Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Ongelukkig korrek

Do., 14 Julie 2005 09:58

On Mon, 18 Jul 2005 03:58:03 GMT, "Bobby" wrote:

>
> "Jonas" wrote in message
> news:dbcs19$f9p$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>> Francois - wat sê jou geloof van terrorisme? Is dit ook 'n krom stok? Is
>> daar iets, volgens jou geloof, wat verkeerd kan wees? Of is alles wat
> gebeur
>> met die wil en instemming van God? Ek vra net.
>
> As jy 'n Christen was, sou jy die antwoord geweet het. Die hele wêreld is
> maar 'n deurmekaar plek, met soveel dinge wat "verkeerd" is (en dit is
> natuurlik 'n understatement), maar enige gelowige mens weet in sy/haar hart
> dat God in totale beheer is, alhoewel dit nie vir ongelowige mense so lyk
> nie. Dinge gebeur volgens 'n plan, God se uiteindelike plan, en hoewel baie
> aaklighede plaasvind en terrorisme op die oomblik onverowerbaar lyk, weet
> die gelowige mens dat hoe dit ook al vir God self seermaak, sekere dinge
> moet gebeur vir Sy uiteindelike plan om ten volle in werking gestel te word.
>
> Natuurlik is daar miljoene wat dit sal bevraagteken, maar dit is die
> gelowige mens se waarheid.
>

Dit is duidelik dat Jonas wel die antwoord ken. En net wil seker maak
dat Francois ook die antwoord ken. Miskien sal hy maar vir jou ook
die antwoord moet gee; dit is duidelik dat jy dit nie ken nie.

Koeitjies & kalfies | 47 kommentare

Lesersbrief in Beeld

Wo., 13 Julie 2005 18:26

dit was Dinsdag (11072005) se Beeld -
en sò skryf die Verwoerdburger:

***
Het ANC sò gou sy tereur vergeeet?

Dit is verskriklik inetressant om te hoor hoe kort die ANC leiers se
geheue werklik is. By monde van pres. Thabo Mbeki, mnre Bheki Khumalo
en Aziz Pahad veroordeel hulle soos een man die bomaanvalle in Londen.

Ons stem natuurlik almal daarmee saam. maar het hulle werklik so
gou van hul eie bomme vergeet? Die Kerkstraat - bom, Ellispark-bom,
Magoo's Bar-bom, St. James- kerkslagting en Wimpy-bom?

Dieselfde soort Umkhonto we Siswe-optrede word nou veroordeel. Is
daar werklik 'n verskil tussen wat hulle destyds tydens die sogenaamde
vryheidstryd gedoen het, soos landmyne op plaaspaaie, en wat nou in
Londen gebeur het? Kan een terroris werklik 'n ander nou veroordeel?

Asseblief, wees konsekwent!
***

Koeitjies & kalfies | 88 kommentare

Stilte

Di., 12 Julie 2005 09:52

Goortjie is baie slim om nou stil te bly en DD nog skuldiger te laat lyk.

Of is dit DD wat nou baie dom is om stil te bly...

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

" portret : drie kinders by die dam, vroeglente "

Di., 12 Julie 2005 01:56

Gert Vlok Nel

portret: drie kinders by die dam, vroeglente

in herinnering aan Koos

(sy't die een liefgekry) die arm een met die groot bek.
en die een hartseer oog die dag 10 jare terug by die ingewikkelde dan
toe hy sy hemp uittrek teen die lug, wegkyk & wag dat sy uittrek
& na die swem in sy hemp sy wou sterf in die kleef
terwyl hy haar hare met sy vingers
kam

(die ander een sou altyd daar wees) herkenning van bloed.
en die bestemde swawels wat elke jaar tussen hier & europa vlieg
altyd wetend & groeiend in hunkering, met noem-noem-bessies
wou hy haar
voed,
& donkernag toe hulle al 3 hand-aan-hand terugkeer & haar pa wag
sou hy vorentoe tree &
lieg

(ver weg & lank terug) dit sou haar oë mistig maak soos die berg
in somer & bymekaarmaak sou sy nog die pyn van die vroeëre
droom kon veel.
maar winter bring realiteit & krag, dié feite sou al haar aandag verg
een is weg & dood, sy i parapleeg, die ander i volslae homoseksueel

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Plek plek Nuus

Vr., 08 Julie 2005 13:22

Ek let op dat ek nie alle headers in die ng aflaai nie, wat haak met my nuus
server? Weet iemand miskien hoekom OE dit doen?

Dankie

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

Londen - swak tydsberekening

Do., 07 Julie 2005 23:51

Die aanvalle in Londen (wie ookal verantwoordelik) se tydsberekening was
swak.
Dit neem die fokus en druk weg van die G8 - en Afrika se saak ly skade.
En, indien dit 48-uur vroeër was het Londen waarskynlik nie die
Olimpiese-bod gewen nie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wie is wie?

Do., 07 Julie 2005 22:26

DD is ontbloot - of so beweer 'n klompie begaafde kuber bloedhonde. Nadat DD
"ontmasker" is lê daar 'n groter taak vir hulle voor. Wie is die sg
"Reisiger"? En - is die "Reisiger" en die "kosmiese messias" dieselfe
persoon?
Is dit nie ook DD nie?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Londen - swak tydsberekening

Do., 07 Julie 2005 16:27

Die datum het die aanval bepaal.....
--
Groetnis
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:dajfho$51s$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Die aanvalle in Londen (wie ookal verantwoordelik) se tydsberekening was
> swak.
> Dit neem die fokus en druk weg van die G8 - en Afrika se saak ly skade.
> En, indien dit 48-uur vroeër was het Londen waarskynlik nie die
> Olimpiese-bod gewen nie.
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

My hart gaan uit na die Londonners/Londonare

Do., 07 Julie 2005 16:10

Ai tog, wat 'n droewige dag.
Ons het almal geweet dit was nooit 'n kwessie van of nie, maar wanneer
London haar aanval gaan kry.
Ek kan my net indink watse choas, onsekerheid en droefheid daar nou kan
heers.
Soos wat ek die storie op RSG hier gehoor het tot dusver , het 6 bomme
ontplof by 2 moltreinstasies en op busse.
Tand is daar geen moltrein- of busvervoer nie, en geen seine om enige
selfoonoproepe te kan maak nie.

En hier sit ons ewe veilig en gekoester in SA.
--
Groetnis
Annette
Life is uncertain - eat dessert first
ann...@ctnet.co.za

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Londen onder aanval!!! Of nie?

Do., 07 Julie 2005 10:12

Vanoggend, 'n nog onbekende aantal ontploffings in die Londense Tubes. 'n
Bus het ook ontplof.

Sou dit met die olympiese spele te make hê?

Of G8? Dis tog myle daarvandaan...

Of 'n elektrisiteitsstoring...?

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1835): [ «    282  283  284  285  286  287  288  289  290  291  292  293  294  295  296  297    »]
Tyd nou: Do. Des. 18 18:08:23 UTC 2025