Ek sien die blokkie op die webblad, "Dink jy verder as jou neus?", en
onderaan 'n e-pos adres. En weer kan ek nie anders as om die volgende
inligting aan u voor te hou nie. Ek doen dit elke dag, aan duisende
Suid-Afrikaners, en soms voel dit asof ons geen verskil maak nie. Tog
kan ek nie ophou nie, want "onreg gedy waar goeie mense terug sit en niks
doen nie!" Nie dat ek so vreeslik goed is nie, maar ek moet my deel doen om
die "onreg" uit te roei.
Nadat ek 'n slagoffer van misdaad was in 2000, het ek 'n duisend of
meer misdaad-vergaderings, beprekings, dinkskrums, konferensies, ens
bygewoon.
En by elke geleentheid gesit en luister hoe mense daarna streef om die
simptome van misdaad die stryd aan te se. Maar die een vraag wat
niemand gevra het nie, was dit: Wat is die invloed van misdaad op die
regering
van
Suid-Afrika? Meeste mense antwoord "niks", en hulle is verkeerd. Ek
het Priora Forum gestig net nadat ons aangeval was. Priora is 'n Latynse
woord wat, vertaal, beteken: "Met die voorafgaande feite." Hier is 'n paar
daarvan:
Misdaad genereer vir die regering van Suid-Afrika miljoene der
miljoene rande!!!! Kom ons kyk na 'n paar voorbeelde, as u my sou vergun.
Een
miljoen huis-eienaars in Gauteng (1 provinsie uit 9) maak gebruik van die
dienste van 'n gewapende reaksie-mag (let wel, nie 'n misdaadvoorkomingsmag
nie, slegs een wat kan reageer nadat die misdaad plaasgevind het). Die
dienste van so 'n mag beloop gemiddeld R240,00 per maand per huishouding.
Die eenvoudige berekening wat hierop volg is dit: 1 000 000 x R240,00 x
12 maande x 14% BTW genereer vir die regering ongeveer R403 miljoen se BTW
as 'n direkte gevolg van misdaad.
Nog 'n voorbeeld: 'n Motordief steel 'n R500 000 weelde-motor. Vir
hierdie daad ontvang hy R10 000,00, R20 000,00 of selfs R30 000,00? Die
eienaar
van die voertuig word uitbetaal deur sy versekeraar en vervang die
gesteelde voertuig met 'n soortgelyke een van dieselfde waarde. Hierdeur
ontvang
die regering R61 403,51 se BTW op die transaksie as 'n direkte gevolg van
misdaad. Wie het nou 'n groter finansiele voordeel getrek uit hierdie
diefstal? Die dief, of die regering?
Ek dink langer as wat my neus lank is, en ek hoop so en werk so hard
daaraan om nog sulke denkendes by mekaar te kry. Dan moet ons begin soek na
'n
meganisme waarmee ons die regering van die dag kan motiveer om hierdie
onkonstitusionele en immorele inkomste as 'n direkte gevolg van misdaad
prys te gee. Alle denkende Suid-Afrikaners behoort te eis dat alle uitgawes
tot selfbeskerming van eiendom en lewe nie net teen 'n 0% BTW koers
aangeslaan word nie, maar ook belastingaftrekbaar moet wees, selfs vir die
salaristrekker. Dan behoort ons te eis dat alle vervanging van
gesteelde eiendom teen 'n 0% BTW-koers moet kan plaasvind, en dan behoort
ons te
eis dat, indien 'n persoon tot sterwe kom as gevolg van 'n misdadige aksie,
so 'n persoon se boedel kwytgeskeld moet word van alle vorms van
boedelbelasting. Het iemand al ooit gevra wat die regering se
boedelbelasting-inkomste was as 'n direkte gevolg van die +/- 1300
boere wat in Suid-Afrika vermoor is?
Sodra "denkende" Suid-Afrikaners begin om die regering van die dag se
"inkomste" as 'n direkte gevolg van misdaad terug te eis, sal u sien
hoe gou daar iets gedoen word aan die misdaad. Intussen bly dit die gans
wat
die goue eiers le, terwyl ons onsself blindstaar teen "wat kan ons doen om
die misdaad (se simptome) van ons deure af weg te hou!"
Komaan, Suid-Afrika, vra die regte vrae, en dring aan op die regte
antwoorde.
Ag ja - die nuwe sportminister het so goed begin, maar gaan nou met rasse
skrede agteruit.
Net omdat Boetie Stofile by SA rugby nie sy werk wil doen nie ( soos in niks
doen nie) en op die punt staan om uitgeskop te word, nou is dit skielik weer
'n etniese skoonmaakaksie van SA rugby, en hulle word gedreig dat die
regering hul ondersteuning gaan terugtrek van die 2011 wêreldbekerrugbybod.
Gogga maak vir baba bang.
-
Groetnis
Annette
Hotel Rwanda (excellent new film- based on true story)
Hotel Rwanda is based upon true story of the 1994 genocide/holocaust in
Rwanda - when the developed world stuck it's head in the sand as ~1
million were slaughtered. Tells the story of a Luxury Hotel manager
(connected to key players on all sides of the table) who heroically
saved/sheltered ~1000 people.
