Ou oom Karel Stone sit in die koelte langs sy huis en kyk na die veld
wat met geelwit gras wyd uitgestrek lê onder die bleekblou
winterhemel. Die lang bulte lê daar eensaam, stil soos deininge van 'n
oseaan sonder wind" die ligblou vertes verdoesel teen die bleek hemel.
Die lug is sonder wolke, sprakeloos soos die veld, saam 'n eindelose
ruimte, leeg, droewig.
Dit is in die namiddag en stadigaan begin daar meer lewe te kom; die
gras word glansig-peel, glansig-bruin; pers kleure kom pier en daar;
die westerhemel word witter, deurskynend soos 'n pêrel.
Oom Karel sit maar daar; sit en kyk; sit en kyk soms na dinge wat verby
is. 'n Leegte voel hy in hom soos in die veld en in die hemel, 'n
droefenis om dinge wat ontbreek. Wat is daar nog vir hom? Is daar nog
iets om te verwag, om na uit te sien? Leegte en eensaamheid; die
eensaamheid van 'n ou mens. Sy ou vrou is dood. Sy ou jagmaats is dood;
sy ou krygsmakkers is dood en weg. "Hier is sy kinders wel om hom, hy
hom, maar die gevoel vir jou kinders word met die jare swakker.'n Man
is in die opsig enigsins soos 'n dier. So lank as hulle klein is, is jy
baie gek na hulle; jy speel met hulle; hulle sit op jou skoot; jy stel
belang in enige ietsie waarin hulle belang stel; maar dit word al
minder. jy vervreem van hulle. Dit kom. stadigaan, amper ongemerk.
"Hier is hulle nou om hom, in sy huis, op sy werf, en naby op hul eie
grond, getroud, met eie kinders. Almal is goed vir hom; almal
respekteer hom, en hy hou van hulle, van die skoonkinders ook, maar tog
het hulle van mekaar afgeraak. Gaandeweg kom hy opsy te staan, eensamer
elke jaar, hier tussen sy eie kinders en kleinkinders. Graag sit hy
alleen, sommer met sy gedagtes, en stadigaan word hy soos die
winterveld, stil, leeg.
Moeg ook, moeg van die dinge om hom heen, dieselfde dinge in hul
voortdurende terugkeer. Die nuwe dinge is soos die ou dinge, in wese is
alles soos dit van melewe was; die kaal wilgerbome in die vlei lyk soos
die wilgerbome sewentig jaar gelede daar gelyk het. Daar loop sy
kleindogter met haar kappie op net soos die jong meisies vyftig, sestig
jaar gelede geloop het. As hy nou met haar sou gesels, dan sou dit weer
dieselfde ou geselskap wees van altyd.
Die son sak laer; dit word al kouerig en hy huiwer. 'n Vae weemoed kom
hy hom op en hy herinner hom die woorde: en job was oud en der dagen
zat.
Sy kleindogter bring vir hom koffie. Sy is vriendelik. "Sit Oupa nog
altyd hier?" vra sy. "Dit word al koel Oupa."
So is hulle. Hy is soos 'n ou perd wat hulle goed oppas. Jy gee hom
voer, jy sit hom in die stal, maar jy ry hom nie weer nie.
Sy ou vrou is dood en sy maters is dood en weg. Met haar, met hulle het
hy nooit eenkant gevoel nie. Met hulle sou hy nog nie so oud en so
oorbodig wees nie. Met haar, met hulle sou hy nog kan planne maak en
uitkyk na nuwe dinge, na iets anders, iets beters altemit. "Hier is sy
seun, sy skoondogter, en sy kleinkinders wat groot word; dieselfde
gesprekke, dieselfde moeilikhede.
So leef ou Karel Stone teenswoordig; 'n vat wat leegloop; 'n dam wat
aan die opdroë is. Maar hy is nog sterk. Hy weet dat sy kinders, sy
bure, onder mekaar daarvan praat dat hy nog so kras is, so sterk
ondanks sy ouderdom. Maar hy weet beter. Hy voel sy lus vergaan. Hy is
soos 'n ou pad, netnou geen pad meer nie; soos 'n blom in 'n glas
water, netnou dood.
Sy herinneringe bly egter duidelik, word amper nog duideliker, en hy
sien dinge uit sy verlecle helder soos in 'n spieël,
oorlogsherinneringe, herinneringe aan sy jagtogte, en 'n verlange begin
in hom groei om nog een maal die Bosveld te sien, nog een maal te ry
waar hy vroeër so menigkeer gaan skiet het; nie met een van sy kinders
nie; nie met sy bure nie, maar alleen, alleen met gedagtes aan sy ou
jagmaats.
Een dag kry hy weer besoek van sy predikant, ook al 'n ou man. As die
kom, sit hy gewoonlik lank. Hulle het wel nie veel punte van ooreenkoms
nie, maar oom Karel is 'n ou man en die predikant is 'n ou man en jy
moet self oud wees om 'n ou mens te kan verstaan.
"En hoe gaan dit nog so?" vra die predikant weer toe hulle al so'n
bietjie gesels het.
"Ja, Dominee," aarsel oom Karel, "hoe sal ek sê? Goed, en darem
nie goed nie. Ek is nou soos 'n man wat wild soek waar hy voor sy siel
weet dat nie meer wild is nie. My tyd is verby, Dominee. Daar bly nou
niks meer oor nie as om klaar te maak vir die end. Oppak en die osse
aankeer; uittrek; huis toe trek."
Die ou predikant knik 'n hele paar maal en sug agterna: "Ja huis toe
trek."
Toe vra hy: "Maar jy is darem tog nog gesond? En alles is verder tog
goed?"
