe skrale voortbrengsels van hulle eie nie aan
hulle verstandelike behoeftes kan voldoen nie.
Daarom by die prysenswaardige strewe om oor te neem al wat
beste is van die ander kant, is daar die gevaar dat ons deur snobbery
op al wat edel aan ons kant is neersien; dat ons deur aanhoudende
na-apery ons vir nagemaakte Engelse aanstel. Ongelukkig, ons sal maar
nagemaak wees. Ons kan ál ons ou volksgewoontes, die beste met die
slegste, weggooi; ons kan ons by die vreemde kerk aansluit; maar die
nuwe kring waaronder ons inkruip sal nie deur die namaaksel bedroë
word nie. Hulle sal ons verag omdat ons, in die éen opsig waar ons ons
minder gewaan het, ons minderheid behou. Die donkie had sy eer totdat
hy die leeu·vel omgesit het: toe was hy veragtelik. Maar wat sou jy
van 'n donkie dink wat 'n ander donkie·vel aantrek? En wat sou jy van
'n leeu dink wat 'n donkie·vel aantrek? Maar diegene wat lostrek van
ons af is nie die leeus onder ons nie, en dié wat vir hulle verwelkom
is nie die leeus onder die ander ras nie.
_______
* Ek laat hierdie staan soos hy oorspronklik geskryf is in
1914. Maar ons het in agt jaar meer gevorder as ander nasies in
taggentig. (Voetnota deur C.J. Langenhoven by herpublikasie van die
oorspronklike werk.)
"Sal ek vannag nog met my vliegtuig vlug
na bondgenote wyd versprei:
na Portugese in Angola, Jode in Johannesburg,
of ronkend oor die Skeurvallei
na Brussel of Brahmaanse tempels teen 'n kerrielug?
'Maar boos bly boos in Brakfontein of Neo-Baäl,
en goed is goed by Golgota of Brussel;
en deur die eeue is dit reeds bepaal:
die plek en spelers sal voortdurend wissel
maar die spel word telkens in die tyd herhaal."
Namibië is 'n droë land met geen standhoudende riviere in sy binneland nie.
Op die noordelike en suidelike grense is groot lopende riviere, aan die
westekant die see en aan die oostekant net die Kalahari. Dit is net om te
illustreer dat water die grootste enkele probleem oor 95% van ons land is.
Doer in die laat 1800's het die Duitsers met die eerste menslike poging
gekom om die probleem aan te spreek en orals op plase het damme
verskyn.....omdat jy net kan boer as daar water is. Hulle het gekom met
die idee van 'n 'sandstoordam'....dis 'n dam wat deur die stormwater van die
reënseisoen toegespoel raak deur sand en dan oorloop om die rivier verderaf
te bedien. Die sand in die dam bly deurtrek met water en beskerm teen
verdamping deur die hitte van die somer. So is daar dan aan ons kus 'n
groter idee van hierdie konsep in die vorm van 'n dam wat se water doelbewus
uitgetap word om die watertafel van die boorgate net onderkant die dam te
versterk en vandaar die water uit te pomp na die dorpe wat dit benodig.
Op die huidige oomblik sit ons hoofstad, Windhoek, met een moerse
probleem. Is dit nodig om te sê: Water? Die huidige regering slaag nie
daarin om werk te skep op die platteland nie en die jong mense trek stad
Windhoek toe in hoop op werk. Dit beteken dat die stad se getalle buite
beplanningsvoorsiening vir water eskaleer en daar is verskeie alternatiewe
oorweeg as oplossing vir die probleem......selfs soos om water uit die
Karstveld in die Noorde van die land oor 'n afstand van by die 500km te pomp
vir die mense van Windhoek. Dit sou natuurlik 'n royal fokop vir die
noorde veroorsaak het want die watertafel sou daar sak en dan sit hulle met
probleme.
Toe kom die ingenieurs met 'n ander oplossing vir Windhoek en op die
ooblik lyk resultate belowend. Op die huidige pomp hulle water uit damme
wat so ongeveer 70km vanaf Windhoek geleë is in reservoirs. Nou het hulle
begin om die water in spesiale boorgate in te 'forseer' om die watertafel
van boorgate in en rondom Windhoek self te versterk met die logiese voordeel
dat water wat onder die grond is nie kan verdamp nie....en water wat uit die
dam sou verdamp, nou beperk word en gebruik word.
