Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

'n Sprankie hoop

Wo, 25 Januarie 2006 02:52

Danksy Hall en Dippenaar het die Proteas die knoop deurgehaak - maar
dit was net-net...

(Ek hoop die Proteas kan eendag so goed word dat hulle Springbokke
genoem kan word.)

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Stille diplomasie duur voort...

Ma, 23 Januarie 2006 15:24

Volgens 'n berig in die "Citizen" van 23.01.2006 is 'n Zimbabwiese
burger in hegtenis geneem nav 'n roof by die Gracelands casino te
Secunda. Verlede week het die Citizen ook berig dat baie Zim-soldate
tans dros uit die Zim-weermag aangesien hulle nie besoldig word nie en
dat baie van hierdie soldate hul nou tot misdaad wend.
Die vraag ontstaan natuurlik wat is daar om in Zimbabwe te steel? Of -
is die soldate besig om Suid-Afrika as teiken te stel?
'n Siniese hoek is of rooftogte in die RSA nie deur die Zim-weermag
gepleeg word nie?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Rugby - Suidwester

Ma, 23 Januarie 2006 09:27

Weet nie of julle die Rapport daar by julle kry nie, indien nie glo ek jy
sal bly wees om te hoor dat die Bulle die afgelope 2 Saterdae die Cats en
die Stormers in hulle opwarmings wedstryde gewen het. Ek hoop die SA spanne
doen hierdie jaar beter en breek so bietjie NZ se houvas op die reeks

Sport & ontspanning | 5 kommentare

Fiets vs Motor

Ma, 23 Januarie 2006 08:27

Ek lees in Beeld vanoggend van 'n vrou op 'n fiets wat deur die kantspieël
van 'n motor getref is. Sy't 'n plot gekoop op die pad en die motoris het
aangery, hoog die moer in oor die kantspieël [wat die fiets se handvatsel
getref het] wat stukkend was. Die motoris reken natuurlik dat die fietse
nie aan die kant van die pad bly nie en die fietsryers reken natuurlik weer
dat hulle ook 'n reg op die pad het en dat die motors onverdraagsaam is met
die fietsryers.....hulle hêt in enkel gelid gery toe die motor haar getref
het.
Beide kante het 'n saak, tog vra mens die vraag van wie is die lydende
party? Oor die algemeen is dit die fietsryer en ek sou reken hulle kan nie
net sommermeer aanvaar dat as hulle op teen die kant bly, daar vir hulle
geen gevaar gaan wees nie. Sou die motor by die spoedgrens hou en teen
120km/u beweeg, dan beweeg dit maklik oor die 80vt/sekonde vorentoe. As
daar skielik 'n verandering in die posisie van die fietsryer op die kant
kom, kan die motoris eintlik niks doen nie....en almal weet van die
heen-en-weer aksie van 'n fietsryer as hy hard begin trap.
Dan is daar natuurlik ook die geval van waar die motoris voorstu op die
pad teen sy 120km/u. Aan sy regterkant is die wit streep en aan die
linkerkant is daar die string fietsryers. Van voor af kom 'n ander
voertuig aan [dalk 'n bakkie of vragmotor?] wat grotoer as die normaal is en
nou moet hy tussen die aankomende voertuig en die fietsryers deur. Watter
een sal jy kies om jou kans teen te vat? Die fietsryers natuurlik!
Op ons land se plattelandse paaie is hierdie eintlik nie 'n probleem
nie want die fietsryers oor die algemeen is nie besig met ontspanning nie -
hy is besig om homself te vervoer van een plek na die ander toe. Hoor
hulle 'n motor aankom, dan trek hulle of af van die pad af sodat die motor
verby kan kom, of so nie ry hulle op die skouer van die pad en hou hulle so
maer moontlik.
In die stede onstaan die probleem egter van onspanningsryers wat heel
moontlik ook motoreienaars is, en daarom glo dat die fietsryer ook 'n
betaalde reg op die openbare paaie het en daarom moet die motoriste hulle
plek op die pad ken. Die groot vraag is nou of die fietsryer werklik 'n
betaalde reg op openbare paaie het? Sover ek weet betaal 'n fietsryer sy
lisensie aan die plaaslike munisipaliteit om sy fiets in daardie munisipale
gebied te mag ry. Geld daardie lisensie ook vir openbare paaie? Sou dit
redelik wees om te verwag dat 'n fietsryer wat op openbare paaie wil ry, sy
fiets se padwaardigheid moet kry asook 'n lisensie vir homself as trapper
wat hom bewus sal maak van die verkeersreëls asook die feit dat die
motorvoertuie baie groter en gevaarliker is en dat hy kan seerkry as hy nie
voorsorg tref en uit die voertuie se pad kom nie?

