Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Info vir bouwer

Ma., 05 September 2005 18:08

bouwer, weens jou onverpoosde (verwronge) menings
oor die Suid Afrikaanse politiek, het ek dit as reg beskou
om jou so èffe ingelig te kry oor die Suid Afrikaanse politiek
deur heel interessante feite te verskaf.

Dawie die Denker
**************

LP's soek glo leiding by sangomas
ANOESCHKA VON MECK

Rapport 4 September 2005


Kaapstad
Baie ministers en parlementslede raadpleeg eers hul voorvadergeeste
met die hulp van sangomas en 'n dolosgooiery voordat hulle besluite
oor belangrike kwessies neem.

Daar is glo ook " 'n presidensiële projek" waarin die geeste van
kamerade wat in die stryd teen apartheid gesterf het van oral, selfs
oorsee, huis toe gebring word. Sangomas vergesel na bewering dikwels
só 'n afvaardiging.

Dr. Kenneth Meshoe, leier van die ACDP, sê Suid-Afrikaanse politiek is
deurdrenk met voorvaderaanbidding en toordery. Hy gee die beoefening
van hierdie tradisionele Afrika-gebruike die skuld vir die misdaad en
wetteloosheid in die land.

Meshoe sê: "Die gebruik van sangomas deur parlementslede word vir die
publiek stil gehou. Sangomas word gereeld by sowel die plaaslike as
die provinsiale parlementsgeboue opgemerk. Selfs wanneer die parlement
nie in sitting is nie, word hulle oral hier gesien, maar niemand kan
sê waarom hulle hier is en op wie se aanvraag nie."

Prins Pathekile Holomisa, president van die Kongres van Tradisionele
Leiers van Suid-Afrika (Kontralesa), sê hy weet niks daarvan dat
sangomas die parlementsgeboue in die geheim besoek nie.

"Sover ek weet, kom hulle daar, soos enige ander landsburger, wanneer
wetgewing ter sprake is wat hul werk raak. Ek glo nie hulle kom ooit
skelm daar nie," sê hy.

Meshoe meen die publiek sal geskok wees as hulle weet watter vreemde
gebruike steeds deur verskeie lede van die regering bedryf en
ondersteun word.

Hy sê die minister van verdediging, mnr. Mosiuoa Lekota, is verlede
jaar op televisie in Lesotho gewys waar hy " 'n boks waarin daar
geeste van gestorwe kamerade was" na Vryheidspark in Pretoria geneem
het.

"Die regering stuur afvaardigings saam met sangomas wat geeste van een
plek na 'n ander moet 'verskuif'. Dit is 'n presidensiële projek."

Meshoe sê dié praktyk hou erge gevolge vir die land in.

"Vir ons wat in die bestaan van die geesteswêreld glo, beteken dit dat
die regering onbekende geeste en demone die reg gee om verwoesting te
saai in Suid-Afrika."

Volgens mnr. Sam Mkhwanazi, woordvoerder van Lekota, is hy nie bewus
van die geleentheid waar die minister geeste moes verskuif nie. Hy
meen as die minister wel daaraan deel gehad het, sou dit in sy private
hoedanigheid gewees het.

"Hoekom pik jy op die sangomas? Ek dink dit is die minister van
kultuursake se taak om te antwoord as sangomas by die parlement is,"
het Mkhwanazi gesê. Lekota is tans in Amerika.

Holomisa sê volgens tradisionele Afrika-geloof moet die geeste van
gelowiges na hul regmatige rusplek terugkeer.

"Só lewe hulle verder saam met ons," verduidelik hy. "Die terugbring
van geeste na Vryheidspark is deel van die versoeningsproses."

Holomisa sê al was iemand byvoorbeeld 'n verkragter, word hy goed
wanneer hy sterf en na God gaan. "Alle voorvadergeeste is goed en gee
leiding. "

Meshoe sê: "Afrika-politiek is deurdrenk met voorvaderaanbidding en
toorkuns, maar waar het dit ons gekry?

"Hoe verduidelik jy dat Afrikane aanhou stem vir leiers wat hulle
onderdruk en hul lewe verder in armoede dompel?

