Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » TV, flieks & vermaak » Die nuwe SABC TV
Die nuwe SABC TV [boodskap #5713] Di, 06 Februarie 1996 00:00 na volgende boodskap
Wilhelm Nel  is tans af-lyn  Wilhelm Nel
Boodskappe: 12
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Ons het darem nou al almal 'n eerste aand voorsmakie van die nuwe SABC TV
gekry, dis nou vir my koddig dat niemand op hierdie nuusgroep al iets te
sê gehad het daaroor nie. Goeie teken, dit lyk my die ouens wat nie TV
lisensie betaal nie is ook nie roofkykers nie. Ek hoop die adverteerders
merk dit op.

Waar's daai raasbek Koos Ferdi (ek terg sommer, dit gaan net oor jou
volume pos, tweede slegs na Robert se aanvulling van die poslys),
hoe hou jy van die formaat en inhoud?

Sonder afstandbeheer stoei 'n mens maar in die wanorde, ek vermoed daar
rus 'n enorme taak op die SAUK om selfs van my 'n roofkyker te maak!

Wilhelm
Re: Die nuwe SABC TV [boodskap #5714 is 'n antwoord op boodskap #5713] Di, 06 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
w...@nac.ac.za (Wilhelm Nel) wrote:
<<>Ons het darem nou al almal 'n eerste aand voorsmakie van die nuwe SABC TV
> gekry,.....ens.....>>>>

Het nie na die opening gekyk nie. In my huis het common sense
geseëvier en ons het na Eddie Murphy op M-Net gekyk.
Maandagaand het ek totaal versuip in 'n lawwe PC speletjie.
Vir goed twee uur gehipnotiseer geraak deur 'n joystick.

Toe stories vir my kinders gelees.
Laat ek twee menings van skuins af gee oor die TV (kan tog nie se wat
almal se nie...)

My vrou het Maandagaand die program-skedules deurgekyk en toe gese:
"Maar dis dan al dieselfde klomp twak net deurmekaar-geskommel!"

'n Kolega by die werk het laat gisteraand (Maandagaand) verveeld oor
die kanale gesurf en sy se sy kon omtrent net Afrikaans kry!

Ek het darem Maandag-oggend so halfnege die TV vir so vyf minute
aangesit uit nuuskierigheid en raai wat kry ek: 'n Afrikaanse
tekenfliek! (Iets van 'n hasie).
Lyk my daar's net Afrikaans op!
(Ek weet dit is die teenoorgestelde, dit net snaaks hoe lukrake
ervaring patrone verkeerd kan weergee.)

Lyk my in elk geval wat ontbreek is goeie program-inligting oor
presies wat die program is wat wys (bv.: "Goeie Britse dokumentêr oor
hoe springhase in die woestyn leef. Hoogaangeskrewe program.
Vervaardig deur David Attenborough" OF "Oorgeklankte Duitse
speurreeks van minderwaardige kwaliteit." en so aan.)
Dan kan 'n mens jou TV-kyk vooraf beplan teenoor dit op "ons kanaal"
sit en kyk wat uitpop.

Maar my lisensie sal ek betaal. Hoe kan ek dan die sokker, krieket en
rugby (met simpel nuwe reëls) mis!
Re: Die nuwe SABC TV [boodskap #5739 is 'n antwoord op boodskap #5713] Do, 08 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Ant Man  is tans af-lyn  Ant Man
Boodskappe: 41
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
In , fe...@is.co.za (Koos) writes:
>
> 'n Kolega by die werk het laat gisteraand (Maandagaand) verveeld oor
> die kanale gesurf en sy se sy kon omtrent net Afrikaans kry!

Ek dink jou kollega kyk na ander kanale as die wat die SABC nou het (miskien moet hy ons vertel na watter kanale hy kyk want daar blyk meer Afrikaans op te wees as wat die SABC nou vir ons opdis). Ek het gou deur die skedules gekyk. Maandagaand was Beverly Hills 90210 en daarna Bewakers van die Buitenste Ruim die enigste twee Afrikaanse programme op die TV (alle SABC kanale ingesluit). Weet nie hoe jou kollega kon "gesurf" het op soek na Afrikaanse programme nie want dit is slegs SABC 2 wat Afrikaanse programme uitsaai. Skies, ek sien daar is darem so een of twee Afrikaanse kinderprogramme per week op SABC 1. SABC 3 saai uitsluitlik in Engels uit.

>
> Ek het darem Maandag-oggend so halfnege die TV vir so vyf minute
> aangesit uit nuuskierigheid en raai wat kry ek: 'n Afrikaanse
> tekenfliek! (Iets van 'n hasie).

Ja dit was Blokkies die Towerhasie. 'n Afrikaanse kinderprogram van sowat 10 minute binne 'n see van Engelse kinderprogramme.

> Lyk my daars net Afrikaans op!
> (Ek weet dit is die teenoorgestelde, dit net snaaks hoe lukrake
> ervaring patrone verkeerd kan weergee.)

Antonie
Vorige onderwerp: Afrikaans op SAUK-TV
Volgende onderwerp: E-Posbom aan SAUK
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 08:49:07 MGT 2024