Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Ken Jy Die Land
Ken Jy Die Land [boodskap #134840] Di, 01 Desember 2020 11:54
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Ken Jy Die Land (Kennst du das Land)
Musiek: Friedrich Heinrich Himmel
Oorspronklike lerieke: Johann Wolfgang von Goethe
Woorde: C.F. Visser (J.B. Wessels)
Samestelling: Ivan Rebroff

Ken jy die land waar die Boerevolk woon
land met sy berge, terrasse gekroon;
land met sy ruimtes so wyd en so vry?
Aai-hai, dis die land, dis die wêreld vir my!

Refrein:
Ken jy die land?
Ken jy die land?
Ken jy die land waar die Boerevolk woon?
Ken jy die land waar die Boerevolk woon?
Aai-hai, dis my land dis my Suid-Afrika!

Ken jy die land waar die Springbokke bly:
land met sy troppe, sy kuddes aan wei,
land met sy gasvrye wonings daarby?
Aai-hai, dis die land, dis die wêreld vir my!

Refrein:
Ken jy die land?
Ken jy die land?
Ken jy die land waar die Boerevolk woon?
Ken jy die land waar die Boerevolk woon?
Aai-hai, dis my land dis my Suid-Afrika!

Ken jy die land met sy sonlig, sy veld;
land met sy spore van Voortrekker held,
land met sy stemme, diep stemme wat vra?
Aai-hai, dis die land, dis my Suid-Afrika!

Refrein:
Ken jy die land?
Ken jy die land?
Ken jy die land waar die Boerevolk woon?
Ken jy die land waar die Boerevolk woon?
Aai-hai, dis die land dis my Suid-Afrika!
Vorige onderwerp: Koos Doep se "Wie weet..."
Volgende onderwerp: Die Suidweslied / Das Südwesterlied
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 05:06:54 MGT 2024