Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Misdaad, bendes ens - hiers die oplossing!

Ma., 26 Augustus 1996 00:00

Julle skryf oor misdaad en bendes ens.

Lou het 'n goeie analise gehad oor misdaad ens.
Sien: (Re: SA se beeld -lour...@hipsys.co.za )

Hiers my bydrae:

Die probleem:
1)Daar is 'n verskriklike klomp mense wat nie werk het nie,
hulle begeef hulle in armoede in krotbuurte en wend hul tot misdaad
en diefstal. (Misdaad is nou verbonde aan sosio-ekonomiese toestande).
2) Daar is 'n persentasie misdadigers wat geen salf aan te smeer is nie
en eenvoudig moor en verkrag of geldmaak uit misdaad.

Ek stel 'n ideologie voor wat vry is van politiek:
"in die sweet van jou aangesig sal jy jou brood verdien".

Skep werk en hou mense van die strate af: Laat mense op groente en vrugte
plant op staatsplase, huise bou ens.
Leer hulle en kyk na hul gesondheid. Hou op om onderwysers en verpleegsters
te onstlaan. Dan het niemand mos 'n verskoning vir misdaad nie.
As kinders stokkies draai op skool, trek hulle velle van hul gat af met
'n lat. As mense te lui is, staan agter hulle met 'n sweep.
As daar nie geld is nie kan mense sodoende ten
minste hul omstandighede verbeter en hul eie kos verbou.
As mense nog in misdaad volhard - geen genade nie. Werk hul gal.
Sterk die polisie se hand daarin.
Behandel almal dieselfde, - geen diskriminasie nie.
As mense hulle gatte af werk het hul dalk minder tyd om oor allerhande
nonsens te baklei.

Ek weet baie van julle dink dalk dis 'n despotiese oplossing,
en ek weet dis nie polities korrek nie, maar as jy 'n beter idee het om
armoede en misdaad te bekamp, maak oop jou mond.

Groete

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Gedigte van ELIZABETH EYBERS

Ma., 26 Augustus 1996 00:00

Onlangs bring gaste uit Suid-Afrika vir ons
Elizabeth Eybers se bundel TYDVERDRYF
PASTIME.

Ek het dit gretig oopgemaak. Elizabeth Eybers
was nog altyd vir my 'n digter van dieselfde
kwaliteit as ten minste 'n N.P. van Wyk Louw,
veral omdat sy gedigte in sonnetvorm so mees-
terlik kon hanteer.

Hierdie klein bundeltjie bevat egter net kort
stukkies in Afrikaans, met 'n Engelse vertaling
deur die skryfster daarby. In baie gevalle lees die
Engelse gedig (wat ook rym) vlotter as die Afri-
kaanse tweeling-gedig. Mens wonder dus of sy
miskien die Engelse vers eerste geskryf het, en dit
toe daarna vertaal het. In baie gevalle is die gees
van die woorde ook effens vernederlands. Dit is
natuurlik nie snaaks nie. Elizabeth Eybers bly nou
al baie lank in Nederland. Hier volg 'n paar van
die beste gediggies in die bundel.

MENSE EN BOEKE

Ek wat van mense hou
raak ondanks klimmende jare
af en toe ligtelik verlief
- gelukkig ongeldig weens geen
behoefte om hardop te bieg.

Ek merk ook op dat my vermoeë
vir die laaste noodsaaklike taak
om 'n bouval tot tuiste te maak
in werking bly wanneer, alleen,
omsigtig en ingetoë,
ek weder-waardigheid verg
uit die oorvloed in skrif opgeberg.

KENNIS

Jy ken God kragtens jou onwetendheid,
Hy dank sy almag aan jou onvermoeë,
jy leer, geleidelik opgelug, dat Hy
nie iets of iemand is om aan te glo
maar te ervaar: uiteindelik mededoë
met deelgenote in sy werklikheid,
die Kans wat ons dwarsdeur die doolhof lei
en later elkeen om die beurt bevry.

METODE

Jy strooi 'n handvol woorde op papier
en gaan na bed.
Wanneer jy wakker word moet jy ontdek
of hulle in noodgeval kan tierelier
en elke woord afwagtend op sy plek
'n onweerlegbare afspraak het
met wat jy vrees, verdra of vier.

Hierdie bundel is uitgegee deur Human en
Rousseau.

Gloudina Bouwer

Prosa & poësie | 0 kommentare

NUWE KINDER ID BESKERMING LEES HIER....

