Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Afrikaans

Di., 18 Januarie 2005 09:22

Oop bek soos 'n gaar vis!
Sy het so baie plooie, sy skroef haar hoed op!

Hy is so maer, hy lyk soos 'n potlood met 'n handbriek.TC

Ek is nou so opgewonde soos 'n budgie op steroids !

Ek was gisteraand so dronk, toe ek vanoggend wakker word hang ek oor die
stoel en my klere lê in die bed.

Ek is nou so lus vir 'n Rennie ek eet sommer 'n pastei.

Jy's so skeel jy kyk jouself diep in die oë!

Van sit of staan bly lê die lekkerste.

Hy ís so kort hy weet nie of dit keelseer of aambeie is nie.

Hy ís so kort hy slaan tot sy onderbroek se pype om.

Hy is so maer, as hy langs 'n wit muur loop lyk dit soos 'n kraak wat beweeg!

'n Mens hoef nie soos 'n plank te lyk om gespyker te word nie.

Hy is so skelm, hy bid onder 'n skuilnaam.

Ek gaan jou klap dat jy lus kry vir niks.

Ek sit nou so lekker ek staan sommer op en sit weer.

"Lang gesig soos 'n bok wat afdraand vreet."

"Drank los nie probleme op nie, maar so ook nie melk of water nie."

"Ek voel nou so goed, ek vul sommer die lottonommers verkeerd in."

"Ek is nou so lui ek trou sommer 'n pregnant vrou."

"Ondervinding is iets wat jy eers kry nadat jy dit nodig het."

"Almal kry die voorreg om onnosel te wees, net jammer party maak misbruik
daarvan."

"Ek is so de bl*ksem in, ek soen sommer 'n pofadder oopbek" AB

"My vrou is so lelik, as sy op die sand sit wil die katte haar toekrap."

"Arende vlieg dalk hoog, maar ons muishonde word nooit deur 'n
vliegtuigmotor ingesuig nie."

"Die mens is op aarde geplaas om 'n sekere hoeveelheid werk te doen. Op die
oomblik is ek so ver agter ek sal nooit dood gaan nie."

"Ons kannie almal helde wees nie, iemand moet langs die pad staan en hande
klap."

"Ek is so lui my hol hang oop"

"Hy het 'n skerp gesig soos 'n resies snoek"

"Ek haat mense wat honde aanhou. Hulle is 'n klomp sissies wat nie genoeg
guts het om iemand self te byt nie."

"Ek glo dat as iets die moeite werd was om te doen, dan sou iemand anders
dit lankal gedoen het."

"Jy mag nooit meer as jou yskas weeg nie!"

"As jy vir jouself kan lag dan het jy altyd iets om oor te lag."

"As jy lyk soos jou paspoort-foto, dan het jy 'n reis nodig."

Humor & grappe | 1 kommentaar

Super 12

Di., 18 Januarie 2005 08:39

Ek hoor die SA Super 12 spanne se span groepe is bekend gemaak, kan nie meer
wag om te sien hoe die Stormers die jaar vertoon nie. 8 uit die finale
groep moet gekleurde spelers wees.

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Google in Afrikaans....

Di., 18 Januarie 2005 02:02

Besoek www.google.co.za

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

moord

Ma., 17 Januarie 2005 18:45

NUUSKOMMENTAAR: Dinsdag 11 Januarie 2005
Plaasmoorde: 'n Projek wat werk

Die plaasmoorde-veldtog teen ons boerebevolking, gepaard met die
owerhede en die polisie se traagheid om dinamies daarteen op te tree, is
seker die mees traumatiese beproewing waaraan ons mense as gevolg van
die nuwe politieke bedeling onderwerp word. Daarom is enige projek om dit
teen te werk en wat sukses behaal, nie net welkom nie, maar ook 'n riem
onder die hart. Die verskeidenheid maniere waarop ons boere reeds optree
om hulleself en mekaar te help beveilig en in gevalle van plaasaanvalle te
hulp te snel, spreek van die wil om nie bes te gee voor die vyand nie, maar
om terug te veg met al die middele wat ons toegelaat word.

Onlangs het Radio Pretoria berig oor die Soutpansberg DLU se steungroepe
wat reeds sukses behaal het met voorkomende optrede. In die Vrystaat is
daar ook 'n inligtingsnetwerk ontwikkel wat goeie sukses behaal. Volgens mnr
Cobus Breytenbach, voorsitter van Vrystaat Landbou se komitee vir wet en
orde, het di, organisasie in 2004, die eerste jaar van sy bestaan, daarin
geslaag om minstens 22 aanvalle op plase te verhoed. Vier ondersoeke,
waarin inligting oor verdagtes n aanvalle opgevolg is, het inligting
opgelewer
wat na die polisie of weermag deurgevoer is.