"Nee"" se oom Karel haastig, "daar is niks om oor te kla nie. Ek
voel nog sterk, behalwe, jy weet, so af en toe voel 'n mens darem nie
weer seker van jouself nie, asof jy 'n perd ry wat jy nie heeltemal
baas is nie, of hy jou enige tyd miskien kan afgooi; maar tog, ja, ek
is gesond, ek voel nog sterk, maar soos ek gesê het, dis nou met my
nes of jy gaan skiet het en jy het nou klaar gejag en daar is nou nie
meer wild in daardie kol nie en nou kry jy die gedagte: wat maak ek nog
langer hier? Wat is daar nog vir my om te doen, Dominee? Sê nou wie of
wat het my nog nodig? Ek kan net sowel gaan lê. Dit is wat my nou
begin hinder. Ek word oorbodig. Nie dat iemand my dit ooit laat voel
nie, dit moet Dominee nou nie dink nie, maar jy verstaan my, ek is nou
soos 'n ou hond; jy is goed vir hom, want dis jou ou hond, maar veel
het jy nie meer aan hom nie; hoor kan hy nie weer nie, hy lê maar die
meeste van die tyd en slaap. So is ek nou; ek is soos 'n ou hond, soos
'n ou perd."
Lang rukke sê hulle niks. Oom Karel dink aan die hemel wat voorlê.
Dat hy hemel toe gaan, is vir hom 'n uitgemaakte saak; dit was altyd
vir hom 'n uitgemaakte saak, vandat hy 'n kind was. Maar watter soort
plek dit is, daarvan kan hy maar geen duidelike begrip vorm nie. Hy
dink darem altyd daaraan soos aan 'n plek waar bosse is en kaal veld
met riviere en klowe. Dat dit net 'n stad is, glo hy nie. Daar is tog
ook mense wat nie van 'n stad hou nie; vir hulle sal daar dan tog
vlaktes en berge wees, en diere, wild.
"Sou daar in die hemel ook bosveld wees, Dominee?" vra hy na 'n lang
stilte.
Die predikant kyk hom eers verwonderd aan; toe sê hy: "Ja, Oom
Karel, ek dink so. Waarom nie? Daar sal seker bosse wees ook."
"Ja, ek meen ook so. En wild natuurlik ook?"
"Ja, wild natuurlik ook."
"Ek wonder of 'n mens daar iets sal hê wat na 'n geweer lyk?"
Die predikant moet daaroor lag. "Nee, oom Karel, geweers is daar nie,
daarvan kan jy seker wees. Daar sal nie geskiet word nie. Die een ding
sal die ander ook nie doodmaak nie. Soos daar in Jesaja staan: "De
wolf en het lam zullen tezamen nederliggen en de leeuw zal stroo eten
gelijk de os."
Oom Karel gee nie antwoord nie. Al weet hy self dat dit so is, voel hy
tog teleurgesteld. Hy besef dit. In die hemel sal toestande wees
waaraan jy nog eers sal moet gewoond raak.
"Oor daardie dinge moet 'n mens jou nie bekommer nie," se die
predikant, "dit sal daar alles goed wees, hoe dit ook al is. Maar
vrede sal daar wees, geen stryd, geen moeite, geen leed, geen verderf."
"Ja," stem oom Karel toe" "dis waar, Dominee. 'n Mens moet ook nie
altyd dinge wil hê soos jy dit wens nie."
'n Paar dae later ry oom Karel na een van sy ou vriende in Lydenburg.
Hy ry met kar en perde en het 'n jong naturel hy hom. "Sommer weer
bietjie my ou maat gaan opsoek," se hy. Sy seun wil hom wegbring."Ek
bring Pa you met die motor weg," se hy. "Met die motor is dit nie ver
nie."
"Ek wil langs die pad hier en daar 'n bietjie aanry en so hier en
daar bietjie kuier hy die mense wat ek goed ken," sê oom Karel; "ek
ry maar liewer op my eie geleentheid."
"Nou ja, as Pa dan so wil, waar laat een van die seuns dan met Pa
saamgaan; Pa kan altemit teespoed kry en dan is dit beter."
"Wat se teespoed kan daar nou kom?" vra oom Karel al half-kwaad.
"Julle dink glo "Julle moet my nou al oppas soos 'n babetjie."
So ry hy dan alleen met die naturel. Hy laai komberse op en baie kos en
vat twee geweers saam. Sy kinders beskou dit alles, maar sê niks meer
nie. Hy ry nou bosse toe, dit is duidelik. Hy kon net sowel gesê het :
ek ry Bosveld toe, as dat hy sê: ek gaan kuier.
Hy ry nie hy baie mense aan nie, eet en slaap langs die pad; ry ook nie
na sy ou maat in Lydenburg nie, waar vat sommer reguit koers Bosveld
toe.
Die eerste dag al wat hy daar is" voel hy 'n ander mens. Hy voel
opgeruimd soos 'n voël in die lente.Altyd dieper in ry hy, tot in sy
ou skietveld. Maar daar is dit tog 'n teleurstelling. Dat wild so
skaars geword het, kon hy nie dink nie. En oral kry jy spore van mense;
'n menigte van paaie, elke maal staanplekke van beesboere, selfs lande
hier en daar. Dikwels neem hy een van die perde om 'n draai te ry om te
sien of hy nie 'n bokkie in die hande kan kry nie, maar meestal om al
die ou~ plekke weer te sien. Ag, hoe treurig het alles geword! Wild is
daar amper nie weer nie; of en toe 'n steenbok of 'n duiker, 'n klompie
rooibokke altemit; 'n trop wildebeeste; 'n paar ribbokke, 'n rietbok;
maar niks om van te praat nie. Vroeër was daar van alles volop, leeus
ook en buffels, seekoeie, alles. Nou kan jy ure ry sonder om iets te
gewaar. Dis triestig soos 'n huis sonder mense; soos 'n dooie stad. En
jy hoor niks. Saans ook nie. Hy het ook daaraan meegewerk om dit so te
maak. Maar 'n uitroeier was hy darem nooit nie, daaroor kan hy ten
minste tevrede voel. Net ongedierte, die het hy altyd geskiet as hy die
kans kry.
Maar die bos self is nog mooi. Hy kan urelank ry sonder om 'n spoor van
mense te sien. Deur lappe hoë soetdorings waar sy perd gate trap in
die los, roof grond; deur kalklaagtes waar jy ver kyk oor die lae,
verdraaide boompies en waar elke maal 'n bokkie verskrik onder 'n bos
uit weghol; langs klipkoppies waar plate ruie blouhaakdoring teen die
skuinste opklim; van die een geaardheid van veld na die ander, elk met
sy eie karakter, sy eie skoonheid. Hy ken dit alles so goed as
hoofstukke in die Bybel, nog altyd fris, altyd bekoorlik.