Ma., 26 Augustus 1996 00:00

Bykans daagliks lees ons in die koerante,sien ons op Tv of hoor ons op die
radio van vermiste kinders,pedofiel bedrywighede,molestering,ongelukke
ens.Dag na dag word die druk op ons om ons kinders te beveilig
meer,misdaad neem toe, en vrye beweging op straat word meer van 'n
risiko.'n Unieke projek word tans van stapel gestuur wat van onsttende
waarde is vir beskerming van u kinders en wat ingeval van nood letterlik u
kind se lewe kan red.Die
kern van die projek is 'n unieke identiteits kaartjie met u kind se foto
op plus alle noodsaaklike inligting soos adres,kontak tel.nommers,mediese
inligting ens.In die geval van kleuters kan die kaartjie aan die binnekant
van die klere vasgeknyp word en ouer kinders kan dit binne in
'n sak vasknip.Die kaartjie is verbind met 'n beloning stelsel wat hom
opsigtelik maak en aansporing sal gee tot vinnige aanmelding indien gevind
word.Die kaart nommer is verbind met 'n data basis wat op 'n sentrale
rekenaar gehou word met alle verwante besonderhede.Die sentrale rekenaar
weer is verbind met die Internet waarop die Suid Afrikaanse Polisie Kinder
Eenheid 'n elektroniese blad beheer vir inligting i.v.m. vermiste
kinders.Die polisie het direkte toegang tot die sentrale data basis en in
geval van 'n noodsituasie kan 'n volkleur foto met alle nood besonderhede
letterlik binne minute dwarsdeur die land versprei word.In geval van 'n
ongeluk waarna u kind nie instaat is om te praat nie kan die mediese
inligting asook identiteit binne sekondes met slegs 'n tel. oproep verkry
word.Al bogenoemde en nog meer voordele vir slegs R15-00. Indien u
belangstel in meer inligting stuur asb. e-pos aan
log...@ilink.nis.za
waarop u naam en adres verskyn.Ons sal die volle besonderhede aan u pos
sonder enige verpligtinge.
KAN U BEKOSTIG OM DIE GELLENTHEID TE IGNOREER?
WAT IS R15-00 2 LITER MELK,1 BROOD EN 1 PAKKIE SIGARETTE.!
KONTAK ONS NOU !

--
E-MAIL...@ilink.nis.za
South Africa
*BROWN BEAR*

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

H/d NG en Afrikaanse Kultuur

Ma., 26 Augustus 1996 00:00

Is die onsin in hierdie NG werklik die beste wat Afrikaanse kultuur
tot die Net kan bydra? En is dit die beste poging van die Kaap? Erens
is daar 'n groot skroef los.
Albert.

Geloof & kerksake | 1 kommentaar

vra maar hoe dit is

So., 25 Augustus 1996 00:00

bly nou al twee jaar in California
Hmm baie verlig ?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Julle is almal vertraag man !!!!

So., 25 Augustus 1996 00:00

Nie regtig nie, ek bedoel die pos op die nuusgroep is
vertraag. Ek sien "Aussie" en Gloudina ly ook daaronder.

Dit neem soms drie dae voor ek julle pos sien.
Dis geen wonder dit ly tot verwarring nie !

As ek julle nou beledig, het ek dalk van plan verander
teen die tyd dat julle my pos sien!

Vriendelike groete (oor drie dae).

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Was die Kool die sous werd vir die nuwe SA?

Sa., 24 Augustus 1996 00:00

Ek weet nie eens of die inset die Nuusgroep sal bereik nie aangesien
my antwoorde (2) op Gloudina se pos net in die niet verdwyn !
Laat ek maar my stelling begin indien die "posting" suksesvol is!
Was die kool die sous werd vir die vorming van die NSA? Ek wonder!
Mens kan so maklik sê ja, Maar as mens dit alles meet in " Human
Suffering" wonder ek tog!
'n Groot Ja dat menslikke lyding beeidig is op politieke front maar is
dit waar? Is al die verskillende volkerre van die NSA wel nou beter af
as voorheen? Is meeste van die immoraliteite wat plaasvind nie wel 'n
erfenis van die Nasionale Party nie? Wie gaan bieg oor , in my oë die
grootste "sonde" van die verlede ... die indoktrineering van die
skoolgaande jeug? Sal Mnr de Klerk sy Vereening toespraak dat daar
nooit ruimte vir swart kinders op blanke skole sal wees nie as
verkeerd TEENOOR die balnkes beskryf en HULLE vra vir vergifnis nie
net teenoor die swart volkere nie maar teenoor die misleiding van die
Blankes en veral die Blanke jeug? Is daar ruimte vir die volkere van
SA wat hul eie identieteit wil behou om dit wel te kan doen?
Soveel vrae en nog meer van iemand wat trots is op sy "Roots" maar dit
alles tog prys gegee het om vir sy kinders 'n toekoms van normaliteit
te kan bekom. Koos miskien kan jy, as seker die mees gebalanseerde
korrespondent, 'n ou tydjie spaar om die debat te begin'
Groete uit die Paradys
Paul van der Merwe.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Vlag

