Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Vir Ferdie oor Manto

Ma, 28 Augustus 2006 13:49

Nog Rapport, nog Daily Dispatch wou hierdie brief plaas. Is dit nou 'n
voorbeeld van soos "a bul in a china shop" te werk gaan.

----- Original Message -----
To: rap...@rapport.co.za
Sent: Wednesday, August 23, 2006 11:45 AM
Subject: Dr Manto se verstommende teenstrydige keuses

Geagte Redakteur

Die media het verlede week uitvoerig berig oor Dr. Manto
Tshabalala-Msimang se herbevestigde voorkeur vir beet, knoffel,
suurlemoensap en die Afrika aartappel in die behandeling van MIV/VIGS in
plaas van moderne, wetenskaplik getoetsde anti-retrovirale middels, so wel
as oor haar verwerping van die US se navorsingsresultate op die Afrika
aartappel. Party koerante het terselfdertyd berig dat sy vir haar 'n nuwe
Mercedes Benz met 'n klomp ekstras bestel het sonder om enige verband tussen
haar twee teenstrydige keuses te trek. Dit het my laat dink. Het iemand al
vir haar gevra waarom sy eerder 'n Mercedes Benz as 'n tradisionele voertuig
soos die donkiekar bestel het? Ten spyte van al die navorsing en
nagebootste motorongelukke wat DaimlerChrysler gedoen het en wat bewys dat
die Mercedes een van die veiligste voertuie op die pad is, sou sy nie
desondanks veiliger gewees het in 'n tradisionele voertuig wat baie stadiger
as die Benz beweeg nie? Sy behoort ernstige oorweging daaraan te skenk.
Dink net hoeveel erkenning sy sal ontvang as 'n minister wat empatie het met
die lot van die armes en hoe mens die dood van die voordeur weghou. 'n
Donkiekar is goedkoop, dit is effektief, en sy sal nie naastenby dieselfde
gevaar vir die land en sy mense aan die toom van 'n donkiekar inhou as wat
sy aan die stuur van die land se gesondheidsdienste en veral agter 'n
mikrofoon inhou nie.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: boer (discussion in french, praatje in het frans)

Ma, 28 Augustus 2006 12:15

11 fructidor an CCXIV (le 28 août 2006 d. c.-d. c. g.), 14h00.

| Strandkruier a écrit (¤) :

> Mense moenie artikels van daardie alt.fr.lettres.langue.etc. hier
> toelaat nie. Ek het ondervindings met daardie nuusgroepe. Dis
> gemodereerde nuusgroepe en hulle wil slegs diskussies in Frans kry.
> Mense wat daai nuusgroepe nie ken gaan dit nie verwag nie maar as
> hulle 'n nuusgroep maak soos byvoorbeeld
> alt.fr.lettres.langue.afrikaans dan moet geen mens probeer om daar 'n
> boodskap in Afrikaans te skryf nie. Hulle word onmiddellik verwyder
> omdat hulle nie in Frans is nie. Ek vind dis ongelooflik asosiaal en
> onlogies.
>
> Norbert die strandkruier (uit Vlaandere)

J' m'excuse de vous demander pardon, mais j'entrave que dalle
au flamand. D'après Pierre ben Hallet, de la City, Johannesburg et
Bastogne réunies, à plat-ventre devant tout ce qui est hollandais,
vous vous plaignez d'être censuré dans la Galaxie, en particulier
dans vos messages envoyés à :

Si j'ai bien compris (l'afrikaans ressemble beaucoup
au néerlandais, donc je peux plus ou moins suivre),
il râle qu'on ait viré ses contributions au forum
alt.fr.lettres.langue.afrikaans parce qu'elles
étaient en afrikaans et pas en français. Il trouve
cela « incroyablement asocial et illogique ».

(.)