En altyd dieper trek hy die bosse in tot waar dit amper soos vroeër
word. Saans hy die vuur hoor hy soms die leeus brul: 'n rumoer breek
partykeer los. Ongedierte kom tot vlak hy sy slaapplek. Dag na dag voel
hy meer tuis. Die wild word al meer. Groot troppe sien hy party keer
wei. Soms maak hy sy perd vas en probeer die wild bekruip waar hulle in
die koelte van die bome staan. Hy kry ook 'n enkele maal leeuspore. Dit
verskrik hom nie.
Die gee hom 'n siddering van blydskap. "Leeus !" fluister hy en bekyk
die spoor verheug, volg dit 'n entjie om te sien hoe die leeu gemaak
bet" of hy gedraf bet of iets bekruip bet.
Maar na die eerste vreugde om weer in sy geliefde ou omgewing te wees
en die genot van allerlei herinneringe uit sy skiettogte, kom daar weer
die vooruitsig van sy naderende dood en hy vra homself of watter soort
hemel dit miskien sal wees waar hy been gaan. En so gebeur dit soms dat
hy daar op sy perd sit en niks sien van wat daar in die veld aangaan
nie; dat hy werktuiglik, uit ou gewoonte, wel sy perd goed tussen bome
deur en langs stompe en gate stuur, maar dat sy aandag hy dinge van die
toekoms is. Sou daar dan vir hom in die hiernamaals geen plek wees waar
hy hom sal tuis voel nie? Hy is 'n jagter en 'n krygsman, dit is sy
aard. Met jag en oorlog was sy lewe gevul gewees. Hy het die land help
skoonmaak; hy was in die meeste swart oorloë; hy was in elke oorlog
met die Engelse. Hoe sal hy daar in die hemel voel sonder 'n geweer?
Daar moet tog ook nog iets te vegte wees, daar anderkant? Die duiwel is
tog nog nie dood nie. Daar is tog miskien buitekant ons wêreld nog
meer plekke wat moet skoongemaak word; plekke waar jy ongediertes kry
en soorte swartes of soorte Engelse wat 'n mens moet beveg ? En hoe
meer hy daaroor dink, hoe meer die saak vir hom waarskynlik lyk. Die
Here sal meese soos hy nog kan gebruik: daar sal, solank die algehele
stryd teen Satan en sy magte nog nie uitgeveg is nie, nog kans wees vir
siele soos hy om te gaan jag en om op kommando te gaan.
Sulke gedagtes gee hom 'n ongekende blydskap. Hy sal, as hy netnou
doodgaan, as't ware sy geweer kan saamneem; hy sal dit nog nodig kry.
Die hemel mag wees soos die predikant sê "'n plek waar geen leed en
verderf is nie, maar daar sal ook plekke wees waar stryd en oorwinning
is. Hierdie gedagtes maak hom geesdriftig. So ry hy, 'n ou man van hy
die tagtig, deur bosveld waar 'n man in die krag van sy jare nie graag
alleen ry nie, gehul in drome van 'n seëvierende toekoms na sy dood.
Hy stel hom voor dat hy met sy ou jagmaats, en met ander nuwe kêrels,
kêrels soos hulle, lang togte maak, krygstogte en jagtogte. Alles is
daar groter en geweldiger, die bosse, die berge en klowe, die
ongediertes en die vyande. Maar hulle self is ook dapperder en sterker
met meer uithouvermoë en moed. Lang heldetogte is dit, nie van weke en
maande nie, waar van jare en jare aaneen, vol stryd en worsteling met
allerhande bose magte wat daar is. Maar altyd word hulle deur die Here
beskerm, altyd kom hulle op die end seëvierend terug. En dan kom hulle
weer terug op plekke soos die predikant beskryf, waar die wolf en die
lam langs mekaar lê en waar geen leed en verderf meer is nie.
Dog die winter gaan verby; die warmte kom. Die tambotiebome, die
blinkblaarbome goof hul roof blaartjies en hul ronde geel blare af,
blomme begin uitkom op die nat plekke, die soet gear van die
haakdoringblommetjies vul die lug waar jy daarlangs kom. Vlieë begin
gons om jou en om jou perd, en voëls fluit en kwetter. Hy moet weer
terug na sy kinders. Hulle sal al onrustig wees; sal dink dat hy iets
oorgekom bet.
Vandat hy weer hy die huis gekom het, gaan oom Karel vinnig agteruit.
Hy is swak en bewerig. Lang tye sit hy met sy oë, sonder uitdrukking.
Die dood stap nader. Sy lang skaduwee is al op hom. Hy weet dit self.
Goed.
Eendag sê hy vir sy, seun: "Seun, jy moet die predikant gaan vra om
weer n slag te kom kuier; ek wil hom iets sê. Dis oor 'n saak waaroor
ons gestry het. Ek weet nou seker dat ek reg was. Hy was nie verkeerd
nie, maar ek was reg. Ek wil hom dit nog bewys. Vra vir hom of hy
eendag weer bietjie kan oorkom."
Toe sy seun weg is, dink oom Karel: "Nou moet ek my regmaak om my
gedagtes goed agtermekaar te sit" want die ou sal mos nie sommer wil
ingee nie, en hy is geleerd in die Bybel, baie meer as ek."
So begin hy dan dink en sy bewysvoeringe in orde opstel.
Maar daar begin hy homself weer voorstellinge maak, kleurig en fel. Hy
sit alleen in sy leunstoel in die sitkamer waar die gordyne toe is om
die vlieë en die son uit te hou, en hy raak weg in 'n spel van
verbeelding. Hy sien homself met sy ou maats, ou Koos en ou Flip en
baie ander, en hulle veg weer, veg teen 'n mag wat goddeloos is daar in
die ander wê.ereld. Hy hoor die kanon boem, boem. Hy hoor die gekraak
van kleingewere en masjiengewere soos trommelgeroffel, soos
haeldreuning. Met sy elmboë op die leunings van sy stoel buig hy
vooroor en kyk vorentoe, na die vyand wat kom, geesdrif, krygswoede in
sy verdofde oë, bewend van opwinding. Maar meteens word hy naar; dit
word swart voor hom; hy probeer kyk, maar dit word weer swart; hy wil
opstaan, maar sak opsy oor die leuning en val toe vooroor, sy arms
afhangende op die grond. Nog dink hy: "Hier is dit nou. Ek gaan. Ek
gaan. Goed. Ek het nou al lank genoeg gelê."
