'n Geveg waarin baie hulself bevind... ; Sa., 30 Mei 2020 19:05
Onverwags kom jy
onophoudelik!
'n dief in die nag
my drome kom steel
realiteit 'n nagmerrie gemaak
my eens wegbreek na fantasie, ontneem.
die hede
'n spel van 'slangetjies en leertjies'
vir 'n splitsekond - sewende hemel
trappe, geen ruskans of gevestigde fondasie
'n donkerte
geen vuurvliegie in sig - hoe beskryf jy dit?
MAAR
Jy is my skuiling
dié Een, my lewende en standvastige anker
my gedagtes alweer in volgorde geplaas.
Die hemelruim
só rustig
my gelukbringer
en toevlug teen die skreeuende stemme,
keer-op-keer die vier mure probeer oorwin.
Soveel uitdagings
kanse gegee, weer-en-weer
deur storms, diepe waters en winde sterker as dié mensdom
antwoorde, weggesteek en begrawe op die lewenspad
angs, bekommernis, skuld, stres en vrees
Ons het pas 'n radiospeler op die werf beskikbaar gestel waarmee luisteraars vinnig tussen Afrikaanse stasie kan spring. Ons hoop dat mense dit vir agtergrondvermaak kan gebruik terwyl hulle op die internet rondspeel.
Om die speler te aktiveer, kliek op die radio-ikoon regs bo-aan die bladsy. Die speler sal in 'n nuwe venster oopmaak. As dit nie outomaties begin speel nie, kliek op die "Speel"-knoppie. Om van stasie te verwissel, kies bloot 'n nuwe stasie en wag totdat dit begin speel.
Laat weet gerus as u weet van stasies wat ons kan bysit, of hoe ons die speler verder kan verbeter en meer bruikbaar kan maak.
Die onderstaande lys bevat Engels-Afrikaanse woorde wat algemeen deur die Buro vir Heraldiek gebruik word as hulle blasoene in die Staatskoerant publiseer. Laat weet asseblief as u addisionele terme het wat ons kan bysit, of as enige van die bestaande inskrywings verbeter kan word.
A
Abbaissé — verlaagde
Achievement of arms — wapen
Addorsed — afgewende
Adextre — na regs
Affronté — aansiende
Ancient crown — antieke kroon
Ankh — hengselkruis
Annulet — ring
Appaumé — palm na vore
Argent — silwer
Armed (claws) — genael
Armed (horns) — met horings
Armed (teeth) — getand
Armiger — wapenvoerder
Armigerous — wapenvoerend
Armory — wapenkunde
Arms — wapen
Ascending — opwaarts vlieënd
Asenestre — na links
Astral crown — astrale kroon of sterrekroon
At gaze — aansiende
Attired — met horings
Azure — blou
B
Badge — kenteken
Banded — gebind
Banner — banier
Bar — balk of dwarsbalk
Barbed — gepunt
Barrulet — streepbalk
Barry — gedwarsbalk
Bars gemelles — tweelingbalk
Base — skildvoet
Battle-axe — strydbyl
Beaked — gebek
Bend — skuinsbalk
Bend sinister — linker skuinsbalk
Bendlet — versmalde skuinsbalk
Bendlet sinister — versmalde linkerskuinsbalk
Bendwise — skuinsgeplaaste
Bendwise sinister — linkerskuinsgeplaaste
Bendy — skuinsbalkgewys
Bendy sinister —linkerskuinsbalkgewys
Between ... — vergesel van ...
Bezant — besant
Bezanté — besaai met besante
Billet — blokkie
Billety — besaai met blokkies
Blazon — blasoen
Bleu céleste — hemelsblou
Bordure — skildsoom
Bow (of a key) — ring
Bretessé — aan beide kante gekanteel
Brisure — breuk
Broad fitchy — breedspits geknobbel
Brunâtre — bruin
"Bucket shop" — wapensmous
Bureau of Heraldry — Buro vir Heraldiek
C
Cabled — gekabel
Caboshed — aansiende
Caduceus — merkuriusstaf
Caltrap — voetangel
Canting arms — sprekende wapen
Canton — kanton of vrykwartier
Catherine wheel — Katharina-wiel
Celestial crown — sterrekroon
Chained — geketting
Champagne — skildvoet
Chapé — gekap
Chaplet — krans
Charge — wapenfiguur
Charged with ... — belaai met ...