À mon immodeste connaissance,
n'existe pas ; du moins, je n'ai pas jugé utile de le créer ; mais je peux
le faire ; Il peut le faire. Si existait, il ne
serait toutefois pas destiné à accueillir des « Toi ça va ? Moi ça va. »
en afrikaans, mais des discussions /sur/ l'afrikaans, et si possible,
des discussions en français. (Sinon, vous disposez de ,
et , qui sont eux de langue
afrikaans !)

Quant à annuler des messages dans la Galaxie, mise à part
la malfaisance de la bande à guillöu -- röuillard & Cö --, non pas
de risque, quel que soit le codage utilisé (UTF-8, etc.). Il s'agit soit
d'une malveillance particulière à votre égard, soit d'une erreur de
fonctionnement de votre serveur : dans la Galaxie, pas de modérateurs,
pas d'annulationneurs !

¤
From: Strandkruier
Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans
Subject: Re: boer (discussion in french, praatje in het frans)
Date: Fri, 18 Aug 2006 14:34:25 +0200
Message-ID:
References:
Xref: usenetserver.com soc.culture.south-africa.afrikaans:238304
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Adriaan Vlok kniel en was die voete van Frank Chikane

Sa, 26 Augustus 2006 20:58

Volgens Rapport het die 80 jarige Adriaan Vlok, berugte apartheidsminister
van polisie, kort gelede eerw. Frank Chikane se voete gewas en aan hom 'n
Bybel oorhandig waarin hy geskryf het dat hy teenoor Chikane en God gesondig
het en dat hy om vergifnis vra.

Koeitjies & kalfies | 38 kommentare

Re: vir Norbertjie (discussion in french, praatje in het frans)

Ma, 21 Augustus 2006 13:01

On Fri, 18 Aug 2006 22:19:40 +0100, camerama wrote:
>
> Ag tog Norbert, 'n egte Flamingant nou nou jongen tog!
> Terwyl Frans tog 'n pragtige taal is. Het jy 'n probleem met Walen of
> andere Frans sprekende mense?
> Man, wat kortsigtig!
> Patrick

Wat kom jy nou en vertel hier, Patrick? My vriendin, wat ek nou al
meer as 7 jaar ken het 'n Waalse moeder en sy vader is 'n Fransman.
Ek dink jy is die kortsigtige een wat 'n probleem het nou..

Norbert die strandkruier

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

" Onder vier oë..." deur Jo-Ann Floris

So, 20 Augustus 2006 12:32

Onder vier oë: 'Ek wil die Afrikaner bevry'
Aug 18 2006 06:12:55:040PM - (SA)

Jo-Ann Floris

Wat is dit met name in Potchefstroom wat maar net nie dieselfde wil bly
nie?

Die burgemeester lag lekker uit die maag uit.

Want terwyl dit in die stad en in die media gons oor die voorgestelde
verandering van Potch se naam, het hy ook nie op hom laat wag om 'n
naamsverandering in die kleine op homself te trek nie.

Dit was as mnr. Andrew Maphetle dat hy aangeteken is toe hy op 1 Maart
vanjaar verkies is tot uitvoerende burgemeester. Maar dis as Maphetle
Maphetle dat hy deesdae op alle vorms verskyn.

"My pa wou my nie regtig Andrew noem nie, maar toe hy my destyds wou
registreer, het die beampte gevra ' What's his Christian name?'
Toe noem hy my maar Andrew," vertel dié seun van 'n bruin ma en
'n Pedi-pa wat homself 'n Noord-Sotho noem.

Dít was die maklike deel van sy naamsveranderingsproses. Nou om die
naamsverandering van Potchefstroom na Tlokwe deurgevoer te kry.

En om vure dood te slaat oor hy sou gesê het die jaarlikse
Aardklop-kunstefees wat in Potch gehou word, verteenwoordig nie genoeg
van die kulturele rykdom van die stad nie . . .

Maphetle (42) lyk koel en beheers in sy donkergrys pak en
lemmetjiegroen hemp waar hy by 'n tafel in sy kantoor gaan sit.

In die ander hoek van die kantoor lê die lessenaar wit van dokumente,
leggers en vorms. Hy was drie dae uit die kantoor vir 'n lekgotla en
kyk hoe lyk die plek, maak hy verskoning.