Om plaasmoordenaars vas te trek en aan die polisie uit te lewer, soos
redelik
gereeld gebeur, is uitstekend, maar die heel beste is natuurlik as
plaasaanvalle voorkom kan word. Pogings in die verband stuit dikwels teen
gebrek aan geld.

'n Kenmerk van Vrystaat Landbou se veiligheidsprojek is dat nie net boere
self nie, maar ook sake-ondernemings aktief daarby betrokke is. Borgskappe
verlig die finansi?le las.

Ons aanvaar dat mnr Hennie Gerber wat in beheer is van die projek, korrek
aangehaal is met betrekking tot die oorsaak van sommige van die aanvalle.
Volgens hom speel wraak deur afgedankte of ander werkers met 'n grief teen
die boer 'n groot rol. Dit wil egter ook voorkom uit Vrystaat Landbou se
waarnemings en ook uit wat in Transvaal en elders gebeur het, dat sulke
wraakaanvalle uit dikwels onbenullige geskille spruit, of minstens nie iets
is
wat enige normale mens tot bloedige moord as wraak sal dryf nie.

So byvoorbeeld is 'n boer se opstal afgebrand deur 'n werker wat deur die
boer se vrou oor 'n hemp aangespreek is. Moorde volg soms nadat die boer
teen 'n werker weens diefstal of pligsversuim opgetree of hom ontslaan het.

Die onaangename werklikheid is dat rasseverhoudinge veral in die vorm van
swart gevoelens jeens blankes in Suid-Afrika sedert 1994 ernstig versleg
het.
ANC-leiers, onder wie hulle hoofleier, se aanhoudende rassistiese verwysings
na blankes en slagspreuke soos Kill the Boer, Kill the Farmer, het veel
daarmee te doen om swart haat jeens blankes te laat ontvlam uit selfs die
geringste grief.

Daar is swartes wat nie hierdie haat deel nie. Op hulle en ook op blankes
rus
'n verantwoordelikheid om toe te sien dat ideologie en politieke retoriek
nie
tot bloedvergieting lei nie. Niemand wen daardeur nie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Afrikaans

Ma., 17 Januarie 2005 18:43

          NUUSKOMMENTAAR: Maandag 17 Januarie 2005
         Ons sal nie gaan lê, ons sal nie Engels word

Lord Charles Somerset en die Britse empaaier kon dit nie doodkry nie.
Milner,
medemoordenaar van 26 duisend Boerevroue en kinders en sy ingevoerde
kindergarden kon dít nie vermoor nie. Die oorgeplante Skotse predikante wat
ons siele moes kom verengels, moes kop gee en, soos 'n Vader Kestell, selfs
deel van die Boerevolk word.

Thabo Mbeki en die ANC sal dit ook nie regkry nie. Ons het nie bes gegee vir
Britse Engels nie en ons sal ook nie die knie buig voor Afrika-Engels nie.
Ons
sal sorg dat ons kinders Afrikaans bly, al verloor ons soos in enige stryd
slagoffers en swakkelinge langs die pad.

As dit by Afrikaans kom, veg die Boerevolk voort. Ons mag aan die begin
oorbluf gewees het, maar al die tekens is daar dat ons mense aan die opruk
is. Ons wen ook goeie en al meer veldslae.

Soos lord Charles Somerset wou, so wil die ANC ook die howe verengels en
veral Afrikaans daar uitgeskakel kry. Hulle poging om Afrikaans as taal
waarin
die hofrekords genotuleer word, af te skaf, kon tot dusver danksy die
verbete
weerstand van die Vereniging van Regslui vir Afrikaans nie slaag nie. Hulle
sou hulle teen die hooggeregshof, die Grondwetlike hof en die Grondwet
vasloop daarmee.

Pas het 'n prokureur van Verwoerdburg, mnr Morn, Gouws, 'n klinkende
oorwinning vir Afrikaans in die Engelse Durban behaal. Getransformeerde
landdros K Suliman het aanvanklik geweier om vonnis ten gunste van sy
kli?nt in 'n siviele geding te gee omdat die hofstukke in Afrikaans ingedien
was. Hy het amptelik navraag gedoen waarom die hofstukke in Afrikaans is
en nie in Engels nie.

