Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Commission for Africa report

Wo., 29 Junie 2005 07:20

Ag foeitog. Nog nie in Skotland rondgery nie?
--
Groetnis
Annette

, Scotland is a sub region within an
> island, and there is not much of Scotland outside the capital of Edinburgh
> is there?
>

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Musiek CD's en DVD's vir ons mense.....

Wo., 29 Junie 2005 00:34

op die regte prys.

http://www.musicdvdbakery.co.uk

Kalahari sien my nooit weer nie!

Albert

Musiek & liriek | 0 kommentare

RSG en Monitor

Di., 28 Junie 2005 07:52

Dit wil vir my voorkom asof Monitor ook nou 'n speelbal geword het van
die regering of te wel die ANC. Gisteroggend (27 Junie 2005), van net
na die 6 uur nuus tot en met half sewe, was daar net berigte op van die
ANC. Die anc dit en die anc dat. Nou moet ek ook byse dat al die
stories 'n mooi berig was maw dit het gegaan oor die ANC wat alles mooi
en reg doen.

Vanoggend was dit nou weer Cosato se beurt op monitor. Alles het gegaan
oor die gister se staking. Ek het naderhand so gatvol geword dat ek die
radio afgesit het. Hulle kon daardie berig na 3 minute verkort het en
dit sou meer aanvaarbaar gewees het vir my.

Het die eerste halfuur van monitor 'n "Ons bring julle ons getroue
kammerade gou op datum met wat julle gedoen het, en dan kan julle ook
hoor hoe goed julle is?"

Daar is soveel nuus in Suid Afrika hoekom moet hulle so bly hamer op
die Anc en Cosatu ?

Net Vrydag was daar 'n brokkie nuus op 702 gewees, waar 'n swart vrou
gekla het oor die gebooorte kliniek by Baragwanath hospitaal. Haar baba
is gebore en hulle het hom toegedraai in 'n swartsak omdat daar nie
komberse was nie. Hoekom kom sulke berigte nooit op Monitor nie?

Die hoofnuus vir my was die skool in die Kaap wat die saak gewen het
teen die Kaapse onderwts departement. Maar tot half sewe wat ek
geluister het was dit net genoem as hooftrek en nie breedvoerig
bespreek nie.

Al afleiding wat ek kan maak is Monitor dans na die NAC se pype.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Uit Huisgenotjies

Di., 28 Junie 2005 06:34

Pieter: Jan, het jy gehoor Koos het geval uit 'n boom wat 30 meter hoog is?
Jan: Nee. Hy lê seker nou in die hospitaal?
Pieter: Nee. Hy het net 'n meter hoog geklim toe sy voet gly en hy val.
--
Groetnis
Annette

Boeke, tydskrifte & koerante | 7 kommentare

TTL van plasings

Di., 28 Junie 2005 05:34

Hallo Almal

Weet iemand dalk wat is die gemiddelde TTL (Time To Live) van die plasings
op die NG. Ek merk op dat sekere boodskappe vir weke nog "leesbaar" is, maar
ander word as "message no longer available" na net 'n dag of twee gegee.

Groete

Riaan

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Sinlose boodskappe op RSG

Ma., 27 Junie 2005 08:51

Ek luister nou na RSG, en die mate van sinlose boodskappe is verstommend.
" Onthou nou jy en jou pa verjaar op dieselfde dag"
" Geluk met jou sewentiende verjaarsdag. Tien jaar gelede was jy sewe jaar
oud."
" Geluk my man, jy is vandag 53 jaar oud".
ens, ens.

Mens sou tog dink dat as iemand moeite doen om 'n verjaarsdagboodskap in te
stuur om op RSG uitgesaai te word, dat dit tog sinvol sal wees.
Gister lees ek dat die leerlinge en onderwysers dommer is as 'n geslag
gelede. Ek dink dit strek veel wyer.

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Kubervarke

So., 26 Junie 2005 22:31

Op die nuusgroep verskil ons oorheelwat sake - maar kom ons span saam mbt
die kubervarke wat van tyd-tot-tyd hul ongenooid opwagting hier maak.
Hier's 'n voorstel:
Stap 1. Moet onder geen omstandighede reageer of verwys na die op- of
aanmerking wat in die boodskappe gemaak word nie.
Stap 2. Gaan na "Message" en klik op "Block sender". Sodoende verskyn die
vark onder daardie besonderhede nie weer op jou skerm nie. Natuurlik
verander die vark sy besonderhede, maar dan blok jy hom/haar weer. (Onthou
dis baie makliker vir jou om hom te blok as wat dit vir hom is om sy
besonderhede te verander.)
Stap 3. As jy lekker keelvol raak vir die ou - regsklik op die vark se
boodskap. Gaan na "Properties" en dan na "Details" Die volgende verskyn
dan - soos in die geval hier gemeld:

"" Path:
ctb-nnrp2.saix.net!ctb-nntp1.saix.net!newshosting.com!nx02.i ad01.newshosting
.com!novia!newsfeed.icl.net!skynet.be!skynet.be!newspost001! tjb!not-for-mail
From: "Leo Camerlynck"
Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans
References:
Subject: Re: bOERE Se Tyd is Naby
Date: Sun, 26 Jun 2005 01:26:58 +0200
X-Priority: 3
X-MSMail-Priority: Normal
X-Newsreader: Microsoft Outlook Express 6.00.2900.2180
X-MimeOLE: Produced By Microsoft MimeOLE V6.00.2900.2180
X-RFC2646: Format=Flowed; Original
Lines: 35
Message-ID:
Organization: -= Belgacom Usenet Service =-
NNTP-Posting-Host: d4235787.news.skynet.be
X-Trace: 1119742017 news.skynet.be 24264 81.242.208.60:1074
X-Complaints-To: usenet...@skynet.be
Xref: ctb-nnrp2.saix.net soc.culture.south-africa.afrikaans:83912 ""

En nou kan jy 'n heel formele klagte rig aan usenet...@skynet.be - en
hulle op hoogte bring met hulle kliënt se wanaanwending van die diens wat
hulle aan hom/haar bied. Indien genoegsame klagtes ingedien word kan die
persoon vermaan word, en indien hy/sy nie gehoor gee nie kan wetlike
vervolgings plaasvind.

(Op die net het jy eintlik baie minder anonimiteit as die ou wat graffiti op
toiletmure skryf ....)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Kubervarke

So., 26 Junie 2005 19:37

Ek is nuut op newsgroups. My vorige boodskap het nie verskyn nie, so probeer
is die beste geweer. Dalk maak ek iewers droog.

grapjas

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Hoe kan ons van die varkie ontslae raak?

So., 26 Junie 2005 11:14

Daar moet 'n manier wees om hierdie vuilgat te verban?

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Ek soek advis

So., 26 Junie 2005 08:21

Hello.
Eck zoek advis om virj iemand kan mei tel of ik is a doos of ik is nee n doos ne.
Ik dink jul almalle ist groet doose.
Neigh ik weet jul is almal groet doose.
Mei buurman is ein afrikaaner en hy tel mei dat julle is almal groot doose.
Mei buurman is ook n doos.
Hy en julle praat kakalak in julle leilikke taal.
Ik is n wonderbar persoon ik weet julle gaan vir mei n groot hello se as ik in zui afrika kom bezoeken.
Ik en jul sal moet in die kroeg saam piss vol beer.
Lijke jou mense beer to piss. Ik is die grootste pisse in ons stadt. Kom drinken die pissen mit mei.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1834): [ «    285  286  287  288  289  290  291  292  293  294  295  296  297  298  299  300    »]
Tyd nou: So. Mrt. 29 22:17:40 UTC 2026