Sy kinders kry hom daar so en dra hom na sy bed toe. Hulle was sy gesig
en sy hande, kam sy hare en sy lang, wit baard. Op sy rug lê hy daar
op sy bed" sy oë, toe, sy arms bo-op die kombers. Hy lyk mooi soos hy
nou daar lê. 'n Mooi ou man, kalm, vredig, met iets wat na blydskap
lyk oor sy gesig. Sy hoë voorkop lyk of daaragter nog gedagtes leef;
sy mond lyk of hy nog sal kan praat. Hy lyk of hy nog sommer weer sal
kan opstaan en 'n vyand storm of 'n geweer gryp en 'n leeu afwag.
Swygend staan hulle almal hom en beskou. 'n Vegter wat in vrede
heengegaan het.
As daar al ooit 'n aksie was wat geneem is deur die ANC wat bewys dat
rekonsiliasie volgens hulle definisie niks anders is as die submissie van
witmense tov alles waaraan die ANC glo nie, dan is dit hulle besluit om
soldate van die vegters in Angola en Suidwes nie op die muur van herinnering
te plaas in "Freedom Park" nie, maar wel die van die Kommunistiese gemors
vanaf Kuba
Of dalk is dit 'n bedekte seen dat geen een van ons soldate se herinnering
geskend word deur die absolute patetiese verskoning wat as die regering
bekend staan nie.
Onder vier oë: 'Wat sou gebeur het as ons tóé al geweet het,'
vra Pik
Jan 12 2007 06:39:09:140PM - (SA)
Pieter du Toit
Sy geslag, sowel as die een voor en ná hom, het beslis grootgeword met
die persepsie dat die ANC "net wil verwoesting saai", sê mnr. Pik
Botha, voormalige minister van buitelandse sake.
"Veral ná 1962, toe die ANC aangekondig het dat hy sy stryd met
geweld gaan verder voer, was dit die geval."
Volgens Botha moet dié idee wat wit Suid-Afrikaners oor die ANC gehad
het, teen die agtergrond van die organisasie se noue bande met
kommunistiese bewegings gesien word.
"Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) was destyds een van
die mees Stalinistiese bewegings in sy soort en het krampagtig aan
Stalin se doktrines vasgeklou. Dít het mense bang gemaak.
"Dit het voorgekom of die ANC sterk deur die kommuniste beïnvloed en
in 'n groot mate oorheers is."
Die drogbeeld wat van die ANC ontstaan het, is nie uitsluitend deur die
Nasionale Party-regering voorgehou nie, maar ook deur die
opposisie-partye in die parlement, sê Botha.
"Hulle was, soos ons, teen terroriste-aanvalle en dies meer gekant.
Hoewel hulle nie die streng wetgewing voorgestaan het nie, was hulle
beslis dankbaar daarvoor."
Die grootste probleem vir die regering destyds, was onkunde oor die ANC
en Botha wonder wat sou gebeur het indien daar in die 1960's besluit
is om met die ANC te praat.
"Wat sou gebeur indien ons tóé al geweet het watter soort mense
hulle is en wat hulle beplan?"
Sy persepsie van die ANC het geleidelik begin verander. Nie net het
"verantwoordelike Westerse regerings" en diplomate oor die gevare
van die regering se miskenning van die ANC gewaarsku nie, maar
vooraanstaande Afrikaners se oë het ook geleidelik oopgegaan.
"Johan Heyns (vermoorde oud-moderator van die NG Kerk) het my eenkeer
kom sien en gesê (oudpres. Nelson) Mandela is nie 'n kommunis nie,
maar 'n Afrika-nasionalis tot in sy diepste wese."
Botha was in 1990 diep geraak toe Mandela tydens die eerste ontmoeting
tussen die regering en die ANC by Groote Schuur 'n uiteensetting van
die Afrikaner se geskiedenis gegee het.
"Mandela het gesê hy kan hom met die Afrikaner se stryd
vereenselwig, maar kon nie verstaan waarom hy (die Afrikaner) nie ná
sy vernedering deur die Engelse die hand na sy swart landgenote kon
uitreik nie."
Botha sê hy het net daar gewonder of hulle nie jare lank die ANC se
menslikheid misgekyk het nie.
"Ek dink nie ons intelligensiedienste en veiligheidsmagte het ag op
die gehalte van die ANC se leiers geslaan nie."
Dit was eers toe Botha as minister van minerale en energiesake in
Mandela se kabinet gedien het, dat hy besef het van watter hoë
standaard die redevoering en gesprek onder ANC-leiers was.
Mandela het baie gedoen om wittes en veral Afrikaners se idee van die
ANC te verander.
"Sy dade van grootmoedigheid en vergewensgesindheid, soos om met die
weduwees van voormalige staatshoofde tee te drink, het mense met ander
oë na die party laat kyk.
"Ons het vergelding verwag, en toenadering gekry."
Mbeki se rassekaart 'n pitseer wat skaaf
Jan 11 2007 05:46:44:413PM - (SA)
DIE ANC het vandeesweek sy 95ste verjaardag gevier. Môre gaan pres.
Thabo Mbeki in sy tradisionele Januarie-boodskap die kans kry om
leiding te gee aan 'n wagtende nasie op wie groot uitdaginge wag in
2007.
Dit sal Mbeki loon om breër te kyk as sy verwagte pogings om die
groter wordende eenheidsbarste in net die regerende alliansie te
probeer herstel.
Nasiebou het onder Mbeki se leierskap agteruitgegaan. Die ideaal van
'n inklusiewe reënboognasie staan verweer en verwaarloos terwyl die
laaste fase van Mbeki se termyn aanbreek. In die plek van die vorige
apartheidsregime, het Mbeki se ongesonde beheptheid met velkleur 'n
nuwe geestelike apartheid geskep wat alles in die land versuur. 'n
Bose nuwe rasse-pitseer is geskep.