Mnr Gouws het voet by stuk gehou, geweier om die hofstukke in Engels te
laat indien. Hy het dit net so, met die navraag en al weer in Afrikaans
ingedien. Nadat die aangeleentheid heelwat opslae in die media gemaak het,
veral oor Radio Pretoria, moes landdros Suliman bes gee en het hy die vonnis
sonder verdere probleme toegestaan.

Voorvalle soos hierdie sal natuurlik aanhoudend voorkom, veral namate
diegene op die regbank en selfs daarvoor hulle eie voorkeur vir
Afrika-Engels
wil laat geld.
Maar ons glo sulke pogings is nie net teen die grondwet nie, maar 'n
skending
van elke Afrikaanssprekende se reg op 'n regverdige verhoof.

Die poging om Afrika-Engels die enigste onderrigtaal in ons skole te maak,
begin ook die wind van voor kry. Deur die land heen word pogings om die
paar Afrikaansmedium-skole wat oorgebly het ook deur transformasie te
verengels, in die howe teengestaan. Suksesse is al behaal, maar die stryd
duur voort.

Ons het selfs getalle aan ons kant. Afrikaans is volgens Statistiek
Suid-Afrika
2001 die huistaal van altesame amper ses miljoen mense, 5 983 426 om
presies te wees. Onder hulle is 2-komma-5 miljoen wittes, maar ook 19-
duisend Asiate, 253-duisend swartes en 3-miljoen bruinmense.

Soos een van ons belangrikste taalstryders, prof Jaap Steyn, egter onlangs
opgemerk het, Afrikaanstaliges kan net iets bereik as hulle druk kan
uitoefen
en die mag van maghebbers kan beperk. Daarom loop die taalstryd hand aan
hand met die bevrydingstryd van die volk.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Vragie op vrae

Ma., 17 Januarie 2005 13:38

Ek het hierdie op 'n ander forum geplaas:
Watter van die onderstaande kom uit die volgende geskrifte, indien enige (
twee of meer kan uit dieselfde geskrif kom)
Geskrifte: Bybel, Qu'ran, Bhagavad-Gita, Talmud

1) Take therefore no thought for the morrow: for the morrow shall take
thought for the things of itself.
2) Produce your evidence if you are truthful
3) The human form of life is the only loophole by which one may get out of
this entanglement.
4) Whoever finds it possible to beg mercy for his fellow but fails to do so,
is called a sinner.

Die wat wil raai, mag maar - maar wat ek eintlik wil weet is hoeveel gelowe
praat NIE van sondaars nie.

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Afrikaans?n 2 tot 18

Vr., 14 Januarie 2005 10:58

Ek het nie 'n Afrikaanse woorde boek nie maar bevat dit woorde soos ons hier in die Kaap praat? Is dit woorde of maar net dialek?

Vereffent - 'n Rukkie gelede
Netma - oor 'n rukkie

Afrikaans is ook maar die beste vloek taal...highlight hier onder
Jou poes
Jou ma se poes
Jou dubbele naai
Jou nat naai
Voertsek jou poes
Fokken doos
Etter
Kont
Wat is jou gunsteling vloek woorde?

Afrikaans, ons taal | 0 kommentare

Ou Sierra games

Do., 13 Januarie 2005 12:49

Hallo Almal

Is hier van julle wat die ou "adventure games" van Sierra gespeel en geniet
het soos bv

Leisure suit Larry
Space Quest
Kings Quest
Gold Rush

Groete

Riaan

Rekenaars & selfone | 4 kommentare

Lotto

Wo., 12 Januarie 2005 18:20

Voor die lottomasjien die balletjies uitspoeg, het die Lottorekenaar alklaar
die keuse van nommers betaal wat of 0 of 1 of 2 spelers gekies het. Hierdie
keuse sal dan wen. M.a.w. die masjien bepaal nie watter nommers wen nie, dit
word met die rekenaar bepaal.

Is dit nie moontlik dat in 'n land vol korrupsie hierdie korrekte nommers al
voor die tyd aan 'n persoon van Uthingo se keuse gelek kan word nie?

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

" Witwatersrand " deur ELISABETH EYBERS

Wo., 12 Januarie 2005 00:10

Witwatersrand
Elisabeth Eybers

Kan ooit in hierdie flitsende verskiet
van kwarts en doloriet
iets sags geskied?

O dat die nuwe nag getemper word,
die oop dag ingeskort,
wind waai, reën stort!

'n Winter lank sal ek die blote lug
knaag soos 'n bitter vrug -
daarna die haassprong terug!

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    331  332  333  334  335  336  337  338  339  340  341  342  343  344  345  346    »]
Tyd nou: Ma. Mrt. 30 07:22:17 UTC 2026