Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Onse ligte

Vr., 11 Maart 2005 19:14

Ons moet onse lig innie wêreld so laat skyn
dat hulle vir ons sal sê: "Nei man, dim djou lights!"
dan moet ons reply en sê: "Hey, dais my parkinglights,
jy moet check my brights!
"

Didi

http://www.ushakamarineworld.co.za/

Humor & grappe | 0 kommentare

" Pofadder " deur DONALD RIEKERT

Vr., 11 Maart 2005 12:33

POFADDER
Donald Riekert

Die pofadder lê
een tand mond oop
oor Boesmanland
sy lang tong
laat staan die son stil
rooi in die waas
van sy groot asem
sodat vir baie jare
die veld droog is
en niks wou groei
net brakbos blom

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Bababloubulletjies

Vr., 11 Maart 2005 09:02

Kon toe vandag nie 'n enkele punt aanteken nie - en dit glo met 'n volle
sterkte span.
Dit gebeur as 'n span te lank eendimensionele rugby probeer speel.....
--
Groetnis
Annette

Sport & ontspanning | 4 kommentare

Egoli se Hospitale van Hel

Vr., 11 Maart 2005 08:59

Uit The Big Issue Maart 2005:
( vertaal)

Twee gesondheidsbeamptes van 'n hospitaal in Springs, buite Johannesburg,
word beskuldig dat hulle hospitaalfondse misbruik het vir eie gewin, terwyl
pasiënte in skokkende toestande en sonder noodsaaklike mediese toerusting
moes klaarkom.
Hierdie optrede kom slegs maande nadat dieselfde gevind is by 'n ander
hospitaal in Johannesburg,
Die Gauteng Dept van gesondheid het die CEO van Far East Rand hospitaal,
Leonore Pretorius, en die administratiewe bestuurder, Thea Botha, na
beskuldigings dat hulle duisende spandeer het om hul kantore te laat opknap,
herontplooi.
Die ondersoek het gevolg op 'n anonieme brief van 'n personeellid.
Sommige van die " numerous irregularities" wat deur die ondersoekspan bevind
is was:
Tussen 12 en 15 pasiënte was nie na omgesien vir dae in die noodeenheid nie.
Babas in broeikaste wat nie funksioneel was nie.
Intensiewe sorgeenheid het geen gekontroleerde ingang en uitgangpunte nie.
Pasiënte was onversorg gelos, terwyl die personeel TV kyk in die
personeelarea.
Die Buitepasiënte-afdeling was oorvol met pasiënte, omdat daar net een
dokter aan diens was.
Geen behoorlike wagarea nie, of vensters by die dispensieafdeling nie.
Oprigting van 'n "inexplicably large" nuwe kraamafdeling sonder toestemming
van die streekskantoor, of konsultasie met geneeshere of
verpleegpersoneel.
Senior vakante sorgpersoneelposte
Geen fondse vir anti-retrovirale programme nie.
Slegs dokters was toegelaat in die personeelkamer. Die ander
verpleegpersoneel moes 'n maandelikse fooi van R300 betaal om van die
fasiliteite gebruik te maak.
Die departement sê hulle het 'n tussentydse bestuurspan aangestel by die
Far East Rand hospitaal, en dat Pretorius en Brand na ander hospitale
verplaas is terwyl die ondersoek nog aan die gang is.
Hierdie nuus kom na berigte in November van die dood van 76 kinders in 4
maande by die nabygeleë Natalspruit hospitaal, wat genoem word " the
hospital from hell".
Hierdie afsterwes was ook gekoppel aan ernstige tekorte aan dokters,
verpleegpersoneel en mediese toerusting.
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Ons Sorgsame Kliniekpersoneel

Vr., 11 Maart 2005 08:38

Ek gaan nou nie die hele ding vertaal nie:

From The Argus: 10/3/2005:

Four city clinic staf face disciplinary charges for stealing more than 2000
tins of baby milk formula meant for newborn babies of HIV positive mothers.
A 6 month supply of milk formula is given to HIV pos. mothers to prevent
them from infecting their newborns through breast-feeding.
But it is alleged that the 4 city clinic staff decided to try to make some
extra money from the sale of the formula on the black market.
The four officials, whose names have not been disclosed by the City of CT,
have not been suspended.
The City of CT also declined to say where this happened, but the Argus found
out it was at Gugulethu.
The investigation started in December, and the four guilty staff has been
pointed out.
The city pays for this formula, and in the investigation it was found that
delivery notes were also falsified.