'n Geraamde foto van sy kinders klou aan 'n hoekie van die
lessenaar vas.

"Twee meisies en 'n seun," beduie hy. "Dis ook maar goed my
vrou, Busi, hou die huis aan die gang. My een dogter wat in gr. 8 is,
het nou die dag vir my gesê sy wil nooit enige van my beroepe volg nie
- nie onderwys nie en ook nie politiek nie, want dit maak dat jy jou
familie min sien."

Hy is die jongste van nege kinders, die enigste in die gesin wat kon
beskostig om matriek te voltooi en verder te gaan studeer ­ - tale
aan die destydse Universiteit van Potchefstroom (nou die
Noordwes-Universiteit), toe 'n meestersgraad in menslike
hulpbronbestuur aan die RAU (nou die Universiteit van Johannesburg).

In 1996 is hy aangestel as kommunikasiehoof in die
Noordwes-onderwysdepartement se suidstreek en dien in die
ANC-streekbestuur se uitvoerende raad.

Dis nou net ná 09:00 en Maphetle kom pas uit 'n vergadering. Die
koel houding maak plek vir 'n verskonende glimlag: "So, kan ons
Afrikaans praat, want julle is mos 'n Afrikaanse koerant? As ek 'n
ander taal praat, dan verstaan julle my dalk nie so mooi nie en netnou
lees die mense goed waar ek ander dinge sê as wat ek bedoel het."

Mense sê juis die munisipaliteit dreig om hom aan Aardklop te onttrek
omdat die fees te wit en Afrikaans is?

"Nee, nee, nee," keer hy onmiddellik.

"Potchefstroom is die land van Aardklop. Toe ek gesê het dinge by
die fees moet verander, het ek nie bedoel daar moet weggedoen word met
Afrikaanse kultuur nie, ek het gesê die fees moet uitgebrei word om
alle kulture hier in te sluit."

Hy sien op vanjaar se Aardklop-program is daar weer jazz in Ikageng en
een dramastuk in Tswana. Hy skud sy kop.

"Waar is mense soos Joe Mafela ('n bekende komediant), waar is die
Indiër-kultuur wat so ryk en kleurvol is? Wat kan ons mense bied wat
vertel van die bruin mense se kultuur?" begin sy hande saamgesels.

"Hulle moet nie daar doer op die rante gelos word nie. As ons praat
van Potchefstroom, moet dit outomaties wees van al die inwoners wat die
stad maak wat dit is. Noordwes is ryk aan cultural diversity; dis nie
reg dat ons nie alles met almal deel nie,"

Maphetle skuif gemaklik in sy stoel, die praat-kraan nou goed
oopgedraai.

"Afrikaans, Afrikaans. Ek praat hom, jy praat hom. Die taal gaan
nooit doodgaan nie, ons kinders gaan hom ook nog praat, want hy is mooi
en hy praat lekker.

"Hoekom nie die fees uitbrei nie, wil ek weet. Al is daar hoeveel
ander produksies, die dag nadat die fees verby is, sal die
Afrikaner-kultuur steeds daar wees. Niemand word bedreig nie; hul
kultuur word tog nie bedreig nie."

Hy wys die vinger na politieke partye wat sy opmerkings oor die fees
gebruik om vrees by veral wit inwoners in te boesem.

"Daai soort politici doen meer skade as enigiemand anders, want hulle
maak dat mense verdeeld bly en laer trek. En ek wil juis hê mense moet
uit daai laers kom sodat ons mekaar 'n slag kan vind."

Die raad se voorstel dat die dorp se naam moet verander word ook deur
sommige mense gesien as iets wat die dorp verder kan verdeel?

"Ek sien my grootste uitdaging as burgemeester as die emancipation
van die Afrikaner hier. Daar is van hul leiers wat speel op die mense
se gevoelens; speel op sagte plekkies soos taal, kultuur, godsdiens.
Hulle gebruik pogings om dié dinge reg te stel wat in die verlede
verkeerd gedoen is, om mense te manipuleer en hulle só bang te praat
hulle wil terugkruip in hul veilige omgewing."

