Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Rubriek uit Beeld - deur Ferdi Greyling

Di., 30 November 2004 13:55

Tussen kwotas en transformasie moet 'n mens probeer aflei hoe die ANC oor
ras en rugby dink.

Dit is nie in die aard van dié regering om sy gedagtes bekend te maak nie en
boonop vermoed 'n mens die ANC sal om taktiese redes nie sê wat sy planne
presies is nie.

Dit is omdat hy waarskynlik reken hy moet die rugby-gemeenskap (lees "wit en
Afrikaans") met 'n wortel-en-lat-speletjie oorreed om sy rasse-visie vir die
land binne te stap.

In die proses is die kans natuurlik daar dat die ANC nie besef nie dat die
rugbygemeenskap grootliks reeds in die land van funksionele nie-rassigheid
gearriveer het.

By gebrek aan inligting (en sulke eksotiese dinge soos deursigtigheid en
verantwoordbaarheid) is 'n mens vandag wat dié kwessie betref oorgelaat aan
afleidings en raaiskote en dit lyk asof die ANC inderdaad die
wortel-en-lat-speletjie speel.

Die wortel is die herhaalde aankondigings dat daar nie meer kwotas is nie en
dat meriete al is wat op topvlak tel. Dit word versoet deur periodieke
positiewe uitsprake en glimlaggende gelukwensings, veral wanneer die
Springbokke gewen het.

Die lat is die parlementêre sportkomitee en die ANC se jeugliga.

Die speletjie werk dan so: Daar word duidelik gesê daar is nie meer kwotas
nie. Daar is net transformasie, maar transformasie word nie verduidelik nie.
Die implikasie is egter dat transformasie meer 'n proses as 'n syfer is. Dus
sal dit genoeg wees as mense se houding verander het en hulle funksioneel
nie-rassig optree.

Daarvan hou die rugby-gemeenskap want dit is 'n ander manier om "meriete" te
sê. Hulle verloor dan hul bitterheid en gooi weer hul gewig agter ons
rugbyspanne. Die sport lyk of hy weer floreer.

Maar dan kies Jake White weens omstandighede net een nie-wit speler in die
Bok-span en die "lat" tree in werking.

Die jeugliga reik woedende en rasgelaaide verklarings uit. Die parlementêre
sportkomitee gooi speelgoed dat dit van die mure hop en dreig met wetgewing
en ignoreer uitsprake dat wetgewing dalk nie 'n slegte plan is nie, want dit
sal helderheid bring.

White kies onder druk weer vir Breyton Paulse, die jeugliga doen wat dit ook
al is wat jeugligas in aftye doen en die parlementêre komitee dreun sag soos
'n yskas in die nag voort oor ander kwessies.

Hulle dink waarskynlik hulle "speel" die rugby-wittes in die proses soos 'n
banjo.

Maar hulle moet miskien weer dink. Dalk is hulle nie heeltemal so op hoogte
van wat op grondvlak aangaan nie.

Dit is dalk net die geval dat rugbyondersteuners (lees wit en Afrikaans) 'n
tyd gelede reeds die nuwe Suid-Afrika omarm het - kort nadat Nelson Mandela
die no. 6-trui gedra, Chester Williams mooi drieë gedruk en Louis Luyt die
aftog geblaas het.

Neem byvoorbeeld Gcobani Bobo. Verlede seisoen was hy op vorm en sy grootste
aanhangers in Gauteng was hardebaard-ondersteuners met wit velle. Party
selfs met boeppense ook. Hulle hou van spoed en talent - mits dit die regte
kleur trui dra.

Vanjaar was hulle teen Bobo se insluiting in die Bok-span bokant Ettienne
Botha, nie omdat Bobo swart en Botha wit is nie, maar omdat Botha op
briljante vorm en Bobo totaal van vorm af was.

Dieselfde Johannesburgers was Bryan Habana-ondersteuners. Hulle gaan hom nou
egter bietjie met die nek aankyk, want hy is Pretoria toe.

Maar kyk watter held gaan hy onder die manne met die horinghoede raak.

Dit het nie met hulle velkleur te doen nie, gaan vra maar vir die
Paulse-ondersteuners in die Kaap; dit het met die kleur trui wat hulle dra
te doen en met spoed en 'n swenk.

Wit, Afrikaanse rugby-ondersteuners is opgewonde oor die soort talent wat
Habana verteenwoordig.

Hulle is baie nuuskierig oor Jonghi Nokwe. Hulle het gekraai van die plesier
toe Tonderai Chavanga vir Joe Rokocoko ore aangesit het en hulle volg
Chavanga se vordering met sy been-probleem en Suid-Afrikaanse burgerskap
sedertdien noukeurig.