Health clinics in the Western Cape provide the following services for
HIV/aids patients:
1) Freely available condoms to minimise the spread of HIV
2) Counseling and testing of HIV
3) Treatment of associated opportunistic infections and monitoring of people
suffering from it.
4) Prevention of the dpread of HIV from HIV-pos. mothers to their babies.
The mother to child prevention programme includes the treatment of HIV pos.
mothers with a cocktail of anti-retroviral drugs.

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Wat gee?

Vr., 11 Maart 2005 05:48

Die juffrou vra: "Klas, se vir my wat gee hoenders?"

Marietjie antwoord: "Eiers juffrou"

"Nou wie kan vir my se wat gee boerbokke?"

Sannie se "Bokmelk juffrou"

"En wat gee 'n koei ons?"

Jannie antwoord "Wiskunde en huiswerk juffrou!"

Humor & grappe | 0 kommentare

Dwelms in skole

Vr., 11 Maart 2005 05:40

Volgens 'n polisieman wat annoniem wil bly ter wille van veiligheid, bestaan
daar nie 'n skool in die land waar daar nie dwelmbedrywigheid plaasvind nie.
Volgens die MNR was die gebruik van dwelms in die Weskaap onder die jeug
( onder 20) 9 jaar gelede 5% ( 1 uit 20). Nou is dit 25% ( 1 uit 4).
Gemiddelde behandeling vir verdowing begin na eerste gebruik:
vir Tik - na 1.6 jaar,
vir Heroiene - na 3 jaar
vir Dagga - na 4.8 jaar
vir Kokaiene - na 5 jaar
Vir Mandrax - na 7.6 jaar
Vir Alkoholisme - na 20 jaar.
--
Groetnis
Annette

Onderwys & opvoeding | 0 kommentare

Vir Ferdi & Suidwester

Do., 10 Maart 2005 14:32

Wat is die rede volgens julle dat die SA spanne net nie die mas opkom in die
Super 12 nie.

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

Plaasgrond: interessant

Do., 10 Maart 2005 10:10

'n Kliënt van my vertel my pas 'n storie. Jare gelde, in 1992 om presies
te wees, raak 'n plaas naby die Namib beskikbaar en hy stel belang om die
grond te koop. Die plek is rof en ongerep en jy kan eintlik nie 'n groot
boerdery daar aan die gang sit nie, maar die natuurskoon is ongelooflik en
hy dink toe om daar 'n tentekamp op te rig vir die toeriste. Hy sit toe af
Landbank toe want die plaas kos toe R250 000. Die amptenary sê toe vir hom
hy kan die lening kry, maar omdat hy 'n wit vel het, moet hy die huidige
oortrokke bankrente betaal [23% op daai tydstip] en hy moet aan die end van
die eerste maand van die lening, die eerste paaiment terugbetaal. Sou hy
'n swart vel gehad het, sou hy kwalifiseer vir 'n 4% lening en 'n 5 jaar
latente tydperk voor hy sy eerste paaiment moet terugbetaal.
Seker nie nodig om te sê dat die ou nie gekoop het nie en die plaas lê
vandag nog onverkoop. Ek maak twee belangrike punte:
1. Die mense wat reken dat daar nie kommersiële geleenthede is vir swart
mense nie, weet nie waarvan hulle praat nie.
2. Omgekeerde apartheid en diskriminasie vier hoogty.

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Moord op Rehoboth

Do., 10 Maart 2005 08:00

Suidwester kan jy my bietjie meer inligting gee seblief?

Dankie

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Bladsye (1838): [ «    317  318  319  320  321  322  323  324  325  326  327  328  329  330  331  332    »]
Tyd nou: Wo. Apr. 16 19:39:20 UTC 2025