Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Moord op Rehoboth

Do., 10 Maart 2005 08:00

Suidwester kan jy my bietjie meer inligting gee seblief?

Dankie

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Oor ons Volkslied ( Engels)

Do., 10 Maart 2005 04:22

Die skrywer het nogal 'n punt beet oor volksliede by sportgeleenthede:))

Read the story online:
http://www.news24.com/News24/Columnists/Chris_Roper/0,,2-163 0-1649_1673515,0
0.html

Nkosi Sikelel' as bad as Die Stem

Mar 09 2005 07:51:28:797AM
Chris Roper
Nkosi Sikelel' iAfrika is a "revoltingly religious" propaganda tool, and
sounds like a dog's breakfast looks, says Chris Roper.
I'm not a patriotic kind of guy. I love South Africans, because I've met
them, and because, hey, I am one. I love people's ideas of what it means for
them to be South African.
But I don't love South Africa, because I've never met it. And I hate
national anthems.
For me, there's very little difference between Nkosi Sikelel' iAfrika and
Die Stem.
They're both propaganda tools, designed to bind people to swearing undying
(or in some cases, dying) loyalty to an idea of a country, an idea that
changes as and when politicians need it to change.
They're both Christian nationalism put to music, although I'm perfectly
willing to concede that history has made Nkosi Sikelel' iAfrika more
palatable than Die Stem.
Not much more palatable, though. It's revoltingly religious, considering
we're supposed to be a secular nation.
I'm sure it's a shining example of South African reconciliation, but
frankly, it sounds like a dog's breakfast looks.
The ANC has a link from their site (www.anc.org) to the official version of
our anthem, and a translation into English. It includes these millenarian
yearnings:
"Descend, O Spirit
Descend, O Holy Spirit
Lord bless us
Your family."

The ANC website also gives some of the words to The Internationale, the
famous workers' song. Oddly, they leave out this bit:
"No saviour from on high delivers
No trust we have in prince or peer
Our own right hand the chains must shiver
Chains of hatred, greed and fear."

One wouldn't want to get into a conspiracy theory here. Although it IS
almost irresistible.... oh, what the hell.
My conspiracy theory is that they don't want to remind the mass of religious
voters who voted for them that their party is built on a secular platform.
And they're uncomfortable about the bit about not trusting your betters.
Of course, the more likely explanation is that the person in charge of the
site cut and pasted incorrectly. But still, let's not let common sense get
in the way of a perfectly good conspiracy theory.
Given the state of our local music industry, some people might argue that a
national anthem that sounds like one of those Hooked on Crap Music cds with
all the songs mixed into each other is perfect for this country.
But I can't help feeling sorry for Bafana Bafana before every match. We're
supposed to have a team of players with rhythm, for heaven's sake!
How are they supposed to go out and perform after going through such a
confusing musical experience? No wonder they're always falling over their
own feet.
I've never understood this fetish for playing national anthems before
sporting events, anyway.
Wouldn't it make more sense to play the advertising jingle of the shirt
sponsor? Does anyone still think that sport is a substitute for actual wars?
No, there's no substitute for the real thing.
Save the anthems for people who're actually about to die. Every time I hear
a national anthem played, I can't help thinking - "Oh oh... my nation is
about to ask me to forgive another one of its cock-ups."
I'd rather believe in the people, no matter what soundtrack they choose for
their lives.
Chris Roper thinks that I will survive should be our national anthem. What's
YOUR choice? Let Chris know.
See Chris's previous columns on his blog The World.
Disclaimer: News24 encourages freedom of speech and the expression of
diverse views. The views of columnists published on News24 are therefore
their own and do not necessarily represent the views of News24.

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Manto se taktiek

Di., 08 Maart 2005 09:07

Sy is nie dom nie, en werk nogal heel ekonomies met haar begroting.
Die rede hoekom sy so aangaan, is om ons te laat lag. Want sy het toe mos
ook gehoor dat as mens lag, is jy oor die algemeen fisiek meer gesond, en
ook minder depressief.
So, moenie kwaad word vir haar mannewales, en wat sy nie doen nie, maar lag.
So werk ons almal saam vir ons land:)))

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

Monster

Di., 08 Maart 2005 05:50

Gsiteraand het ek die Monster-fliek van Charlize Thééééron gesien en ek moet
sê dat hulle kon al die begin van die jaar vir haar twéé Oscars gegee het.
Die dier kón toneelspeel. Sy het die karakter geword en jy kon geen teken
van Charlize meer sien nie. 'n Storie wat vertel word sonder sensasie en
sonder foefies soos karre wat jaag en helikopters wat ontplof. Briljant.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

MODELMOOI...

