Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Wie kan my vertel van Hannes Dreyer?

Di., 21 November 2006 03:54

Goeiemôre almal,

Ek soek 'n bietjie onafhanklike inligting oor 'n sekere Dr. Hannes
Dreyer wat onder andere "The Amazing Formula For Wealth Creation"
verkoop. Al wat ek sover kon kry is van mense soos Tony Deetlefs
(tony.d...@bmw.co.za) wat self Hannes Dreyer se materiaal verkoop.
Die kursusse is redelik duur so 'n mens probeer eers bietjie uitvind
voor jy jou beursie oopvlek en begin skil.

Daar is bitter min op sy advertensie materiaal wat onafhanklik
verifiëerbaar is. Die enigste wat ek kon raaksien is sy akademiese
kwalifikasies.

Van sy webwerf (www.hannesdreyer.co.za) blyk dit dat hy 'n
M.Sc.(Ekonomie) en 'n Ph.D. graad behaal het. Daar is 'n indrukwekkende
lys van ander drie-letter woorde maar ek sal bly by wat ek verstaan.
Dit het my aandag getrek dat biede grade gespesifiseer word. Ek het ook
opgemerk dat die tesisse geslote is. Watter universiteit sal 'n Ph.D.
toeken en nie die tesis publiseer nie? Stel jy jou nie bloot aan 'n
prioriteitsdebat nie? Is die doel van 'n Ph.D. nie om die mens se
kennis uit te bou nie?

Ek het 'n vraag gestuur aan In...@HannesDreyer.co.za om uit te vind
watter universiteite die grade toegeken het. Netta Ellis het geantwoord
en bekend gemaak dat die "Commonwealth Open University (UK)" beide
grade toegeken het. Sy kon nie 'n webadres gee nie.

Ek soek toe self die plek en kom af op www.commonwealth.org. Hulle vra
3800 USD vir 'n Ph.D. en 3650 USD vir 'n M.Sc.

Hierdie inrigting het gladnie 'n goeie reputasie nie. Dit blyk uit
plasings van mense soos Dr. John Bear (www.degree.net) in
alt.distance.learning (http://tinyurl.com/yxusqj). Die plek is
waarskynlik 'n "degree mill".

In sommige state in die VSA is dit selfs onwettig om die inrigting se
kwalifikasies te gebruik (http://tinyurl.com/yyhfoe).

Ek het vir Netta 'n mening gevra maar nog niks gehoor nie.

Had Hannes 'n geakkrediteerde Ph.D. sou dit heelwat integriteit verleen
aan sy bemarkingsmateriaal. Hoë vlakke van tersiêre opleiding en
bedrog meng nie lekker nie.
Ek besef dat dit kan beteken dat Mnr. Dreyer nie eers 'n B-graad het
nie.

Op hierdie stadium bly my beursie veilig in my sak, maar die ou is baie
oortuigend en ek hoor graag van ander perspektiewe.

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Re: Daglikse Brood -FokJulle

Ma., 20 November 2006 05:52

Die idioot met die skuilnaam Manie Viljoen skryf:
> boERE befoktheid is altyd beskikbaar - asook gat soenery en voet
> was.
>
> ho ho - dom boERE
>

Merkwaardig -- 'n Neandertalman wat kan tik! Werk maar aan die
spelling, ou semelhol!

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Wenk

Sa., 18 November 2006 07:08

Toe ek nou 'n Ghost Image terug sit op my rekenaar
(en my stellings dus terug na die oorspronklike settings is)
en die nuusgroep oopmaak, sien ek julle is nog steeds
opgeskeep met die hOUTKOP kukprater.

Net die eerste sin lees was bevestiging, so,
ek hoef nie verder te lees nie.

Wenk aan julle almal -
Voeg net by jou Kill Filter (by addresse natuurlik)
'theremailer.net' of so iets. Ek gebruik Forté Agent
maar dit kan met enige nuusleser gedoen word.
Dan ontvang jy geen pos van enige remailer nie,
en hy lees steeds alleen sy pos.

Die suidwester byvoorbeeld (en met sy gebrekkige
taalgebruik en anonieme vloek van ander mense
kan dit hy wees wat die kuk skryf) is op 'n kill filter.
As julle sukkel met die geval,
kyk jou nuusleser se fasiliteite deur, en killFilter
enige remailter om van hom ontslae te raak.
So eenvoudig.

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Re: Amper Vergeet

Vr., 17 November 2006 18:11

On Fri, 17 Nov 2006 14:11:00 +0000 (GMT), Anonymous
wrote:

>
> Aseblief moenie one lesse vergeet nie - ons het hulle noodig.