Chaussé — gekous
Chequy — geskaak
Chevron — keper
Chevronel — streepkeper of versmalde keper
Chevrons coupled — gekoppelde kepers
Chevronwise — kepersgewys
Chief — skildhoof
Chief of religion — geloofskildhoof
Cinquefoil — vyfblaar
Climant — klimmend
Close (wings) — met vlerke gevou
Cloverleaf — gedrieblad teengedrieblad
Coat of arms — wapen
Cogwheel — tandrat
Cogwheel trefly — klawerrat
Coiled — gekronkel
Collared — gehalsband
Colour — kleur
Combatant — toegewend
Compartment — kompartement
Compass rose — kompasroos
Compony — geblok
Conjoined — aanstotend
Contourné — omgewend
Coronet — kroon of kroontjie
Cotised — gerib
Couchant — leggend
Counterchanged — van die een in die ander
Couped (head) — afgesnede
Couped (ordinary) — verkort
Couped close — afgesnede
Courant — in volle ren
Coward — met stert tussen die bene
Crenellated — kanteelvormig
Crescent — wassenaar
Crest coronet — helmkroon
Crined — met hare
Cross — kruis
Cross barbed — pylkruis
Cross botonny — geknopte kruis of klawerkruis
Cross crosslet — herkruiste kruis
Cross fleuretty= geleliede kruis
Cross flory — leliekruis
Cross gably — gewelkruis
Cross humetty — verkorte kruis
Cross moline — ankerkruis
Cross patonce — geleliede kruis
Cross pattee — breedarmige kruis
Cross potent — krukkruis
Crown — kroon
In fess — naas mekaar geplaas
In frontal view — in vooraansig
In its piety — met haar kuikens
In its vigilance — wat 'n klip in sy regterpoot vashou
In orle — binnesoomsgewys
In pale — paalsgewys geplaas
In saltire — skuinsgekruiste
In umbra — in omtreklyn
Increscent — gewende wassenaar
Indented — uitgetande
Inescutcheon — binneskild
Interlaced — ineengevleg
Invected — ingeskulp
Inverted — omgekeerd
Issuant — uitkomend
Naiant — swemmend
Naval crown — skepekroon of vlootkroon
Nebuly — gewolkte
Nombril point — skildnawel
Nowy — geknobbel
Nowy gably — gewelvormig geknobbel
Nowy of a Karoo gable — Karoo-gewelvormig geknobbel
Nowy of a trimount — driebergvormig geknobbel
Nowy of an Indian cupola — geknobbel met 'n Indiese koepel
Ek het 'n boek wat dateer uit die jaar 1938 en kan nerens iets omtrent die boek vind nie.; Vr., 17 April 2020 19:59
As daar iemand is wat meer inligting kan verskaf in verband met die volgende boek sal ek dit hoog op prys stel.
"Jo" deur "Tieras". Dit is "n afrikaanse jeugverhaal wat uitgegee was deur Nasionale Pers Beperk. in die jaar 1938.
Ek kan nerens enige inligting omtrent die skrywer of boek kry nie.
kiemvakansie, grendelstatus; So., 05 April 2020 08:29
'n Voorstelling van die koronavirus.
Op 15 Maart 2020 het pres. Cyril Ramaphosa aangekondig dat Suid-Afrika vir 21 dae in 'n grendelstaat sal verkeer om die verspreiding van die koronavirus (COVID-19) te bekamp. Dié keimvakansie duur van Donderdag, 26 Maart om 23:59:59 tot Donderdag, 16 April 2020 om 23:59:59.
Skole sal in die tyd gesluit wees, 'n reisverbord is ingestel en mense is versoek om tuis te bly. Mense mag slegs hul huise verlaat om inkopies te doen of nooddienste te verrig. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is op 'n gereedheidsgrondslag geplaas om die polisie en ander staatsdepartemente by te staan in die toepassing van die afsluiting.
Dit lyk egter of daar verskillende reëls vir verskillende mense geld. As jy met jou hond op straat gevang word, wag 'n boete van R5000 (herhaalde oortreders kan ses maande gevangenisstraf ontvang), maar taksies kan tot kapasitiet gelaai word. Talle beskou ook die verbod op sigarette en drank as absolute malligheid.