"Ons moet lojaal wees, maar as ons leier op pad hel toe is, hoef ons
hom nie daarheen te volg nie. Hierdie kontinent is ryk aan minerale,
maar ons word steeds deur erge armoede geteister; hoekom?"

Meshoe meen finansiële hulp aan Afrika is nie 'n genoegsame oplossing
nie.

"Daar moet eers 'n geestelike verandering teweeggebring word voordat
Afrika uit armoede sal opstaan. Dood kweek dood en lewe kweek lewe.

"Solank ons die dooies aanbid, sal die dood in al sy verskriklike
gedaantes vrylik tussen ons beweeg. Hoekom is ons dan verbaas dat
Suid-Afrika die hoogste misdaadsyfers ter wêreld het? Hier is dit 'n
alledaagse verskynsel dat nie net vroue nie, maar ook kinders verkrag
en vermoor word.

"Om weer lewend te word, het ons 'n lewende God nodig."

Die gebruik van sangomas in die alledaagse lewe is onrusbarend, sê
Meshoe. Hy vertel hy het self grootgeword met die gebruik om 'n
sangoma te besoek voor elke groot skooleksamen.

"Dit is steeds 'n algemene gebruik, maar hoe kan 'n sangoma wat
miskien gr. 4 het jou help om matriek te slaag?" wil hy weet.

Hy gee toe dat daar wel mense is wat genees word wanneer hulle
sangomas vir allerlei skete en siektes besoek. Dit skryf hy toe aan
die gebruik van medisinale kruie.

"Ek sê nie elkeen wat voorvaders aanbid, is ook by toorkuns betrokke
nie, maar almal wat toorkuns in Afrika bedryf, roep beslis ook
voorvadergeeste op."

http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_1764744,00.htm l

********************************************************

Toename in aanvalle op plase gevrees
SARIE VAN NIEKERK

Rapport 4 September 2005

Delmas
Drie plaasaanvalle in minder as 'n maand in die Delmas-omgewing het
die vrees laat opvlam dat plaasaanvalle aan die toeneem is.

Vuurwapens is klaarblyklik waarna die rowers soek.

Twee van die aanvalle is waarskynlik deur dieselfde groep uitgevoer.
Een van die rowers was in albei gevalle 'n vrou.

In een aanval het een van die rowers 'n polisie-uniform gedra en 'n
ander 'n koeëlvaste baadjie van die polisie. 'n Vuurwapen en 'n motor
wat soos dié van die polisie lyk, is in al twee voorvalle gebruik.

In die eerste aanval is die bejaarde mnr. Gunther Pendsailik en sy
vrou, Hillary, eienaars van 'n safari-lodge op die plaas
Matjiesgoedkuil, vroeg die oggend van 5 Augustus deur twee mans en 'n
vrou aangeval, vasgebind en van onder meer ses vuurwapens beroof nadat
Pendsailik gedwing is om die brandkas oop te sluit. Die rowers het ook
'n nuwe Nissan-bakkie gesteel.

In die tweede voorval verlede Sondagoggend is mnr. Buks Opperman (63)
en sy vrou, Mariaan (60), ook van die plaas Matjiesgoedkuil en nie ver
van die Pendsailik-egpaar af nie, die oggend ná kerk deur vier rowers
aangeval.

In nog 'n voorval dieselfde dag op 'n kleinhoewe tussen Sundra en
Delmas is mnr. Louwrens Human (70) om 18:00 deur twee rowers oorrompel
toe hy sy diere gevoer het.

Insp. Louis Frade, 'n speurder van Delmas, sê die vrees bestaan dat
daar 'n toename in plaasaanvalle kan wees.

Die moontlikheid dat lede van die polisie betrokke is, word ondersoek.
Nog niemand is in verband met die aanvalle in hegtenis geneem nie.

************************************************************ *

Vandag se Daily News

ANC silent on suffering of the poor Bheko Madlala 5 September, 2005
South Africa
Inkatha Freedom Party president Mangosuthu Buthelezi has upped the
stakes in the battle for the the electorate ahead of the local
government elections by accusing the ANC of placing a blanket of
silence on the suffering of poor people in South Africa.

