Ai tog, arme Adam Bacher wat toe weer 'n kans kry om te speel, faal toe saam
met Gibbs en Smith. Verstommend hoe gou die swak kolfwerk deurwerk na nuwe
ou spanlede.
--
Groetnis
Annette
Laat ons dink aan die grootste medalje moontlik om die ou antie te gee! Ek
sê mos lankal dit moet snip-snip wees met verkragters, maar hierdie een is
s�veel beter.........
"Annette" skryf in boodskap news:ctkgn9$86m$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> The Rambo Granny of Melbourne, Australia
>
> Gun-toting granny Ava Estelle, 81, was so ticked-off when two thugs raped
> her 18-year-old granddaughter that she tracked the unsuspecting ex-cons
> down - - and shot off their testicles.
Mens sou dink dat ons regslui en wetgewers die afgelope 10 jaar baie hard
sou werk om wette in te stel wat skuldiges gouer te straf. Dis nie so nie -
die ou lotjie is lui.
Verlede jaar is die wet verander dat iemand wat as kind of tiener verkrag
is, die skuldige moet aankla op die laaste 3 maande na die slagoffer se
21ste verjaarsdag. Anders verjaar die saak, en die lustige kan maar aangaan
om kinders se lewens te verwoes.
Nou hoor ons gister weer dat al die onwettiges wat kinders ontvoer het, van
dwelms afhanklik gemaak het, en hulle dan in die sekshandel gebruik of
verkoop het, maar lustig kan aangaan. Die rede is dat die slagoffers self in
die saak moet getuig, maar aangesien hulle dwelmslawe is, word hul getuienis
nie as geloofwaardig aanvaar nie. Dit tel glad nie dat die jong kinders in
ooglopende omstandighede van onwettige aanhouding, en ver van hul huise deur
die polisie gevind is nie.
Dit blyk nou dat die regstaal nou so ingewikkeld raak, om die publiek te
mislei, dat selfs die wetgewers en regsmense nie eers meer weet wat hulself
skryf nie.
So is gister berig dat 'n prokureur van Pretoria uitgevind het dat alle
boeteheffings en arrestasies sedert 17 Desember 2004 deur stadspolisie,
verkeerslui en lede van die parkeraad gedoen is, onwettig was, omdat die
minister op daardie dag die wetlikke magte van die spoorwegpolisie uitgebrei
het, maar terselfdertyd, per ongeluk, die magte gegee aan die ander
instansies teruggetrek het deurdat in die laaste paragraaf geskeyf is dat
alle vorige wette in die verband herroep is.
Nou is daar 'n ander wetlike wat sê dis nie so nie - so lyk my ons wette is
net soos die Bybel - heeltemal oop vir die mening van die individu.
Wat is in elkgeval die doel van 'n wet as dit nie in duidelike verstaanbare
taal en presies, sonder die moontlikheid van ander individuele menings,
toegepas kan word nie?
--
Groetnis
Annette
Na verlede jaar se wye mediadekking van twee joernaliste wat in artikels
plagiaat gepleeg het, sonder om erkenning te gee an die oorspronklike
skrywer, sou mens dink dat dat dit die einde van die storie sou wees.Toe
nie - 'n sekere Pamela Jooste het 'n boek geskyf, en op verskeie plekke
woord vir woord stukke herhaal wat in Sunday Times verskyn het, sonder om
aan hulle of die skrywer erkenning te gee.
Haar verweer is dat sy nie geweet het sy pleeg plagiaat nie, en dat sy
jammer is.
Nou wonder mens hoeveel geld sy gemaak het met vorige boeke, en gaan maak
met hierdie boek ( dit het 'n literêre prys gekry), met ander mense se
idees, gedagtes en sinsbou, en dit vir haarself toegeëien het.
Plagiaat kom al 'n lang pad met ons - een van my Afrikaanse professors se
doktorale proefskrif is teruggetrek toe daar bevind is hy het met
voorbedagte rade plagiaat gepleeg.
Op deze pagina verschijnen iedere zondag gedurende maar liefst 60 weken
een serie "liefdesbrieven" van een jongeman aan zijn "verkeering" in de
jaren 1924 tot 1927 - LIEFSTE-IRENE - Leest u mee!?
klik op: http://www.liefste-irene.nl
e.mail: in...@lieve-irene.nl
"Just-me" A man of two faces[/color]
> Jan 20th 2005 | JOHANNESBURG
> From The Economist print edition
Ek wonder of Frikkie ooit die stukke deurlees wat
hy so gereeld hier in sy geliefde Engelse taal pos.
Want dan sou hy, soos in hierdie stuk, besef dat
meer as die helfte van hierdie stuk eintlik baie
vleiend en positief oor Mbeki praat. Hierdie stuk
oor Mbeki is nie meer negatief oor hom as wat
'n hoofartikel in 'n konserwatiewe koerant hier
teen Paul Martin sou wees nie. En dit is baie
minder negatief as wat die deursnee liberale
pers in die VSA oor George Bush praat.
Hoekom lyk dit vir my of hierdie nuusgroep besig is om sy fut te verloor.
Van so drie/vier jaar gelede onthou ek darem nog vir Koot, Annette,
Suidwester, Jonas, Tannie G en ek onthou tot vir Ferdie. Maar waar is die
karakters wat my gereeld aan die skater gehad het. DD (Dave Davids??),
Danielle daar uit Georgia (VSA), Swart Simon en ons Wit Wolf maatjie Frikkie
wat altyd gedink het ou ET is te ver links