Wiele | 4 kommentare

Re: Fiets vs Motor

Ma, 23 Januarie 2006 06:59

Miskien moet hulle fietsryreëls maak dieselfde as voetganger-reëls, nl om
altyd te beweeg in die rigting van aankomende verkeer. -
Gaan ietwat van 'n gemors wees by interseksies, maar dit is al klaar 'n
gemors - ten minste het die fietsryer 'n kans om die dood in die gesig te
staar, en nie onverwags van agter af bygekom te word nie:)))

Hier innie Kaap is dit die meeste fietsryers se mode om nooit by 'n
stopstraat of 'n rooi verkeerslig te stop nie.
Aangesien die AmaKombi's dieselfde selfopgelegde verkeersreël toepas by
stopstrate, en selfs soms by verkeersligte, is daar nogal dikwels verskil
van opinie wie verkeerdelik die "reg" het om te ry.
--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:f8KdnbIWv8lk60neRVn-gA@is.co.za...
> Ek lees in Beeld vanoggend van 'n vrou op 'n fiets wat deur die kantspieël
> van 'n motor getref is. Sy't 'n plot gekoop op die pad en die motoris het
> aangery, hoog die moer in oor die kantspieël [wat die fiets se handvatsel
> getref het] wat stukkend was. Die motoris reken natuurlik dat die fietse
> nie aan die kant van die pad bly nie en die fietsryers reken natuurlik weer
> dat hulle ook 'n reg op die pad het en dat die motors onverdraagsaam is met
> die fietsryers.....hulle hêt in enkel gelid gery toe die motor haar getref
> het.
> Beide kante het 'n saak, tog vra mens die vraag van wie is die lydende
> party? Oor die algemeen is dit die fietsryer en ek sou reken hulle kan nie
> net sommermeer aanvaar dat as hulle op teen die kant bly, daar vir hulle
> geen gevaar gaan wees nie. Sou die motor by die spoedgrens hou en teen
> 120km/u beweeg, dan beweeg dit maklik oor die 80vt/sekonde vorentoe. As
> daar skielik 'n verandering in die posisie van die fietsryer op die kant
> kom, kan die motoris eintlik niks doen nie....en almal weet van die
> heen-en-weer aksie van 'n fietsryer as hy hard begin trap.
> Dan is daar natuurlik ook die geval van waar die motoris voorstu op die
> pad teen sy 120km/u. Aan sy regterkant is die wit streep en aan die
> linkerkant is daar die string fietsryers. Van voor af kom 'n ander
> voertuig aan [dalk 'n bakkie of vragmotor?] wat grotoer as die normaal is en
> nou moet hy tussen die aankomende voertuig en die fietsryers deur. Watter
> een sal jy kies om jou kans teen te vat? Die fietsryers natuurlik!
> Op ons land se plattelandse paaie is hierdie eintlik nie 'n probleem
> nie want die fietsryers oor die algemeen is nie besig met ontspanning nie -
> hy is besig om homself te vervoer van een plek na die ander toe. Hoor
> hulle 'n motor aankom, dan trek hulle of af van die pad af sodat die motor
> verby kan kom, of so nie ry hulle op die skouer van die pad en hou hulle so
> maer moontlik.
> In die stede onstaan die probleem egter van onspanningsryers wat heel
> moontlik ook motoreienaars is, en daarom glo dat die fietsryer ook 'n
> betaalde reg op die openbare paaie het en daarom moet die motoriste hulle
> plek op die pad ken. Die groot vraag is nou of die fietsryer werklik 'n
> betaalde reg op openbare paaie het? Sover ek weet betaal 'n fietsryer sy
> lisensie aan die plaaslike munisipaliteit om sy fiets in daardie munisipale
> gebied te mag ry. Geld daardie lisensie ook vir openbare paaie? Sou dit
> redelik wees om te verwag dat 'n fietsryer wat op openbare paaie wil ry, sy
> fiets se padwaardigheid moet kry asook 'n lisensie vir homself as trapper
> wat hom bewus sal maak van die verkeersreëls asook die feit dat die
> motorvoertuie baie groter en gevaarliker is en dat hy kan seerkry as hy nie
> voorsorg tref en uit die voertuie se pad kom nie?
>