Natuurlik kan hy verstaan dat mense bedreig voel ­- dis 'n
natuurlike ding as dinge verander en jy word skielik gekonfronteer met
nuwe, onbekende dinge.

"Maar dan is dit mos die tyd om te vra as jy nie verstaan nie - en
dit geld nie net wit mense nie. Ek is bereid om daai investment te maak
in mense, en dit was nie vir my maklik om op dié punt te kom nie."

En op dié punt raak hy ook weer aan hoekom hy dink 'n groot deel van
die inwoners ten gunste daarvan is dat die stad se naam verander. Hy
gaan haal die geskiedenis in 1835, toe die Voortrekkerleier Andries
Hendrik Potgieter hier aangekom het.

" 'n Paar dae later, toe is die plek se naam Potchefstroom en die
mense wat hy hier gekry het, is uitgeskuif Makweteng toe. En toe kom
die 1950's en Makweteng word Willem Klopperville en daar moet
Makweteng se mense wéér hulle se goed vat en trek."

Die mense wat nou spot dat die voorgestelde nuwe naam 'n soort bier
is, sluk uit die verkeerde beker, sê Maphetle.

Toe die swart mense uit Makweteng geskuif is Ikageng toe, is die
hoërskool daar genoem Tlokwe Secondary ter ere van die Batlokwe-stam,
een van die oorspronklike inwoners van die gebied.

Toe die destydse regering vroeg in die 1970's 'n brouery begin het
waar sorghumbier gemaak is, is dit eers Mooirivier Sorghumbier genoem.
Die naam is later verander na Tlokwe Sorghumbier.

"Die regering het gesê dis om die inwoners te laat onthou waar hulle
vandaan kom, maar ek weet darem nie. Wat ek wel weet, is dat die geld
wat uit die brouery gemaak is, die dorp help bou het, maar dis net
gebruik om een deel van die bevolking te help. Die swart mense wat die
sorghumbier gekoop het, kan ek jou nou sê, het nie die voordeel van
daai geld gesien nie."

Dít is vir hom die pad wat die stad geloop het tot hier waar die raad
wil hê die stad moet Tlokwe word.

"Van die ou inwoners van Makweteng het met sukses grondeise ingedien,
party het al hul geld gekry. As ek vergaderings met die mense hou, sê
hulle hulle is dankbaar vir die geld, maar wat hulle eintlik wil hê,
is dat hul waardigheid herstel word.

"Dignity . . . as jy dáái ding van iemand wegvat, het jy als van
hom gevat. So as mense vir ons sê 'n naamsverandering kan daai
waardigheid herstel, moet ons dit net meet aan geld, hoeveel dit gaan
kos? Dis 'n priceless thing, priceless," raak sy stem amper 'n
fluistering.

Hy vlam vinnig weer op. Ontken dat die geld vir die naamsverandering
van 26 strate in die stad geld wegvat by ander noodsaaklike dienste.

Ontken daar gaan ontwrigting en verwarring wees.

Sê die voorstede se name gaan nie verander word nie, so inwoners sal
nie hul titelaktes hoef aan te pas nie.

Gryp weer terug na Aardklop.

"Ek weet dié jaar gaan ons die fees met baie spanning afskop, juis
omdat daar al die stories gepraat word oor wat die fees moet wees en
wat hy nie is nie."

Hy krap sy ken, dink so 'n bietjie na. "Ons gaan nie opgaan om
feesgangers te boelie net omdat hulle van 'n ander kultuur is nie.
Almal moet leer om meer verdraagsaam te wees. We must learn to become
our brother's keeper."

Maar dit beteken nié hy gaan net toekyk as iemand met 'n T-hemp hier
rondloop wat sê: "As jy nie Afrikaans praat nie, hou jou bek."

