Uitroepe! van verbasing, ongeloof, ontsteltenis, verwondering.
ag nee!
allamagtag!
allamagtig!
allamapstieks!
allamensig!
allawêreld!
allemagtig!
allemensig!
allemintag!
allewêreld!
bid jou aan!
deksels!
duiwel!
duiwelsdood!
gedoriewaar
genugtig!
gits!
goeiste!
gommeslaai!
hete!
hierts!
hygend hert!
inderbloed!
jandoriewaar!
jislaaik!
jitte
klipsteen!
liewe aarde!
liewe ouers!
liewe vader!
magtag!
magtie!
magtig!
mapstieks!
maskas!
mastig!
matjiesgoed!
my hemel!
my magtig!
nou toe nou!
O gaats!
O Griet!
O hel!
O my grote Griet!
O vader!
ongelooflik!
op dees aarde!
so wragtag!
sowaar!
vader ons!
vader weet!
vaderland!
verbrands!
verdomp!
vervlaks!
vervloeks
waaragtig!
wat de joos!
wraggies!
wragtag!
wragtig!
Vul aan asseblief
Die Sfinks het gevra: Wat is die geheim van sukses?
En die Almanak het geantwoord: Bly op datum.
En die Bergspits het geantwoord: Sorg dat jy uitstyg.
En die Besem het geantwoord: Vee weg alles wat in jou pad kom.
En die Boek het geantwoord: Bly op die hoogte.
En die Domino het geantwoord: Sorg dat jy presies weet waar jy inpas.
En die Doringdraad het geantwoord: Moenie laat slaplê nie, al gaan dit ook klereskeur.
En die Duim het geantwoord: Wees uniek.
En die Duimspyker het geantwoord: Hou kop.
En die Gebou het geantwoord: Staan stewig.
En die Gom het geantwoord: Kry 'n goeie ding en klou daaraan vas.
En die Grap het geantwoord: Behou jou sin vir humor.
En die Horlosie het geantwoord: Moenie agterraak nie, want dan haal jy nooit weer in nie.
En die Kam het geantwoord: Behou al jou tande.
En die Kamera het geantwoord: Fokus eers goed, en skiet dan.
En die Knoppie het geantwoord: Druk.
En die Knoop het geantwoord: Moenie los rondhang nie.
En die Koeël het geantwoord: Wees blitsig.
En die Koevert het geantwoord: Noem 'n ding op sy regte naam.
En die Kompas het geantwoord: Hou koers.
En die Leer het geantwoord: Hou aan klim.
En die Lepel het geantwoord: Bly skep.
En die Mes het geantwoord: Bly skerp.
En die Mikrofoon het geantwoord: Laat gedurig van jou hoor.
En die Mikroskoop het geantwoord: Gee aandag aan die klein dingetjies.
En die Motorenjin het geantwoord: Moet nooit lank net luier nie.
En die Pil het geantwoord: Moet nooit bitter raak nie.
En die Posseël het geantwoord: Jy moet bereid wees om ver te gaan.
En die Potlood het geantwoord: Bly by jou punt.
En die Pyl het geantwoord: Wees reguit.
En die Rek het geantwoord: Moenie oorspanne raak nie.
En die Sampioen het geantwoord: Groei! Groei! Groei!
En die Skaal het geantwoord: Wees ewewigtig.
En die Skaduwee het geantwoord: Sorg dat jy naby die grootbaas bly.
En die Son het geantwoord: Bring lig, nie net hitte nie.
En die Steen het geantwoord: Wees hardgebak.
En die Steenkool het geantwoord: Selfopoffering.
En die Ster het geantwoord: Skitter.
En die Tafel het geantwoord: Staan stewig.
En die Tandeborsel het geantwoord: Herkou 'n ding voordat jy dit sluk.
En die Telefoon het geantwoord: Kry antwoorde van die mense by jou.
En die Teleskoop het geantwoord: Kyk ver, al weet jy jy sal nooit daar kom nie.
En die Tol het geantwoord: Om staande te bly, moet jy spoed hê.
En die Toring het geantwoord: Mik wel na die sterre, maar anker jou stewig op die aarde.
En die Troffel het geantwoord: Moenie skrik vir morsige werk nie.
En die Tuin het geantwoord: Moenie laat die vuilgoed groot word nie.
En die Vensterruit het geantwoord: Bly deursigtig.
En die Veer het geantwoord: Gee mee, maar kom terug na die basiese.
En die Verloofring het geantwoord: Sorg dat mense jou sien skitter.
En die Vurk het geantwoord: Moenie jou oorlaai nie.
En die Wilger het geantwoord: Wees so ontspanne as wat jy kan.
En die Wind het geantwoord: Moet nooit gaan lê nie.
En die Woordeboek het geantwoord: Wees sistematies.
En die Wortel het geantwoord: Sorg dat jy lof kry.
En die Ysblokkie het geantwoord: Bly koel.
En hulle had almal reg, maar elkeen slegs op eie beperkte wyse. Wat jy sien, hang naamlik nie bloot af van waarna jy kyk nie; wat regtig tel, is waarmee jy kyk. Daarom is die Oog se raad die beste – dit hang af uit watter hoek jy die ding sien: Bekyk 'n saak van alle kante, en sien dit in perspektief.
Kwinksinnig : Taalskertse deur Johan Combrink en geïllustreer deur Piet Grobler. Kaapstad : Tafelberg, 1998 pp. 10 en 11.
Hier is 'n interessante video van Steve Hofmeyr oor die "Black Lives Matter"-beweging en sy ywerige kniebuigers:
"Dekades se swart voorkeure kry toe skielik 'n nuwe groen baadjie. Onthou, hulle soek nie MEESTE van jou geld nie. Hulle soek AL jou geld. Siya, Graeme, Francois, Faf en ander sak op die knie af en binne 24 uur word sport - die laaste ding wat ons nog saamsnoer - ons grootste verdeler. En dié wat nie wil buig nie, word summier ge-cancel. Ek vra die BLM beweging, in Suid Afrika en in Amerika, 'n paar vrae oor dié kastige "diskriminasie" teen swartes. Ek vra BLM veral: waarheen hol julle as swartes nie die slagoffers is nie, maar die oortreders en die witbroodjies is?
Die "keuse" om te buig sal voor rugby gestel word en daarna kom dit na 'n sanger na aan jou hart. Dis hoe dit is."