Dit behoort vir die ANC wat in sy struggle-jare groot klem op
nie-rassigheid geplaas het en wat dit ná 1994 onder pres. Nelson
Mandela in stand gehou het, tot kommer en nadenke te stem.
Met die voorbeeld van die rassekaart wat Mbeki links en regs speel, het
dit 'n gerieflike verskoning vir talle geword om kritiek teen die
foute van die ANC en regering te probeer afmaak en verdoesel.
Speel die rassekaart, het in die Mbeki-era die nuwe "towerstaf"
geword om lastige vrae en kritiek oor foute te probeer ontduik.
Dit stook verder die vlamme van 'n oorbeklemtoning van ras wat tot
onder meer ongesonde toepassing van regstellende aksie lei. Mense word
op grond van velkleur uitgedryf, afgeskryf, maak nie saak of
dienslewering en kundigheid skade ly nie.
In 'n hoofartikel hieronder word gewys op die skade byvoorbeeld in
die onderwys, waar 'n bekwame onderwysman op grond van kleur nie
geakkommodeer word nie. Dit terwyl die onderwys, soos ander instansies,
mank gaan aan kundigheid. Miljoene Suid-Afrikaners, die nuwe
Suid-Afrika, ly hieronder. Tog hou talle in die ANC en regering met
Mbeki aan die spits, vol met die speel van die rassekaart en die skep
van nuwe apartheid.
Die SAKP se jeugliga, die Jong Kommuniste-liga (JKL), het onlangs na
Mbeki verwys as 'n "diktator" wat "verskonings soek" vir die
probleme in sy party en wie se "taktiek" aan die apartheidstyd
herinner.
Volksblad sou kon byvoeg: Taktiek uit die apartheidstyd, skep
noodwendig naderhand nuwe apartheid en dieselfde soort
velkleur-vergrype as dié van die vorige regime. Dit hoort nie in die
nuwe nie-rassige Suid-Afrika nie. Dis 'n onding.
Bostaande is egter nie die enigste harde oordeel uit die binnekring van
die ANC-regeringsalliansie self nie. Cosatu het Mbeki bygekom weens die
rassekaart wat hy speel.
Dit kom nadat onder andere Cosatu en die SAKP hul misnoeë uitgespreek
het oor kabinetslede en ander ANC-hoës se aandeelhouding in die
peperduur Gautrein-pojek.
Nadat Mbeki die kritiek probeer afmaak het deur te sê "die
rassistiese beskouing van swartes as geneig tot korrupsie,
omkoopbaarheid en wanbestuur" is die rede agter die kritiek, het
Cosatu gesê hulle is "veral ontstig" oor Mbeki "se gebruik van
die rassekaart".
"Boonop laat die president se styl veel te wense oor. Hy probeer
altyd om diegene met wie hy nie saamstem nie, se ware besorgdheid wan
voor te stel ten einde hulle te verkleineer en hul integriteit aan te
val," het Costatu gesê.
Dis die kern van die saak. Hier lê die pit van 'n bose pitseer wat
Mbeki self in die nuwe Suid-Afrika geskep het.
As iemand kritiseer, maak hom verdag, val sy bona fides aan. Die
rassekaart kom hierin uiters handig te pas.
Dié laakbare taktiek is vandeesweek weer in Volksblad duidelik
geïllustreer.
'n Gerespekteerde, verligte joernalis en patriotiese Suid-Afrikaner,
Ferdi Greyling, het geskryf wat hy en sy gesin onder misdadigers moes
verduur.
Hoe hy sy vertroue in misdaadbekamping verloor het weens sovele ander
Suid-Afrikaners wat in dieselfde bootjie sit en ook nie gehelp word
nie.
Hangwani Mulaudzi, as woordvoerder van die departement van veiligheid
en sekuriteit, se reaksie hierop was 'n teksboek-voorbeeld van wat
Cosatu oor Mbeki uitgewys het.
Ek't gejok - plaasvrou
LUCILLE BOTHA 11/01/2007 09:43:47 PM - (SA)
RAWSONVILLE. - Die jong vrou wat valslik beweer het dat vier boere
haar verkrag het, het gister met trane in haar oë vertel hoe dankbaar
sy is dat "die leuens eenkant toe geskuif kon word".
Me. Anneline Davids (22) het gesê sy is deur 'n vriend, Anthony
Ntonzeni (15), se familie "gedruk en gedruk om te begin lieg".
Hulle het beweer Anthony is wreed deur die boere aangerand en sy is
verkrag. Die direkteur van openbare vervolging het egter besluit daar
is nie voldoende getuienis om met die saak voort te gaan nie.
Drukgroepe het ná dié bewerings oorlog teen die boere verklaar, en
dit het tot optogte gelei.
"Ek weet self nie waarin ek my ingedruk het nie," het Davids met
haar kop onderstebo gesê.
"Wat my die meeste bekommer, is wat die leuens aan ander mense gedoen
het. Hulle het daaronder gely. Die boere kon só baie verloor het: hul
plase, vroue, huise."
Davids het gesê mnr. John Matimba en mev. Rebeca Ntonzeni, Anthony se
grootouers, het haar gedreig om met hulle saam te stem.
"Die mense van Women on Farms het hier aangekom en hulle (Matimba en
Ntonzeni) het vir hulle die storie vertel. Ek moes net saamstem."
Volgens haar het sy nog nooit probleme met die boere gehad nie en weet
sy ook nie van die sogenaamde vergrype teen plaaswerkers in die
omgewing nie.
"Ek wil nou net dinge regmaak wat verkeerd is, maar ek weet nie of ek
die moed het om te kan praat nie. Dit sal swaar wees om hulle in die
oë te kyk.
"Ek wil baie graag om verskoning vra. En ek hoop hulle sal dit
aanvaar, want anders sal ek die res van my lewe daarmee moet
saamleef," het Davids gesê.
Volgens haar is daar eerder 'n probleem tussen die bruin en swart
mense (Ntonzeni se grootouers) in die omgewing.
"Hier is 'n helse ding aan die gang. Hulle kom nie reg met dié
plaas se mense nie."
Volgens gerugte bedryf Matimba en Ntonzeni 'n sjebien en het daarom
'n houvas op baie van die plaaswerkers. Die egpaar het ook verblyfreg
op die plaas Groenvlei.