'n psigiater ook

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Daai ou het 'n moerse probleem...

Vr., 17 November 2006 08:03

Niemand lees dit nie, hy maak niemand kwaad nie tog gaan hy voort om
dag in dag uit te sit en vloek!
Soos n weirdo wat in die agterplaas sit en vloek vir homself.

Ek weet waar een van die dae (weer) gaan sit...

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Tarentaal en hadeda

Do., 16 November 2006 13:39

Kan iemand help asseblief? Ek het al die hele www deurgesoek na die klank
van 'n tarentaal en 'n hadeda, sonder enige sukses. Wie kan help, sal baie
waardeer word met baie dankies!

Jan.

--
Daniel Jan le Roux
IBICF
dan...@thelerouxs.com
Mobile: 0414 56 11 02
This email has been checked utilising the latest update of Norton
Anti-Virus.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Waar is die man

Wo., 15 November 2006 12:47

Wat het van Suidwester geword. Is daar 'n krisis by een van sy 2 swop shops

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Soek ou snaakse storie

Wo., 15 November 2006 09:22

Lank terug het 'n skreeusnaakse storie die rondte op die nuusgroepe
gedoen oor 'n ontmoeting in die skrywer se kamer tussen 'n luislang en
'n dwerg-'mongoose', of so iets.

Ek sou dit graag weer wou kry. Ek het soekes op die nuusgroepe probeer
doen maar kry net rekenaarspeletjies.

Is daar iemand wat dit onthou, en vir my kan aanstuur?

Koot

Humor & grappe | 0 kommentare

My vriendin het sy horlosie gekry

Di., 14 November 2006 21:30

My vriendin in Suid-Afrika het vandag 'n nuwe polshorlosie van my
gekry..
Die een wat ek haar verlede jaar toegestuur het was gesteel, mees
waarskynlik deur Suidafrikaanse posdiewe.
Daar is nou twee moontlikhede: ofwel het die posdiewe van Suid-Afrika
hulle lewe verbeter, ofwel is ek 'n deurtrapte smokkelaar.

Norbert die strandkruier (uit Vlaandere)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Benodig raad!

Di., 14 November 2006 19:28

Ek werk vir 'n Taiwanese maatskappy. Dit was eers Hi-Tec Nuts en toe
verdeel hulle die plek in twee. Ek werk vir Pro-Tech Fasteners in
Spartan, Kempton Park.
In my kontrak word genoem dat ons oortyd betaling kry teen 1,5 keer wat
ons uurlikse salaris is. Sondae en Openbare vakansie dae teen dubbel tyd.
Die maatskappy se reels is dat indien jy etenstyd vat klok jy uit en
weer in as jy klaar is. 'n Voldwonge feit is dat ons skaars tyd kry om
etens uur te neem.
My vraag is moet hulle my betaal vir daardie tyd?
Ek het baie ure in gesit om te wag vir drywers, en om my werk in te haal
wat weens 'n te kort aan hande nie klaar was nie en is nie daarvoor
betaal nie. Alhoewel daar op my klok kaarte gesien kan word dat ek
meeste aande laat uit geklok het.
Ek het op 9 Augustus Vroue dag gewerk, en is nie dubbel tyd betaal nie.
Mag hulle dit doen?
Ons werkers het van ons griewe gelug teen die maatskappy omdat ons glo
ons word onderbetaal. Daarvoor is ek geskors en aangekla dat ek hulle
dreig. Daarna is ek weer geskors vir 'n nuwe verhoor wat more ten einde
loop. Nou kla hulle al die werkers aan omdat ons ons griewe gelug het.
Ons het hulle voorskrifte nagekom dat die griewe skriftelik gelug moet wees.
Hi-Tec Nuts se werkers het 'n massiewe salaris verhoging gekry omdat
hulle onder betaal was, en met my hulp het ons hulle na die Bargaining
Council vir Yster en staal gevat. Yster en staal het besluit dat die
werkers geweldig onder betaal is, en Oktober het die fabrieks werkers
'n helse verhoging gekry.
Kan iemand my raad gee wat om te doen. Hierdie mense is besig om my
geestelik af te breek en ek weet nie meer wat om te doen nie. Ons het
tog regte. Ons mag nie eers aan 'n Unie behoort nie. Dis teen die
Taiwanese se beleid dat enige mens aan 'n unie behoort.

Is daar enige persoon wat raad het?
Volgens hulle is Pro-Tech deel van distribusie en nie deel van die Yster
en staal nywerheid nie.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    201  202  203  204  205  206  207  208  209  210  211  212  213  214  215  216    »]
Tyd nou: Ma. Jun. 01 10:31:20 UTC 2026