Niemand kan in Noord-Amerika bly, en nie omtrent daagliks
bewus wees van die feit dat die Franse oor die laaste vier of
vyf eeue hier 'n belangrike rol gespeel het nie. Franse
het lank voor die Engelse hulle teenwoordigheid in Noord-
Amerika laat voel. En nie net in die ooste van die vasteland,
waar daar vandag nog Franssprekende nageslagte bly nie.
Ook in die weste van byvoorbeeld Kanada sien ons hulle
invloed op die name van die Métis (gemengde ras) wat
in omtrent alle gevalle Frans is. Ook op die woordeskat
van selfs Engelssprekende Kanadese het die Franse 'n
invloed gehad. Die woord "portage" word deur almal
gebruik asof dit nie 'n Franse woord is nie.
As mens 'n vlag met rooi, wit en blou panele en een
ster hier in Kanada sien, dan weet jy dis die vlag van die
Akadiërs, wat vanjaar die 400ste herdenking van die
koms van die Akadiërs na Noord-Amerika vier.
Verrazano was die Italiaanse ontdekker wat in 1524
dié naam vir die hele oostelike deel van die vasteland
gebruik het. Die Akadiërs, wat hulle gevestig het in wat
vandag New Brunswick en Nova Scotia is, het dié naam
vir hulleself toegeeien. Ongelukkig was hierdie deel
van die vasteland van die uiterste strategiese belang,
en toe die Engelse hulle invloed in Noord-Amerika wou
bestendig, toe het Akadia die area geword waar die
Engelse en die Franse hulle gevegte geveg het.
Die Engelse het uiteindelik geseëvier en in 1713
het hulle oorgeneem. Hulle het verwag dat elke Akadiër
'n eed aan die Britse koning moes sweer. Die Franse
wat dit nie wou doen nie, is aangesê om die land te verlaat,
en as hulle dit nie wou doen nie, is hulle gedeporteer. Baie
het na die eiland van Miquelon en St. Pierre gegaan, wat
naby Newfoundland is, en wat vandag nog onder Frankryk
is. Ander het gewilliglik na ander dele van Noord-Amerika
gegaan, maar daar was ook 'n grootskaalse deportasie van
Akadiërs na verskillende Britse besitting ( 'n soort etniese
skoonmaak dus) in 1755, wat nou nog "the Expulsion"
genoem word. Dis oor hierdie insident wat Longfellow
in 1847 sy lang gedig "Evangeline" geskryf het. In 1763
met die Treaty of Paris is hulle toegelaat om terug te kom.
Ek praat nou van die Grieke wat so trots marsjeer met die wydgeplooide kort
wit rompies, wit baletkouse en helse tossels op die skoene.
As so iets op my afstorm tydens 'n geveg, lag ek my lam.:))
-
Groetnis
Annette
:')
De standaard
JOHANNESBURG - De Nieuwe Nationale Partij, de architect van het
vroegere Apartheidsregime, fusioneert binnenkort met zijn vroegere
tegenstander, het ANC. Dat werd vandaag op een persconferentie
aangekondigd.
De NNP, gekend als NP onder het apartheidsregime, houdt in september
2005 op te bestaan. Voortaan komt de partij bij verkiezingen op samen
met het ANC van Nelson Mandela en Thabo Mbeki. NNP-voorzitter Marthinus
van Schalkwyk, momenteel minister van Milieu, zal in de komende weken
ANC-lid worden.
Het staat de NNP-leden vrij dezelfde keuze te maken. De NNP zelf moet
om juridische redenen nog tot september 2005 bestaan. Tegen dan zou
iedereen de overstap moeten hebben gemaakt.
Lap, het zoveelste voorbeeld van "zelfbediening" van een partijtop. De
achterban die de partij jarenlang door dik en dun heeft verdedigd zal
gelukkig zijn.
