Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

" Taalkadastraal " deur T.T. CLOETE

So., 19 September 2004 00:16

TAALKADASTRAAL
T. T. Cloete

ons het elke klip lief van die land

elke plek, ons het hom vol geurige name geplant
soet waatlemoen suursout hondepisbos.langs die beesklou
lê ons spoor versigtig getrap. In die Nossob van Kousant
oor Kij-kij na Kameelsleep en Dikbaardskolk

loop ons spoor. daar is 'n mooi manier van verbrou

die kerkoomhot die sonkyker is 'n ouvolk

ander name is ryk opgeneuk
tot in die see se gekreukelde alikreuk

vindingryk is Riemvasmaak vasgemaak, die katstert
is raak mimiek en die aantelerige trassiebos. die
hartbeeshuis
is 'n onderhoudende fout. die kameelperd
is 'n fout en die muishond, die ystervark en volstruis

daar is regte maniere van verspreek
Onseepkans. van Beenbreek

het ons met ons tong en hand
aan alles gevat
van bo tot onder van die geliefde land
tot in die wortel van die witgat

daar is die mooiste taalverhaal
van die malgas en tarentaal
en die klein swart bittersoet nastergal
my land se kadastraal
is gekleim in my taal

ons het die grond met ons speeksel en sweet bewerk

soos die bok en renoster het ons dit gemerk
met ons urine. soos die voël en katdier
hulle leefruim merk met drek en anale klier
so het ons hom met ons taal bewerk

hy ruik na ons skatoon

in die drolpeer en dassiepis bewoon
ons die land

ons sit diep in hom vas
diep en vas soos 'n kiestand

in sy kas

ons hou hom in stand
met sy fontein en woestynsand

ons klim op uit die kloof na die bergkam
en woon tot waar die horison die vlaktes opdam

ons wat deur mond
en voet en hand
met die wind en water en grond
'n verwantskap het en 'n verband
met die planeet deur ons onvervreembare land

in 'n onuitroeibare goddelike taalverbond

ons sit soos klitsgras
aan hom vas

sy kadastraal
is afgesteek in my taal

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: 'There is a ghost talking to me on the phone'

Sa., 18 September 2004 20:48

"DD" skryf

> Dane Squires was late for his own funeral.
>
> At least it seemed that way after people gathered on Thursday at a
> Toronto funeral home to mourn the retired welder from Newfoundland,
> whom they believed had been hit by a train.

En hoekom verkies jy nou om hierdie stukkie skuim
op die Afrikaanse nuusgroep IN ENGELS te pos?
Selfs nie eens hier in Ontario vind mense die storie
baie snaaks nie. En wat het dit met SA of SA kultuur
te doen? Jy is nog een wat dink dis so chic om Engels
te praat en Engels aan te haal. Dis mense soos jy
wat sal sorg dat Afrikaans uitsterf.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

R/£

Sa., 18 September 2004 19:21

In my huis word redelik baie aan tydskrifte gespandeer.
Een tydskrif wat ek maandeliks koop, kos R115.00.
http://www.dcmag.co.uk
Die gedrukte prys daarop is £4.99. Dit het vir my 'n
vraag geword waarom ek soveel vir die tydskrif
moet betaal, terwyl dit nie eens 5 pond in Engeland
kos nie. Sou dit nog 'n nagevolg wees van toe
die Rand soveel in waarde gedaal het. En die
invoerders die prys daarteenoor hou? Dit klink
mos na bedrog deur die lokale uitgewers.

DD

Ekonomie & geldsake | 4 kommentare

'n Boodskap van medelye!

Vr., 17 September 2004 22:21

Graag wil ek van die geleentheid gebruik maak om die familie van Boetie
Kriek wat gister oggend skielik oorlede is,sterkte toe te wens.

