Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Down By The Seaside

So., 14 Augustus 2005 12:59

Annette, weet jy nie miskien waar ek dié song,
in MP3 kan kry nie?
Lyk of daai hope free MP3 sites se dae getel is.

Enig iemand anders wat dit het; TJ?

Musiek & liriek | 0 kommentare

Rugby: Gebrek aan diepte by Bloubulletjies

So., 14 Augustus 2005 08:10

Wat is die nut om te spog oor 'n beker in die kas, as daar nie genoeg diepte
is om 'n goeie wedstryd te kan speel nie ( ek praat nie van wen nie).
--
Groetnis
Annette

Sport & ontspanning | 3 kommentare

Google Earth

Vr., 12 Augustus 2005 12:10

Wie het al gekyk?

Pretoria lyk pragtig! Verwoerdburg ook.

Kaapstad lê (tipies) onder die wolke!!!

Hier by ons is dit nie so mooi skerp nie, behalwe Amsterdam se middestad.

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Regte warme Suid Afrikaanse mense

Vr., 12 Augustus 2005 08:39

Kom maak 'n draai en kyk hoe warm ons volk is!
www.kaal-gat.co.za

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Is dit Naasteliefde?

Vr., 12 Augustus 2005 05:04

Gaan oor die predikant/kerkraad/gemeente wat die heel bekwame
musiekonderwyser ( wat nie 'n lid van die gemeente is nie, en wat
musieklesse by die kerk aangebied het) af te dank omdat hy homoseksueel is.
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 343 kommentare

Kevin Putt se bewering

Vr., 12 Augustus 2005 05:01

Hoeveel kan mens aanvaar van Putt se bewering re Matfield en sy staalplaat?
Hoekom het die mense wat deur Matfield met die staalplaat aangeval is nie
daaroor gekla nie?
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Biltong Resep

Do., 11 Augustus 2005 08:20

Kan 'n mens dit so noem? Ek is opsoek na 'n biltong resep vir 'n Aussie
vriend van my, kan enige een help? Dankie

Kos & resepte | 1 kommentaar

DD se foto's

Wo., 10 Augustus 2005 21:07

Ek sou my eie foto's van uShaka met julle wou deel maar helaas...
'n Vlugtige besoek aan die Suidkus en Durban gebring aan die begin van
Junie. 'n Dag voor vertrek is my Fuji uit die Avis voertuig se kattebak
gestel. 'n Vernuftige stukkie diefstal - soveel so dat ek aanvanklik vermoed
het dat die dief 'n sleutel vir die kattebak moes hê.
Dis duidelik dat die manne slim geword het en besef dat dinge in die
kattebak toegesluit word. (Die diefstal het voor Pam Golding se kantoor op
die noordstrand plaasgevind juis toe ek navraag oor woonstelpryse gedoen
het - so binne 10/15 minute.)
Intussen 'n SonyCybershot ("Super Steady Shot" - 5,1 mB gekoop - heel
beindruk met die resultate.)
Hou aan om die foto's te pos - dit word geniet en waardeer.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: DD se foto's

Wo., 10 Augustus 2005 19:08

On Wed, 10 Aug 2005 14:07:40 -0700, "Jonas" wrote:

> Ek sou my eie foto's van uShaka met julle wou deel maar helaas...
> 'n Vlugtige besoek aan die Suidkus en Durban gebring aan die begin van
> Junie. 'n Dag voor vertrek is my Fuji uit die Avis voertuig se kattebak
> gestel. 'n Vernuftige stukkie diefstal - soveel so dat ek aanvanklik vermoed
> het dat die dief 'n sleutel vir die kattebak moes hê.
> Dis duidelik dat die manne slim geword het en besef dat dinge in die
> kattebak toegesluit word. (Die diefstal het voor Pam Golding se kantoor op
> die noordstrand plaasgevind juis toe ek navraag oor woonstelpryse gedoen
> het - so binne 10/15 minute.)
> Intussen 'n SonyCybershot ("Super Steady Shot" - 5,1 mB gekoop - heel
> beindruk met die resultate.)
> Hou aan om die foto's te pos - dit word geniet en waardeer.
>

maar ons het dan 'n afspraak gehad om saam 'n bier te gaan drink by
Thirsty's Jonas. Maar ons is vroeg in Junie Gateng toe. My skoonma
was sterwend en ons het eers terug gekom die eerste week in Julie
na die begrafnis afgeahndel is.

Jammer om te hoor van jou kamera. Maar jy het darem weer gekoop
en jy het goed gekoop. Jy het toe 'n smash & grab in die kattebak
gehad!

Kamera pryse is besig om heelwat te daal. Die D70 se prys is ook besig
om vinnig te verminder. Dit verkoop nou vir 12000 hier met 9000 vir
die D50.

Kameras is nou waar rekenaars 'n unieke posisie gehandhaaf het,
deur die enigste item te gewees het, wat goedkoper geword het.
Rede is dat al wat fabrikant is nou digitale kameras maak.
Soos ek nou die dag 'n Telefunkin wasmasjien gesien het:-)

Jy was by Pam Golding sê jy. Gaan jy koop?
Een van die woonstelblokke wat nou by uShaka gebou word,
se woonstelle op die boonste vloer is 'n ongelooflike 520vkm!
Nie verkeerde toetse gedruk nie; 520vkm het ek gesê,
elke woonstel met 'n eie swembad. As jy nou koop
terwyl dit nog in aanbou is, kan jy een kry vir 3.6m.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Jim Naude = Naartjie Bunker

Wo., 10 Augustus 2005 08:26

Ek wed my hele maand se salaris dat die "2" eintlik een en dieselfde persoon
is. As jy mooi gaan kyk na Naartjie Bunker se plasings is dit net te
opvallend hoe hy as "Engels sprekende" persoon moeilike afrikaanse woorde
reg spel, en ander kort woorde verkeerd spel. Dit behoort tog andersom te
wees

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1834): [ «    275  276  277  278  279  280  281  282  283  284  285  286  287  288  289  290    »]
Tyd nou: Ma. Mrt. 02 19:35:01 UTC 2026