Ondertussen het Moody’s ons ekonomie na rommelstatus afgegradeer en die rand verhandel teen bykans R20 teenoor die Amerikaanse dollar. Dis nou die derde kredietgraderingsagentskap wat dit doen, ná Standard & Poor’s (S&P) en Fitch die land reeds vroeër afgegradeer het. Koswinkels maak GROOT geld soos mense paniekaankope doen, maar die res van die ekonomie staan botstil.
Tog hoop ons dat ons huisarres lewens sal spaar en dat die ekonomie hierna spoedig tot sy vorige glorie sal herstel.
Sterkte en hou goeie moed, ons detensie (inhokking) is amper verby!
OPSOEK NA WERK DRINGEND ASB
Goeie dag
Ek verneem graag of u weet van enige beskikbare administratiewe/ontvangs/sekretariele/executive personal assistant poste in Gauteng OMGEWING?
Indien wel, sal ek dit hoog op prys stel as u my kan laat weet per inbox-boodskap/whatsapp/sms of selfs telefonies.
Ek het bykans 30 jaar ondervinding in algemene sekretaresse/executive personal assistant en ontvangsdame en is bereid om enige pos te oorweeg. Ek beskik oor eie vervoer en is dadelik beskikbaar.
Stuur asb privaat boodskap of u kan my ook kontak op 0845209713.
Baie dankie
Die musieklegende Lance James is vanoggend (2 Maart 2020) in die ouderdom van 81 oorlede. Hy het diep spore in die plaaslike musiekbedryf getrap met sy country-musiek en meer as 70 albums. Van sy grootste treffers sluit in "Dankie", "Vicki" en "Ahoy, Madagaskar Ahoy!". Hy is by Huisgenoot se 2009-Skouspel vir sy lewenslange bydrae tot Afrikaanse en Suid-Afrikaanse musiek vereer. In 2019 het hy 'n soortgelyke erkenning van die FAK ontvang.
Dankie vir wat jy vir Afrikaanse musiek gedoen het...
Ek het vanoggend vir die eerste keer 'n snit van Pietman Geldenhuys op Pretoria FM gehoor. 'n Fantastiese sangtalent.
So 'n bietjie agtergrond: Pietman Geldenhuys in 1981 in Prince Alfred’s Hamlet in die Boland (Wes-Kaap) gebore. Ná skool is hy Engeland toe, waar hy as plaasbestuurder en arbeidskonsultant gewerk het. Daar het ook as kelner en portier diens gedoen om sy inkomste aan te vul. Later het hy op straat en in kroeë begin speel. Met sy terugkeer na Suid-Afrika studeer hy radio- en televisiewese en tree saam met Valiant Swart en sy orkes op. Sy eerste album, "Hamlet by Night", is in 2008 bekendgestel. Daarna volg "You and I" in 2017 en sy eerste Afrikaanse album, "Van Die Os Op Die Jas", in 2018. Hy tree ook onder die verhoogname Peter Mitchell en Pietman Die Skot op.
Ek het ervaring in:
* Die verkeerde perd opsaal,
* Te veel hooi op die vurk laai,
* 'n Eiertjie lê,
* Jong osse inspan en Katte skiet.
* Dan kan ek ook ou koeie uit die sloot grawe en met die hele mandjie patats uitkom.
* Ek sal deur die wingerd loop met wingerdgriep en die wrange vrugte pluk.
* Vroeg smôrens sal ek die room afskep, en op eiers loop.
* Ek kan natuurlik ook balke saag, twak verkoop, appels swaai, en jou wys waar Dawid die wortels gegrawe het.
* My spesialiteit is om pêrels voor die swyne te werp en met 'n ander man se kalwers te ploeg.
* Ek sal saam met die hoenders gaan slaap!
* Ek sal vir jou die bul by die horings pak.
* My weiveld ondervinding is om vir Wolf skaapwagter te maak en ook om agteros in die kraal te kry na dit by Daantjie in die kallerhok was.
* Ek kan skape tel.
* Ek kan die dam onder die eend uitruk, en ek kan hond haar afmaak.
* Ek is 'n perd van 'n ander kleur, ouens soos ek is so skaars soos hoendertande.
* Ek werk vir 'n appel en 'n ui!
Laat weet my asseblief spoedig.
Ek kan enige tyd begin, net nie hierdie Saterdag nie, Jakkals het my genooi vir sy troue.
Hy trou met Wolf se vrou.