Toe ek daardie Sjinese klone sien in die minirompies wat snaakse kitare
slaan, toe sien ek in my geestesoog ons openingseremonie van die sokker in
2010 - waar 'n magdom Zoeloe-impi konsertina speel:))
--
Groetnis
Annette
Ek moes net hierdie insluit, van een van my gunsteling sangers, Randy
Newman. Ek het 'n idee hy spot met Alabama, maar tog is die lied heel gewild
hier, die mense weet seker nie van sarkasme nie :-)
Birmingham
Got a wife, got a family
Earn my livin' with my hand
I'm a roller in a steel mill
In downtown Birmingham
My daddy was a barber
And a most unsightly man
He was born in Tuscaloosa
But he died right here in Birmingham
CHORUS
Birmingham, Birmingham
The greatest city in Alabam'
You can travel 'cross this entire land
But there's no place like Birmingham
Wife's named Mary
But she's called Marie
We live in a three room house
With a pepper tree
I work all day in the factory
That's alright with me
Got a big black dog
Whose name is Dan
Lives in my backyard in Birmingham
He is the meanest dog in Alabam'
Get 'em Dan
Hier is 'n brief uit Rapport. As mens dit vinnig sou lees kan mens amper
saamstem met die man. Sy storie oor die NNP ensovoorts is tog waar, nie
waar nie? Maar dan val alles uitmekaar aan die einde...
Nog 'n drommel wat die pot mis sit...
__________________________________________
Koester nuutgevonde vryheid van denke
JOHAN KRUGER, PRETORIA
Die betreklik min reaksie wat die insluk van die NNP deur die ANC onder
Afrikaners ontlok het, sê heelwat oor die Afrikaner tien jaar ná die
koms van die nuwe bedeling.
Dit sê onder meer dat die Afrikaner verby die oorheersing van
groepsdruk, groepsdenke en ons so bekende kuddementaliteit gegroei het.
Op enkele uitsonderings na stort niemand eintlik 'n traan oor die
verlies van die party wat hul gang, denke en lot soveel jare gedomineer
het nie.
Die Afrikaner mag nie weer dieselfde fout begaan wat hy met die NP
gedoen het nie; die nuutgevonde vryheid van denke mag nooit weer op die
altaar geplaas word nie.
Terselfdertyd moet deeglik rekening gehou word met die veranderde
omgewing waarin ons ons bevind. Te lank was die maatstawwe wat ons vir
onsself aangewend het en waaraan ons ons laat meet het dié van die
koloniale meesters. "Westers" is onkrities aanvaar as korrek en
aanvaarbaar.
Afrika is egter besig om verantwoordelikheid vir homself te aanvaar. Des
te meer, die voorskriftelikheid wat die Weste so geneig is om neer te
lê, word nie meer sito-sito aanvaar nie.
Enersyds word bendes wat etniese moorde pleeg, verdoem as terroriste,
maar andersyds word die samestelling van die Veiligheidsraad gekritiseer
en vind vereenselwiging met die lot van die Palestyne in Israel plaas.
Dit is nou die tyd dat die Afrikaner sy naam gestand doen en hom krities
maar uitdruklik assosieer met Afrika-maatstawwe en finaal afstand doen
van sy koloniale verlede.
Dit vra nie lidmaatskap van 'n bepaalde politieke party nie. Dit vra ook
nie prysgewing van die eie in enige opsig nie. Sonder om in "bruikbare
idiote" sonder standpunt te ontaard, kan ons egter op deurdagte,
kritiese wyse openlike steun aan die leiers op ons vasteland gee wat
ernstig poog om aan Afrika, en ons as deel daarvan, 'n eie stem te gee
en die ganse kontinent se lot te verbeter.
Die Makgoba-gemeenskap eis omtrent al die plase in die wêreldberoemde
Magoebaskloof-distrik in Limpopo, maar die plase van drie prominente
Suid-Afrikaners in die middel van die betwiste gebied is nie op die lys
vir herverdeling nie.
Die grond van mnr. Tito Mboweni, president van die Reserwebank, dié van
mnr. Ngoako Ramathlodi, voormalige premier van Limpopo, en dié van
biskop Egenas Lekganyane, hoof van die St. Egenas Zion Church, 'n
splintergroep van die ZCC, is nie deel van dié opspraakwekkende grondeis
nie.