"Dit is wrede mense. Hulle het nie 'n hart vir ander nie. As hulle
jou kan omry, dan sal hulle.
"Dit het in die gesprekke opgekom dat hulle twee van die boere se
plase en geld wou gehad het. Hulle het gesê die boere sal met hul kaal
voete hier uitstap, want hulle sal nie eens 'n ryding oor hê om hier
weg te ry nie," het Davids gesê.
Oor die moontlikheid dat sy vir regsverydeling en meineed aangekla kan
word, sê Davids: "Ek kan nie sê hoe ek daaroor voel nie. Solank die
waarheid nou uit is, kan alles maar kom soos dit wil. Ek het so ver
almal om die bos gelei, maar nou kan ek nie verder nie. Ek het myself
in die gemors gebring, nou moet ek myself daaruit kry."
Sy het intussen ook tot bekering gekom.
"Ek moet nou net op God vertrou. Hy is ál Een wat kan vergewe, want
die mense op aarde vergewe nie."
Een van die boere wat van die verkragting beskuldig is, het gesê hy
hoop nie dié mense kom weg met die leuens nie. Hy het 'n beroep
gedoen dat hulle vervolg word.
"Beskuldig my van enigiets anders, maar nie van verkragting nie.
Gloudina - Hier is vir jou as eks onderwyser 'n interesante link om na te
gaan kyk. Wonderlik wat die ANC vir die kinders beteken is dit nie. Het
hulle die swartetjies op jou dae ook so deur gehelp ?
Hierdie boodskap is in Engels.
Hoekom?
Die malle Hollander dink dat hy nie Afrikaans foutloos kan skyf
nie........
It's weird but passionate and in South Africa.
Ever time travelled with Albert Einstein?
Ever seen such an extraordinary wisdom in a Philosopher Garden?
Heard such a number of fantastic stories in a few hours?
Got lost in a huge maze?
Seen such a variety of succulent plants under the open sky?
Had such a personal welcome by hosts?
Well try to find your way to this very special place:
Everything you always wanted to know about sex ..... between plants but
never dared to ask.
It's family entertainment with an educational difference!!!
Ek het jou pos gelees oor die interpretasie van die Skrif in die lig van die
wtenskap. Hoewel ek nie met alles saamstem wat jy gesê het nie - Sal mens
ooit oor alles saamstem? - is dit bie duidelik dat ek en jy baie eenders
dink.
Ek het gister en vanoggend gesoek, maar kan ongelukkig nie jou pos "opspoor"
nie. Gee jy om om dit weer onder hierdie string te plaas, dan sal ek
probeer om meer volledig te reageer.
Koos Kombuis in gesprek met die nuwe musiekheld van jong Suid-Afrika
'n Paar weke gelede hoor en sien ek die eerste keer Bok van Blerk se
liedjie "De la Rey" op die MK89-kanaal.
My eerste ervaring van die liedjie is uiters teenstrydig. Eerstens
besef ek dat dit een van die beste liedjies is wat ek nog ooit in
Afrikaans gehoor het. Tweedens besef ek dat ek myself nie polities met
die liedjie kan vereenselwig nie. Dit lyk, met eerste oogopslag, asof
die lirieke en ook die beeldmateriaal 'n oproep tot oorlog is. 'n
Musikale soort laertrek. Die Afrikaners teen die res.
My gemengde gevoelens oor Bok van Blerk skep 'n haas onuithoudbare
spanning binne-in my, want aan die een kant is ek in staat daartoe om
'n goeie song te herken as ek dit hoor, maar aan die ander kant is ek
die ou wat redelik onlangs uit Afrikanerdom bedank het in 'n omstrede
rubriek in Rapport gedateer 15 Januarie 2006:
Ek wil net so ontsettend graag ontslae raak van al die onnodige
sielkundige bagasie van "Afrikaner"-wees. Die bagasie wat aan my
opgedwing is deur mense wat nou al oor die veertig jaar vir my probeer
voorskryf wie en wat 'n "Afrikaner" is. Waarin 'n "Afrikaner"
veronderstel is om te glo. Vir wie hy moet stem, watse kak klere hy
behoort aan te trek en hoe hy sy openbare vakansiedae moet deurbring
...
Ek vra my gedurig die volgende vraag af: Waarom, as my bedanking uit
Afrikanerdom vir my so 'n heerlik bevrydende stap was, voel ek so
onverklaarbaar diep geraak deur die "De la Rey"-liedjie? Dit is
embarrassing! Met my verstand weet ek dat ek nooit sal kan terugkeer na
'n definisie van myself as lid van so 'n eng etniese beskouing nie.
Maar wanneer ek die liedjie "De la Rey" hoor, sing my hart 'n
ander storie ... "De la Rey, De la Rey, sal jy die boere kom lei De la
Rey. De la Rey, Generaal, Generaal, soos een man sal ons om jou val,
generaal De la Rey ..."
Ja, wanneer ek die liedjie "De la Rey" hoor, wil ek teruggaan
Sondagskool toe, wil ek weer die Kinderbybel lees, wil ek sommer vandag
weer by die army aansluit en die kakies en al die ander k-goeters
sommer in hulle moere gaan skiet.
Hoekom? Watter meestersimbool is hier aan die werk? Wat gaan aan met
hierdie liedjie, en hoekom doen hy sulke vreeslike soetsappige, simpel
dinge met ons onderbewussyn? Dis tog immers die jaar 2006. Die lewe is
nie meer so eenvoudig nie. Ek is, soos al my regdenkende vriende, 'n
humanis. Die wenslikheid van die humanistiese idees, soos byvoorbeeld
die skeiding tussen kerk en staat, is "self-evident truths" (vir
die meeste mense, altans, indien nie vir George W Bush en Osama bin
Laden nie). En selfs as die ANC my die bliksem in maak - soos wat
hulle die meeste van die tyd doen - het dit, tot nou toe, nie eens
een keer by my opgekom om die wapens teen hulle op te neem nie. Veral
nie as Boer nie. My oorlog is met woorde. Die hopelik
intelligent-beskaafde woorde van 'n stadsmens, 'n Suid-Afrikaner in
die breedste sin van die woord. Ek is lankal nie meer 'n "Boer"
nie. Ek blog al 'n jaar lank op Mweb, demmit.