"A blanket of silence is placed on the sufferings of the people and
the rapid degener-ation of South Africa. Economic figures may be
hopeful and may augur well for the future, but there are many things
the economic figures do not reflect at this juncture.

http://www.dailynews.co.za/index.php?fSectionId=500&fArt icleId=2863936

************************************************************ ****

Besluit self oor dié een - ek kon nie help om te lag hieroor nie
............................................................ ..............

Zuma's new bull comes out fighting
A bull saw red yesterday and ran amok, chasing supporters of ousted
deputy president Jacob Zuma who were wearing red T-shirts bearing the
slogan "innocent until proven guilty".

The bull, a gift for the ever-popular Zuma, became incensed - possibly
at the red T-shirts, sending Zuma supporters scurrying for safety
during the Umkhumbane Cultural Festival in Chesterville, south of
Durban.

Two people were injured when they were attacked by the bull and had to
be rushed to hospital for medical attention. The bull and a blanket
were among several gifts given to Zuma as part of the Ubhaqa Award
which was bestowed on him by Umkhumbane (Cato Manor) residents
yesterday.

http://www.dailynews.co.za/index.php?fSectionId=499&fArt icleId=2863975

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Vryheids Fronter stig sy eie CP

Ma., 05 September 2005 18:03

Ek sien die VF+ se enigste LPW in Mapoepolanga het sy eie CP gestig en
so die paar VF+'ers in die poepol distrik verraai.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Homo seksueel angeboren niet aangeleerd.

So., 04 September 2005 08:56

Homo ruikt zoals vrouw

Door onze redactie wetenschap

ROTTERDAM, 10 MEI. De hersenen van homoseksuele mannen
reageren hetzelfde op een geurcomponent uit mannelijk zweet
als de hersenen van vrouwen. De hersenen van heteroseksuele
mannen geven geen reactie op dezelfde stof. Zweedse
neurologen van het Karolinska Instituut in Stockholm hebben
dit met hersenscans aangetoond. Ze publiceren hun onderzoek
morgen in het Amerikaanse wetenschappelijke tijdschrijft
/Proceedings of the National Academy of Sciences/.

De grootste hersenactiviteit in reactie op de geurstof
registreerden de onderzoekers in het voorste deel van de
hypothalamus, een hersengedeelte dat bij dieren betrokken is
bij het seksuele gedrag. Deze activiteit zagen zij alleen
bij de twaalf heteroseksuele vrouwen en de twaalf
homoseksuele mannen die zij onderzochten, niet bij twaalf
heteroseksuele mannen.

Met deze studie leggen de onderzoekers voor het eerst een
relatie tussen neurologische processen en seksuele voorkeur.
Eind jaren tachtig toonde de Amsterdamse hersenonderzoeker
Dick Swaab aan dat er anatomische verschillen bestaan tussen
de hersenen van homo- en heteroseksuele mannen, eveneens in
de hypothalamus. Destijds bleef onduidelijk wat de functie
daarvan was.

De geurstof uit mannenzweet, androstadienon, is een afgeleid
molecuul van het mannelijke geslachtshormoon testosteron. Al
langer vermoeden onderzoekers dat androstadienon fungeert
als feromoon, een vluchtige signaalstof die betrokken is bij
seksueel gedrag. Voor dieren is het bestaan van feromonen
aangetoond, maar bij de mens twijfelen sommige onderzoekers
daaraan. Het Zweedse onderzoek geeft nu wel een sterke
aanwijzing voor het bestaan van feromonen bij de mens.

Koeitjies & kalfies | 19 kommentare

NIEUWS AMSTERDAM

So., 04 September 2005 08:12

Zondag 4 September 2005
NIEUWS AMSTERDAM

Regionaal nieuws zaterdag 3 september 2005

KROMMENIE
Dader steekpartij aangehouden

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Swart Wapeneienaars pak bul by horings

Sa., 03 September 2005 17:14

Die Swart Wapeneineaars groep het (gaan) blykbaar die regering dagvaar vir
'n paar biljoen Rand omdat hulle lisensie en hernuwings aansoeke (soos die
wittes s'n) voor die voet afgewys word. Wens nou net die wit wapen eienaars
groepe doen dieselfde en dwing sodoende die regering en by name die SAPS om
hulle werk oordentlik te doen.