"As ek na die stad kyk, sien ek 'n plek met groot groeipotensiaal,
waar ontwikkeling moet wees tot voordeel van alle gemeenskappe. 'n
Plek waar ons kan terugkyk and can see that we have left a true,
inspiring legacy."

En op dié noot groet hy. Hy moet hom voorberei: die Potchefstroomse
inwonersvereniging kom hom om 14:00 sien om hul besware te bespreek . .
.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

" Die ANC dryf weg van sy eie denke " deur FERDI GREYLING

Vr, 18 Augustus 2006 11:26

Beeld-forum: Die ANC dryf weg van sy eie ideale
Aug 17 2006 07:20:58:627PM - (SA)

Ferdi Greyling

Die African National Congress is vandag voor die keuse om die gees van
nie-rassigheid te red of om dit vaarwel toe te roep.

Hy het voor dié keuse gekom omdat hy in die toepassing van
regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging (wat nodig is) die
maklike uitweg gevolg het en die ou apartheid-klassifikasie van rasse
aangewend het.

Daar is natuurlik ook meer as net 'n vae vermoede dat mense in die
ANC - en van sy ondersteuners - hulle hierin net so 'n bietjie
deur idees van wraak laat lei het.

Nie-rassigheid vereis dat mense nie aan die hand van hul ras geoordeel
word nie, maar aan die hand van wat hulle as individue is en wat hulle
as individue doen of gedoen het.

Die toepassing daarvan in byvoorbeeld regstellende aksie is eenvoudig:
Is jy onregverdig deur apartheid benadeel? As die antwoord ja is,
verdien jy regstelling. As die antwoord nee is, verdien jy nie
regstelling nie.

Dit sal daartoe lei dat loshande die meeste nie-wit Suid-Afrikaners
regstelling verdien.

Maar baie belangrik, dit sal ook daartoe lei dat sommige wit mense
regstelling verdien en dat verskeie swart mense dit nie verdien nie
(byvoorbeeld ministers van die ou tuislande wat groot salarisse gekry
het).

Die ANC het egter verkies om nie sy eie ideaal van nie-rassigheid
suiwer te dien nie.

In plaas daarvan het hy die ou rasse-kategorieë van apartheid gaan
haal - swart, bruin, Indiër en wit - om regstelling mee te doen.

Maar dit kom saam met die rasse-duiwel en deesdae stap die ANC reeds
plesierig saam met daardie duiwel.

Dus regverdig hy sy siening dat swart Suid-Afrikaners meer voordeel uit
regstellende aksie moet trek as bruin Suid-Afrikaners deur die argument
dat bruin mense in die apartheid-hiërargie hoër as swart mense geag
is.

Behalwe dat dit nie altyd so in die praktyk uitgewerk het nie, is die
ANC klaarblyklik blind om te sien dat hy, deur dinge so te doen, bruin
mense benadeel omdat hulle nie swart is nie en dat dit ook maar
apartheid op 'n verkeerdom manier is.

Dit is wat gebeur as jy 'n valse groepvisie aanhang en iemand
bevoordeel (of nie) bloot omdat hy geoordeel aan sy velkleur aan 'n
bepaalde groep behoort.

'n Mens wonder wanneer daar onthou gaan word dat bruin mense in die
Wes-Kaap onder apartheid bevoordeel is bo swart mense wanneer dit by
werk gekom het. En dat dit nie vir bruin mense elders in die land
gegeld het nie.

Wanneer dit onthou word, gaan die ANC dan insien dat sy kaartehuis van
rasse-etikette à la apartheid vals is? Of gaan hy die apartheid-kas
verder oopmaak en ook begin praat van "Cape Coloureds" en "Other
Coloureds" en onderskei tussen hulle, soos apartheid gedoen het?

'n Belangrike faktor vandag is natuurlik dat die ANC kan wegkom met
die apartheid-manier van doen.

