Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

GEDIG: Daai man wat op die eiland klippe kap

Do., 22 Augustus 1996 00:00

Een van julle het gevra ek moet nog stuur:
Die een is geskryf toe Nelson Mandela nog op Robbeneiland
gesit en klippe kap het:

DIE KALKSTEENGROEF
------------------

"Wat sal ons verlos van 'n terugkeer na die steenbed?
'n Droom, selfs 'n hersenskim, sal die mensdom red.

Op die duur. Maar more weer, kap ek aan die wit
van 'n klipharde volkshart; my oe swem verward
daaroor: al's mes-skerp, dan satynsag, altyd hard.
'n lyn wasgoed wat wit-fossiel in die klip vassit
spring onder my pik los. In die geheue se agterplaas.
Vandag verlang ek na haar, soos die eerste mens...
'n Vreemde deernis laat die skerp eilandklip soggens
en saans fletser skyn in die dynserige waas"

Wagte roteer op die knap omtrek soos diakens
op hul skyfie skrik. In die middel, die Prisonier.
Die aarde word sag in sy oe wat tuur:
daardie klip, daardie klip, toegedraai in lakens.

---------
Dit is nog 'n gedig van Charl-Pierre Naude'
uit sy bundel "DIE NOMADIESE OOMBLIK". (Tafelberg)

Groete aan al die bannelinge,
en lekker kap aan julle eie ou steengroefies, daar in Europa
en Kanada en Australie en Amerika en ....

Prosa & poësie | 4 kommentare

TAAL + KERK: Vulgere Skisofrene ????

Do., 22 Augustus 1996 00:00

Ek het 'n gedig van 'n Griekwa se weergawe van 'n psalm gepos,
toe is daar die volgende kommentaar gegee:

From: de...@world-net.sct.fr (Demo Installer)
> Om in Parys te sit en deur die SA nuusgroep blaai om nie by skryfwerk uit
> te kom nie en dan op Griekwas, Psalm 21, bybellees en Prieska af te kom,
> is om te weet wat vulgjre skisofrenie is.

From: cas...@aol.com (Castet)
> Die mag en medium van die rekenaar het net n vullisblik vir emosies
> geword.
> Ek groet dus en stuur groete aan die een wat my afmaak as n vulgere
> skisofreen.

Ek verstaan nie!! - Help my:
----------------------------

1) Wat het die gedig met skisofrenie te doen ? (My beeldspraak is nie
so goed nie! - verduidelik asb. Wat het Mnr "Demo Installer" bedoel ?
Wie skryf uit Parys uit (behalwe Breytenbach ?)

2) Wie het Castet beledig ? Wat het Castet gesê om 'n belediging te
verdien? Mis ek 'n brief ? Of was daar 'n private brief tussen Castet
en jou Koos?
Moet jou asseblief nie laat beledig nie, Castet, stuur eerder 'n bydrae!
KOOS: Jy haal 'n pragtige gedig aan van CASTET, vertel asb meer.

3) Lyk my daar is gapings in die nuusgroep op die Internet in Australie?
Is dit oor die lyne kruis hier oor die Outback ?
(Hier werk die telefone nog met paraffien en blikkies, soos in Adoons-
hulle se dae). Ons gaan binnekort na diesel-telefone oorskakel...)

Groete

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Resep vir Koedoe braaivleis...Kangeroevleis,krokodilvleis,hondevleis,haas,emu....

Do., 22 Augustus 1996 00:00

As jy 'n wildsbredie wil maak moet jy
lourierblare en koljander en wonderpeper he.
(Wonderpeper is sulke korrels, so groot soos peperkorrels,
ook genoem "Allspice").

Jy moet ook 'n bietjie spek bysit, want wildsvleis is droog.
(die bok spring heeldag rond in die veld, hy het nie tyd om
vet te ontwikkel nie.)

Ek het hier in Australie al kangeroe geëet. (bredie, want hy
is taai). (Kyk weer mooi na 'n kangeroe, dit is eintlik maar 'n
groot springende rot).
Dis nogal lekker, maar mens kry dit verskriklik moeilik
in die hande. Die Australiers eet dit gladnie.
Dit word slegs as hondekos verkoop in die supermarkte.
Dit het omstreeks einde 1994 eers meer beskikbaar begin word
by een of twee plekke. Nog steeds baie skaars.
Die boere in die outback skiet elke nou en dan een vir
die plaashonde. Blykbaar was die probleem dat die wilde kangeroes
'n siekte dra, en dat slegs plaas-geteelde kangeroes se vleis
aan die publiek verkoop mag word.