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Uit " Die Vlakte " van Jan F.E. CELLIERS

Sa, 21 Januarie 2006 13:22

Uit "Die Vlakte"
Jan. F. E. Celliers

Soos 'n vlokkie skuim uit die sfere se ruim
kom 'n wolkie aangesweef,
maar hy groei in die blou tot 'n stapelblou
van marmer wat krul en leef -
kolossaal monument op sy swart fondament,
waar die bliksem in brul en leef.
En o, met my is die windjies bly:
hul spring uit die stof orent
en wals en draai en dwarrelswaai
oor my vloer, van ent tot ent;
die gras skud hul wakker om same te jakker,
tot hy opspring uit sy kooi
en soos mane en sterde van jaende perde
sy stingels golf en gooi.
Met dof-sware plof, soos koeëls in die stof,
kom die eerste druppels neer,
en dit ruis alom so deur die gebrom
en gekraak van die donderweer.
Met kloue vooruit om te gryp en buit
jaag 'n haelwolk langs verby,
soos 'n perde-kommando wat dreun oor die lande
vertrap en gésel hy -
en sy lyke-kleed sien ek ver en breed
in die awendson gesprei.

Prosa & poësie | 2 kommentare

Kaapstad deurmekaar

Vr, 20 Januarie 2006 17:54

Vanmiddag een helse kragonderbreking - weer.
Wat my die meeste verbaas was dat die twee grootste petrolstasies nie
noodkragopwekkers gehad het nie, en hulle toe ook toegemaak het.
Doodse stilte toe ons by die huis kom - en ek kon nie werk nie.
Toe lees ek maar die koerant, en slaap die stilte uit.
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Treurmare deur voort in Australie"

Vr, 20 Januarie 2006 11:18

Die kriekettreurmare duur voort.
Graham Smith moet maar liefs sy praatwerk met sy kolf op die veld doen.
Die Suid-Afrikaners lyk bra pateties.
Die tyd vir 'n nuwe kaptien en afrigter is noodsaaklik.
Onder die leiding van Ray Jennings of Keppler Wessels kan dinge
verbeter. Micky Arthur se noemnaam kom tot sy reg.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Tuks - broeiplek van regse-politiek

Vr, 20 Januarie 2006 11:12

Vier matrikulante van Affies Hoër is toelating tot die Mediese Skool
by Tuks geweier. Die seuns het almal tuseen 6 en 8 onderskeidings
behaal.
Tuks reserveer 65% van sy eerstejaar getalle aan swart studente. Daarna
word Kleurling en Indiërs geakkommodeer, daarna blanke dames en blanke
mans heel laaste.
G'n wonder dat die Vryheidsfront die sterkste politieke party op die
Tuks kampus is nie.

Die goeie nuus is dat die vier wel toelating by UOVS gekry het.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

SA Krieket

Vr, 20 Januarie 2006 10:32

Dalk tyd geword om die span so bietjie tussen sy bene te skop. Nog nooit het
'n SA span so baie blapse in die veld gemaak nie, die kolwers bring nie
hulle kant nie, en die boulers is straks die kluts kwyt.

Voeg daarby 'n kaptein met 'n helse ego, en 'n afrigter wat na hom luister
in plaas van andersom, en ek kan verstaan hoekom ons vandag weer besig is om
ons gatte te sien

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Bladsye (1839): [ «    233  234  235  236  237  238  239  240  241  242  243  244  245  246  247  248    »]
Tyd nou: Ma Nov 25 13:16:46 MGT 2024