Veiligheid & wapens | 16 kommentare

Nog oorstap in die parlement

Sa., 03 September 2005 07:16

Die string hierbo word te lank en die redenasie rafel uit. Prakties
gesproke is daar met die 'stem vir 'n party' 'n groot probleem. die
kiesers in 'n betrokke area leer nie sy verteenwoordiger ken nie want dit
alles gaan afhang hoeveel mense 'n party in die parlement gaan kry. Dit
beteken dat jy eintlik niks kan doen om 'n kundige persoon in jou omgewing
in beheer kan kry nie en die politici kom ook nie na 'n gebied toe en kom
stel sy saak nie. Dis soos 'n 'lucky packet'.....jy hoop maar jy kry
iemand ordentlik. Is dit werklike demokrasie? Het die kieser werklik 'n
sê oor sy eie toekoms? In teorie ja, in praktiese uitvoering, nee.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Baby Jordan - Daily News

Vr., 02 September 2005 19:49

Baby Jordan suspects want bail 11 August, 2005
Three men and a teenager accused of the June murder of 6-month-old
Jordan-Leigh Norton will apply for bail at the Wynberg Magistrate's
Court next month.

HEADLINE
Suspects beaten 2 September, 2005 South Africa
The bail hearing of one of the men accused of murdering baby
Jordan-Leigh Norton was postponed yesterday after he was beaten up by
fellow prisoners in the holding cells of the Wynberg Magistrate's
Court.

As die berig verder gelees word, word vertel dat die ander een ook
dik geslaan is. Die een van wie hier vertel word, het gehuil in die
hof. Hulle advokaat sê dat die polisie hulle in die selle toesluit en
vir die ander gevangenes vertel dat 'dit die baba moordenaars is.'

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Naand

Vr., 02 September 2005 18:40

Naand. is nuut hier.

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Ivor van Heerden

Vr., 02 September 2005 12:34

Die afgelope tyd word baie onderhoude met Ivor van Heerden
gevoer oor wat in New Orleans aangaan. Hy is professor by
een of ander universiteit in New Orleans, en was een van die
mense wat in die dae voor Katrina geland het, gewaarsku het
dat dit 'n katastrofe kon word op die lyn van die tsunami. Ek
dink sy veld is in Public Health, maar hy dra intiem kennis van
die geografiese struktuur van New Orleans. Aanvanklik het
mense hom bietjie gaan sien as onnodig pessimisties oor wat
kon gebeur. Nou het baie van sy voorspellings bewaarheid
geword.
Gisteraand sien ek hom weer op 'n program. Nou
sê hy dat die mense so konsentreer op wat in New Orleans
aangaan met die afbreek van orde, dat hulle nie aandag
gee aan wat al klaar in Baton Rouge aangaan nie. Daar
was natuurlik 'n influks van vlugtelinge in Baton Rouge
in voordat die orkaan geland het. Maar nou kom daar
nog meer vlugtelinge in die stad in met geen heenkome,
en in baie gevalle ook met skaduagtige motiewe. Hy sê
die mense van Baton Rouge is besig om teen die
nuwe aankomelinge te draai.
Ivor van Heerden het 'n breë Afrikaanse aksent.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Interessant!

Vr., 02 September 2005 06:42

Van die mense wat hierdie tjol pos op die ng en jy hulle in jou 'kill file'
sit en skielik is die ou draak van Kanada 'missing'. Ek soek in die
verbanne lys en wie sal ek vind? Bouwer@bouwer! Lekker. So die antie
is een van die strontgooiers onder 'n skuilnaam! Hoe verveeld kan 'n mens
dan ook wees? Sy het of werk of seks nodig in haar lewe....um, sal seker
maar werk moet wees!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    269  270  271  272  273  274  275  276  277  278  279  280  281  282  283  284    »]
Tyd nou: Do. Jan. 15 09:34:23 UTC 2026