Hy was 'n mede skrywer aan die boek:"Rivonia-maskers af", saam met dr.De
Munnik...in die jare sestig tydens en na die Mandela Rivonia verhoor.
Hy was 'n besonderse begaafde man en dit was 'n skok toe ek meegedeel is van
sy afsterwe.
Vir Neelsie(sy eggenote) hoop en bid ek sterkte toe.
Vir sy broer Tokkie, my ou maat: die lewe gee en die lewe neem.Ek is nou al
oor die twintig jaar vriende met die familie en jy moet sterk wees.
Laat daardie goeie boek oor die bekendste verhoor in ons geskiedenis vir
almal ietsie sterks na vore bring.Ons sal vir Boetie onthou soos wat hy
was...stil stemmig en groot ondersteuner van die Afrikaner se Vryheid-strewe
en vaandel draer van die Afrikaner Nasionalisme.

Mag julle berusting vind in julle verlies en mag Onse Vader vir julle sterk
maak in hierdie tyd.Ons sal hom mis,
maar onthou :die lewe gaan voort!

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Vragie

Vr., 17 September 2004 12:43

Met erkenning aan Robert Kirby:
Wat sal jou reaksie wees as jy deur witmense gekaap word?
1) Oorweldigende gevoel van verbasing
2) Oorweldigende gevoel van dankbaarheid
3) Oorweldigende gevoel van teleurstelling in die ooglopende mislukking van
regstellende aksie?
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Wat sal jy doen?

Vr., 17 September 2004 12:42

Wat sal jy doen as jy laat nag alleen op 'n donker pad ry, dit is koud en
nat buite, en jy sien 'n moeder, brandmaer, wat voortbeur met 'n swaar sak
in die een hand, en aan die ander hand is 'n armoedige kind wat
hartverskeurend hoes. Sal jy:
1) Stop en hulle oplaai
2) Jou flikkerligte aansit om te wys jy gaan afdraai
3) Bietjie stadiger ry dat jy hulle darem nie te veel nog natter spat nie
4) Doelbewus vorentoe staar asof jy hulle nie raakgesien het nie.
( uit Robert Kirby in M&G)
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Die Beeld,sy joernaliste en pos verhogings!

Do., 16 September 2004 21:55

Dis vir my uiters snaaks dat 'n sekere joernalis al meer as 10 jaar gelede
gehelp uitbasuin het aan die Afrikaner dat ons die ANC/NP sal moet aanhang
ten einde vrede te kry
en wonderwerke sal dan gebeur met die reenboog nasie...
dat hy/sy nog nie die redakteur is nie!

Dit laat my onwillekeurig dink aan 'n ander joernalis met die naam van Max
wat vreeslik gat gekruip het by die klomp terroriste...vandag hoor 'n mens
naar weinig van die aap!Sy joppie was toe nie so erg verseker by die SYBC
nie.Ek kan wragtig nie wag dat dieselfde met andere soos hy maar wat by
ander groepe doenig was aan die breinspoeling van die Afrikaner sodat die
kommunisme in 'n nuwe uniformpie oulik moet lyk ,moet gebeur nie.Ek wens
regtig dat diegene wat so lustig aan die uitverkoping van hierdie klein
wit-Godsvresende volkie mee gedoen het moet van die gras af verdwyn...
net soos die NNP wat 'n klomp slapgatte was verdwyn het!Lank leef die HNP!

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Gatiep en Meraai

Do., 16 September 2004 19:04

Maraai, besig om Gatiep 'n b***job te gee.
Maraai: betaal of ek byt!
Gatiep: suig of ek pis.

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Nuwe VERHOUDINGS FORUM

Do., 16 September 2004 15:10

Hello almal,

'n Nuwe webtuite is gebore en is die doel van die webtuiste om alle
aspekte rakende verhoudings te bespreek.

http://www.ekenjy.co.za

Alber

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Pret en die Polisie...

Do., 16 September 2004 12:21

Hoe kan 'n polisieman pret hê? Of liewer, hoe kan hulle hul naam totaal
gat maak? In Katutura, Windhoek, gisteraand terwyl 15 polisiemanne aan
diens is, klim drie diewe in by die tweede vloer van die polisiestasie en
steel 'n spul wapens en kontant! As enigiemand nog twyfel dat ons
polisiediens gemors is, hier is die demonstrasie van presies wat bedoel
word!

Veiligheid & wapens | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    361  362  363  364  365  366  367  368  369  370  371  372  373  374  375  376    »]
Tyd nou: Sa. Apr. 04 16:54:09 UTC 2026