Al die grond rondom hul eiendomme word wel opgeëis. Toe die lys van die
plase in die Magoebaskloof-gebied wat geëis word in die Staatskoerant
verskyn, was dié drie se plase nie daarop nie.
Mnr. Mashili Mokono, grondeise-kommissaris in Limpopo, het die afgelope
week gesê daar is niks "verdags" daaraan dat dié drie bekendes se plase
nie op die lys in die Staatskoerant is nie.
Hy sê die afwesigheid van hul name beteken bloot dat die
grondeise-kommissie nog nie die aktes op die grond kon verifieer nie of
dat dit onseker is of daar teenstrydige eise op die grond is.
Hy wou nie op spesifieke vrae van Rapport oor die grond reageer nie,
maar het gesê die beskrywing van die grond kon nog nie gekry word nie.
Uit Rapport se navrae het geblyk die drie se plase is nie op 'n lys van
teenstrydige grondeise nie.
Mnr. Theo de Jager, woordvoerder van Agri Letaba, sê wat hier gebeur, is
teenstrydig met die provinsie se gewone praktyk. "In Moketsi is 225
plase in die Staatskoerant gepubliseer. Al 225 plase het twee of meer
teenstrydige eise."
Mokono sê daar is wel die moontlikheid dat die grond van Mboweni,
Ramathlodi en Lekganyane en enkele ander wat nie in die Staatskoerant
verskyn het nie "later" in die koerant kan verskyn. Hy wou nie sê
wanneer nie.
Die grond vorm deel van ses oorspronklike plase wat die Makgoba-stam
opeis in een van die grootste en duurste grondeise in Suid-Afrika. Dr.
Mamphela Ramphele, gewese rektor van die Universiteit van Kaapstad wat
deesdae 'n senior pos by die Wêreldbank beklee, en prof. Malegapuru
Makgoba, rektor van die Universiteit van KwaZulu-Natal, is luidens
berigte onder die eisers.
Magoebaskloof is internasionaal bekend as 'n toeriste-attraksie. Daar is
ook plantasies en tee- en vrugteplase ter waarde van R3,5 miljard in die
gebied.
Mboweni het sy plaas Troutwaters in Maart vanjaar vir R550 000 gekoop,
terwyl Ramathlodi byna R1,1 miljoen vir sy grond betaal het. Hy het
reeds 'n groot huis, Pumpkin Palace, op die grond gebou wat voorheen 'n
pampoenplaas was. Lekganyane het glo sy grond deur sy kerk gekoop.
> I am a with person
>
> I have never been in south Africa and live in the Netherlands. Still I want
> to appologize for all hate, abuse,
> and every other disbehaviour that we with people have done against every
> south-african.
>
> Please forgive us and that comes fom the depths of my hart.
>
> Also do I want to tell I know all trust for white people is gone and I do
> understand that. But believe me that not all white people wants to lie or
> abuse South Africa and there resources.
>
> My hope and wish for South Africa is that everyone will have a good live.
> That no one has to live in poverty or in sickness, where righthesness and
> peace may rule in each of you.
>
> Bless you all and again forgive us white people for the stupid sin we have
> done against the south african people.
>
> David Civile
>
>
Ek weet nie mooi wat om van die een te maak nie...
Maar as jy vir my doekpot bak
onder deurdag se kameeldoringkool
pak die lewer en die niertjies
in die gemsbok se skof
alles fyngemaak met ui
hart se punt
ingeknoop met die riem
En as ek na heeldag se jag
koel kalbas kom drink
sal jy met jou loshand
hart se punt
oopknoop vir my
Al raad my Ou Tata
Die jong Nama-meisie se
heuningoë val verskrik ver
son oor Aughrabies se val
Waterslang se lek-lek tong
het sommer nou-nou geel mal-
kop-blom op my hakslag gelê
Ek hardloop opslag teen die
kliprant en my lippe skuim
soos ek die rooison soebat
dat Halfmens sy geel blom
oor my oë draai Dis al genade
Trek waterslang bang-bang
terug en soek in die blinkwater
'n ander vrou