Met rede, want hulle kan nie wag dat dié spelers drieë vir die Bokke druk
nie. Hulle is natuurlik ewe opgewonde oor Botha, Jean de Villiers en Schalk
Burger. Hulle is reeds in werklikheid nie-rassige voorstanders van meriete.

Om met hulle die wortel-en-latspeletjies te speel, gaan dalk 'n ongewenste
uitwerking hê, veral as hulle deur die speletjie begin sien.

Deur ras in hulle gesig te vryf, word hulle dalk net weer oorbewus van ras
gemaak, en deur anti-wit te wees, of so voor te kom, word hulle dalk net
pro-wit gemaak. Dan is hulle uit nie-rassigheid gelei terug na die plek wat
hulle verlaat het.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Juffrou en die kamerafoon

Di., 30 November 2004 09:52

Ek lees gister 'n interessante berig van 'n skoolseun wat met sy kamerafoon
'n foto onder sy sexy juffrou se rok in geneem het en haar 'beeld' wat glo
heel stunning is, in gedrukte vorm aan sy pelle verkoop.......tot hy
uitgevang is en nou so effe diep in die stront is. Interessant is dat sy
blykbaar met haar een been op 'n trap gestaan het wat die ou in staat gestel
het om die foto te neem, maar nou kom so 'n paar vragies by my op:
1. As die wind haar rokkie opgewaai het en hy neem 'n foto van haar in
haar deurskynende onderklere, mag hy dan die foto verkoop?
2. Die jongetjies dra deesdae hierdie lae halse en as 'n vrou buk en 'n ou
sien meer as wat sy bedoel [of dalk wel bedoel!] en hy neem 'n foto van wat
hy sien, mag hy dit vir andere wys? Of 'n uitdruk verkoop?
Weet iemand wat sê die wet? Met al die kameraselfone in omloop raak
dit een moerse probleem!

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Nederlands na Afrikaans

Di., 30 November 2004 05:52

Hi daar al julle bewoners/bewakers van hierdie groep!

Lekker om nog die ou "gesigte" hier te sien.

Ek besoek nie meer so gereeld nie, weens werksomstandighede. VREK
besig om "Die Akker" se rekenaarstelsels aan't gang te hou!

Ek soek egter die volgende ekwivalent/ goeie Nederlandse woorde vir:

"Onweerstaanbare honde"

en

"Onweerstaanbare katte"

Engelse ekwivalent is: "Irresitable Dogs" en "Irresistable Cats"

Dankie vir julle moeite.

Net so 'n inkleur prentjie:
My dogter en haar man werk nou in Engeland. Sy werk by 'n uitgwerey
wat allerhande geskenkboekies publiseer in verskeie tale, en nou't
hulle iets na Nederlands vertaal met hierdie twee titels, maar die
"Onweerstaanbaar" is te lank om in die titelposisie op die buiteblad
te pas.

Groetnis vannaffie 'Bos.

Thys de Wet

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 8 kommentare

Tutu. En toe .

Ma., 29 November 2004 13:55

Ek hou nie van Desmond Tutu nie. Maar, gee die duiwel die krediet wat hom
toekom. Hy is ten minste bereid om, soos in sy verlede, te protester teen
wat hy as ongeregtighede sien.

Tutu het tydens die Mandela-gedenklesing Suid-Afrikaners daaraan herinner om
krities te wees.

Hy het onder ander vir Mbeki daaraan herinner dat hy besig is om blankes te
marginaliseer. Tim du plessis (Rapport) gebruik die woorde - "'n offensief
geloods is om die wittes in Suid-Afrika finaal te onderwerp." Tutu het Mbeki
ook weereens oor die Zimbabwe-fiasko aangevat.

En dis eers nadat Tutu die leiding verskaf het wat die Rapport bereid is om
die onderwerp op te neem.

Waarom is wittes so huiwerig om kapsie te maak teen ooglopende diskriminasie
teen hulle? Is hulle steeds vashgevang in 'n skuldgevoel wat deur mense soos
Gloudina en Ferdiejiekie aangemoedig word? Of, is die wittes soos in die
verlede onderdanig aan die "leierskap" van die dag?

Almal (swart en wit) besef dat hierdie "leierskap" uit oorwegend onbevoegde
en onbetroubare swartes bestaan wat deur die ANC-politieke hierargie op hul
afgedwing is - maar niemand is bereid om daaroor te praat nie.

Skote Tutu.

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Re: Tutu. En toe .