In die dae en weke na hierdie raaiselagtige innerlike konflik probeer
ek vergeet van die angs wat Bok van Blerk in my wakker gemaak het. Maar
dis nogal moeilik, want - soos ek verwag het - word sy liedjie
skielik oornag bekend. Daar is 'n debat daaroor in die koerante. Ek
kom agter, in my omswerwinge deur die platteland, hoe huge hierdie song
skielik is. Van Malmesbury tot in Mpumalanga hou Afrikaanse gesinne
"Bok van Blerk-paarties"; aande waartydens daar gebraai word, bier
gedrink word, en die liedjie "De la Rey" op repeat gespeel word,
oor en oor, uur na uur na besope uur.
Bok van Blerk is skielik nie meer net 'n nuwe musikant nie. Hy is
'n fenomeen. Hy staan vir 'n "Idee".
Hy moet gekeer word, besef ek.
En ek sê toe ook so, in een van my Rapport-rubrieke.
Tot my opperste verbasing kry ek kort daarna 'n e-pos van Bok self.
Hy wil met my praat. Hy wil raad hê ... "oor die land, oor musiek,
oor alles".
Aanvanklik vermoed ek 'n triek van Jeremy Mansfield. Hulle gaan my
ontvoer in 'n Casspir en Waterberg toe ry. Dan gaan hulle my teer en
veer. Of hulle gaan my aflaai in die middel van Soweto en sê: "Kom
ons kyk hoe liberal is jy nou!"
Teen my eie beterwete stem ek in tot 'n gesprek. Op 'n neutrale
plek. Ek kies die restaurant langs die Centurion-teater, want die
volgende aand moet ek daar gaan speel. Ek is bereid om Bok te stiek vir
'n ete as hy nie sy voorlaaier se punt in my rigting mik of my piets
met sy kruisbande nie.
Ek verwag die ergste, want intussen het ek nóg gerugte oor Bok gehoor.
Blykbaar autograph hy sy CD's vir girls "aan 'n trotse
Boerenooi" en blykbaar het hy regte boere in plaas van akteurs
gebruik tydens die maak van sy musiekvideo. (Daar was waarskynlik nie
'n moffie binne honderd kilometer nie.) Vir party van die kakies moes
hulle vroue gebruik en opmaak om soos mans te lyk, hoor ek, want die
boere het geweier om kakies te speel. (Heimlik wonder ek wie al die
slote gegrawe het: Jafta?)
Ek verwag 'n vloekende, aggressiewe persoon met 'n drankprobleem.
(Dus iemand min of meer soos ek, behalwe dat hy kakie sal dra.)
Maar wanneer Bok die volgende dag opdaag, tien minute laat, terwyl ek
al halfpad is met my Salad Nicoise en my eerste Beyerskloof, is ek
verbaas.
Die jong man wat voor my sit, het weerlose oë. Hy is iemand wat al
teleurgestel is deur die lewe. Wat al seergekry het. Om die waarheid te
sê, hy herinner my aan 'n goeie vriend wat ek lank gelede geken het,
maar ek kan nie onthou wié nie.
Dan, halfpad deur die gesprek, tref dit my soos 'n bom: Kerkorrel. Hy
herinner my aan Johannes Kerkorrel.
Bok van Blerk ... 'n sensitiewe siel? Is so iets móóntlik?
Ons dans die dans van woorde om mekaar se standpunte; ons soek
gemeenplase en gerieflike hoeke vanwaar ons mekaar kan afskiet. Ons bou
blokhuise in die lug. Of altans: ek bou blokhuise in die lug. Maar die
goed wil nie bly staan nie.
"Ek weet niks van De la Rey nie," bieg ek. "Ek weet net hy was
'n generaal in die een of ander oorlog. Ek is mal oor jou song, maar
ek is bang dit sweep die volk op tot oorlog. En ons kan juis nie nou
'n oorlog bekostig nie. Net soos destyds, is ons hopeloos
outnumbered."
"De la Rey was nie ten gunste van oorlog nie," troef Bok my in sy
sagte stem. "Hy was ten gunste van vrede."
"O?" mompel ek met my mond vol kos. "Ek het dit nie geweet nie.
Ek sal hom moet Google."
Of De la Rey wel 'n vreedsame Boere-generaal was, weet ek nou nog nie
vir seker nie, maar een ding is seker: Bok van Blerk is 'n man van
vrede. Sy glimlagte kom maklik en sonder moeite. Hy gesels oor ditjies
en datjies. "Ek was in 'n ongeluk by die werk," deel hy met my.
"Vandag is die eerste dag dat ek sonder krukke loop."
Na die ete stap hy saam met my teater toe. Ek moet 'n honderd en
twintig bottels Beyerskloof teken met 'n koki-pen voor die konsert
begin - 'n haas onbegonne taak. Bok maak vir my elke boks oop, haal
vir my die bottels uit. Hy is een van die polaitste ouens wat ek in
jare ontmoet het.
Hy gee my ook 'n CD van hom present. Later sou ek agterkom waaroor
die ander songs op die CD gaan. Naas die "De la Rey"-song is daar
slegs twee ander sogenaamde "politieke" songs: "Jy Praat Nog
Steeds My Taal" en "So Waai die Wind". Die res gaan alles oor
girls, drank en rugby. Veral drank. En 'n right-winger kan hy nie
wees nie, want sy rugby-song is geskryf vir 'n bruin ou: Bryan
Habana.
Die musiek is deurgaans goed. Dis bedrieglik eenvoudig. Dit klink met
die eerste deurluister plek-plek soos doef-doef-geraas, maar daar is
interessante elemente in: boeremusiekklanke, hier en daar 'n stukkie
giftige rock met 'n lead-kitaar-klank wat soos 'n luislang om jou
vou. Maar alles is genuanseerd, subtiel. Sonder om 'n moerse geraas
te maak, doen hy presies aan my wat Jan Blohm doen: hy vat my op 'n
trip; hy bekeer my tot 'n nuwe teologie wat ek nooit heeltemal sal
verstaan nie.