Hier is ook miljoene hase in Australie (dit is 'n groot
plaag), maar die Australiers eet ook nie hase nie.
(Wonder wat die Belge daarvan sal se? - by hulle is dit 'n lekkerny).
Ons het as kind 'n mak haas gehad. Eendag was hy skielik "weg".
Twee dae later het ons heerlike "wilds" bredie geëet.

By sommige restaurante het hul wel krokodil en kangeroevleis,
maar dis hoofsaaklik vir die toeriste en vir die snaaksigheid.
As jy 'n krokodil kan eet kan jy maar wragtag 'n hond ook
eet, want hy is 'n aasdier.
My Vietnamese kollega vertel hy het al hondevleis geëet.
Hy se dit is nogal lekker saam met rooiwyn in die winter.
Nou ja...
Ek het ook al Emu-wors geëet. (Dit is die Australiese volstruis).
Dit was verskriklik lekker, maar toe poep ek die hele dag deur
aanmekaar. My kollegas het nie saamgestem nie, maar vir my
was dit die moeite werd. Sal dit weer doen.

Groete.

Kos & resepte | 0 kommentare

Dis nie net apartheid nie.

Wo., 21 Augustus 1996 00:00

gal...@ibm.net wrote:

> Mense, die kwessie stel my teleur. Ek dag apartheid is dood?. Ek dag dis 1996?
> Herrinner my tog weer daaraan dat dinge nou anders is in die NUWE SA.
> Asseblief. Of is ek te haastig?

Hier sluimer daar baie meer gruwels as net
rasisme, hier is ook nie vryheid van godsdiens.

(alhoewel die verskeie gemeent-skape stadigaan
begin besef dat godsdiens is n kulture eienskap
met baie vorms en dat geen EEN geloofstelsel
deur die regering in skole afgedwing moet word
nie.)
Maar, in realitieit word godsdiens nog net soos
voorheen met meeste skole voortgesit.

Dit bekommer my geweldig, aangesien ek glo dat
god en alles wat die konsep van n god omhels net n
mensgemaakte konsep is om weereens beheer oor
volkere uit te oefen.

Tog is dit so dat mense leiding WIL he en graag
onder die mantel van die staat/kerk/broederbond/
politieke party/organisasie/bende kloester !

groete -vygie
------------------------------
GRENSLOOS IN DIE KOP

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Resep vir Koedoe braai vleis

Di., 20 Augustus 1996 00:00

Weg van die politiek en rugby. Ek is opsoek na 'n
resep om Koedoe "steak" op die kole te braai.

As iemand my kan help stuur die resep na my e-pos
adres klt...@aztec.co.za

ame

Kos & resepte | 1 kommentaar

Re: University Adresses wanted urgently..... for a foreign Professor....

Di., 20 Augustus 1996 00:00

Hello Jan,

Alles is moontlik in die nuwe SA.
Gaan na: http://www.minds.co.za beweeg deur na die Cyberjump en kies dan
South African Sites.
Ons het alle url vir Univ, technikons ens. Help jouself aan die buffet!

Groetnis
Marius Lubbe
Creative Minds(tm)

Jan Lamprecht wrote:
>
> Hi,
> I have a European friend who's a professor of mathematics who's very
> interested in finding a position at a South African university. He has a
> strong background in logic, theoretical Computer Science, etc.
>
> I'm currently looking for the addresses of some universities where he can
> send his CV to. I've already passed on Wits & RAU's addresses. But can
> anyone supply me with any others? e.g. UCT, Stellenbosch, UNISA, University
> of Pretoria, etc?
>
> If you happen to have any e-mail addresses for these Universities rather
> than snail mail, I'd also like those so that he can communicate directly.
>
> Cheers, Jan...
> * Ignorant people think it's the noise which fighting cats make
> that is aggravating, but it ain't so; it's the sickening
> grammar they use. (Mark Twain)
> * No one's life, liberty or property is safe while
> the legislature is in session. (Mark Twain)
> * What do politicians and porn stars have in common? They're both
> experts at changing positions in front of the camera.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Gedig van verlange

Ma., 19 Augustus 1996 00:00

Ek is dalk net nog 'n korrel in die sand van menigte strande bondbesaai
ek is miskien wat hulle noem een van die gelukkiges
maar ek wonder of ek ooit die biltong tussen my tande gaan probeer uithaal
die beeste in die kraal saam met oupa gaan tel
ek bere maar my herinneringe in die swaar ou laaitjies van my hart en
emigreer of nie emigreer, ek is nou geïntegreer, soos 'n fyn
biesiemandtjie is my liefde vir my land ingeweef, en dit is nie sommer
iets wat ek uitrafel nie;
enige een wat graag wil chat is welkom, glo my, in 'n see van frans honger
'n mens vir Afrikaans op jou eie eiland

Anna oniem

Prosa & poësie | 1 kommentaar

SA Rugby: EN WAT NOU...??