Vr., 23 Augustus 1996 00:00

Ek is nou al amper drie jaar in die USA (Alabama). Ek will einde van die
Jaar huis toe gaan vir Kersfees. My vraag: Waar kan ek 'n
OranjeBlanjeBlau vlag koop? Mag die vlag nog in SA verkoop word ?
As iemand weet, e-mail my asb. ko...@ix.netcom.com
Dankie
Rudiger Koll

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Die naam AZANIA

Vr., 23 Augustus 1996 00:00

Dit lyk nie of daar enige poging aangewend word
om Suid-Afrika te verdoop na AZANIA nie.

Ek weet dat daar 'n lang gesprek op die SA Engelse
nuusgroep was oor waar die naam vandaan kom. Ek
haal die volgende aan uit 'n boek wat in 1774 gedruk
is : "A New System, or an Analysis of Ancient Mythology"
deur Jacob Bryant:

".. if I should meet with a country called
Azania, I may in like manner derive it from
Az-An, a fountain sacred to the Sun; from
whence the country was named. And I may
suppose this fountain to have been sacred to
the God of light on account of some real, or
imputed, quality in its waters... As there was
a region named Azania in Arcadia, the reader
may judge of my interpretation by the account
given of the excellence of its waters...


Amper 'n soort Griekse Amanzimtoti!
Die mitologiese Arcadia, waarvan Azania dus 'n
deel was, was 'n streek van pastorale rustigheid.

Wat my egter interesseer, is of die vryheidsvegters
wat die naam AZANIA voorgestaan het, dit gekies
het omdat die internasionale designasie vir Suid-
Afrika, naamlik ZA (en nou die eindes van e-pos
adresse) bevat is in die naam AZANIA?

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: klierkop en bitterbek-kultuur

Vr., 23 Augustus 1996 00:00

DU PREEZ MARTINS wrote:
>
> nogal 'n hele "aksie op die kassie.
> as 'n mens so tussen die pole van gus, galjoen, lou en koos lees, voel ek erg
> benuut of ek nou afrikaner is al dan nie. daar is mos die afrikaners wat onder
> die mom van afrianerskap met hoog heiligheid aangee dat hy sus of so moet
> wees. jy weet, aan die party behoort, daadie beweging onderskryf ens. heel
> normatief. en dit wil vir my voorkom of ons in al die hoogheilige dinge die
> ewewig oorboord gooi - so enduit ons vertroue in die politiek stel. so word
> apartheid (wat in elk geval tog maar n sosiale en nie 'n politieke verskynsel
> is) dan verhef as die nommer een maatstaf van leef.

Stem saam. Ons het self politiek verhef tot 'n lewenswyse pleks daarvan dat politiek maar
net 'n klein deel van ons lewens moes gewees het. Maar ons kan nie almal veroordeel nie.
Die NP het die elektroniese media baie goed ingespan om mense te oortuig dat die NP al
uitweg is. Die NP is die lewe!

> Nee wat, ek verkies dan
> eerder om n snob genoem te word, wat dan kan ek my apartheid sonder enige
> geploetery met die politiek beoefen, net eienaardig dan ons (so wil dit vir my
> lyk) die regte afrikaners - die nou nie die "boere-afrikaners" of die
> "verloopte afrikaners" hoor by ons buitelandse vriende wat duidelik n
> versugting in net afrikaans het
>

As gevolg van al die veranderinge is dinge besig om te verander. Ons word "normaal"
waar dit by politieke aangeleenthede kom. Mense besef jy kan Afrikaner wees al steun jy
nie een of ander politieke party nie.

Antonie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1596  1597  1598  1599  1600  1601  1602  1603  1604  1605  1606  1607  1608  1609  1610  1611    »]
Tyd nou: Ma. Jun. 01 22:53:40 UTC 2026