For the first time ever, we have the ways and the means to end poverty
on a global scale. It will not be too difficult to rebuild the world so
that everyone
can live in dignity and human decency. There is nothing decent or
dignified about ignoring the plight of those in the pits of poverty -
of the 24,000 who die every single day of the year (90% of whom are
children under 10) while tons of food rots in warehouses around the
world. The biggest obstacles to eliminating poverty globally are
selfishness, complacency, and ignorance.
==================
"The developed nations of the world cannot remain secure islands of
prosperity in a seething sea of poverty. The storm is rising against
the privileged minority of the earth, from which there is no shelter
in isolation and armament. The storm will not abate until a just
distribution of the fruits of the earth enables men everywhere to live
in dignity and human decency."
Martin Luther King, Jr
"Without sharing there can be no justice; without justice there can be
no peace; without peace there can be no future."
The World Teacher http://www.share-international.org
=============
By clicking on the following link - advertisers pay for food that goes
to hungry people - please bookmark it and visit daily! http://www.thehungersite.com
Hier aan ons kus is heelwat vragmotors wat gebruik word en omdat ons een van
die hoogste roessyfers in die wêreld het, breek veerblaaie nie net onder
stres nie, die roes speel ook 'n groot faktor. Laas week ry die een
kontrakteur se vragmotor en sy drywer word gestop deur die Namibiese
polisie. Hulle deursoek die voertuig en die drywer bring vir die
kontrakteur 'n kaartjie waarop in swart op wit staan dat na die lorrie se
'feather blades' gekyk moet word want die een is gebreek!
Amper soos 'n paar jaar gelede wat 'n polisieman op sy verslag skryf van
'wodrobs' en dit het nogal heelwat gevat om uit te werk wat hy bedoel:
wardrobes, of kaste.
Ek hoor die SA Super 12 spanne se span groepe is bekend gemaak, kan nie meer
wag om te sien hoe die Stormers die jaar vertoon nie. 8 uit die finale
groep moet gekleurde spelers wees.
NUUSKOMMENTAAR: Dinsdag 11 Januarie 2005
Plaasmoorde: 'n Projek wat werk
Die plaasmoorde-veldtog teen ons boerebevolking, gepaard met die
owerhede en die polisie se traagheid om dinamies daarteen op te tree, is
seker die mees traumatiese beproewing waaraan ons mense as gevolg van
die nuwe politieke bedeling onderwerp word. Daarom is enige projek om dit
teen te werk en wat sukses behaal, nie net welkom nie, maar ook 'n riem
onder die hart. Die verskeidenheid maniere waarop ons boere reeds optree
om hulleself en mekaar te help beveilig en in gevalle van plaasaanvalle te
hulp te snel, spreek van die wil om nie bes te gee voor die vyand nie, maar
om terug te veg met al die middele wat ons toegelaat word.
Onlangs het Radio Pretoria berig oor die Soutpansberg DLU se steungroepe
wat reeds sukses behaal het met voorkomende optrede. In die Vrystaat is
daar ook 'n inligtingsnetwerk ontwikkel wat goeie sukses behaal. Volgens mnr
Cobus Breytenbach, voorsitter van Vrystaat Landbou se komitee vir wet en
orde, het di, organisasie in 2004, die eerste jaar van sy bestaan, daarin
geslaag om minstens 22 aanvalle op plase te verhoed. Vier ondersoeke,
waarin inligting oor verdagtes n aanvalle opgevolg is, het inligting
opgelewer
wat na die polisie of weermag deurgevoer is.
Om plaasmoordenaars vas te trek en aan die polisie uit te lewer, soos
redelik
gereeld gebeur, is uitstekend, maar die heel beste is natuurlik as
plaasaanvalle voorkom kan word. Pogings in die verband stuit dikwels teen
gebrek aan geld.
'n Kenmerk van Vrystaat Landbou se veiligheidsprojek is dat nie net boere
self nie, maar ook sake-ondernemings aktief daarby betrokke is. Borgskappe
verlig die finansi?le las.
Ons aanvaar dat mnr Hennie Gerber wat in beheer is van die projek, korrek
aangehaal is met betrekking tot die oorsaak van sommige van die aanvalle.
Volgens hom speel wraak deur afgedankte of ander werkers met 'n grief teen
die boer 'n groot rol. Dit wil egter ook voorkom uit Vrystaat Landbou se
waarnemings en ook uit wat in Transvaal en elders gebeur het, dat sulke
wraakaanvalle uit dikwels onbenullige geskille spruit, of minstens nie iets
is
wat enige normale mens tot bloedige moord as wraak sal dryf nie.
So byvoorbeeld is 'n boer se opstal afgebrand deur 'n werker wat deur die
boer se vrou oor 'n hemp aangespreek is. Moorde volg soms nadat die boer
teen 'n werker weens diefstal of pligsversuim opgetree of hom ontslaan het.
Die onaangename werklikheid is dat rasseverhoudinge veral in die vorm van
swart gevoelens jeens blankes in Suid-Afrika sedert 1994 ernstig versleg
het.