Ma., 19 Augustus 1996 00:00

Nou vra ek wat nou....

As ek net die Rugbyraad se Internetadres kon opspoor, dan had ek lankal
'n boodskap aan hulle gestuur...

Wat sou fout wees...??? Kan Markgraaff nie die werk doen nie...???; Is
ons Bokke nou te grootkop dat hulle nie weet wat om met al die balbesit
te doen nie...??? (word hulle dalk te veel betaal...???), of is die ALL
BLACKS regtig maar net beter as ons...???

Om nie eens te praat van die James Small voorval nie... Verbeel jou, 'n
man word voor 'n tugkomitee gedaag, onskuldig bevind, maar is reeds
vooraf gestaf deurdat hy nie gekies is nie - en nou lyk dit of hy nie
weer gekies sal word nie - is dit regverdig, of is dit 'n tipiese Louis
Luytt wat hier gepraat het - diktatorskap in SA Rugby...!!??

Ek vra maar net... en sal graag u kommentaar wou hoor...

Johan v V

Sport & ontspanning | 2 kommentare

EK SKAAM MY VIR SO-IETS OP DIE NUUSGROEP.....!!!

Ma., 19 Augustus 1996 00:00

Albert R.Gus (a...@smartnet.co.za )

Skryf (oor Gloudina, wat nou in Kanada woon):
> al het die t..f 30 jaar terug al die saak versaak.

ten spyte van bg. skryf hy dan oor haar en Koos:
> ..as daar iets onder die belt of banaal of plein en
> simpel stupid is om aan te haal, sal of jy of jou vriendin dit doen.

Kyk, Koos en Gloudina kan namens hulself praat,
ek is niemand se maatjie nie,
en gee nie om dat julle vloek nie, en ek gee nie om
om van jou te verskil oor politiek nie,
maar om 'n vrou 'n TEEF te noem is verskriklil laag.
Hierdie vrou is ook 'n moeder, soos my vrou en my ma en jou ma.
En jy beledig hulle almal as jy so sê.
Ek mag outyds en polities onkorrek wees,
maar sulke goed sê mens nie.
Ons mag mekaar dikwels op 'n grappige wyse beledig, maar
jy kan jou vloekwoorde beter kies.
Ek skaam my vir jou part en hierdie nuusgroep.
Is dit die beeld van "CULTURE.AFRIKAANS" wat jy wil uitdra ?
En hoekom spel jy dit nie uit nie ? Dink jy dit doen minder skade ?
Daar is net een ding wat jy kan doen, en dit is om verskoning te vra.

By voorbaat dank.

Terloops, ek sien jy gebruik dieselfde adres as:
a...@smartnet.co.za (Armando Pellencin)
Julle is persoonlik en onsmaaklik teenoor hierdie vrou.
Hou asseblief op.

By voorbaat dank.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: VOERTSEK MAN VOERTSEK - die laaste woord

Ma., 19 Augustus 1996 00:00

Ek het 'n ruk terug iets op die nuusgroep geskryf
oor mense wat dinge hier pos wat hoegenaamd nie relevant
is nie.

Laat ek myself duidelik maak, want dit lyk my daar is
'n misverstand: Ek gee nie om of julle in Afrikaans of
Engels of Xhosa of Nederlands of wat ookal skryf nie,
maar ek het dit teen "gemorspos" deur mense wat bloot
addresse op die Internet bymekaarmaak.
Dit maak net die nuusgroep vol.
Ek het NIE bedoel dat slegs Afrikaanse briewe welkom is nie.
Buitendien, ek is nie die poliesman van die groep nie.
Ek gee net my mening.

Sela

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    1597  1598  1599  1600  1601  1602  1603  1604  1605  1606  1607  1608  1609  1610  1611  1612    »]
Tyd nou: Ma. Jun. 01 21:53:11 UTC 2026