Interessante hofsake staan in 'n ry om mediadekking te kry:))
Tans is die leeuhoksaak aan die gang, en binnekort is dit weer die
Shaik/Zuma sirkus en die BoereBrigadeBomplanters, wat seker met nuwe griewe
vorendag gaan kom.
Lees Sondag dat Winnie nog steeds besig is om te stry teen haar
vonnisoplegging.
Die leeuhoksaak se uiteinde gaan seker wees dat net die eienaar gevonnis
gaan word, want die ander twee medepligtiges beweer hulle het glo slegs 'n
opdrag van hom uitgevoer.
--
Groetnis
Annette
Ek het nie eintlik veel van 'n probleem om te aanvaar dat ons die toetsreeks
gaan verloor nie.
Wat my egter kwel is dat die hele wêreld se boulers weet wat om te doen
omSmith uit te haal, en hy besef glo ook wat sy probleem is, maar ooglopend
lyk dit nie of hy enige werk daarvan maak om iets daaraan te doen nie.
Ons Krieketkaptein is blykbaar nie 'n genie nie:))
--
Groetnis
Annette
Hallo NG lesers!
Ons soek na die kinders van 'n sekere JOHANNES SMIT,
hy sal omstreek 1912 of in Nederlandsch Indie, of
in Den Haag Nederland gebore wees.
In die jare 1930 het hy na Durban gekom, hy het daar
in die huwelik getree met 'n vrou van Durban.
Sy beroep in Durban was "Hawemeester"
Wie verskaf ons meer informasie oor hom en sy familie?
Baie dankies vir julle antwoorde.
Patrick
Navorsers het kameras, wat amper soos die infrarooi spoedkameras werk in die
sederberg installer, om die hoeveelheid, verskillende soorte, en
trekgewoontes van die wil daar waar te neem.
'n Vreeslike oulike foto van 'n nuuskierige klein luiperdjie het gister in
Argus verskyn.
Gaan kyk by www.capeleopard.org.za
Ek sal daarvan hou as Charlize, Arnold en miskien Embeth Davids, Alice
Krige, Marius Weyers 'n goeie Afrikaanse storie kan skiet. Darrel Roodt kan
die regiseur wees want hy was uitstekend agter die skerms van Shaka Zulu wat
op TV was en nou met Yesterday. Het hy ook nie 'n hand in Jock of the
Bushfeld gehad nie? Anant Singh kan ook hand by sit.