En hel, tussen hom en sy medeskrywers (Sean Else en Johan Vorster) kan
hy tóór met lirieke ... ja, daar is selfs shades van Anton Goosen op
sy beste ... "En so waai die wind, my kind, En so waai die wind ons
blind,En so waai die wind, my kind, mos alles weg. Maar dis diep in jou
gebore, Niks is ooit verlore ..."
Tussen my en Bok, besef ek, is daar 'n kloof so groot soos die
Visrivier-canyon. Ons beskryf dieselfde situasies vanuit twee
verskillende hoeke. Maar, anders as wat ek eers gedink het, is ons nie
opponente nie.
Want al het ek uit Afrikanerdom bedank, bestaan Afrikanerdom nog. Ek
kan hulle nie wegwens nie. Hulle is nie almal sogenaamde "poese"
nie. Die werklose blanke outjies wat deesdae staan en bedel met
kartonbordjies en kakie outfits by verkeersligte in Brits se hoofstraat
suffer netso veel soos wat die ongeskoolde Soweto-jeug van 1976
gesuffer het.
En party van hulle is net so kwaad.
En net so moedeloos.
Maar ten spyte van die feit dat ek met Bok oor die weg kom, ten spyte
van die feit dat hy toe, tot my opperste verbasing, 'n doodgewone ou
is, weet ek dat ek nie tevrede sal wees voordat ek nie meer weet oor sy
ikoon nie.
Wie was Generaal Koos de la Rey werklik? Was hy wel 'n man van vrede,
soos Bok beweer, of was hy net een van daardie larger-than-life
oorloghelde wat later in die annale van die FAK en die Calvinistiese
skoolboeke in brons gegiet is en tot ridder geslaan is? Waar pas hy in
in die nuwe geskiedenis van Afrikaanse musiek, en waarom het Else,
Vorster en Van Blerk juis hóm gekies? Omdat hy vaagweg trek op Haile
Selassi? Omdat sy van rym met al daai lekker maklike "y"-woorde
waaruit die liedjie bestaan?
Terug in die Kaap, klaar met my konserte, gaan soek ek hierdie
misterieuse man op die Internet. Soos ek belowe het, Google ek hom.
En 'n nuwe reeks moontlikhede en denkpatrone gaan voor my oop.
Skielik besef ek Sunette Bridges is dalk reg: dis tyd vir introspeksie
(nie omdat ek deesdae leë sale trek nie - allermins - maar omdat
ek stupid genoeg was om te dink alle Afrikaner-ikone uit die ou tyd was
so vervelig, en so hardkoppig, en so eendimensioneel soos Bles en PW).
Feit nommer een: Koos de la Rey was die laaste Boere-generaal wat
oorlog toe gegaan het; hy het tot op die einde probeer werk vir 'n
vreedsame oplossing.
Feit nommer twee: Koos de la Rey het, saam met generaal Piet Joubert,
Paul Kruger se anti-uitlander-beleid teengestaan uit vrees dat dit tot
'n gewapende stryd sou lei.
Feit nommer drie: Koos de la Rey was, ten spyte van sy hoop op 'n
diplomatieke oplossing, nie bang vir oorlog nie. Toe oorlog eindelik
onafwendbaar word, het hy hom hart en siel in die stryd gewerp. Van al
die Boere-generaals het hy die hoogste slaagsyfer gehad en ook die
langste staande gebly.
Feit nommer vier: Koos de la Rey het guerrilla-oorlogvoering ontdek en
hy was die eerste ou wat ontdek het wat die waarde is van loopgrawe. Hy
was 'n taktiese genie.
Feit nommer vyf: Anders as die Engelse, het De la Rey sy
krygsgevangenes met respek en deernis behandel. Toe hy die gewonde
Britse bevelvoerder Methuen in hegtenis neem, het hy hom dadelik
teruggestuur na die Kakie-linies toe in die hoop dat hy daar beter
mediese hulp sou kon kry.
Feit nommer ses: Na afloop van die oorlog het De la Rey hom tot die
politiek gewend, waar hy, in kontras met die meeste van sy ou
oorlogskamerade, Louis Botha se pogings gesteun het om vrede te maak
tussen Boer en Brit.
Feit nommer sewe: Koos de la Rey was 'n teenstander van Hertzog. Hy
was nie 'n Afrikaner-Nasionalis nie. Hy was 'n ware Suid-Afrikaanse
leier, met 'n groter visie as die eng, etniese en rassistiese
ideologieë van ander Afrikaner-leiers.
Feit nommer agt: Ergste van alles, De la Rey het gesterf op 'n eg
Suid-Afrikaanse manier: hy is getref deur 'n dwaalkoeël by 'n
padblokkade. Die victim van 'n drive-by shooting. Soos Brett Kebble.
Feit nommer nege: Dit is 'n feit soos 'n koei, en Bok van Blerk is
reg as hy daarvan sing: ons het vandag, meer as ooit, leiers soos Koos
de la Rey nodig. Of hulle wit of swart is. Of hulle Afrikaans of Engels
of Xhosa of Zoeloe is. Want De la Rey was die perfekte
Afrika-takhaar-ghoeroe. Hy was die ideale sintese tussen PW en FW.
Feit nommer tien: Hy was ons Steve Biko.
En dis van hierdie ou wat Bok van Blerk sing wanneer julle hom hoor
wanneer julle braai-partytjies hou van Malmesbury tot Mpumalanga. Hy
sing nie van Eugène Terre'Blanche nie. Hy sing nie van Marthinus van
Schalkwyk nie. Hy sing nie eers van Adriaan Vlok of Jake White of
Hannes Nel of Trompie nie. Hy sing van 'n man van durf en daad, 'n
man van aksie, 'n man met gewete, 'n ware leier wat, indien hy
vandag gelewe het, nie net ons volk nie, maar die ganse Suid-Afrikaanse
nasiedom sou help vorder het tot by daardie wonderlike land wat die
Nuwe Suid-Afrika nog altyd veronderstel was om te wees.
Dit is waaroor hierdie veelbesproke lied gaan.
En dit, vermoed ek, is waarom daar so 'n diep hartseer agter Bok van
Blerk se oë lê.
Want, jonk soos wat hy is, dra hy, net soos ek, net soos alle denkende
Afrikaanse mense, net soos die ganse Suid-Afrika, baie swaar aan die
pyn en die bagasie van die afgelope veertig jaar.