Ma., 07 Maart 2005 12:19

Roxanne Coppins (16) van Edenvale is aangewys as die wenner van Model
Makers se SA Model Challenge wat onlangs in die Springs-stadsaal aangebied
is. By haar is haar tweede prinses, Marsal Pretorius (16) van Germiston.
Bianca Taljaard (16) was derde. Foto: ROBBIE SCHNEIDER
http://www.news24.com/Images/Photos/20050302130320oosrand2.j pg

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Sport

Ma., 07 Maart 2005 07:12

Miskien moet ons uit die Super 12 ( en 14) uittree, en 'n Afrika-kompetisie
stig - DAN sal ons wen. Die Krieketmense het ons mos nou gewys hoe;))
--
Groetnis
Annette

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Who's to Blame for SA Mess?

Ma., 07 Maart 2005 05:13

Archie Sneddon wrote:
> I've done some research on the history of South Africa and what is
>clear is that there are two key factors which stand out as being
>instrumental in South Africa's demise.
>
> Firstly, the afrikaans speaking community really abused their position of power when running the government.
>
> Secondly, the afrikaans people (boers)oppressed the blacks which has created a poor class of people which continues to the present day.
>
> I am interested in receiving comments on this matter, and hearing
>what afrikaans boers have in response to this claim, and also what they
>can do to rectify this problem.
>
> It appears that black people are on the verge of reclaiming farms and
>other property in that country, taking a cue from Zimbabwe.

Suid Afrika is 'n afrika land. Dit gaan baie goed met ons gemeet aan
afrika standaarde. Almal hier het 'n goeie lewens standaard gemeet aan
afrika standaarde. Hier is meer fasiliteite beskikbaar vir alle Suid
Afrikaners as enige ander plek in afrika. Gemeet aan die tiepe ding wat
in elders in afrika aangaan is ons ook relatief vreedsaam. Afrikane van
ander lande stoom na ons land in die hoop hoop 'n beter lewe.

Snaaks genoeg was dit die situasie in ons land vir meer as 10 jaar,
selfs onder die ou bedeling was dinge vir almal hier beter as in die
res van afrika.

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Rassisme en piesangs

So., 06 Maart 2005 12:16

http://www.praag.org/rubriek149.htm

Rassisme en piesangs
___________________________________________________________

Dan Roodt

Die afgelope weke kook en borrel dit in Suid-Afrika rondom die begrip
"rassisme". Die ergste belediging wat mens enigiemand deesdae kan
toevoeg is om hom of haar 'n rassis te noem.

Ekself is onlangs hieraan blootgestel, maar so ook die liberale
regters Traverso en King van die Kaapse regbank. Die herrie rondom
rassisme op die regbank tier nog steeds en dit wil voorkom asof die
Kaapse hoofregter, John Hlophe, elke blanke regter of advokaat van
rassisme verdink. Selfs die praat van Afrikaans in sy teenwoordigheid
word blykbaar as rassisme geïnterpreteer.

Die beheptheid met rassisme is natuurlik iets wat ons van die
Amerikaners oorgeneem het. In die verlede het verdelingslyne in
Suid-Afrika langs etniese en taalgrense gestrek - hoewel ons vanuit
die buiteland egter volgens die Amerikaanse rassemodel gesien is.
Sedert die ANC-oorname word mense in Suid-Afrika egter streng in
rassekategorieë ingedeel, presies soos dit in die VSA gedoen word.

Daarom is dit gepas dat ons in Amerika moet gaan soek vir 'n definisie
van rassisme. Een van die onlangse omskrywings van rassisme wat ek op
die internet teëgekom het, is: "om 'n piesang te eet". Ja, u het reg
gelees, die eet van 'n piesang kan onder sekere omstandighede as
"rassisties" ervaar word.

So 'n geval het onlangs in die VSA voorgekom toe 'n optog in die stad
Columbus op 15 Januarie 2005, Martin Luther King-dag, gehou is. 'n
Onbekende swart vrou het agterna 'n klag van rassisme teen 'n
polisieman by die burgemeester, mnr. Bob Poydasheff, aanhangig gemaak.

