Ons het darem nou al almal 'n eerste aand voorsmakie van die nuwe SABC TV
gekry, dis nou vir my koddig dat niemand op hierdie nuusgroep al iets te
sê gehad het daaroor nie. Goeie teken, dit lyk my die ouens wat nie TV
lisensie betaal nie is ook nie roofkykers nie. Ek hoop die adverteerders
merk dit op.
Waar's daai raasbek Koos Ferdi (ek terg sommer, dit gaan net oor jou
volume pos, tweede slegs na Robert se aanvulling van die poslys),
hoe hou jy van die formaat en inhoud?
Sonder afstandbeheer stoei 'n mens maar in die wanorde, ek vermoed daar
rus 'n enorme taak op die SAUK om selfs van my 'n roofkyker te maak!
I lived in south africa for 9 years(i am british, although i would like
to have been south african) in Alberton and Secunda. I am trying to keep
my afrikaans up to scratch so i was wondering if anyone would like to
help me by writing to me in afrikaans, if so my email address is
mjs...@york.ac.uk
Baie dankie
att
P.S. My afrikaans is nie baie goed nie, ek het n D in my standard 8
afrikaans toets gekry ???? (See my afrikaans really sucks so help me by
writing!!!!!)
# Even the greatest of whales is helpless in the middle of the desert #
# Email: mjs...@york.ac.uk Homepage: http://www.york.ac.uk/~mjs111 #
In die verlede was daar Afrikaanse DJs slegs op stasies soos Jakaranda,
Hoëveld etc. (Ek praat nou van stasies wat hoofsaaklik musiek speel dus sluit
dit Afrikaans Stereo uit).
Na my mening is die standaard van die DJ op hierdie stasies glad nie op die
selfde vlak as bv. 5 FM se DJs nie. 5 FM se DJ is baie meer profesioneel en
oor die algemeen is dit aangenaam om na hulle te luister.
Daar is ook vervra in die verlede hoekom 5 FM (toe nog bekend as Radio 5) nie
Afrikaanse DJ het nie en die antwoord was : Dit werk eenvoudig nie.
et die koms van onafhanklike radio stasies het egter waargeneem dat
Afrikaanse DJs kan werk en baie goed. Ek woon in Pretoria en luister meestal
Radio Tuks vir verskye redes maar hoofsaaklik die kwaliteit van musiek wat
hulle speel. Wat ek egter waargeneem het hier is dat daar verskye Afrikaanse
DJ is wat net so goed indien nie beter is as die Engelse DJ is en oor die
algemeen is die DJ op Radio Tuks net so goed as die op 5 FM.
Ek wil hiermee ook Radio Tuks gelukwens met die produk wat hulle lewer en
voorspoed toewens.
Waarom met ape-masker my misken
as ek die digkuns heilig tot bedryf
en Nyl en papperasse met die pen
vir gode onpartydig wil beskryf;
as ek deur drif en keuse van my woord
bewys: Ek is een oomblik Potifar
se vrou met die japon en silwer koord
nalatig los, dan Josef wat verwar
van daardie dy en skemerende lies
wegvlug?
"Want jy, met iedereen se lot
te vereenselwig om ooit kant te kies,
poseer soms as 'n duiwel, soms 'n god,
maar swaai wellustig van die masker los
aan 'n liaan na dieptes van 'n bos."
Onse vader wat in die hemele is,
laat u naam geheilig word;
laat u koninkryk kom; laat u wil
geskied, soos in die hemel net so ook
op die aarde;
gee ons vandag ons daaglikse brood
en vergeef ons ons skulde, soos
ons ook ons skuldenaars vergewe;
en lei ons nie in versoeking nie,
maar verlos ons van die Bose. Want
aan u behoort die koninkryk die krag
en die heerlikheid tot in ewigheid.
Amen
--------------------------------------SPRINGBOKS RULE THE WORLD-------
) /
ANDREW HARWOOD .oooO (_/
Environmental Engineering ( )
Carleton University \ (
\_) Oooo.
Email: ahar...@chat.carleton.ca ( )
OR har...@engsoc.carleton.ca ) /
Postal: 7 Weatherwood Cres.; Nepean, .oooO (_/
Ontario; K2E 7C5; Canada ( )
\ (
-------------------------------------WALKING OVER THE COMPETITION-----