Die ou NP het altyd 'n probleem gehad omdat die mees bevoordeelde
groep - die wittes - (en nie almal is natuurlik bevoordeel nie,
soos hierbo gesê is) 'n minderheid in die land was. Die mees
benadeelde groep, die swartes (en weer eens, nie almal van hulle is
deur die bank benadeel nie) was die meerderheid en omdat ons in 'n
eeu leef waarin die meerderheid uiteindelik aan die hand van die
demokrasie die botoon voer, was dit onvermydelik dat mag na hulle sou
verskuif.

Vandag verteenwoordig die ANC hoofsaaklik swart Suid-Afrikaners en die
meeste mense wat regstelling vra en verdien, is ook swart. 'n
Gerieflike verstandhouding het tussen die regering en reggesteldes
ontwikkel. Hulle deel rykdom en mag vir mekaar uit.

Dié verhouding kan maklik politieke druk weerstaan, want, anders as
die geval met die wit NP-regering was, is die ANC se ondersteuners die
swart meerderheid.

Die ANC kan dus eenvoudig klagtes ignoreer dat hy baie soos die
apartheid-base maak en dat dit onregverdig is. Die NP was onregverdig
teenoor 'n meerderheid en dit het gevaar vir hom gespel. Die swart
beheerde ANC is onregverdig teenoor minderhede en dit hou geen
politieke gevaar is nie.

Behalwe dat hy dan - as hy dit sou doen - sy eie helder ideaal van
nie-rassigheid sal verloën. En 'n politieke beweging wat lank
oorleef en 'n bepalende en positiewe invloed op 'n land het, behou
sy ideale. Dit is sy gees.

Wat gaan die ANC doen?

Nuus | 0 kommentare

" Werktuigkundige " deur S.J. PRETORIUS

Do, 17 Augustus 2006 22:13

Werktuigkundige
S.J. Pretorius

Die lewe gaan sy kringloop op die swart
bank van die ewigheid, God druk die hart
versigtig daarop vas en slyp dit met
die donker, skerp klein helsteen van die smart.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Lyfstraf in Suid Afrika (en elders)

Do, 17 Augustus 2006 09:05

Hierdie is 'n baie interessante skakel oor die onderwerp van lyfstraf
in Suid Afrika http://lyfstraf.sa.googlepages.com/home

Onderwys & opvoeding | 3 kommentare

" Die Kind " deur INGRID JONKER

Wo, 16 Augustus 2006 22:46

DIE KIND
Ingrid Jonker

Die kind is nie dood nie
die kind lig sy vuiste teen sy moeder
wat Afrika skreeu skreeu die geur
van vryheid en heide
in die lokasies van die omsingelde hart

Die kind lig sy vuiste teen sy vader
in die optog van die generasies
wat Afrika skreeu skreeu die geur
van geregtigheid en bloed
in die strate van sy gewapende trots

Die kind is nie dood nie
nòg by Langa nòg by Nyanga
nòg by Orlando nòg by Sharpeville
nòg by die polisiestasie in Philippi
waar hy lê met 'n koeël deur sy kop

Die kind is die skaduwee van die soldate
op wag met gewere sarasene en knuppels
die kind is teenwoordig by alle vergaderings en wetgewings
die kind loer deur die vensters van huise en in die harte
van moeders
die kind wat net wou speel in die son by Nyanga is orals
die kind wat 'n man geword het trek deur die ganse Afrika
die kind wat 'n reus geword het reis deur die hele wêreld

Sonder 'n pas

Prosa & poësie | 0 kommentare

Boek vir Gloudina

Ma, 14 Augustus 2006 10:22

Glodina

As jy 'n tydjie kan afknyp, kry die volgende boek onder oe Mbokodo:
Inside MK : Mwezi Twala : a soldier's story.

Dit kos R35 - So dit is basies verniet tov die Kanadese Dollar

Boeke, tydskrifte & koerante | 2 kommentare

Bladsye (1839): [ «    207  208  209  210  211  212  213  214  215  216  217  218  219  220  221  222    »]
Tyd nou: Do Nov 28 21:21:12 MGT 2024