Wat het die polisieman gedoen? Het hy een van die swart optoggangers
een of ander rassistiese skelwoord toegevoeg? Het hy gewelddadig
teenoor iemand opgetree? Nee, al wat die arme man gedoen het, was om
'n piesang te eet.

Die ergste van alles is dat die burgemeester dié "klag", as mens dit
so kan noem, ernstig opgeneem het. Trouens, hy het agterna die vrou om
verskoning gevra dat 'n polisieman in sy stad 'n piesang op Martin
Luther King-dag naby 'n optog geëet het. In sy woorde:

"Soos ek aan u tydens ons telefoongesprek genoem het, spyt dit my dat
u Columbus-polisiemanne teëgekom het wat besig was om op straat
piesangs te eet toe u in Columbus vir die betoging aangekom het. Ek
verseker u dat daar geen bedoeling was om aanstoot te gee nie. Die
konstabels het voeding nodig gehad ná hulle vele lang ure op straat
gestaan het en veral die potassium wat in piesangs en ander vrugte te
vinde is."

Die burgemeester gaan voort deur te sê: "Daar was geen gedagte om
enigiemand te beledig of aanstoot te gee nie en miskien was dit
onnadenkend aan ons kant. Laat my in elk geval opreg om verskoning vra
vir enigiets wat ons polisiemanne kon gedoen het wat aan u of
enigiemand anders aanstoot gegee het."

Nou voel ek skielik skuldig. Ek moet bely dat ek so pas 'n piesang
genuttig het. Trouens, dit maak deel uit van my daaglikse ontbyt,
waarskynlik omdat ek insgelyks 'n behoefte aan potassium en ander
voedingstowwe voel. Sou Max du Preez dit as 'n teken van my rassisme
en verbintenis tot "blanke suprematisme" kon interpreteer? Moet die
onskuldige piesang as 'n rassistiese simbool gesien word omdat dit
beelde van sjimpansees wat iewers in die oerwoud dolgelukkig dié
vrugte afskil en verorber, oproep? Beelde wat dan onwillekeurig met
swartes geassosieer sal word, of liewer, wat swartes en sommige linkse
wittes in hul hipersensitiwiteit vir rassistiese simboliek of
toespelings geredelik op hulself van toepassing sal maak?

Enkele jare gelede was daar 'n geval van 'n blanke vrou wat 'n swart
kollega se fout met die onskuldige Afrikaanse uitroep "hoe kan jy nou
so 'n bobbejaan wees?" begroet het, en ook sy het haar 'n aanklag van
"rassisme" op die hals gehaal.

Oor die begrip "ras" kan daar heelwat gesê word (sien my vorige
rubriek Bloed, ras en genetika hieroor). Maar "rassisme" raak
toenemend 'n baie vae en al hoe meer belaglike begrip.

Dink gerus twee keer daaroor as u weer lus kry om 'n piesang te eet.
En maak tog seker dat daar geen swart persoon, of iemand soos Max du
Preez, in die omgewing is as u die geel vruggie begin afskil nie.

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

wie kan my se?

So., 06 Maart 2005 10:58

Wat verstaan hulle onder: 'Bobbejane agter die berge soek' ?

Dankie,.
Corné.

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Richard Attenborough

So., 06 Maart 2005 07:42

Daar was op TV nou die dag 'n prent oor hom en sy natuurrolprente wat hy
gemaak het. Interessante mens hy.( ons het hom ontmoet eenkeer)
Gematigd en vredevol soos wat hy is, het hy effe emosioneel geraak toe hy
verklaar het dat hy honderde briewe van mense kry wat wil hê hy moet die
grootheid en wonderlikheid van God besing, terwyl hy al die wonderlike en
natuurskone plekke wys. Hy sê toe hy kan dit nie doen nie, en dit is vir
elkeen om te besluit hoe wonderlik God is, want dan sal hy ook die
wonderlikheid en goedheid moet sien in die wurm wat hy gesien het wat in die
oog van 'n kind in WesAfrika boor, om permanente blindheid te veroorsaak.

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1838): [ «    318  319  320  321  322  323  324  325  326  327  328  329  330  331  332  333    »]
Tyd nou: Do. Apr. 24 19:11:01 UTC 2025