Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Troeteldiere » Het iemand raad?
Het iemand raad? [boodskap #101188] Di, 01 Februarie 2005 08:31 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hoe om van vlermuise op 'n humanitêre manier ontslae te raak?
'n Vriend van my soek raad - een van die skole in hul omgewing het 'n
vlermuisplaag, en dis so erg dat twee klaskamers ontruim moes word van die
stank.
Die vlermuise is glo tussen die dak en die plafon.
Sal dit help om 'n paar uile daar los te laat?
--
Groetnis
Annette
Re: Het iemand raad? [boodskap #101210 is 'n antwoord op boodskap #101188] Di, 01 Februarie 2005 21:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[5]  is tans af-lyn  Sakkie[5]
Boodskappe: 26
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Junior Lid
Ek het nou die aand gekyk hoe vang 'n "Bat hawk" 'n vlermuis. Ek kon dit
nie glo nie. 'n Vlermuis is seker een van die ratste goed wat ek al tee
gekom het. Daai valk het hom uit die lug uit gehaal dat dit lyk na
oëverblindery!!! OK! meer ernstig. Die enigste manier om vlermuise op 'n
afstand te hou is om seker te maak dat hy nie kan land nie, en dis makliker
gesê as gedoen. Stop sy gat toe. Dis nou die gat waarin hy invlieg hoor!!!
Jy moet dit op so 'n manier doen dat wat jy ook al gebruik om die gat toe te
stop nie 'n nuwe hangplek kan word nie.

"Annette" skryf in boodskap news:ctnep4$aq4$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Hoe om van vlermuise op 'n humanitêre manier ontslae te raak?
> 'n Vriend van my soek raad - een van die skole in hul omgewing het 'n
> vlermuisplaag, en dis so erg dat twee klaskamers ontruim moes word van die
> stank.
> Die vlermuise is glo tussen die dak en die plafon.
> Sal dit help om 'n paar uile daar los te laat?
> --
> Groetnis
> Annette
>
Re: Het iemand raad? [boodskap #101230 is 'n antwoord op boodskap #101210] Do, 03 Februarie 2005 04:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pete  is tans af-lyn  Pete
Boodskappe: 61
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Volle Lid
Ek het ook die probleem gehad. Stem saam, soek die opening(e) waar hulle
inkom en stop dit toe. Die mis en urine sal nuwe inwoners trek en dus is dit
verkieslik om die opening(e) toe te stop. Mens kry deesdae "foam" in 'n blik
en dit het goed vir my gewerk.

Ons predikant reken jy moet die vlermuise laat katkiseer en aanneem om
ontslae te raak van hulle. Werk vir die matrieks in ons kerk.........
Re: Het iemand raad? [boodskap #101232 is 'n antwoord op boodskap #101230] Do, 03 Februarie 2005 05:55 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:))) Baie dankie - uitstekende raad van die katkisasie:))
--
Groetnis
Annette

"Pete" skryf in boodskap news:ctsask$onu$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek het ook die probleem gehad. Stem saam, soek die opening(e) waar hulle
> inkom en stop dit toe. Die mis en urine sal nuwe inwoners trek en dus is dit
> verkieslik om die opening(e) toe te stop. Mens kry deesdae "foam" in 'n blik
> en dit het goed vir my gewerk.
>
> Ons predikant reken jy moet die vlermuise laat katkiseer en aanneem om
> ontslae te raak van hulle. Werk vir die matrieks in ons kerk.........
>
Vorige onderwerp: Wille Lewe in die Sederberg
Volgende onderwerp: Renosters
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 05:22:33 MGT 2024