Ma., 29 November 2004 06:15

So wat is daar van Tutu wat jy nie van hou nie?
--
Groetnis
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:coea67$947$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek hou nie van Desmond Tutu nie. Maar, gee die duiwel die krediet wat hom
> toekom. Hy is ten minste bereid om, soos in sy verlede, te protester teen
> wat hy as ongeregtighede sien.
>
> Tutu het tydens die Mandela-gedenklesing Suid-Afrikaners daaraan herinner om
> krities te wees.
>
> Hy het onder ander vir Mbeki daaraan herinner dat hy besig is om blankes te
> marginaliseer. Tim du plessis (Rapport) gebruik die woorde - "'n offensief
> geloods is om die wittes in Suid-Afrika finaal te onderwerp." Tutu het Mbeki
> ook weereens oor die Zimbabwe-fiasko aangevat.
>
> En dis eers nadat Tutu die leiding verskaf het wat die Rapport bereid is om
> die onderwerp op te neem.
>
> Waarom is wittes so huiwerig om kapsie te maak teen ooglopende diskriminasie
> teen hulle? Is hulle steeds vashgevang in 'n skuldgevoel wat deur mense soos
> Gloudina en Ferdiejiekie aangemoedig word? Of, is die wittes soos in die
> verlede onderdanig aan die "leierskap" van die dag?
>
> Almal (swart en wit) besef dat hierdie "leierskap" uit oorwegend onbevoegde
> en onbetroubare swartes bestaan wat deur die ANC-politieke hierargie op hul
> afgedwing is - maar niemand is bereid om daaroor te praat nie.
>
> Skote Tutu.
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Murrayfield

Ma., 29 November 2004 00:13

10 uit 10 aan Naas Botha wat onmiddelik na die wedstryd (en Nick Mellett in
die S/Times vandag) kon sê dat Skotland nie as van internasionale standaard
gereken kan word nie. Gode sy dank sal die Argentydnse span nie op volle
sterkte kan wees a.s. week nie....

Dis beter om teen 'n goeie Engelse/Ierse span te verloor as om teen so 'n
kranklike vyftien te wen

Habana kan dalk voortaan op meriete in die eerste 15 gekies word - 'n
welkome vervanging vir Paulse....

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Dankie Max

So., 28 November 2004 19:05

Baie Dankie Max

Die kinders sal dit waardeer.....

Francois www.soois.co.za

****

The day will come when, after harnessing space, the
winds, the tides and gravitation, we shall harness
for God the energies of love. And on that day, for
the second time in the history of the world, we
shall have discovered fire.

Pierre Teilhard de Chardin

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Iets vir Katryn en Ellie

Vr., 26 November 2004 08:14

Gaan bietjie na google.com, tik die woord "failure" in en soek. Kyk
wat staan heel bo :-)

Sorry Ellie, maar jy sal dalk vreugde put (mooi Afrikaans!) uit die
tweede een.

Groete, Drom

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Uit " Joernaal van Jorik " deur D.J. OPPERMAN

Vr., 26 November 2004 02:33

Uit " Joernaal van Jorik"

'n Ou Mark: Langs kalkstrepe op die Plein
staan groen vragmotors, ongeskeerde mans
uit die Pêrel, Wellington en Drakenstein,
Verdruk-my-Nie en van Kleinwolwedans;

Bruinmense met tamaties en kropslaai,
en Grieke koop geelwortels en radyse!
Wie het die appels in papier gedraai?
Hier lê 'n springbok, daar 'n paar patryse.

Hy hoor die karretjie met groot geraas
van wiele en van perdepote om die hoek,
en die Maleier sy vals beueltjie blaas
en skree: " Kabeljou, galjoen en snoek!"

Prosa & poësie | 0 kommentare

Koffiewinkel vs Moffie

Do., 25 November 2004 09:55

Ek lees vanoggend van 'n gay-ou wat plek by 'n koffiewinkel wou bespreek vir
sy verjaardagparty, maar toe die eienares uitvind dat dit 'n gay-groep gaan
wees, toe stel sy nie meer belang nie. Nou is die ou baie ongelukkig oor
die vrou diskrimineer teenoor hom en sy gay-geid. Hy voel sy mag hom nie
wegwys net omdat hy en sy vriende gay is nie.
Die vraag wat by my opkom is of gay mense nie besef dat baie van hul
optrede en gewoontes vir gewone mense aardig is en hulle ongemaklik laat
voel nie? Hierdie vrou voel dalk dat sy nie in so 'n situasie wil beland
nie, juis omdat sy dit nie kan hanteer nie en daarom eerder die situasie
vermy. Ek sou reken die gay-ou moet eerder dankbaar wees dat sy die
situasie stop voor dit dalk handuit ruk?

Koeitjies & kalfies | 85 kommentare

Bladsye (1835): [ «    339  340  341  342  343  344  345  346  347  348  349  350  351  352  353  354    »]
Tyd nou: Sa. Des. 20 13:37:06 UTC 2025