Die NNP het gister formeel boedel oorgegee aan die ANC. Ná byna vyf
dekades waarin die party die politiek in Suid-Afrika oorheers het, gaan
die naam NNP nooit weer op 'n stembrief in Suid-Afrika verskyn nie.
Die NNP gaan voortaan onder die vaandel van die ANC aan verkiesings
deelneem. NNP-ampsdraers in die parlement, die provinsies en plaaslike
besture moet in die oorlooptydperke vanjaar en aanstaande jaar na die
ANC oorloop waar 'n spesiale bedeling vir hulle geskep gaan word.
Dié verreikende besluite is gister geneem op 'n vergadering van die NNP
se federale raad in Johannesburg wat bygewoon is deur mnr. Mosiuoa
Lekota, nasionale voorsitter van die ANC. Vyf van die 54 lede van die
federale raad het teenstemme uitgebring en een het buite stemming gebly.
Die besluit kom in effek neer op die ontbinding van die party. "Dit is
'n roemlose, oneervolle einde," het prof. Willie Breytenbach, politieke
wetenskaplike van Stellenbosch, gister gesê.
Gister se voorstelle maak voorsiening vir dubbele lidmaatskap met die
ANC in die tydperk terwyl die samesmelting deurgevoer word.
Rapport verneem dit was veral Vrystaatse lede wat vasgeskop het teen die
samesmelting met die ANC. Drie van die teenstemme was van Vrystaters.
Ingevolge die ooreenkoms sal stadsraadslede in die oorlooptyd in
September vanjaar by die ANC kan aansluit en hul setels behou. NNP-LP's
en NNP-LUR's sal aanstaande jaar in die oorlooptydperk op dié
regeringsvlakke by die ANC kan aansluit. NNP-lede wat by die ANC
aansluit, sal ANC-koukusvergaderings bywoon en hulle sal onder die
dissipline van die ANC val.
Vir die 2005/'06- munisipale verkiesing sal die ANC se kandidatelys
voldoende voorsiening maak vir NNP-verteenwoordigers in 'n ooreengekome
proses.
Mnr. Daryl Swanepoel, sekretaris-generaal van die NNP, het ná die
vergadering gesê geen finale besluit is al geneem oor die ontbinding van
die party nie. NNP-lede sal as individue by die ANC aansluit.
Op die vraag of die party as 'n regsentiteit sal voortbestaan, het hy
geantwoord: "Daardie besluit sal later geneem word."
Mnr. Inus Aucamp, Vrystaatse leier van die NNP, het egter gesê die
werklike betekenis van gister se besluit is dat die NNP gaan ontbind.
Hy het bevestig dat hy teen die voorstelle gestem het. "Soos ek dit
sien, sal die NNP nooit weer op 'n stembrief verskyn nie en daar sal
nooit weer 'n NNP-kandidatelys wees nie. Ek het daarteen gestem omdat ek
oortuig bly dat dit nie 'n waardige en eervolle wyse is om met die
realiteit te handel nie.
"My besluit het niks met samewerking met die ANC te doen nie. Wit en
swart moet steeds saamwerk om nasiebou en versoening te bewerkstellig en
die probleme van die land op te los."
Breytenbach het gesê die NNP se einde het sommer in 'n konferensiesaal
gekom. Dit was nie eens op 'n slagveld nie.
"Dis ontbinding, ongeag watter woorde gebruik word. Daar is geen visie
vir 'n afsonderlike bestaan nie. Dis 'n geskiedkundige dag, die
afsluiting van 'n era."
Oudmin. Pik Botha het in sy reaksie gesê die NNP behoort behoorlik te
ontbind en aan sy kiesers te sê hulle moet vir die ANC stem. "Dan weet
ons almal wat aan die gang is. Gister se gebeure is simptomaties van die
besluiteloosheid wat die party die laaste paar jaar gekenmerk het."
Me. Helen Zille, DA-woordvoerder, het gesê dis die finale spyker in
die NNP se doodskis. NNP-kiesers gaan die partyleiding nie volg nie
omdat hulle nie wil help dat Suid-Afrika 'n eenpartystaat word nie.
Dr. Pieter Mulder, leier van VF Plus, het gesê die NNP se rol is klaar
gespeel en mnr. Marthinus van Schalkwyk het net homself gered.