ANC-leiers, onder wie hulle hoofleier, se aanhoudende rassistiese verwysings
na blankes en slagspreuke soos Kill the Boer, Kill the Farmer, het veel
daarmee te doen om swart haat jeens blankes te laat ontvlam uit selfs die
geringste grief.
Daar is swartes wat nie hierdie haat deel nie. Op hulle en ook op blankes
rus
'n verantwoordelikheid om toe te sien dat ideologie en politieke retoriek
nie
tot bloedvergieting lei nie. Niemand wen daardeur nie.
NUUSKOMMENTAAR: Maandag 17 Januarie 2005
Ons sal nie gaan lê, ons sal nie Engels word
Lord Charles Somerset en die Britse empaaier kon dit nie doodkry nie.
Milner,
medemoordenaar van 26 duisend Boerevroue en kinders en sy ingevoerde
kindergarden kon dít nie vermoor nie. Die oorgeplante Skotse predikante wat
ons siele moes kom verengels, moes kop gee en, soos 'n Vader Kestell, selfs
deel van die Boerevolk word.
Thabo Mbeki en die ANC sal dit ook nie regkry nie. Ons het nie bes gegee vir
Britse Engels nie en ons sal ook nie die knie buig voor Afrika-Engels nie.
Ons
sal sorg dat ons kinders Afrikaans bly, al verloor ons soos in enige stryd
slagoffers en swakkelinge langs die pad.
As dit by Afrikaans kom, veg die Boerevolk voort. Ons mag aan die begin
oorbluf gewees het, maar al die tekens is daar dat ons mense aan die opruk
is. Ons wen ook goeie en al meer veldslae.
Soos lord Charles Somerset wou, so wil die ANC ook die howe verengels en
veral Afrikaans daar uitgeskakel kry. Hulle poging om Afrikaans as taal
waarin
die hofrekords genotuleer word, af te skaf, kon tot dusver danksy die
verbete
weerstand van die Vereniging van Regslui vir Afrikaans nie slaag nie. Hulle
sou hulle teen die hooggeregshof, die Grondwetlike hof en die Grondwet
vasloop daarmee.
Pas het 'n prokureur van Verwoerdburg, mnr Morn, Gouws, 'n klinkende
oorwinning vir Afrikaans in die Engelse Durban behaal. Getransformeerde
landdros K Suliman het aanvanklik geweier om vonnis ten gunste van sy
kli?nt in 'n siviele geding te gee omdat die hofstukke in Afrikaans ingedien
was. Hy het amptelik navraag gedoen waarom die hofstukke in Afrikaans is
en nie in Engels nie.
Mnr Gouws het voet by stuk gehou, geweier om die hofstukke in Engels te
laat indien. Hy het dit net so, met die navraag en al weer in Afrikaans
ingedien. Nadat die aangeleentheid heelwat opslae in die media gemaak het,
veral oor Radio Pretoria, moes landdros Suliman bes gee en het hy die vonnis
sonder verdere probleme toegestaan.
Voorvalle soos hierdie sal natuurlik aanhoudend voorkom, veral namate
diegene op die regbank en selfs daarvoor hulle eie voorkeur vir
Afrika-Engels
wil laat geld.
Maar ons glo sulke pogings is nie net teen die grondwet nie, maar 'n
skending
van elke Afrikaanssprekende se reg op 'n regverdige verhoof.
Die poging om Afrika-Engels die enigste onderrigtaal in ons skole te maak,
begin ook die wind van voor kry. Deur die land heen word pogings om die
paar Afrikaansmedium-skole wat oorgebly het ook deur transformasie te
verengels, in die howe teengestaan. Suksesse is al behaal, maar die stryd
duur voort.
Ons het selfs getalle aan ons kant. Afrikaans is volgens Statistiek
Suid-Afrika
2001 die huistaal van altesame amper ses miljoen mense, 5 983 426 om
presies te wees. Onder hulle is 2-komma-5 miljoen wittes, maar ook 19-
duisend Asiate, 253-duisend swartes en 3-miljoen bruinmense.
Soos een van ons belangrikste taalstryders, prof Jaap Steyn, egter onlangs
opgemerk het, Afrikaanstaliges kan net iets bereik as hulle druk kan
uitoefen
en die mag van maghebbers kan beperk. Daarom loop die taalstryd hand aan
hand met die bevrydingstryd van die volk.
Ek het hierdie op 'n ander forum geplaas:
Watter van die onderstaande kom uit die volgende geskrifte, indien enige (
twee of meer kan uit dieselfde geskrif kom)
Geskrifte: Bybel, Qu'ran, Bhagavad-Gita, Talmud
1) Take therefore no thought for the morrow: for the morrow shall take
thought for the things of itself.
2) Produce your evidence if you are truthful
3) The human form of life is the only loophole by which one may get out of
this entanglement.
4) Whoever finds it possible to beg mercy for his fellow but fails to do so,
is called a sinner.
Die wat wil raai, mag maar - maar wat ek eintlik wil weet is hoeveel gelowe
praat NIE van sondaars nie.