Soos julle gemerk het, het ek die artikels die laatste dae nie
doorgestuur nie. Ek het dit tot nu toe handmatig gedoen, en dit
kos my eenvoudig te veel tyd.
Voorlopig sal daar nu dus geen koppeling wees, maar ek hoop wel
dat die voorstel van Dana Murray uitgevoer kan word:
'n outamatiese koppeling, waarby jy op die poslys kan sien dat 'n
artikel van die nuusgroep kom (en wie die oorspronkelike skrywer is)
en andersom ook.
> I'am a scuba diver and I will visit CR sometime in the summer.
> Salu2
Ek weet nou nie van julle ander nie, maar ek begin nou redelik g*tvol word
vir die penfriendjies wat hulle boodskappe met die haelgeweer versprei. Ek
het nou al twee keer e-pos vir die "Earth Friends", wat elke keer weer die
ding aan die gang sit, gestuur om hulle aan die verstand te probeer bring
waaroor hierdie groep gaan en baie mooi en beleefd gevra dat hulle moet
ophou om na die groep te pos. Lyk nie of dit help nie.
Dit sal dalk help as hulle meer sulke versoeke kry, sommer baie meer.
> En dit is daarom, Julius, dat jy nie bekommer oor Afrikaans moet wees nie.
>
> (Gloudina)
Ek merk op in hierdie nuusgroep dat daar in Suid Afrika groot kommer
is oor die status van Afrikaans as voertaal in skole sowel as
Afrikaans op TV.
Afrikaans sal nie vergaan nie, meskien sal dit oplos in die kookpot
van die We^reld Dorpie (wel, dit is wat ek raai die Afrikaans is vir
"global village"). Die engelse sit op die "stoep" en kyk oor die
"velt" hoe die "wildebeest" "trek".
Bill Gates se bydrae tot die verspryding van die Amerikaanse kultuur
is niks in vergelyking met Holliwood se dominansie van popkultuur nie.
Die Franse is die sigbaarste teenstem.
Engels het nou so baie flavours dat jou woordverwerker wil weet of jy
US English of UK English will installeer. Hier in OZ het jy nog die
keuse van die Macquarie Dictionary.
Ek weet baie mense is gesteld op die gebruik van Afrikaanse leestekens. In
die ou dae het ons Afrikaanse tikmasjiene gehad, maar nou te midde van die
rekenaareeu het dit regtig 'n probleem geword.
Ek gaan my kop in 'n bynes steek en voorstel dat ons geheel en al wegdoen
met deeltekens, kappies ens.
Ons het Afrikaanse karakters hier by die werk (ALT+TAB), maar daar is ook 'n
(ALT+TAB) funksie wat jou hele dokument uitwis. Ek kan nie altyd onthou of
'n deelteken op die "e" ALT 134, ALT 145, of ALT 77 is nie (dit help nie om
'n lys op te stel nie, die Afrikaase leestekens is begrawe tussen Japanese,
Russiese en Duitse karakters).
As jy dan tog die regte een kry, en jy stuur dit as 'n e-mail-boodskap, dan
verander die karakters in die proses, soos ons dit in hierdie nuusgroep
waarneem: KwAEvoAEl, of so iets.
Ek sien sommige mense skryf so: kwe^voe"l. Maar dit lyk baie snaaks.
Ek is nie 'n rekenaarkundige nie, en dalk is daar 'n tegniese oplossing vir
die probleem. Maar as ons demokraties wil wees, moet ons die meerderheid
NIE-rekenaarkundiges, wat op Amerikaanse masjiene moet werk, in ag neem.
Kom ons werk aan 'n nuwe rekenaarskryfwyse vir Afrikaans.
Ek lees vanoggend weer oor die nuwe skilderye wat nou in die parlement hang. Dit is
nou die koerant berigte wat op die Independant se web-site is (Wat is web-site in
Afrikaans ?????)
As ek moet gaan op die beskrywings in die artikel van die Independant, klink dit of
niemand regtig kon verstaan wat die skilderye probeer uitbeeld nie - dis nou die wat
nie toegemaak was nie. Twee van die beskrywings "tickle" my nogal. Ek gee dit net
weer :
"..haloed knight killing a grimacing white ape" en "...men in Nazi-style helmets and
gas masks pulling the intestines out of a corpse".
Ek kan aan 'n paar dinge dink wat die skilderye probeer uitbeeld, of waarmee hulle
ooreenkom, maar netnou word ek van links en regs as 'n rasis beskryf - en in die
nuwe SA is so iets mos uit. Iemand 'n idee wat die skilderye probeer uitbeeld???
Ek is op soek na 'n ou vriend van my. Ons was 'n hele klompie jare terug saam op
Tuks gewees. Hy het vir predikant geswot (Vir die wat nie weet nie, dis nou vir 'n
Pastorale Ingenieur). Later het hy meer sielkunde in beweeg. Sy naam is Arnold
Muller en sy vrou se naam Lianti. Ons het 'n klompie jare terug kontak verloor, en
ek kon hom nog nie weer opspoor nie. Ken iemand hom dalk ?
Valentine's Day is just around the corner and you certainly have that
special somebody. If you want me to send them a poem or just a "be my
valentine" card send me her/his details, and whether you want to appear
anonymously or not.
Give Cupid a chance...
--
o-----o E-Mail: b0go...@rks.harz.ni.schule.de o-----o
/ | / | Web : http://www.rks.harz.ni.schule.de/~b0goosse | \ | \
o-----o | Post : Braunlager str. 28, 37444 St. Andreasberg | o-----o
| o-|---o Deutschland o---|-o |
| / | / Tel. : (05582) 801-181 \ | \ |
o-----o ____________________________________________________________ _ o-----o
Eat, drink and merry for tomorrow we croak.
-"ALF" Gordon Shamway
dsi...@aztec.co.za (Daniel Silke) wrote:
>
> SOUTH AFRICAN POLITICAL EXPERT TO VISIT USA/CANADA
allerhande goeters gedelete
Independent Political Analyst and Parliamentary Monitor
>
> Silke has recently lectured at Duke University in North Carolina, Washburn University in Kansas, the Philadelphia Bar Association and various Rotary audiences in the United States. He has just returned from lecturing aboard the MV Marco Polo on its transatlantic cruise from Cape Town to Buenos Aires.
>
> Daniel is able to offer Universities, Institutes and other interested bodies short courses or single guest lectures on matters concerning South Africa�s contemporary political development. He is also available for world-wide bookings in advance and for written articles on current developments.
>
> Lecture Titles Include:
>
> * Can the South African Government of National Unity Last?
> * When Mandela Goes - Options and Scenarios for the future
> * Can Democracy Survive in South Africa?
>
> Short Courses Cover:
>
> * The Political History of South Africa
> * The Apartheid Years
> * The Negotiation Process
> * The 1994 General Election
> * Key Issues Facing the New South Africa
> * The South African Media - Has it changed?
> * The performance of the ANC Government
Enige iemand wat al hierdie antwoorde wil weet moet net
vir Koos e mail